___________________________________________________________________
Ma-a-a-a,
ons
is honger!
Sommige voδls staan feitlik dadelik
op eie pote wanneer hulle in die wΩreld kom. Ander kuikentjies is so weerloos
dat hulle nie sonder die voδlouer kan oorleef nie. Net soos elke voδltjie sing
soos hy gebek is, word elke voδl groot na sy aard. In hierdie aflewering leer
ons van voeding en opvoeding in die voδlwΩreld...
___________________________________________________________________
PIK, pik, pik! Stilte. Pik, pik, pik! Die eerste gaatjie verskyn. Die
ongebore voδltjie draai effens met sy lyfie en pik dan weer verbete verder. Nß
'n ruk is daar 'n tweede krakie. Die dop se doppie het uiteindelik ge¡klap!
Die verskyning van 'n kuiken in die
wΩreld is werklik een van die skeppingswondere. Sedert die bevrugting is daar
al 'n sluimerende kiem in die eier, maar eers geen "lewendigheid"
nie, om dit so te stel. Dog 'n paar dae voordat die kuiken uit sy dop moet
kruip, lyk dit of hy skielik lewe kry.
Hy verander van posisie sodat hy sy
snaweltjie in die lugblaas aan die stomp kant van die eier kan in¡druk, en
begin asemhaal. Party kui¡kens kondig selfs hul teenwoordigheid met 'n klaende
gepiep aan.
S≤ 'n gepiep is 'n teken vir die
ouers of ander kuikens in die nes dat 'n nuwe klein lewetjie in aantog is. En
die natuur sorg vir omstandighede waarin die kuiken so sagkens moontlik deur
die gevare van sy heel vroegste lewe gelei word.
Uitbroeiing word deur twee dinge makliker
gemaak. Vir eers is heelwat van die kalsium van die dop nou reeds na die
groeiende kuiken oorgeplaas, en die dop is verswak.
Ten tweede is die punt van die
kuiken se snawel versterk deur 'n horingagtige knoets, wat die eiertand genoem
word. Dit stel hom in staat om 'n klomp gaatjies in die eierdop te maak. 'n
Spier agter sy nek gee hom die krag om dit te kan doen.
Die kuiken rondomtalie stadig in die
eierdop, en pik 'n sirkelvormige groef die hele pad om. Uiteindelik breek die
eier -- en die spartelende jong voδltjie skop hom vry.
Die uitbroeityd wissel by
verskillende spesies van 'n paar ure tot 'n paar dae.
òáá
HOEWEL altwee voδlouers gewoonlik by die grootmaak betrokke is, is party
voδls so onafhanklik dat hulle by geboorte al byna hul eie potjie kan krap. Ons
sΩ sulke kuikens is prekosiaal (na die Latyn vir "vroegryp") of jonk
selfstandig.
Hulle word blinkoog en op en wakker
gebore, met al hul vere of met 'n digte laag dons. Sulke voδl¡tjies kan die nes
binne 'n paar ure verlaat om agter hul ouers aan te hardloop op soek na kos. In
skaars gevalle sien die kuikens nooit eens hul ouers nie.
Kuikens wat jonk al selfstandig is,
word gewoonlik aangetref by voδls wat op die grond nes maak, soos waadvoδls,
wildvoδls, eende en duikertjies.
Voδltjies wat egter heeltemal hul¡peloos
in die wΩreld kom, kan etlike maande lank van hul ouers afhanklik bly.
Altrisiδle kuikens (na die Latyn vir "een wat voed") word blind
gebore en is ≤f heeltemal kaal ≤f het 'n donsbedekking wat met die eiervog teen
die lyf vasgeplak is. Hulle kan net-net die koppie omhoog hou en bekkie oopmaak
om gevoed te word.
Altrisiδle voδls sluit in diΘ wat in
bome en holtes nes maak, soos lysters, rooiborsies, duiwe, hout¡kappers,
visvangers en roofvoδls.
òá
áAS die kuikens genoeg te vrete
kry, groei hulle vinnig. Die tempo van die voedings wissel en hang af van die
metode wat ge¡bruik word, die hoeveelheid kos wat beskikbaar is en die afstand
wat die ouers moet vlieg om dit te gaan haal.
Wanneer een voδlouer met kos na die
nes terugkeer, gaap die kui¡kens se bekkies wawyd oop. Hier¡die reaksie word
aangestig deur die geritsel van vere of vibrasies wat die volwasse voδl op die
nes maak. As die kuikens dalk slaap en nie hul bekke oopmaak nie, sal die ouer
'n roep gee om hulle wakker te maak.
Soos ander groeiende diere, het
voδls ook prote∩en nodig. Vleisvretende voδls kry dit van vis, insekte en
vleis. Maar omdat sade, vrugte en nektar min prote∩en bevat, maak ook
vegetariese voδls insekte bymekaar vir hul honger spruite.
Voδls voed hul kuikens op verskeie
maniere. Party voδlouers plaas hul insekbelaaide snawel regstreeks in die
kuikens se bekke. Ander weer, veral die groot seevoδls, sluk die kos wat hulle
kry dadelik in om dit deels te verteer. Terug in die nes, bring hulle die
sopperige mengsel op, of die kui¡kens druk hul snawels in die ouer se keel om
dit by te kom.
Duiwe voer hul kuikens met 'n
melkerige stof wat kropmelk genoem word. Dit is besonder voedsaam en soortgelyk
aan soogdiermelk.
òáá
VO╦LS is uiters kwesbaar wanneer hulle nog te jonk is om te vlieg. Dit
is dus 'n belangrike taak van die voδlouer om sy kui¡kens teen roofdiere te
beskerm.
Voδls wat in gate of holtes nes
maak, is natuurlik beskut teen die meeste roofdiere. Ander, soos diΘ wat op die
grond nes maak, kamoefleer hulself om nie gesien te word nie.
Voδls soos seeswaels verdedig hul
kuikens aktief en dreig hul vyande of val hulle aan. Hulle stuur seine na die
kuikens om doodstil te sit tot¡dat die gevaar verby is.
Party ouers bring hul kuikens in
veiligheid wanneer gevaar dreig. Duikers dra hul kleintjies op die rug; jakanas
onder die vlerk.
òáá
OM die ma te kan volg moet 'n kuiken haar kan herken. Hierdie
herkenningsproses begin gewoonlik selfs nog voordat die kuikens uitbroei. Die
wilde-eend (mallard) kloek byvoorbeeld sowat twee dae lank vir haar
piepende broeisel voordat hulle uitbroei. As hulle eers uit is, kan die
eendjies haar op sig eien.
Die waarde hiervan vir eende en alle
jong voδls wat die nes moet verlaat en 'n ouer kort nß geboorte moet volg, is
dat die gesin van die begin af saambly.
òáá
WAAR kuikens die nes nie gou verlaat nie, moet die ouervoδl dit
skoonhou. Een van die eerste take van diΘ voδl is die verwydering van die
eierdop, wat ≤f opgevreet ≤f uitgegooi word. Soms word taamlik ver daarmee
gevlieg voordat dit weggegooi word, om roofdiere te mislei.
Dis ook belangrik dat die neste
skoon gehou word van mis, dooie kuikens en ou kos, want dit vermin¡der die
gevaar van infeksie en keer dat kuikens se dons nat en gekoek raak en hulle nie
warm genoeg hou nie. 'n Vuil nes sal ook stink en roof¡diere lok.
òáá
HOEWEL verskillende spesies op verskillende tye onafhanklik word, moet
alle voδls uiteindelik die gevaarlike wΩreld op eie houtjie aandurf.
Voδlouers word deur die gapen¡de
bekke van die kuikens gestimuleer om vir hulle te sorg. Maar namate die
kleintjies selfstandigheid nader, verminder die hormone in die voδlouers wat
gesinsorg aan¡moedig, en ouers se belangstelling in die kleintjies word ßl
minder -- hulle raak selfs ge∩rriteerd!
Die jong voδls begin op hul beurt
belang stel in 'n sosiale lewe met ander volwasse voδls en begin hul gedrag
naboots. Sommige voδls verlaat die nes vrywillig, terwyl an¡der daaruit gelok
moet word.
Skielik is die band tussen ouers en
kuikens verbreek. Dis tyd vir die jong voδls om die lewe alleen voort te sit...
en uiteindelik self ouers te word.
òáá
Die kuikens van koningpikkewyne bondel in 'n groot
groep saam terwyl hul ouers gaan visvang. Elke terugkerende ouer weet waar sy eie
bondeltjie vlees en vere
is en sal weier om ander kuikens te
voer wat hom lastig val vir kos.
òáá Min bloedjong kuikens is so geborge en
beskut soos diΘ van die neushoringvoδl van Afrika. Hulle word binne-in 'n hol
boomstam uitgebroei wat dig verseδl is met modder, mis en gevomeerde kos, en
die wyfie en kleintjies word in hierdie veilige tuiste van buite af deur die
mannetjie gevoer. Wanneer die ma uiteindelik die nes verlaat, herseδl die
kuikens die opening en word hulle deur altwee voδlouers gevoer totdat hulle
gereed is om self die buitewΩreld aan te durf.
___________________________________________________________
Terug na inhoudsblad
-- klik hier
_______________________________________________________¡____
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan