___________________________________________________________________
die voδl
Vere is nie net die kenmerk van alle
voδls nie, vir baie is dit 'n extravaganza van fleur en kleur. Om doel¡treffend
te funksioneer moet die gevleueldes hul vere silwerskoon hou. Dit verg heelwat
harde werk -- bad en poets en knibbel en stryk -- maar nooit sal 'n voδl ooit
vere voel vir sy besondere bedekking nie!
___________________________________________________________________
VERE-TOOI... dis tog so mooi. Blink of glansend in die sonlig. Sierlike
pluime in die wind. Geen ander diere in die skepping kan met presies sulke
dosse spog as die voδls nie.
'n Voδl se hoeveelheid vere hang van
sy grootte, spesie en geslag af. 'n Kolibrie het so min as 900; 'n swaan 'n
yslike 25 000.
Isolasie is waarskynlik die vere¡kleed
se belangrikste funksie. Dit help om die voδls egalig warm te hou, sodat hulle
doeltreffend kan funksioneer en ook in kouer streke kan oorleef.
Voorts sorg vere vir hef-oppervlakke
aan die vlerke en sterte, waarsonder voδls nie sal kan opstyg nie.
Watervoδls dryf weer gemaklik vanweδ
die lug wat tussen die vere vasgevang is. Deur hul vere teen mekaar te druk,
kan sommige watervoδls hul dryfvermoδ varieer -- en sink totdat net die nek en
kop uitsteek.
Party voδls se vere kan ook bra
verrassende funksies hΩ, soos die stywe, haaragtige vere neffens die snawels
van wind- en nagswaels, wat hulle help om insekte te vang terwyl hulle vlieg.
Die vliegvere van die meeste uile is
weer toegerus met geluiddem¡pers -- 'n fluweelagtige oppervlak -- sodat hulle
stille aanvalle op hul prooi kan loods.
Baie voδls kommunikeer met hul
verekleed. Die luisterryke pluime van poue word byvoorbeeld vir
pronk gebruik wanneer die voδls trouplanne kry.
Baie voδls voer ook hul neste met
vere uit, en sandpatryse dra water tot by hul kuikens in spesiale absorberende
borsvere.
òáá
HOEWEL vere in die wonderlikste verskeidenheid van vorms
en kleure voorkom, kan hulle in vier hoofkategorieδ verdeel word: kontoer- en
donsvere, en stert- en vlerkvere (vlugvere).
Kontoervere (of dekvere), wat die
lyf bedek en die kenmerkende gladde vorm daaraan gee, is die talrykste. Party
vere dien as isolasie en ander is vir vertoon.
Onder die kontoervere lΩ die sagte
donsvere, wat ook 'n luglaag vir isolasie vasvang. Donsvere is
die doeltreffendste isolasiemateriaal in die diereryk -- soos elkeen kan getuig
wat onder 'n donskombers slaap!
Versprei tussen sowel die kon¡toer-
en donsvere is haarvere. Kenners reken diΘ help die voδl vasstel hoe sy vere
lΩ.
Die lang stywe penvere op die vlerke
en stert vorm die vlugvere. Die buitenste vlerkvere bied stu-krag vir vlug en
die binnestes sorg vir die gladde lugvloei oor die vlerke.
Stertvere word gebruik vir ba¡lans
en stuur, en soms ook vir ver¡toon.
'n Veer het 'n ingewikkelde
struktuur en is baie delikaat aanmekaargesit. Vanuit albei kante van die skag,
of pen, groei die pa¡rallelle skagveertjies om die "vlag" van die
veer te vorm. Hierdie sy¡takkies is op hul beurt omgesoom met
klein sytakkies wat oormekaar lΩ en die ruimte tussen die skagveertjies vul.
Die klein "baardjies" word deur hakies inmekaar gesluit.
òáá IN
die daaglikse warrelinge en skarrelinge raak 'n voδl se vere maar taamlik
deurmekaar en besmeer met stuifmeel, nektar, stof en modder, of besmet met
parasiete. Vere moet egter goed versorg word sodat hulle behoorlik kan
funksioneer en nie voortydig uitval nie.
Die meeste voδls bad, selfs in koue
weer. Hulle staan in vlak wa¡ter, laat sak die lyf en skud die snawel lewendig
heen en weer. Hulle klap flink met hul vlerkpunte sodat water oor die hele lyf
gesprinkel word.
Sommige voδls bad in die reδn.
Lewerikies hurk op die grond met uitgestrekte vlerke, en papegaaie staan met deurmekaar
vere en die vlerke en stert uitgesprei. Ander, soos neushoringvoδls, fladder in
reδn- of doubedekte plante rond.
Lugvoδls soos swaels en visvangers
gebruik 'n duiktegniek en doop hulself 'n oomblik lank in die water voordat
hulle verder vlieg.
Baie voδls, veral diΘ van droδ
klimate, benut die skurende en absorberende eienskappe van stof om hul vere
skoon te skrop. Hulle skraap met die pote en sleep met die
vlerke totdat hul vere vol stof is.
òáá
NADAT hulle gebad het, gaan soek voδls gewoonlik 'n veili¡ge plekkie
waar hulle hul vere glad kan stryk. Die meeste het 'n olie-afskeidende
poetsklier in die stuit¡jie. Ons noem dit die voδl se vetkannetjie of
oliekannetjie, want met die olie wat hieruit kom, word die vere gesmeer.
Voδls stryk op twee maniere olie oor
hul vere: Die eenvoudigste is om die vere met 'n toe snawel te bestryk, maar
dinge word deegliker gedoen deur die vere tussen die punte van die snawel te
trek en dit sagkens te knibbel.
Daar is onsekerheid oor die presiese
funksie van die poetsolie, hoewel dit tog lyk asof dit keer dat die vere bros
word, en ook dien om die fyn struktuur van die vere te verseδl en 'n waterdigte
bedekking te vorm.
Die geknibbel reinig en herrangskik
die skagveertjies en baardjies. Soms dolwe voδls energiek op een plek om
vuiligheid of 'n parasiet te verwyder.
Gaaie vryf soms miere teen hul vere:
Die giftige mieresuur wat deur die miere afgeskei word, verdryf dan die myte in
hul vere.
òáá
ONDANKS die noukeurige aandag wat hulle ontvang, verslyt en verweer vere
en moet hulle van tyd tot tyd afgewerp en deur nuwes vervang word.
By die meeste spesies word slegs 'n
paar vere op 'n slag afge¡werp, sodat die voδl altyd genoeg het om sy lyf te
bedek en te kan vlieg, 'n Paar voδls, soos eende, ganse en ander watervoδls,
werp die meeste van hul vlugvere tegelykertyd af, met die gevolg dat hulle
tydelik nie kan vlieg nie.
Soms word al die vere saam af¡gewerp,
soos by pikkewyne. Maar omdat diΘ voδls in elk geval nie kan vlieg nie, is dit
nie vir hulle gevaarlik nie.
Party voδls word in diΘ tyd
heeltemal hulpeloos, sodat ververing byvoorbeeld in die broeityd vermy moet
word. 'n Merkwaardige uitsondering is die neushoringvoδl-wyfie, wat in die
broeityd in haar nesholte gevange gehou word. Sy werp dan haar vere af en word
deur die mannetjie gevoer. Wan¡neer die kuikens half volgroeid is, het Mamma 'n
nuwe stel vere.
Pappa neushoringvoδl werp sy vere
eers af wanneer die broeityd verby is.
Alle voδls verveer minstens een keer
per jaar, baie van hulle twee keer. Drie keer per jaar is seldsaam. Hoe ook al,
om met nuwe vere te spog, kan enige ou voδl sommer weer vrolik maak -- en baie
veer-kragtiger!
___________________________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
___________________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan