___________________________________________________________

 

Fossiele

--á hoe die oerverlede in klip vasgevang is

 

In die jong dae van die aarde vrek Æn groot, logge dier in Æn moeras. Sy karkas gaan lΩ op die bodem waar dit onder modder en ander afsettings begrawe word. Dan gaan die eeue verby totdat jy eendag sy oorblysels in Æn spoelsloot vind -- en byna dadelik beroemd word! Maar watter fantastiese prosesse was aan die werk wat hierdie dier se liggaam so wonderbaarlik behoue laat bly het?

___________________________________________________________

 

JY loop in die veld, sΩ maar by Æn Karoo-koppie, en in Æn lap verspoelde skalie trek jou aandag. In die bros gesteentes lΩ die beendere van Æn lank uitgestorwe oerdier vir jou en gryns.

 

As jy niks van die waarde van fossiele geweet het nie, kon jy net sowel op die geraamte van Æn onlangs gevrekte merinoskaap afgekom het. Maar danksy jou kennis van die paleontologie weet jy dat die naaste museum heel waarskynlik baie in jou vonds belang sal stel.

 

Jy bel dus die kurator. Nie lank hierna nie pryk jou foto op die voorblad van die dorpskoerant en word in banieropskrifte vertel hoe jy Æn nuut ontdekte soort soogdieragtige reptiel opgespoor het!

 

Maar as jy nie in die studie van uitgestorwe organismes ge∩nteresseerd was nie, sou al hierdie inligting moontlik met verloop van tyd weer onder die Karoo-stof begrawe gewees het. Genoeg rede vir almal om ten minste Æn basiese kennis van die paleontologie te verwerf...

 

Æn Fossiel is enige oorblyfsel, teken of afdruk wat op natuurlike maniere behoue gebly het van Æn plant of dier uit die geologiese verlede. Paleontoloδ (kenners van voorwΩreldlike lewensvorme) reken dat die vroegste fossiele meer as drieduisend miljoen jaar oud is. Volgens hulle is daar min fossiele wat ouer as vyfduisend miljoen jaar is.

 

Daar is baie soorte fossiele. Af en toe word Æn volledig gepreserveerde dier of sy geraamte gevind, maar meer dikwels is dit Æn enkele been hier en Æn tand of skulp daar. Plant- of dierfossiele kom baiemaal as impressies in steenkool of gesteentes voor. Hierdie afdrukke kan ≤f van Æn volledige plant of dier wees ≤f net Æn deel daarvan, soos Æn poot of Æn blaar.

 

Eiers, versteende voorwerpe en gate wat deur diere gegrawe is, is nog vorms van fossiele.

 

Fossiele word meestal in die rotsagtige gedeeltes van die aardkors gevind. Hulle word ook in olie-deurdrenkte grond, in permanent bevrore stowwe en in grotte aangetref. Fossiele kom algemeen voor in sandsteen, skalie, kalkklip en ander afsettingsgesteentes. Afsettingsgesteentes word gevorm deur afsetting of sedimentasie -- die afsakking van fyn rotsdeeltjies en organiese stowwe in water.

 

Fossiele is seldsaam in stollingsgesteentes, wat deur hitte gevorm is, en word betreklik min gevind in metamorfe gesteentes, wat weens hitte en druk veranderings ondergaan het.

 

Formasies van afsettingsgesteentes word op baie plekke op aarde gevind. In ons Karoo is daar so Æn rykdom van fossiele in die skalie dat dit Æn mens verbyster.

 

Die Karoo was in die jong dae van die aarde Æn vlakwater-meer en Æn oneindige hoeveelheid oorblyfsels van die lewe daarin en daar rondom wag stellig steeds om gevind te word.

 

Maar hoekom is die bestudering van fossiele belangrik? Allereers verbreed dit die mens se kennis van ons planeet. Hulle bied inligting oor lewensvorme soos, sΩ, antieke seewiere en dinosourusse, wat lank, lank gelede reeds uitgesterf het. Hulle vertel ons ook van klimaatstoestande in verskillende stadiums van die aarde se bestaan, sodat ons kan sien hoe dinge verander het en dalk nog in die toekoms kan verander.

 

Maar fossiele is ook van industriδle belang. Steenkool bestaan meestal uit die oorblyfsels van verrotte plantvorms, terwyl kryt uit die skulpe van piepklein waterdiertjies gevorm is. Die meeste soorte kalkklip kom van die oorblyfsels van seelelies en ander see-organismes.

 

Æn Krytagtige stof wat diatomiese aarde genoem en in filters, as Æn skuurmiddel en as Æn isolerende stof gebruik word, is van die skulpies van eensellige diatome afkomstig.

 

Sekere fossiele is ook nuttig in petroleumontginning deurdat hulle op dieselfde ondergrondse vlak as petroleum voorkom. Hul teenwoordigheid dui daarop dat petroleum moontlik daar naby gevind sal word.

 

Verskillende maniere van fossielvorming

 

òáá GEWONE BEGRAWING. Plante en diere wat in die water van riviere, mere en oseane gelewe het, het dikwels, nadat hulle gevrek het, na die bodem afgesak waar hulle onder modder en ander afsettings begrawe is.

 

Deurdat diΘ afsettings nß verloop van eeue der eeue in gesteentes omgesit het, het die harde oorblyfsels van die organismes in die afsettingsgesteentes bewaar gebly.

 

In uitsonderlike gevalle het die sedimente selfs die sagte dele teen verrotting beskerm, sodat hele karkasse tot duisende jare lank gepreserveer is. Dit kon gebeur het waar die organisme byvoorbeeld in Æn turfmoeras, Æn soutafsetting, natuurlike teer, natuurlike paraffien of blywende sneeu begrawe is. Volmaak bewaarde karkasse, met die vleis daaraan, van mammoete (Æn soort olifant) uit die Ystyd is byvoorbeeld in Noord-Siberiδ gevind.

 

òáá KARBONISERING. Die belangrikste fossiele op ons planeet is, sonder vrees vir teδspraak, steenkool. Steenkool is in werklikheid die gefossileerde oorblyfsels van reuse moeraswoude wat op groot dele van die aarde, ook in Suid-Afrika, floreer het. Hierdie woude is mettertyd deur alluviale afsettings bedek. Die plante het deur bakteriδle werkinge gedisintegreer en feitlik al hul bestanddele, buiten die koolstof, het verlore gegaan.

 

òáá VERSTENING. Verstening is die "klassieke" vorm van fossielvorming. Versteende, of klipagtige, fossiele is gevorm deurdat water, wat minerale bevat het, in elke porie van die verrottende organisme ingesypel het.

Die minerale het later verhard en die oorspronklike weefsel vervang.

 

Æn Versteende fossiel het dikwels die buitevorm en soms selfs die binnestruktuur van die organisme. Die oorspronklike kleure van die plant of dier het egter in alle gevalle verlore gegaan.

 

Die vervangingsmineraal is gewoonlik kalsiet of Æn soort kwarts. Versteende hout is die mees algemene voorbeeld van verstening.

 

òáá BEVRIESING. Diep lae van permanent bevrore ys en modder het soms duisende jare lank as Æn natuurlike yskas gedien, soos vir die mammoete waarvan hierbo vertel is.

 

òáá DROGING. Diere se beendere of eiers het al baie lank geboue gebly omdat die lug of omringende soliede materiaal kurkdroog was. Sulke preseverings het soms in onversteurde spelonke of in diep sandlae plaasgevind.

 

òáá IMPRESSIES. Æn Holte word gevorm wanneer Æn plant of dier begrawe word in sand, vulkaan-as of sediment wat later verhard. Nadat die organisme vergaan het, bly Æn hol afdruk van sy vorm in die omringende stof agter. Æn Gietsel bestaan uit fyn sand of klei wat agterna die holte opgevul het om Æn lewensgroot model van die lank vergane organisme te vorm.

 

òáá SPORE EN GATE. Voetspore wat diere in sagte grond gelaat het, het later verhard. Die gevolg is dat paleontoloδ vandag selfs modelle van uitgestorwe diere kan probeer bou deur slegs sulke spore te bestudeer. Sekere diere het ook gate in grond of modder agtergelaat, wat iets van hul destydse leefwyse vertel.

 

Die werk van paleontoloδ

 

òáá FOSSIELE in museums lyk gewoonlik of hulle besonder goed bewaar gebly het. Dit is egter dikwels glad nie soos hulle gelyk het toe hulle gekry is nie. Trouens, sulke vondste is baiemaal onvolledig of die antieke oorblyfsels is heeltemal deur die drukking van die gesteentes vervorm.

 

Maar hoe haal paleontoloδ die fossiele uit die gesteentes waarin hulle voorkom en hoe word die oorblyfsels tot hul oorspronklike vorm gerestoureer?

 

Om fossiele bloot te lΩ is 'n lang en delikate proses, veral as die fossiel bros en die matriks (moedergesteente) hard is.

 

Die eksemplare kan met 'n spesiale verhardende oplossing behandel word, wat eers moet droog word voordat die fossiele uit die rots gehaal kan word. Groot beendere kan met 'n gipslaag bedek word om veilig na die museum of laboratorium versend te word.

 

Dit spreek vanself dat sulke materiaal vergesel moet wees van volledige inligting oor die plek waar dit gevind is en die posisies van die verskillende beendere teenoor mekaar. Hiervoor word meestal fotoÆs gebruik.

 

In die laboratoriums van museums en universiteite word die fossiele deur hoogs gekwalifiseerde tegnici voorberei. Vroeδr is al hierdie werk met die hand gedoen met behulp van dun naalde, meganiese bore soos diΘ van tandartse en hamertjies en beitels (vir die growwe werk).

 

Danksy vandag se chemiese tegnieke is dit moontlik om die hele moedergesteente met chemikalieδ weg te vreet sonder om die fossiel te beskadig.

 

Paleontoloδ staan dikwels voor die probleem dat Æn fossiel heeltemal verbrokkel het en dat hulle alles moet herstruktueer soos 'n soort driedimensionele legkaart waarvan sekere stukke boonop moontlik verlore gegaan het.

 

Maar om Æn fossiel te kan uitstal, moet daar meestal meer te sien wees as Æn paar los beendere. Gevolglik word modelle van die verlore beendere gemaak, gegrond op die beendere van verwante soorte. Die hele geraamte word dan in 'n natuurlike houding op 'n plastiek- of staalraamwerk gemonteer.

 

_________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan