___________________________________________________________________
Reeds uitgeput en met waterige oδ nß die
veeleisende taak om uit sy eierdop te breek, moet 'n mallee-kuiken alle kragte
inspan vir nog 'n baie groot hindernis: 'n meter lange tog dwarsdeur 'n
grondhoop na die oppervlak daarbo. Want anders as die meeste ander voδls, wat
self in neste op hul eiers sit, maak die mallee-hoender 'n ondergrondse "broeikas'"
sodat die hitte van verrottende plantegroei en die son die eiers kan
uitbroei...
___________________________________________________________________
DIT kan nie wees nie, het die mense die
reisbeskrywer tot leuenaar gemaak. 'n Voδl wat sy eiers in die grond begrawe om
deur die son warm gebak te word? Ag nee wat, man, gaan vertel dit vir die
voδls!
In 1519 het die Portugese skeepskaptein Ferdinand
Magellaan op die eerste vaart rondom die wΩreld vertrek, maar hy is self in 'n
skermutseling gedood en het nooit teruggekeer nie. 'n Medematroos, Gamelli
Careri, het egter sy herinneringe neergeskryf en van die rare voδl vertel wat
hy op die Indonesiese eilande gesien het.
H.J. Frith, 'n bekende Oostenrykse wetenskaplike,
meld dat die destydse Europeδrs geredelik aanvaar het dat meerminne en ander
onwaarskynlike wesens wel bestaan, maar tog die seeman se verhaal as verdigsel
afgemaak het. Dog mettertyd het dit geblyk dat Careri wel die waarheid gepraat.
Want in Australiδ en dele van Indonesiδ is daar inderdaad
'n voδlfamilie wat hul eie ''broeikaste'' in die grond maak. Van die negentien
megapode-spesies -- die naam beteken ''groot voet'' - is die mallee-hoender van
Australiδ miskien die merkwaardigste.
Die meeste ander megapodes hou in tropiese reδnwoude en op eilande en het oorvloedige hulpbronne waarmee hulle hul broeineste kan bou. Daar is selfs party soorte wat hul eiers naby stoomgate en warmwaterbronne lΩ sodat hul eiers deur die hitte daar uitgebroei kan word.
Maar die mallee-hoender (Leipoa ocellata) is
in die binneland van Suid- en Wes-Australiδ aan 'n veel strawwer en droδr
omgewing blootgestel en moet net soveel harder werk om die oorlewing van sy
nakroos te verseker. Wat meer sΩ, die haan, wat die hoofbouer en bewaker van
die broeines is, is sowat 300 dae per jaar met hierdie taak besig.
In die herfs of vroeδ winter kom die haan en hen saam
en maak 'n gat in die grond deur met hul sterk pote agteruit te skrop. Sodra
die gat groot genoeg is -- sowat vyf meter breed en 'n meter diep -- vul hulle
dit met los sand, blare, takkies en stukkies bas wat hulle oor 'n groot gebied
versamel en maak 'n kratervormige hoop wat bokant die grond uitsteek.
Wanneer dit reδn, syfer water deur die hoop en die
plantegroei begin verrot, waardeur die hoop warm raak. Die haan gaan dan in die
hoop in om daar 'n broeikamer vir die eiers te vorm.
Teen die tyd dat die broeikamer reg is, gewoonlik in
die vroeδ lente, is die temperatuur aan die binnekant sowat 33 of 34 grade C.
Die haan ondersoek dit met sy sensitiewe snawel en maak 'n koubeweging asof hy
die grond proe.
As die temperatuur te hoog of te laag is, maak hy
verstellings deur die hoop oop of toe te maak sodat die hitte van die
verrottende plante verlore kan gaan of behou kan word.á Wanneer hy tevrede is, word die hen
toegelaat om haar eiers te lΩ, hoewel sy ook eers die temperatuur nagaan. Sy lΩ
in die volgende vier maande tussen vyf en 35 eiers, met tussenpose van tussen
twee en sewentien dae. Sodra sy klaar is, verminder haar betrokkenheid by die
broeiery, maar die arme pa moet maar aanhou swoeg.
Hy besoek die hoop een keer per dag om seker te maak
dat die temperatuur in die broeiplek konstant bly. Dis geen maklike taak nie,
want buite wissel die nag- en dagtemperatuur en diΘ van die seisoene geweldig.
Raak dit te warm, maak hy die hoop oop sodat van die
hitte kan ontsnap. Word dit te koud, maak hy dit selfs groter oop sodat die son
kan inskyn. Dit kan tot nodig wees om die buitekant van die hoop met 'n laag
grond te bedek om dit te help isoleer.
Ondanks sy toewyding by die broeihoop, speel die haan
geen rol in die grootmaak van die kuikens nie. Wanneer 'n eier uitbroei -- nß
'n stuk of vyftig dae in die broeikamer -- stoei die kuiken self om die
oppervlak te bereik, 'n reis wat 'n verstommende vyftien uur kan duur.
Sodra die klein koppie sy verskyning maak, skep die
kuiken 'n paar teue vars lug en skarrel dan teen die hoop af. Hy laat vat na
die naaste skaduwee waar hy 'n dag lank rus voordat hy die wΩreld in alle erns
pak.
Die mallee-hoender word egter bedreig. In 1845 is vosse na Australiδ gebring vir ''sportjag'' en, soos so dikwels met vreemde diere in 'n nuwe wΩreld gebeur, het die vosse floreer en oor die platteland versprei. Volwasse mallee-hoenders is sterk genoeg vir die vosse, maar die kuikens is uiters kwesbaar en na raming word tot 80 persent van hulle doodgemaak binne twee weke nadat hulle uitgebroei het.
Buiten dat hulle prooidiere geword het, verklein die
mallee-hoender se hougebied ook ßl meer weens die mens se landboubedrywighede.
Die kolletjies bosland wat oorbly, is in wildtuine omskep, maar diΘ is
vermoedelik te klein om werklik hierdie voδlbevolking te kan onderhou.
Omdat hulle vrees dat die mallee-hoender dalk kan
uitsterf, het 'n span navorsers van Nieu-Suid-Wallis se National Parks and
Wildlife Service al 'n projek aangepak waarin die eiers van hul ondergrondse
broeineste weggevat en in beskermende omstandighede uitgebroei is. Wanneer die
kuikens oud genoeg was om self die mas op te kom, is hulle vrygelaat in gebiede
waar daar nie vosse is nie.
___________________________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
___________________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan