___________________________________________________________________

 

Ons uile -- die misverstane voδls van die nag

 

Hoe-hoe later,

hoe-hoe kwater...

 

Æn Uil op die dak? Verskriklik! het die ou mense gesΩ. Dan het hulle erg benoud buitentoe gestorm om die "boodskapper van die dood" te verwilder. Maar sulke onsinnige bygelowe het miskien meer as enigiets anders gedoen om die mens van die totaal onskuldige uil te vervreem...

___________________________________________________________________

 

IN die daglig speel hulle wegkruipertjie danksy hul saai en gepatroonde vere. Maar snags, boeta, snags blits die onheil uit hul oδ. Om nie te praat van hul groteske vorms en daardie gehoe-hoe-hoe nie. Hulle is immers reeds eeue lank daarvoor berug dat hulle die dapperstes onder die dapperes die kille bewerasie kan laat kry.

 

Onder die paar honderd soorte voδls van die nag is die uile bepaald die bekendste. En die toneel van Æn ouma met Æn besemstok wat Æn uil van bo van haar skoorsteen af verwilder, is so tradisioneel onder sekere bevolkingsgroepe in Suid-Afrika soos braaivleis en biltong.

 

Kyk, die uil is mos Æn voorbode-voδl, die nare boodskapper van Æn sterfte. S≤ glo party mense blykbaar steeds met Æn onheilige angs.

 

Stomme uil. Al wat hy is, is Æn wonderlik toegeruste voδl van die donkerte. Uile hoor en sien uitstekend. Hulle kan snags goed met ander uile kommunikeer. As hulle vlieg, doen hulle dit geruisloos. En hulle is alte behendig wanneer hulle Æn prooi vang en wegdra om op te vreet.

 

Pleks van dus op loop te gaan oor Æn uil by jou huis, moet jy liewer bly wees as Æn paar van hulle daar naby boer. Straks vang hulle vir jou allerhande vernielsugtige goggas. Of moontlik selfs die slange, molle en muise in jou tuin!

 

òáá DIE opvallendste ding omtrent uile is daardie groot oδ wat vorentoe wys, net soos ons mense s'n. Die grootte en vorm stel hulle in staat om die heel beste gebruik te maak van die maan- en sterrelig van die nag. Hulle het ooglede, en hul sogenaamde knipvliese (deurskynende velplooie wat oor die oog getrek kan word om Æn derde ooglid te vorm) is baie belangrik om die oδ te beskerm.

 

Die uil se goed ontwikkelde rigtingsin en gehoor span saam wanneer hy sy prooi vang. As hy iets hoor wat soos Æn prooidier klink, draai hy sy kop in daardie rigting. Dan kos dit nog net een geritsel of Æn gepiep enà die prooi is so goed as dood.

 

Terwyl die uil afdaal, swaai hy sy pote vorentoe, en dan gryp sy kloue die prooi. Soos ander voδls het hy drie tone voor en een agter aan elke klou. Dis vir hom belangrik om stewig te kan vasgryp, te meer omdat hy sy oδ wil beskerm en hy hulle gewoonlik toemaak wanneer Æn prooidier onder hom spartel.

 

Die kloue is skerp en ferm. Wanneer hy vreet, trap hy op die prooidier en skeur stukke vleis met sy skerp snawel af.

 

Uile (daar is Æn stuk of twaalf soorte in Suider-Afrika) vreet slegs lewende diere, van insekte tot soogdiere so groot soos hase. Æn Paar soorte vreet hoofsaaklik visse. Hulle sluk gewoonlik hul prooi heel in. Onverteerbare dele van hul kos, soos bene, hare en vere, word saamgepers en as klein kompakte bolletjies opgebring.

 

Die meeste uile het voorts die gewoonte om altyd op dieselfde plek te gaan sit wanneer hulle hul prooi verslind het en die kos verteer. As Æn mens weet waar s≤ Æn plek is, kan jy daar baie van die uilbolletjies bymekaarmaak en saamneem om te ondersoek. Die bolletjies kan ontleed word om te bepaal watter soort prooidiere die uil almal gevang het.

 

òáá DIE vlerke van uile is groot in verhouding tot die res van hul lywe en hul vere is sag. Dis diΘ dat die voδls so geruisloos sonder Æn vlerkgeklap deur die naglug kan beweeg en kan luister waar daar prooidiere is sonder om hul eie teenwoordigheid te verraai.

 

Uile vind dit ook nodig om met mekaar te "gesels". Hul geluide wissel van lae gromklanke tot skrille gille, van diep hoeÆs tot hoδ fluite en van harde sisklanke tot Æn sagte gespin.

 

Kenners reken dis selfs moontlik dat uile soos vlermuise van weerklanke gebruik maak om te keer dat hulle in voorwerpe vasvlieg. By sowel die nooiensuil as die grasuil is al klikkende klanke gehoor terwyl hulle vlieg.

 

Die skedels van baie uile is boonop asimmetries -- die ooropeninge sit op verskillende vlakke. Dit stel die voδl in staat om presies te bepaal waar die geluide vandaan kom wat Æn prooidier maak. Die nekke van uile is boonop baie beweeglik en kan tot 270 grade draai.

 

Waar hulle goed toegerus is om in die nag te oorleef, moet uile darem ook bedags in staat wees om in vrede Æn uiltjie te kan knip. Daarom sien Æn mens hulle nie maklik raak in die dag nie.

 

As hulle gesteur word, word daardie opvallende oδ op skrefies getrek. Die lyf kom regop, die vere word ingetrek en die veerkuifies (by sekere spesies) staan orent. Met hierdie houding en die natuurlike kamoeflerlng van sy vere is die uil goed weggesteek langs die boombasse, blare, rotse en skaduvlekke.

 

Maar wag as die nag kom, boeta, dan is die uil in sy element. Dan gaan dit hoe-hoe later, hoe-hoe kwater...

 

Nog uil-feite

 

òáá Uile kom oral ter wΩreld voor buiten in die Antarktiese gebied. Hulle behoort tot die orde Strigiformes. Daar is twee families. Tipiese uile (meer as 120 spesies) behoort tot die familie Strigidae en die res (Æn stuk of twaalf spesies) tot die familie Tytonidae. Daar is verskille in die anatomieδ van die twee families, maar in die reδl ook baie waarneembare ooreenkomste. Die uile van die familie Tytonidae verskil van die tipiese uile deurdat hulle hartvormige eerder as ronde gesigte het. Hulle het ook langer pote en kleiner oδ, wat donker is en nooit geel soos diΘ van die meeste tipiese uile nie.

 

òáá Die sneeu-uil van die noorde van Eurasiδ is ongewoon in die opsig dat hy bedags vreet, meestal lemmings. Die wyfie is wit met Æn paar swart kolle op die rug en die mannetjie is slegs wit.

 

òáá Die kleinste uile is die dwerguil van Mexiko en die suidweste van die VSA (13 cm lank) en die Eurasiese pigmee-uil (16 cm).

 

___________________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

___________________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan