____________________________________________________________

 

Visse, hul bou en hoe hulle aanteel:

soeklig op die vinnevolk en hul verstommende gedoentes

 

Visenteer

Æn vis...

 

Visse is die eienaardigste skepsels. Sekeres verander selfs van geslag wanneer hulle ouer word. Hulle is wyfies wanneer hulle jonk is en verander in mannetjies nadat hulle 'n paar keer gepaar het. En dan is daar ook nog die seeperdjies waarvan dit die mannetjies is wat "geboortepyne" kry!

____________________________________________________________

 

VIS Æn bietjie uit: wat is Æn vis nou eintlik? Ons vang hulle, ons braai hulle of ons stoof hulle virá koningskos. Maar baie mense weet nie veel meer van hulle af nie as dat ons moet oppas vir die grate as ons hul lekker wit vleis eet.

 

En tog is die vis Æn alte fassinerende dier. Was jy nie self ook maar Æn amperse vissie in die fetus-stadium voor jou geboorte nie? Op twaalf weke was jy reeds 'n regte visserige akrobaatjie wat in die vrugwater bolmakiesie geslaan het. En jy het jou ledemaatjies soos vinne gewuif asof jy jou omgewing wou verken.

Boonop het geure van Mamma se kos en drank tot in die vrugwater deurgedring. Hulle is vermoedelik deur jou neus en vel geabsorbeer. Dit het meegebring dat jy kon kon ''ruik'' -- baie op dieselfde manier as 'n vis.

Wat jy en die vis vandag nog gemeen het, is werwels. Trouens, meer as die helfte van die totale hoeveelheid tans lewende werweldiere is visse. Met die afgelope eeuwisseling was daar Æn geraamde 24 000 ontdekte visspesies. Maar daar word gereken dat daar tot 28 000 kan wees, aangesien nuwe spesies gereeld ontdek word.

 

Alle visse is natuurlik waterlewend. Hulle besit gewoonlik kieue in die volwasse stadium, asook ledemate in die vorm van vinne.

 

Maar visse wissel aansienlik sover dit vorm, kleur en grootte aanbetref. S≤ is daar Æn tyd gelede Æn vissie in die Indiese Oseaan gevind wat slegs een sentimenter lank word. Vergelyk hierdie piepklein dwergie nou met die reusagtige walvishaai, wat tot 15 m lank kan word en Æn geraamde 68 000 kg kan weeg.

 

Die meeste visse is bedek met skubbe (behalwe sekere soorte, soos die babers, waarvan die vel met 'n dik slymlaag bedek word). Die enkele skubbe lΩ byna soos die teδls op 'n huis se dak oormekaar. Elke skub het 'n reeks piepklein ringvormige riwwe -- groeilae wat kan toon hoe oud die vis is.

 

Skubbe is sowel 'n beskerming as 'n buigbare bedekking. Omdat hulle deurskynend is, skyn die pigmentasie van die vis van onder af deur.

 

Moderne beenvisse het twee hoofsoorte skubbe: kteno∩ed en siklo∩daal. Kteno∩ede skubbe het klein uitsteekseltjies op die oppervlak en voel grof as 'n mens daaraan raak. Siklo∩dale skubbe is glad. Salms het siklo∩dale skubbe.

 

Plaso∩ede skubbe kom voor by kraakbenige visse soos haaie en r⌠e. Hulle lyk soos klein tandjies.

 

Gano∩ede skubbe word aan sekere primitiewe visse,á soos geepvisse, gevind. Hierdie diamantvormige skubbe laat die vis silweragtig lyk, soos 'n spieδl.

 

òáá SOOS mense en landdiere, moet visse ook suurstof inkry om te lewe. Die verskil is dat hulle hul suurstof nie in uit die lug onttrek nie, maar uit die water, waarin dit in 'n opgeloste toestand voorkom. Visse haal asem deur middel van hul kieue, wat in staat is om die opgeloste suurstof uit die water te haal.

 

Water gaan die mond binne, vloei deur die kieuholte oor die kieue en verlaat die vis se liggaam deur die opening van die kieudeksel. Kieue is rye benerige stafies, waaraan vlesige filamente geheg is, ryk aan bloedhaarvatte om suurstof te absorbeer. Elke filament het fyn sekondΩre flappe, ten einde die oppervlak te vergroot waaroor die uitruiling van gasse kan plaasvind.

 

Water vloei oor die kieue teen die kapillΩre bloedvloeiing in. Hierdie ''teenstroom'' verseker dat water altyd oor gedeoksigeneerde bloed beweeg, wat die absorpsie van suurstof vergroot. Bloedvate sirkuleer die bloed.

 

Visse se oδ is so saamgestel dat hulle onder die water kan sien. Anders as die menslike lens is 'n vislens 'n volmaakte sfeer, wat beeldverwringing kan verminder. Die oδ peul ietwat uit om 'n redelike sig aan alle kante te bied, maar daar is weinig oorvleueling tussen die twee oδ se gesigsvelde, met die gevolg dat die driedimensionale sig maar swak is.

 

Visse het geen ooglede nie -- omdat die vis in water leef, is dit mos nie nodig om te keer dat die oog uitdroog nie -- en daar is ook nie pupille wat van grootte kan verander nie. Die meeste visse, word vertel, kan in 'n sekere mate kleure sien.

 

òáá VISSE plant voort deur viskuit (eiers) te lΩ. Die meeste soorte viswyfies lΩ hul eiers in die water, waar dit deur die mannetjie bevrug word. Uit die bevrugte eiers ontstaan dan nuwe vissies. Maar by 'n paar vissoorte kom daar wel paring voor. Die bevrugte eiers word daarna ≤f in die water gelΩ om verder te ontwikkel ≤f hulle ontwikkel binne-in die wyfie totdat die vissies ge¡reed is om uit te broei.

 

Maar dis verstommend om te hoor op watter maniere som¡mige ander visse nog in hul waterwΩreld voortplant.

 

Sekere vissoorte -- die engelvis is 'n goeie voorbeeld -- verander selfs van geslag wanneer hulle ouer word. Hulle is dikwels wyfies as hulle jonk is en verander in mannetjies nadat hulle 'n paar keer gepaar het. Soms gebeur dit outomaties, ander kere hang dit van omstandighede af.

 

'n Harem engelvisse bestaan gewoonlik uit een mannetjie en verskeie wyfies. As die mannetjie doodgaan, verander die oudste wyfie in die harem in 'n mannetjie en neem sy rol oor. 'n Paar visse, soos sekere soorte stokvis, haring en makriel, het manlike sowel as vroulike geslagsorgane. Hulle word hermafrodiete genoem.

 

Seeperdjies doen dit alles weer op 'n heel moderne manier: die verantwoordelikheid vir ouerskap rus vierkant op die skouers van die mannetjie. Hy het 'n spesiale sakkie aan sy maag waarin die wyfie die eiers lΩ. Die manne¡tjie bevrug dan die eiers, wat aan die wande van die sakkie vassit en gevoed word deur 'n spesiale vloeistof uit sy lyf. Vier tot vyf weke later lΩ hy tot honderd eiers, terwyl hy sy lyf wild heen en weer ruk -- asof hy geboortepyne kry.

 

Maar vir 'n mannelike chauvinis soos die sogenaamde vegtersvis sal s≤ 'n rol nooit deug nie. Die mannetjie se omgekrapte geaardheid is al wat nodig is om voort¡planting te verseker. Die manlike vegtersvis gebruik naamlik sy slegte buie om 'n wyfie se hart te steel Θn sy teenstanders af te skrik.

 

Hy bou eers 'n drywende nes van borrels wat deur slym aanmekaar gehou word. Dan maak hy die wyfie van sy keuse die hof deur haar wild rond te jaag. Hy knabbel aan haar skubbe, pluk aan haar kieue en pronk met sy vinne. S≤ lok hy haar geleidelik na die nes.

 

Hier lΩ sy haar eiers in die water, waar die mannetjie hulle in sy bek opvang en in die slym onderaan die nes bΩre. Hierna jaag hy die wyfie weg en hou jaloers by die nes wag totdat die klein vissies uitgebroei het en sowat 'n week oud is.

 

Min visse sal hul klein vissies s≤ beskerm. Nog 'n uitsondering is die manlike stekelbaars, 'n varswatervissie met stekels of dorings op die rug, wat in die Noordelike Halfrond aangetref word. Die ywerige pa bou 'n tonnelvormige nes van wortels en stingels wat deur 'n klewerige afskeiding van sy niere aanmekaar gehou word.

 

òáá DIE grootste gedeelte van die jaar is die stekelbaarsmannetjie 'n bra ordinΩre kΩrel, met 'n dowwe, gevlekte bruin kleur soos diΘ van die wyfie. Maar met die koms van die lente, die begin van die paartyd, verander sy uiterlike heeltemal.

 

Dis asof hy 'n glinsterende blou oogskadu en rooi lipstiffie op sy gesig aanwend, rooisel op sy pens en silwer beklemtonings op sy rug.

 

Nadat hy hom so versier het, kies die kleurryke vis vir hom 'n geskikte plek op die bodem van die rivier, poel of see waar hy vir hom 'n nes bou. Ander mannetjies word uit die omgewing van sy veilige vesting verjaag.

 

Eers maak hy 'n holte in die bedding deur sy vinne uit te waaier en die water rond te skommel om die sand los te maak. Dan versamel hy stringe waterplante waarmee hy die holte bedek. Hy gom die stukke aanmekaar vas met klewerige drade wat deur sy liggaam voortgebring word. Hierna stoot hy sy pad in die middel daarvan deur om 'n tonnel te vorm.

 

Nou gaan soek die stekelbaarsmannetjie na 'n wyfie om sy nes te vul. Sodra hy 'n wyfie sien wat uitbult van die eiertjies binne-in haar, swem hy na haar toe en voer 'n sigsag-paringsdans uit. Op die laaste oomblik swenk hy van haar af weg.

 

Indien die wyfie reg is om haar eiers te lΩ, dui sy dit aan deur met haar liggaam teen 'n effense hoek met die oppervlak van die water te wag. Eindelik volg sy dan die mannetjie na die nes.

 

Deur op sy sy te draai en sy helderrooi pens te ontbloot wys die mannetjie in der waarheid in die rigting van die ingang. As die wyfie aarsel om die nes te aanvaar, raak die mannetjie gefrustreer en byt hy haar aan die sye.

 

Oplaas wikkel sy haar pad binnetoe en, as sy dit as 'n geskikte tuiste vir haar kleintjies beskou, lΩ sy haar eiers. Die mannetjie raak haar naby die stert aan om haar aan te moedig.

 

Sodra die eiers gelΩ is, verlaat die wyfie die nes en gaan die mannetjie binne om hulle te bevrug . Hy kan selfs die wyfie wegjaag sodat hy 'n ander wyfie kan aanmoedig om nog eiers in die nes te lΩ.

 

Namate die eiers begin ontwikkel, verander die ''persoonlikheid'' van die stekelbaars van 'n ''sjarmante hofmaker'' na 'n ''beskermende vader''. Sy eerste taak is om die eiers goed geventileer te hou, waarvoor hy sy vinne heen en weer beweeg om die water te skommel en suurstofryke water oor hulle te laat spoel.

 

Om die ontwikkelende vissies teen roofvyande te beskerm bedek hy die nes met sand en stukkies afval wat hy in sy bek dra. As 'n vyand te naby kom, hou hy sy stekels regop om boosaardig te lyk.

 

Nß sowat tien dae, wanneer die kleintjies uitgebroei het, hou hy op om die nes te ventileer, maar bly hy waak. Hy volg alle kleintjies wat te ver van die nes af wegdwaal en bring hulle in sy bek terug.

 

Mettertyd begin hy egter belangstelling in sy kleingoed verloor en volg hy ook nie meer diΘ wat uit die nes uit padgee nie. Teen die lente van die volgende jaar is die kleintjies net so groot soos hul ouers. Die wyfies bly dofbruin. Maar die mannetjies sal die spoggerige kleure en sorgsaamheid van hul pappa erf.

 

Al agt van die stekelbaarsspesies is van die Noordelike Halfrond. Hulle hou in sowel riviere en poele as in die see, en sekere spesies kom inderdaad sowel in die varswater as in die see voor.

 

òáá BAIE visse migreer oor lang afstande om hul kleintjies op 'n veilige plek te laat uitbroei. Een van die bekendste voorbeelde is die salm van die Noordelike Halfrond. Hulle broeiá in vars water uit en trek dan see toe, waar hulle grootword. Wanneer hulle ge¡reed is om eiers te lΩ, keer hulle terug na die binnelandse water waar nuwe salmpies sal uitbroei.

 

Salms word dikwels in groot groepe in riviermondings aangetref waar hulle op hoogwater wag, sodat hulle in die rivier opgespoel kan word. Hulle swem ongeveer 40 km per dag, en kan teen stroomversnellings opswem en teen watervalle opspring.

 

Hulle eet nie op hul lang tog nie en verloor dus baie gewig. Nadat hulle hul eiers gelΩ het, is baie so swak dat hulle nie weer die see haal nie. Jong visse bly sowat drie jaar in die vars water voordat hulle see toe migreer.

 

òáá Klik hier en lees meer oor die sonderlinge lewe van die Atlantiese salm.

____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________________

 

Huisgenoot se Wonderlike WΩreld op CD, 2004