____________________________________________________________

 

Die wonderlike wΩreld van haaie

 

Haai!

 

Die gevreesde mensvreter van die seeà s≤ is die witdoodhaai te dikwels ten onregte uitgebeeld. In der waarheid, sΩ die kenners, is hy eerder 'n "vriendelike monster", wat nie gebore in staat is om tussen 'n seeleeu en 'n branderplank te onderskei nie. Die mens se onkunde en selfs gevoelloosheid oor al die baie soorte haaie is eintlik besig om 'n belangrike skakel in die ekologie van die see te ontwrigà

____________________________________________________________

 

á''HAAI!'' gil een van die baaiers. ''Daar's 'n haai!'' weergalm talle van die ander. Kille paniek laat die menigte uit die branders storm -- soos in 'n nagmerrie waarin dit vir hulle voel of hulle lood aan hul voete het en eenvoudig nie gou genoeg kan wegkom nie. Kort daarna word 'n ongelukkige slagoffer met bloeiende wonde oor die seesand na 'n wagtende ambulans gedra.

 

Sulke tonele speel hulle gelukkig deesdae maar selde langs die Suid-Afrikaanse kus af, maar daar was 'n tyd in die jare vyftig van die twintigste eeu toe Durban die reputasie van die gevaarlikste haaistrand ter wΩreld gehad het.

 

Genadiglik is baie egter sedertdien gedoen om ons baaiers teen haai-aanvalle te beskerm. En gelukkig weet ons vandag soveel meer oor haaie en hul gedrag dat ons met hulle kan saamlewe sonder om hulle voor die voet te wil verdelg.

 

Daar is haaie van allerhande groottes en temperamente. Terwyl party soorte rats en aggressief is, is ander sku en traag, soos die langsame bodembewoners wat die see vir skulpvis en plankton deurkruis.

 

Hulle wissel in grootte van die dwerghondhaai wat in die palm van jou hand kan pas tot die 14 m lange walvishaai wat so groot soos 'n bus is -- hoogs uiteenlopende soorte wat in dosyne afsonderlike ekologiese plekke aangetref word. Die meeste haaie word egter in warm oseane gevind.

 

Haaie word as die super-roofdiere van die see beskou. Hulle word gereeld as verstandelose moordmasjiene uitgebeeld, maar is in der waarheid hoogs gesofistikeerde jagters wat hul skerp sintuie gebruik om hul prooi te soek.

 

Enige van die haai se hoogs ingestelde sintuie kan hom na sy prooi toe lei. Wanneer hulle saam gebruik word, is die slagoffer se doppie feitlik vir seker geklink. Benewens dieselfde vyf sintuie as diΘ van die mens, het haaie ook nog die unieke sintuie van meganoresepsie, of ''aanraking op 'n afstand'', en elektroresepsie, die vermoδ om die swak kragveld waar te neem wat deur ander diere opgewek word en binne 'n meter of wat rondom hulle waarneembaar is.

 

Die Natalse Haairaad in Suid-Afrika is 'n organisasie wat deur die regering gefinansier word en met die beskerming van strande as sowel as met navorsing oor haaie gemoeid is. Dit is in 1966 gestig en die hoofdoel is om mense teen haaie te beskerm -- Θn haaie teen mense.

 

Sedert 1967 word haainette gebruik om openbare strande te beveilig. Die beskerming wat nette verskaf, is deur 'n opmerksame plaaslike visser ontdek, wat gesien het dat groot haaie baie dikwels in sy nette gevang word, maar nie ander groterige visse nie. Die rede, s≤ is gevind, is doodeenvoudig fisiologiesá -- 'n haai moet gedurig vorentoe beweeg om sy kieue met suurstofryke water te bespoel en die bou van sy vinne laat hom nie toe om agteruit te swem nie. As 'n haai in 'n net vasgevang word en nie meer in die water kan beweeg nie, versmoor en vrek hy.

 

Die Natalse Haairaad -- 'n indrukwekkende navorsingsliggaamá -- soek na alternatiewe vir haainette wat meer aanvaarbaar kan wees vir omgewingsbewustes. Haaie is byvoorbeeld baie gevoelig vir elektriese velde en die raad het al die moontlikheid ondersoek om haaie daarmee af te skrik. 'n Toestel is juis vir vryduikers ontwerp wat inderdaad haaie wegjaag.

 

Witdoodhaaie langs die Suid-Afrikaanse kus word deur wetgewing beskerm. Met 'n openbare bekendstellingsveldtog is ook by geleentheid gepoog om die publiek se siening van die witdoodhaai te veranderá -- om hom nie soseer as 'n ''mensvreter'' te beskou nie, maar liewer as 'n ''vriendelikeá monster''.

 

Kenners weet die witdoodhaai is fisiek in staat om feitlik enige dier in die see dood te maak en te verslind. Maar wetenskaplikes het jare lank gedebatteer of hierdie volmaakte moordmasjien ook intelligent is. Navorsers vergelyk die brein van 'n volwasse witdoodhaai met diΘ van 'n manta-rog. Dis maar byna die helfte die grootte van 'n manta-rog s'n, omtrent so groot soos 'n klein langwerpige lemoentjie.

 

Wetenskaplikes gis oor waarom witdoodhaaie mense aanval. Hul breine het 'n eenvoudige struktuur en is primΩr ingestel op reuk en die waarneming van beweging; die sig is nie so goed ontwikkel nie. Die wetenskaplikes glo dat, aangesien witdoodhaaie nie tussen hul prooi kan onderskei nie, hulle eenvoudig nie in staat is om die verskil tussen 'n seeleeu en 'n branderplank te ken nie.

 

Alle haaie is egter nie wrede roofdiere nie. Die reusagtige walvishaaie, die grootste vis in die oseane, is onskadelike kreature wat van plankton lewe. Een maal per jaar, met dieá broeityd van die koraaldiere, word walvishaaie en ander groot planktonvreters na die Ningaloo-rif aan Australiδ se weskus gelok. Miljoene eiers en sperma en enorme hoeveelhede prote∩en word in die water vrygelaat, wat 'n reuse oes van plankton tot gevolg het.

 

Met 'n lengte van tot 14 m en 'n gewig van byna 10 metrieke ton, is hierdie sagmoedige reus van die dieptes 'n indrukwekkende gesig. '' 'n Mens kan eenvoudig nie glo hoe groot hy is nie,'' vertel 'n duiker. ''Dis soos om 'n bus met vinne en 'n stert onder die water teδ te kom.''

 

Uitstekende filmopnames is al gemaak met nabyskote van 'n walvishaai wat vreet. Die oop bek sou twee volwasse mense kon hou. Tonne water word deur sy kieue gefiltreer om plankton en kril te aas -- die larwe-vorms van baie van die diere van die see.

 

Hoewel daar baie soorte haaie is, word hul voortbestaan in die oseane bedreig. Hulle word wΩreldwydá ßl meer vir hul vleis gevang, asook vir hul vinne, wat in die Ooste as 'n groot lekkerny beskou word. Daar in Asiδ word sop byvoorbeeld van die sopvinhaai gemaak.

 

Elke jaar word 'n wesenlike aantal haaie van allerhande soorte per ongeluk doodgemaak, wanneer hulle in toerusting beland wat eintlik ontwerp is om ander visse te vang. En dan word haaivangery vir die pret ook nog ßl gewilder.

 

Baie kweekplekke van haaie aan die kus is vernietig of is lank nie meer wat hulle was nie. Omdat daar weinig openbare steun is, is haaie dikwels maar bra laag op die lys van navorsings- en bestuursprogramme.

 

Maar hoekom is haaie belangrik? Alle groot roofdiere speel belangrike rolle in hul ekosisteme. Wetenskaplikes reken haaie is al byna 400 miljoen jaar lank 'n betekenisvolle deel van mariene voedselkettings. Hulle dun swak en gewonde diere uit en help om die bevolkings van kleiner seediere gesond te hou. As haaie uitgewis sou word, sou dit 'n beduidende uitwerking op die ingewikkelde web van lewe in die see hΩ.

 

Haaitande

 

òáá HAAIE se tande en kake is hul kragtigste wapens. Die vorm en doel van hul tande verskil, afhangende van hul voedselbron. En wat haaie verkies om aan te byt, wissel van die voorspelbare tot die bisarre. Een soort wat omtrent alles verslind wat voorkom, is die tierhaai. Skoene, wieldoppe, helms, beursies en selfs ammunisie is al in die pense van tierhaaie gevind.

 

Fossiele van enorme haaitande, party langer as 15 cm, is reeds op die seebodem gekry. Party kenners reken hierdie voorwΩreldse haaie kon self van 15 tot 20 meter lank gewees het, ander sΩ weer 'n ontsaglike 30 meter. Dit beteken dat hulle meer as dubbel so lank as vandag se walvishaai kon gewees het.

 

Alle haaie het tande -- daar is geen pap bekke onder hulle nie. Die kragtige kake, wat uit kraakbeen bestaan, is met verskeie rye tande uitgevoer -- by een spesie nie minder as veertien rye nie.

 

Slegs die voorste ry word egter op 'n keer gebruik om 'n bekvol vleis te gryp. Die tande in die rye daaragter vervang diΘ wat verlore gaan. Elke week of wat skuif 'n nuwe stel tande vorentoe in die plek van die voorstes wat afgeslyt of per ongeluk uitgeval het.

 

Haaie kry in hul lewe duisende tande. 'n Tierhaai wissel byvoorbeeld in slegs een jaar tot 2000.

 

Haaitande het verskillende vorms, afhangende van die soort kos wat die haai vreet. Die meeste soorte, veral groot jagters soos die witdoodhaai en tierhaai, het min of meer driehoekige tande met spits punte. By baie het die tande saagagtige rande. Hulle word gebruik om deur die vel, vleis en bene van slagoffers te sny en groot hompe kos af te skeur. Die tierhaai kan selfs deur die doppe van seeskilpaaie en krokodilvel byt.

 

Party haaie het egter weer plat tande wat soos maaltande lyk, wat hulle gebruik om die harde doppe van week- en skaaldiere fyn te druk en te maal.

 

'n Paar soorte, soos die walvishaai en reuse haai, is onskadelike planktonvreters, wat vreet deur hul kos deur kieu-splete uit die water te filtreer. Hul heel klein tandjies, in verskillende rye, word as growwe soort vyl gebruik.

 

Asof die tande in hul kake nie genoeg is nie, is die vel van haaie ook nog met duisende klein skerp tandjies besaai.

 

Vryf jy 'n haai se vel van die kop af stertwaarts, voel dit glad. Vryf jy dit andersom, voel dit soos skuurpapier. Gedroogde haaivel, genaamd sagryn, is vroeδr as skuurpapier verkoop om houtmeubels te poleer.

 

áHet jy geweet?

 

 

Die haaie van Suider-Afrika

 

DIE volgende haaie in die oseane by Suider-Afrika is gelys deur die J.L.B. Smith-Instituut vir Igtiologie, Rhodes-Universiteit, Grahamstad:

Koeihaaie: Skerpneus-sewekiefhaai; seskiefhaai; grootoog-seskiefhaai; platneus-sewekiefhaai.

        ORDE SQUALIFORMES:

Blouhaaie: silwertiphaai; grootneushaai; langneus-swartsterthaai; Javahaai; koperhaai; langneus-swartvinhaai; syhaai; Galapagoshaai; Zambesihaai; swarttiphaai; opesee-wittiphaai; swartvin-rifhaai; donkerhaai; sandbankhaai; swartkolhaai; sorrah-haai; kortneus- swartsterthaai; tierhaai; sopvinhaai; fossielhaai; kleiner sopvinhaai; geelhaai; sleetooghaai; gladde hondhaai; witkolle-hondhaai; blouhaai; melkhaai; vlapneus-hondhaai; stompkophaai; skerptand-hondhaai; growwetand-hondhaai.

Hamerkophaaie: skulrand-hamerkop; groot hamerkop; gladde hamerkop.

Sambokhaaie: grootoog-sambokhaai; fynstert- sambokhaai.

Skeurtandhaaie: knopstert-skeurtandhaai; grootoog- skeurtandhaai; spikkel-skeurtandhaai; kabouterhaai.

Haringhaaie: witdoodhaai; koesterhaai; mako; haringhaai.

Walvishaai: walvishaai.

Tapythaaie: gryshaai; reus-vaakhaai; sebrahaai.

Kathaaie: blaasophaai; band-kathaai; bruin kathaai; tier-kathaai; pofadder-skaamoog; bruin skaamoog; donker skaamoog; spikkel-kathaai; Izak; streep-kathaai; swartgekolde kathaai; luiperd-kathaai; geelspikkel-kathaai.

Hondhaaie: pylstekel-hondhaai; robhaai; pylkop-hondhaai; braamhaai; gryns-hondhaai; laternhaaie; dwerghaai; centrine; Groenlandse haai; penhaai; grootoog-penhaai.

Engelhaaie: Afrikaanse engelhaai.

Saaghaaie: Seskief-saaghaai; vyfkief-saaghaai.

 

____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________________

 

Huisgenoot se Wonderlike WΩreld op CD, 2004

 

 

 

 

á