_________________________________________________________
Vuur!
'n Vuur wat buite beheer geraak het, is 'n
verskriklike gesig. Dit kan ook die brandslaners beaam wat elke af en toe groot
veldbrande in ons land moet beveg. Maar togà hoe sou ons lewe op aarde sonder
vuur gewees het?
_________________________________________________________
VUUR... wat is dit nou eintlik? Selfs 'n
woordeboekmaker kan straks warm raak as hy probeer verduidelik!
Want vuur is nie vas of vloeibaar nie, en dis ook nie
'n gas nie. Dit het geen massa nie: jy sou bra laf wees om 'n vlam op 'n skaal
te probeer weeg.
En tog ken ons almal die vonkende tonge van vure, die
gloeiende kolomme van hete energie wat alles wegvreet in hul drif.
Vuur is nie regtig stoflik nie. En tog is dit iets.
Die mense van die antieke tyd het gedink alles
tasbaars is uit net vier dinge opgebou: vuur, lug, aarde en water. In
werklikheid is daar 'n stuk of honderd "boustene" (elemente) in die
heelal, maar vuur is nie een van hulle nie.
Dit het eeue geduur voordat die mens vasgestel het
wat vuur in werklikheid is: die blitsige verbinding van die suurstof in die lug
met die koolstof in brandbare stowwe.
( Of so is dit in verreweg die meeste van die gevalle. Want koolstof en selfs suurstof is nie altyd nodig vir 'n vuur nie. Die gas asetileen, 'n verbinding van waterstof en koolstof wat vir sweis gebruik word, stel byvoorbeeld by sekere temperature lig en hitte vry selfs al is suurstof nie teenwoordig nie. En 'n paar soorte metale kan selfs in die minder aktiewe gas stikstof brand.)
Vuur is bloot 'n chemiese reaksie wat so vinnig
plaasvind dat ons die woelinge daaromheen kan sien.
Die vlamme wat jy byvoorbeeld waarneem wanneer jy na
die brandende steenkool in die kaggel kyk, is gloeiende deeltjies koolstof wat
van die steenkool opstyg. 'n Vlam kan ook 'n sameflansing van rooiwarm
stofdeeltjies in die lug wees. Hulle glim wanneer hulle in verbinding kom met
die warm gasse wat in die verbrandingsproses gevorm word.
Dis terloops interessant dat die soute van
verskillende metale verskillende kenmerkende kleure aan 'n vlam gee: natrium
gee geel, koper gee blou, stronsium gee rooi en barium gee 'n groen kleur, om
'n paar te noem. Van hierdie verskillende kleureienskappe word baie nuttig
gebruik gemaak in die vervaardiging van vuurwerk.
Vuur is dus 'n proses van snelle verbranding. Ons kry
egter ook verbranding wat so stadig plaasvind dat die hitte verstrooi word,
sodat daar glad nie 'n vlam is nie.
Dit is wat in ons liggame plaasvind. Die kos wat ons
eet om aan die liggaam energie te verskaf, word gedeeltelik
"verbrand" deur die suurstof wat deur die bloed in die longe
geabsorbeer word.
òáá DIE
aandeel van vuur in die ontwikkeling van die menslike beskawing was enorm, om
die minste sΩ. Van die eerste gebruike van vuur was om kos gaar te maak en
bosse weg te brand vir die jag. Dit is ook gebruik in godsdienstige rituele, en
die eerste industriδle aanwending was vir pottebakkery.
Volgens die Griekse godeleer het die halfgod Prometheus
op 'n dag vuur op die godeberg Olimpus gesteel en dit in 'n hol riet na die
aarde gebring. lemand het al geskryf dat Prometheus geen beter geskenk vir die
mens kon gekies het nie. Ons kan ons immers glad nie die menslike bestaan
sonder vuur voorstel nie.
Dis vandag steeds onontbeerlik in al ons nywerhede en
die vervoerwese, en daarom een van die heel beste dienaars van die mens.
Maar as dit 'n goeie dienaar is, is vuur ook 'n baie
slegte baas. Dit het die mens tot sy leed ook al baie lank gelede agtergekom.
Trouens, die woord "brand!" het een van die ontstellendste uitroepe
in enige taal geword, en onder die heel eerste brandwere waarvan ons in die
geskiedenis lees, was diΘ in ou Rome.
Die Romeine het eers slawe as brandbestryders
gebruik, maar hulle het nie juis gedeug nie, en later het die vigiles
(wagters) gekom wat Rome vyf eeue lank teen brande beskerm het.
Seweduisend van hierdie wagters was nodig om die stad
met sy miljoen inwoners te beskerm. Hulle moes snags deur die strate loop,
elkeen met 'n emmer wat van esparto-gras gemaak was.
Daarom het hulle die bynaam Sparteoli (die
emmermanne) gekry. Wanneer 'n brand uitgebreek het, moes hulle met die emmers
water op die vuur gooi.
á
Daar was ook reeds vierduisend jaar gelede
brandweerkorpse in ou Egipte. Maar vandag se brandwere is uit die aard van die
saak baie meer gesofistikeerd. Hulle kan spog met uitstekend toegeruste
brandweerwaens en pompmasjiene wat selfs duisende liters water per minuut op
tierende vlamme kan spuit.
En in Suid-Afrika met sy wye ruimtes is
brandbestryders soms selfs bedrywiger buite in die natuur as in die stede of
dorpe.
á
òáá VELD- en
bosbrande kan verskeie oorsake hΩ: weerlig, die vonke van rotse wat van berge
aftuimel, maar in verreweg die meeste gevalle is die oorsaak die nalatigheid
van die mens.
Partymaal stig die mens darem ook heel onbedoeld brande, soos ons stoomlokomotiewe vroeδr dikwels in die veld gedoen het voor die elektrifisering van ons vernaamste spoorweδ.
Dele van ons land is blykbaar lank reeds besonder
"ontvlambaar", as 'n mens dit so kan stel. S≤ het die Portugese
ontdekker van die seeweg na Indiδ, Vasco da Gama, reeds met sy verbyvaart langs
die Suid-Afrikaanse kus die rook van sulke veldbrande gesien en die land Terra
de Fume (Land van Rook) genoem.
Jan van Riebeeck het weer eenmaal twee Saldanha-Khoi
met tabak beloon omdat hulle 'n veldbrand geblus het.
En Simon van der Stel het in 1687 'n dekreet
uitgevaardig dat enige stigter van 'n veldbrand lelik afgeransel moet word as
dit sy eerste oortreding was. As hy 'n tweede keer s≤ oortree, moes die
brandlustige summier die doodstraf kry. (As hierdie wet vandag nog gegeld het,
het talle van ons vleisbraaiers seker baie meer in hul pasoppens gebly!)
In Februarie 1869 was 'n bosbrand 'n nasionale ramp in Suid-Alrika. Altesaam 480 km van die landstreek van Swellendam in die weste tot Humansdorp in die ooste het in ligte laaie gestaan. Honderde plaashuise is verwoes, 31 mense het omgekom en duisende stuks vee en tallose wilde diere is dood.
Ook in die woongebiede was brande veral vroeδr 'n
groot gevaar in ons land. Dit was omdat die meeste huise destyds grasdakke
gehad het. In 1710 het 'n brand Stellenbosch omtrent heeltemal in puin gelΩ
nadat 'n grasdak vlam gevat het.
Die brandstigter was glo iemand wat onnadenkend
gerook het terwyl 'n sterk suidooster in die Eikestad gewaai het.
Binne 'n paar uur is die Stellenbosse kerk, die
raadsgebou en alle woonhuise behalwe vier tot as verbrand. Om die brandgevaar
te verminder het die goewerneur van die Ou Kaap die mense verbied om in die
strate te rook.
Vandag is ons rokers se tuitmonde wel in openbare
geboue gesnoer, maar hulle is nog ewe vuur en vlam in die stratel
_________________________________________________________
Terug na inhoudsblad
-- klik hier
_________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan