lig...
Sonlig breek deur die wolke-dak en bars in kleurskerwe teen die hemel... vorm 'n pragtige reδnboog, die skouspelagtigste natuurverskynsel op aarde. Die lig van 'n ster word wetenskaplik deur 'n spektroskoop verbrokkel, en uit die kleurpatrone kan geleerdes aflei uit watter elemente daardie ster saamgestel is. S≤ is die lig wat van die verste uithoeke van die skepping oor ons stroom, 'n gloed van vermengde kleure, al ervaar ons dit bloot as "wit" lig. En daarsonder is ons lewe ondenkbaar...
òáá Kyk ook
ander artikel oor lig deur hier te klik.
___________________________________________________________________
IN die sonlig, maar ook in die lig van
elektriese gloeilampe, sien jy die wΩreld om jou. Lig is lewe, lewe is lig, en
dit glinster deur die hele skepping.
Uit ontelbare sterre en sfere spetter die ontsaglike
vloedgolwe van lig. Niks anders in die stoflike heelal is vergelykbaar met
stralingsenergie soos onder meer lig nie. En niks stofliks beweeg so vinnig
nie. Trouens, sover ons kennis strek, is dit heeltemal onmoontlik vir enige
materiδle voorwerp om die snelheid van lig (299 792,5 km per sekonde) te
bereik.
Dis nie iets wat verduidelik kan word nie; dit is die
manier waarop die heelal saamgestel is. Wetenskaplikes het op Æn keer bereken
dat, as al die materie in die heelal in energie omgeskakel kon word en al
daardie energie gebruik sou word om 'n enkele atoomdeeltjie te laat beweeg, diΘ
deeltjie steeds nie die snelheid van lig sou kon bereik nie, maar net
99,9999999999 (ensovoorts vir omtrent 160 neges) persent daarvan.
Die aard van lig het die mens van die vroegste tye af
dronkgeslaan. Een geloof was dat dit iets is wat uit die oog uitskiet en dinge
sigbaar maak waar dit hulle tref. Die ou Griek Aristoteles het hierdie gedagte
doodeenvoudig weerlΩ. Hy het gevra hoekom, as die oog konsuis die bron van lig
is, dit dan onmoontlik is om in die donker te sien!
Verskeie ander teorieδ het ontstaan, en die
sogenaamde golfteorie is in die negentiende eeu nC aanvaar, toe gedink is dat
lig in golwe voortplant in 'n onsigbare, ontasbare stof wat oor die ganse
heelal versprei sou wees. DiΘ stof is eter genoem.
Later is getoon dat die bestaan van die eter nie
nodig is om die golfteorie van lig te verduidelik nie. Lig kan verklaar word as
afwisselende impulse van elektrisiteit en magnetisme wat mekaar in die ruimte
uitstoot as elektro-magnetiese golwe.
Maar Max Planck, 'n Duitse fisikus, het in 1900 aangetoon dat sekere feite omtrent straling eenvoudig nie bevredigend in terme van golwe verklaar kan word nie, dog slegs in terme van "pakkies" energie. S≤ het die kwantum-teorie ontstaan. Volgens diΘ teorie word stralingsenergie nie in 'n gelykmatige stroom, soos water uit 'n kraan, vrygestel nie, maar in eenhede (kwanta) soos koeδls uit 'n geweer.
Wat gebeur as hierdie "koeδls" In die
ruimte afgeskiet word? Om te probeer begryp moet ons nogmaals in die atoom gaan
kuier soos op 'n ander bladsy in hierdie esiklopedie waarin oor elektrisiteit vertel word.
á
Om die atoom se kern wentel die elektrone met
ontsaglike snelhede (7000 miljoen miljoen keer per sekonde!) in verskillende
bane, maar nou gebeur dit dat energie van buite, soos sΩ nou maar elektrisitelt
of hitte, die elektrone in hul bane versteur.
'n Elektron word van 'n binnebaan na 'n buitebaan
uitgeruk, maar metdat hy -- of een van sy maters -- na 'n binnebaan
terugspring, laat hy die "koeδltjie" energie (kwantum of foton) vry.
Dit is soos vlooie wat rondkriewel, maar elke nou en dan skielik hop.
Hoe verstaan 'n mens dan nou die geaardheid van lig?
Dit is 'n golfbeweging en tog is daar deeltjies ook. Die vreemde werklikheid is
dat stralingsenergie in sekere opsigte soos bv. watergolwe reageer, terwyl
ander eienskappe weer net in terme van kwanta verduidelik kan word. Dit is dan
eintlik ook iets wat ons net matematies kan uitbeeld. Om een wetenskaplike aan
te haal: "As ons weet wat 'n ligstraal is, sal ons al baie weet."
Maar vir die wetenskap het 'n nuwe lig opgegaan oor die hele karakter van lig!
Dit was donker op die diep waters, lui dit in die
nuwe vertaling van Genesis. Toe het die goeie Skepper die lig te voorskyn
geroep. En die lig was daar. Deur 'n hele nuwe skepping, kan 'n mens jou
voorstel, kon die verblindende ligstrale uitgeskiet het -- by die geboorte van
tyd en ewigheid in die begin van alle dinge. En vandag staan 'n mens bloot verbyster
as jy aan die wonder van lig dink.
òáá DIE Deense
sterrekundige Olaus Romer het in 1675 reeds die snelheid van lig bepaal deur
middel van 'n verduistering van 'n maan van die planeet Jupiter. Wanneer die
aarde en Jupiter die naaste aan mekaar is, word die tyd tussen verduisterings
gemeet en toekomstige verduisterings voorspel.
Wanneer die twee planete die verste van mekaar is --
met die aarde aan die ander kant van sy wentelbaan om die son -- word die
verduisterings weer waargeneem. Nou word egter gevind dat hulle byna 997 (of
amper duisend) sekondes later plaasvind as wat voorspel is.
Deur hierdie duisend in die deursnee van die aarde se
wentelbaan van sowat 300 miljoen kilometer in te deel, word die snelheid van
lig (bynaááá 300 000 km per sekonde)
vasgestel.
______________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
___________________________________________________________________
Ons Wonderlike
WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan