Holtediere (2): Hydra

Hello, klein hydra!

Hy is 'n klein, dun diertjie, 6 tot 13 mm lank, wat in damme en mere leef.  Breek net 'n sewende van 'n millimeter van sy liggaampie af en jy kan daaruit 'n heeltemal volmaakte nuwe skepseltjie kweek. Dop hom om soos 'n sokkie en hy bly nog net so springlewendig. Die hydra, wat ook voortplant deur afbotting (soos op die foto), is een van die raarste holtediere. Die botsel ontwikkel 'n mond en tentakels aan die vry punt en sal uiteindelik van die ouer se liggaam losraak om sy eie, onafhanklike bestaan te begin...


HERCULES moes twaalf take moes vir koning Eurystheus verrig. Dit was om sy vryheid te ver¡dien nadat hy sy eie vrou en kinders vermoor het, volgens 'n baie ou gedig oor hierdie held uit die Griekse mitologie. Een van sy reuse take was om 'n slang met nege koppe, die Hydra, dood te maak.

As 'n kop egter afgekap is, het twee in sy plek gegroei, tensy die wond met vuur verseδl is. Met die hulp van sy neef slaag Hercules daarin om die gedrog te oorwin.

In die agttiende eeu het 'n Switserse leermeester en skrywer, ene Trembley, nog 'n vertelling gepubliseer oor 'n ander hydra -- ook 'n eienaardige, maar veel kleiner, dierasie wat biologiestudente vandag steeds uitvoerig bestudeer.

Trembley het geskryf dat 'n heeltemal nuwe dier gekweek kon word uit net 'n agtste van die liggaam van so 'n skepseltjie. (Later is gevind dat die deeltjie veel kleiner kan wees.)

Hy het ook beskryf hoe hy dit reggekry het om die dier om te dop en steeds te laat lewe.

Hierdie boeiende bevindings het gemaak dat wetenskaplikes die hydra deegliker ondersoek het -- sodat ons vandag 'n magdom dinge omtrent hom weet.

Wat is 'n hydra?

ò   HY is 'n klein, dun diertjie wat in damme en mere leef, een van die min holtediere van die vars water (die meeste woon in die see). Hy behoort tot die klas Hydrozoa, saam met ander bekender kreature soos die bloublasie.

Die liggaam van 'n hydra is 'n silindriese sak, waarvan die wand uit twee lae selle bestaan wat deur 'n dun laag van 'n nie-sellullΩre stof geskei word.

Die liggaam is tussen 6 en 13 mm lank en kan grys, bruin of groen wees. Groen hydras kry hul kleur van alge wat in sekere selle van die liggaamswand lewe.

Die een ent van die hydra-liggaam is 'n basale skyf wat die dier aan 'n geskikte oppervlak, soos 'n waterplant of rots, anker. Aan die ander ent is 'n stuk of vyf, ses tentakels, wat die mond omring.

Wanneer die tentakels ingetrek is, is die diertjie dikwels heeltemal onopvallend -- hy lyk nie na veel meer as 'n spikkel nie.

Bolmakiesie en gly-gly

ò   HYDRAS bly meestal op een plek, maar as hulle wel rondbeweeg, is dit nogal iets om te aanskou.

Hulle beweeg veelal deur as 't ware bolmakiesie te slaan op die bodem van damme of mere. Die diertjie buig en kry 'n houvas met sy tentakels. Dan bevry hy die ba¡sale skyf en laat dit omkantel, bra soos iemand wat sywaarts op die hande en voete tol.

Hydras beweeg ook gly-gly oor oppervlakke -- of deur onderstebo op die watervlak te dryf met be¡hulp van gasborrels wat deur die basale skyf voortgebring word.

Moord in die klein

ò   HYDRAS vreet onder meer inseklarwes, watervlooie, wurms, pas uitgebroeide vissies en paddavissies. Tussen etes word die tentakels uitgestrek, maar min of meer stil gehou. Word 'n prooi egter gewaar, begin hulle kronkel en draai binnewaarts in die rigting van die mond.

Soos die tentakels van korale het diΘ van die hydras netelselle of nematoblaste, wat hulle gebruik om hul prooi te vang. Elke nematoblast is 'n ronde sel met 'n opgekrulde draad.

Daar is vier van hierdie soorte selle by die hydras. By die een soort sel word 'n draad wat van binne hol is in die prooi ingedryf terwyl gif daardeur afgeskei word. By 'n tweede soort krul die uitgeskiete draad om die prooi en verstrik hom.

Die derde soort sel is klewerig en help om die prooi te vang en vas te hou. Dit help ook om die tentakels aan 'n oppervlak te heg wanneer die hydra beweeg, en sekere wetenskaplikes verkies om dit glad nie as 'n netelsel te beskou nie.

Die vierde en laaste soort word meer vir verdediging as voeding gebruik en word na diere uitgeskiet wat die hydra gewoonlik nie sal vreet nie.

Netelselle kan nie meer as een keer gebruik word nie en moet deur nuwes vervang word wat van ander liggaamsdele af plek verwissel.

Dit is die vermoδ van die selle om te migreer wat meebring dat hydras omgedop kan word. As dit gebeur, beweeg die selle van die twee lae eenvoudig by mekaar verby om na hul oorspronklike posisies terug te keer.

Sodra die hydra sy prooi gevang het, word dit deur die tentakels na sy mond oorgedra. Dit word deels verteer deur ensieme wat deur die binnelaag van selle afgeskei word, maar kosdeeltjies word ook deur individuele selle verswelg.

Sweephare aan die binnelaag-selle karring die kos terwyl dit ver¡teer word. Onverteerde oorblyfsels verlaat die liggaam deur die mond.

Voortplanting

ò   HYDRAS plant sowel geslagtelik as nie-geslagtelik voort, meest¡al deur knopvorming. Klein knoppies verskyn van tyd tot aan die kante van die liggaam, waar hulle ontwikkel en dan van die ouer afskei. Hulle vestig hulle iewers en ontwikkel in nuwe hydras.

Hoewel hulle nie teelorgane het nie, is geslagtelike voortplanting belangrik by hydras in oorbevolkte toestande. Klein bultjies met eierselle verskyn aan die kante van die liggaam. Spermaselle wat deur ander hydras in die water gewerp is, swem rond totdat hulle eierselle vind en dit bevrug.

Elke embrio wat nou ontstaan, skei 'n beskermende bedekking rondom hom af wat hom in staat stel om droδ en koue toestande te weerstaan. Eindelik skei hy van die ouer en moet self sien kom klaar in die water.

Hydras het 'n merkwaardige vermoδ om hul liggaamsdele te hernuwe. Daar word gemeen dat 'n hydra binne 'n paar weke al sy selle vervang. Hulle word dus nooit oud nie -- 'n vermoδ waarvoor baie mense stellig hul siele sal verkoop.


Terug na inhoudsblad -- klik hier


Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan