___________________________________________________________________
potig
Wat snap jy van 'n snawel? Gedink
dis maar net om te kan vreet en pik? Of 'n voδl se pote -- het jy gereken dis
bloot om hom in staat te stel om te loop? Lees 'n bietjie hier...
___________________________________________________________________
Snawels
VO╦LS is nie sulke kieskeuri¡ge
lekkerbekke nie. Baie van hulle vreet eenvoudig wat voorkomá --á
of dit nou 'n blom of 'n blaar, 'n muggie of 'n vruggie is. Selfs visse
of die karkasse van groot soogdiere is moontlike maaltye.
Om die beste van hierdie groot keuse
te maak, is voδls dan ook gebek soos geen ander diere in die natuur nie. Hulle
het snawels, wat uit ligte bo- en onderkake met 'n harde, horingagtige
bedekking be¡staan. DiΘ horingstof is meestal keratien, 'n veselrige prote∩en
wat ook in mensehare en -naels gevind word.
Hoewel die snawel oral hard lyk, is
daar ook sagte dele, gewoonlik naby die punt, wat baie senuwees bevat. Dis
sodat die voδl sy kos kan opspoor, veral by spesies wat in modder of sand na
hul maaltye soek.
Voδls se tandelose gebitte het
verskillende groottes en vorms, wat elk 'n goeie aanduiding is van die soort
kos wat die voδl vreet en sy voedingsgewoontes.
Die saad- en graanvreters het
gewoonlik kort, stomp, kegelvor¡mige snawels wat as neutkrakers dien -- hulle
druk die sade fyn en dop dit uit. Party saad- en graanvreters sluk egter die
sade heel in, en hul snawels neig om meer ge¡punt en soos knypers te wees.
Insekvretende voδls het gewoon¡lik
delikate, slanke snawels om brose insekte van blare en die grond af te pik. DiΘ
wat ongewerwelde prooi tussen graswortels, onder boombas en in ondergrond¡se
skuilplekke soek, het lang, knyperagtige snawels wat hulle selfs in die grond
kan insteek.
Sommige insekvretende voδls
spesialiseer daarin om vlieδnde insekte in die lug te vang -- hulle het kort,
breδ snawels wat wyd ooprek en uitstekende inseklokvalle uitmaak.
Van die verfyndste snawels be¡hoort
aan die voδls wat nektar vreet. Met hierdie lang, dun en dikwels geboδ
horingbekkies kan hulle tot diep in buisvormige blomme reik.
Vrugtevretende voδls het geen
spesifieke snawelvorm nie. Party, soos papegaaie, het sterk haaksnawels om
harde vrugte en neute te verorber, terwyl ander, soos neushoringvoδls, weer
enorme, ge¡kromde snawels het. Baie vrugtevretende voδls vreet ook sade en
insekte.
Vleisvretende voδls wat kloue
gebruik om hul prooi te vang, het vir die vreetslag gewoonlik snawels wat
besonder sterk is sodat hulle stukke vleis en vel van dierkarkasse kan afskeur.
Watervoδls se snawels is uiter¡mate
lank -- soos hulle stellig moet wees, want hul bene is gewoonlik ook lank om
hul lywe uit die water te hou.
Baie voδls gebruik hul snawels as 'n
filter waar hulle die talle klein plantjies en diertjies opraap wat naby die
oppervlak van vars water en soutwater leef. Waadvoδls het besonder lang, dun
snawels wat dikwels krom is, en gebruik word om in sand of modder na klein
diertjies te snuffel.
Visvretende voδls se snawels is
spiesvormig om die prooi te kan steek, of knyperagtig om dit te kan oppik.
Sommige voδls vreet net sekere
soorte kos, maar ander het 'n meer gevarieerde dieet. Laasgenoemdes het in die
algemeen snawels wat nie net een doel dien nie, want hulle vreet verskillende
soorte kos soos dit periodiek beskikbaar raak. Tipiese voorbeelde van sulke
voδls is kraaie, wat enigiets vreet van lewende soogdiere en wurms tot
sade, en meeue, wat floreer op enigiets van vis tot huishoudelike vullis.
Waarvoor snawels alles deug
òáá
HOEWEL die voδl sy snawel veelal gebruik om kos te kry en te vreet,
speel dit ook 'n noodsaaklike rol in nesbou en vere skoonmaak. 'n Hele paar
soorte voδls het selfs nog meer nut van hul wonderlike snaters.
Die kreefpoot-vormige snawel van die
Suid-Amerikaanse toekan speel waarskynlik 'n rol in die vertoon tydens die
hofmakery.
En papegaaie en parakiete gebruik
ook hul snawels om mee te klim. Houtkappers gebruik weer hul dik, kegelvormige
werktuie om hul nesholtes in verrotte bome te beitel.
ò ò ò
VERSKILLENDE voδls het verskillende soorte pote waarmee hulle Ωrens vaste
voet kry -- of hulle uit die voete maak! Party s'n is vir naellope wat amper
ons voorste atlete sou beskaam. Baie voδls, soos hoenders, klou weer daarmee aan
stellasies. Pote word egter ook gebruik om in water te waad, te krap, te veg of
vas te gryp.
Maar wie sou kon dink dat sekere
voδls ewe sjarmant hul pote soos hande gebruik? Of dat daar party is waarvan
die pote so onder¡ontwikkel is dat hulle sou sukkel om op te styg as hulle op
die grond beland?
Net soos hul snawels hou voδls se
pote ook meestal verband met hul eetgewoontes.
Watervoδls se spesiale pote stel
hulle byvoorbeeld in staat om flink deur die water te beweeg op soek na kos.
Baie van hulle het swempote of flappe van vel aan hul pote wat oop en toe gaan
soos hulle swem.
Onder die swempotiges is eende,
ganse, kormorane, meeue en albatrosse. Daar kan swemvliese tussen al vier die
tone wees om hulle nou regtig voortreflik voort te stu, soos by kormorane, of
tussen drie tone, soos by eende en meeue.
Bene wat agtertoe sit, is eie aan
alle swemvoδls en veroorsaak 'n lompe gewaggel op die droδ aarde.
òáá
WAADVO╦LS word aangetref in die meeste wΩrelddele waar daar vlak waters
met 'n ryke voedselspens is. Dis nie net hul snawels wat besonder geskik vir
hul lewenswyse is nie, maar die meeste waadvoδls, soos kraanvoδls, ooie¡vaars,
reiers en ibisse, het pote wat toegerus is vir hul onderskeie eet¡gewoontes in
die vlak water.
Voδls soos flaminke en lepelaars het
sulke lang bene om hoog en droog bo die water uit te toring dat dit lyk of
hulle op stelte loop.
Die skraal, gespasieerde tone van
reiers keer dat hulle te diep in die sagte modder insink.
Jakanas is waadvoδls in die
oortreffende trap; die tone is regte langerade en versprei die liggaamsgewig
sodat hulle alte gemaklik oor drywende plantegroei kan draf.
òáá
VO╦LS wat die meeste van hul tyd op die grond deurbring, is geneig om
sterk bene met klein toontjies te hΩ.
Baie aardsgebonde saadvreters, soos
die hoender, het sterk pote om in die grond vir kos te skrop. Voδls soos
lewerikies en koesters, wat ook 'n deel van hul tyd op die grond deurbring, het
buitensporige agtertoonnaels wat as klampe dien om hulle te help om hul ewewig
te behou. Gaan sit hy egter op 'n tak, word die bene gebuig en dit
laat die senings rek en trek die tone in.
Die volstruis,
wat die spreekwoordelike hond uit 'n bos kan hardloop, is die enigste voδl met
net twee tone. DiΘ het sole met kussings om te keer dat hy in los sand insink.
òáá
VO╦LS wat in die bome klim en rondkruip, is ook almal spesiaal gepoot
vir diΘ taak. Almal klou vertikaal en gebruik hul lang sterte as 'n stut.
Die houtkapper word stewig aan die
kant van 'n boomstam geanker deur sy kragtige dyspiere, asook die tone waarvan
twee vorentoe en twee agtertoe wys en wat almal in skerp, geboδ kloue eindig.
Jy moet mos kan klou soos 'n neet as jy besig is om in hout te beitel.
Die vermoδ van voδls om hul tone om
slaapstokke of takke te
sluit, is baie belangrik. Alle sitvoδls het een
agtertoon waarmee hulle kan vasgryp.
As 'n voδl op die grond staan of
loop, is die spiere en senings in die bene ontspanne en die tone gevolglik
uitgesprei. Waar die voδl egter op 'n tak gaan sit, word die bene gebuig en dit
laat die senings rek en trek die tone in.
Baie voδls kan dus houtgerus aan die
slaap raak met hul tone vas om die slaapstok sonder dat daar enige gevaar
bestaan dat hulle sal afval.
òáá
DIE voδls wat in die sneeu moet rondloop, se pote is ook merkwaardig
knap daarvoor toegerus. Party van die korhoenders van die Noordpoolstreke kry
in die herfs klein veeragtige aanhangseltjies aan die kante van hul tone sodat
hulle, wanneer die sneeu begin val, 'n baie nuttige paar tuisgekweekte sneeuskoene
het.
Die sneeuhoender, 'n lid van die
korhoender-familie, het bene wat met vere bedek is en hom verder teen die koue
beskerm.
Kragtige, skerp geboδ kloue is eie
aan roofvoδls wat moet oorleef deur blitsig op hul prooi toe te slaan. In die
aanval buig die bene onder die geweld van die botsing en die kloue dring
vanself diep in die lewensbelangrike organe van die slagoffer in.
Raar maar waar: Daar is 'n paar
voδls wat hul pote as hande ge¡bruik. Uile en valke gryp hul prooi vas terwyl
hulle die vleis met hul snawels afskeur, en papegaaie, wat dikwels hul kos in
hul kloue hou, kan selfs ≤f "regshandig" ≤f "linkshandig"
wees.
Van die voδls wat hul pote ge¡bruik
om hulle te verdedig of aan te val, is voδlmannetjies soos hoenderhane en
fisante met hul spore (skerp, horingagtige uitsteeksels aan die bene) goed
bekend. En 'n skop van die kragtige tweetonige poot van 'n omgesukkelde
volstruis is glo sterker as 'n perd s'n.
'n Baie gevaarlike wapen is ook die
mes-agtige naels aan die binnetone van kasuarisse, voδls van die woude van
Australasiδ. Hoewel hierdie voδls nie vinnig kan beweeg nie, skeur hulle mekaar
met hul spigtige naels oop wanneer hulle baklei.
Dis verstommend, maar daar is sekere
voδls wat omtrent geen pote het nie. Die pote van voδls wat selde neerstryk,
soos pylstorm-voδls, is swak en klein omdat hulle dit so min nodig het in hul
luggebonde lewe. Wanneer hulle wel aarde toe kom om te kom slaap, gaan sit
hulle teen kranswande waarvandaan hulle weer kan opstyg.
Nagswaels, swaels en kolibries het
miniatuur-pote en loop maar swaar. Trouens, die kolibrie vind dit haas
onmoontlik.
Maar dan kan hulle miskien ook met
reg sΩ: Ag wat, pote se voet! Op stuk van sake -- watter nut hetá 'n ledemaat as jy hom feitlik nooit gebruik
nie?
___________________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
_______________________________________________________¡____
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan