Roemryke rubber
-- die boeiende verhaal van 'boommelk'
Gomlastiek is sy ander --
minder gebruikte -- naam. En hoewel rubber vandag op groot skaal kunsmatig
vervaardig word, bly die natuurlike produk steeds sterk in aanvraag. Alles
te danke aan 'n verbeeldingryke New Yorker wat op 'n dag per ongeluk 'n
sekere mengsel op 'n warm stoof laat val het...
|
AL ooit die wit ''melk'' gesien binne-in die stingels van die
sydissels wat in jou tuin groei? Dis mos daardie wydverspreide onkruid met
die geel blomme en vlokkige saadjies -- die sade wat soos
mini-valskermpies van die plante wegsweef om elders wortel te
skiet.
Wel, nog van die sydissels se soort melk kry ons ook in
veldplante soos ons inheemse noorsdorings, melkbosse en giftige
vingerpolle. Om natuurlik nie eens te praat van die ryklike voorraad wat
Æn mens in vyebome sal aantref nie.
Maar daar hou dit nog lank nie
op nie. Wat meer sΩ, daar is Æn swetterjoel -- sowat 2000 -- plantsoorte
wat s≤ Æn melk afskei, wat lateks genoem word. Eienaardig, maar dit lyk of
niemand egter seker is presies waarom dit gebeur nie.
Die beste
raaiskoot is dat dit Æn afvalproduk is wat plante opgaar pleks van om
daarvan ontslae te raak. Dit kan vanselfsprekend ook wees dat die melk die
plante so onsmaaklik maak dat dit vyande weghou.
Maar al sou die
melk straks van geen besondere nut vir ten minste sekere lateks-plante
wees nie, sal die mensdom nie maklik sonder lateks kan klaarkom
nie.
Want as lateks stol, kry ons rubber. As dit reg bewerk word,
kry ons baie sterker rubber. En is dit dan nie hierdie kosbare gomlastiek
wat die wiele van die wΩreld se motors alte gerieflik laat draai
nie?
ò
HOEWEL rubber weliswaar vandag op groot skaal kunsmatig
vervaardig word, bly natuurlike rubber steeds sterk in aanvraag. Die reuse
bande van groot straalvliegtuie moet byvoorbeeld grootliks van die
natuurlike produk gemaak word, omdat dit meer hittebestand as die
sintetiese is.
Ofskoon soveel plante lateks bevat, kom feitlik al
die wΩreld se natuurlike rubber van die Para-rubberboom (Hevea
brasiliensis). Dit is inheems aan Brasiliδ, maar is in die negentiende
eeu na Asiδ gebring, waar dit op groot skaal in Thailand, Indonesiδ,
Maleisiδ en Sri Lanka gekweek word.
Die wit melk word verkry deur
snitte in die bas van die Para-rubberboom [REGS] te maak en die ''bloeiende''
boom se uitskeiding in Æn bakkie op te
vang. Terloops, diΘ boom moet nie
verwar word met die ander melkdraende rubberboom Ficus elastica,
wat by ons dikwels as Æn tuin- of potplant gekweek word nie. DiΘ is
eintlik Æn soort vy!
Nog Æn dwaling is dat lateks die sap
van die Para-rubberboom is. Die sap vloei in der waarheid veel dieper binne-in
die boom, terwyl die melk vlak lΩ.
Dit verg vernuf van die ''boom-melker''
om sy snitte so te maak dat hy nie die kambium (die selvormende
groeiweefsel tussen die hout en bas) beskadig nie. As te veel van die
kambium seerkry, hou die boom op groei en maak hy ook nie meer melk
nie.
ò
WAAR het die mensdom rubber begin gebruik? Daar is geleerdes
wat reken dat die antieke Maja in Suid-Amerika so vroeg as 1600 vC lateks
aangewend het om rubberballe en hol mensefigure te maak, asook om
byvoorbeeld byle aan hul stele vas te heg.
Maar dit sou eers in die
1800Æs wees dat Æn Amerikaner, Æn sekere Charles Goodyear (foto), die moderne
vorm van rubber ontdek het. Voor 1839 was rubber onderhewig aan die
gesteldheid van die weer. As die lug warm en klewerig was, was die rubber
ook so. Wanneer dit koud was, het dit hard en bros geraak.
Goodyear
se resep, Æn proses wat vulkanisering genoem word, is ontdek toe hy Æn
mengsel van rubber en swawel per ongeluk op Æn warm stoof laat val het.
Die resultaat was Æn stof wat nie deur die weer be∩nvloed word nie en tot
sy oorspronklike vorm terugspring nadat dit gerek is. Op die koop toe is
dit waterbestand en gelei dit nie elektrisiteit nie.
Tog is Goodyear -- wat terloops nie die stigter was van die
nywerheidsreus wat sy naam dra nie -- in 1860 in volslae armoede in New
York oorlede. Hy het die manier uitgevind om rubber ten volle te benut,
maar sy probleem was aanvanklik dat niemand hom wou glo nie. Daarna het hy
hom in soveel onverkwiklikhede vasgeloop om sy patent te probeer beskerm
dat hy Æn enorme skuld laat ophoop het.
Dit was ook nie eens sy idee om motorwielbande van rubber te maak nie.
Hierdie eer kom ander toe, terwyl dit Æn Skotse veearts, John Boyd
Dunlop, was die eerste lugband gemaak het.
Dunlop (foto) het, s≤ word vertel, in Noord-Ierland gewerk toe sy negejarige
seun hom een m⌠re in 1888 van sy probleem vertel het. Die seun, wat met
sy driewiel deur die hobbelrige klipstrate van Belfast gery het, het gekla
dat die geskud sy sitvlak seermaak.
Motorwielbande was destyds van soliede rubber. Hulle was weliswaar beter
as die ou bande van hout, leer of yster, maar het steeds nie vir die beste
vering gesorg nie.
Dunlop het egter so ietwat oor sy seun se verknorsing nagedink, Æn stuk
tuinslang in drie dele opgesny, die dele met water gevul, die ente
toegeprop en hulle aan die driewiel se wiele geheg. Die seun kon nou
heelwat geriefliker ry.
Æn Besoekende vriend het aan Dunlop voorgestel dat hy lug pleks van
water gebruik -- en diΘ idee het hom so geslaag bewys dat hy dit in
dieselfde jaar in Brittanje gepatenteer het.
En s≤ is die lugband gebore -- danksy Æn neulerige knaap se seer
sitvlak! |