____________________________________________________________________

 

Die Groot Depressie

 

Miskien het jy die ou mense daarvan hoor vertel... van daardie verlammende Groot De¡pressie wat destyds die hele wΩreld laat wurg het. Maar wat het dit behels? En waar het dit alles begin? Kom saam na 1929 se Amerika, toe 'n era van massiewe materiδle voorspoed tot stilstand geknars het -- op Swart Donderdag en 'n selfs swarter Dinsdag...

òáá Die Amerikaanse lewenswyse in die tyd tussen die twee wΩreldoorloδ is deur 'n tweede faktor beheers: die aan¡neming van 'n wet wat die gebruik van alkohol verbied het. Lees ook onderaan hierdie bladsy van die "Prohibition" en van die berugte rampokkers soos Al Capone.

____________________________________________________________________

 

DATUM: 24 Oktober 1929. "In 'n ongekende golf van vrees, verwarring en paniek het byna 13 miljoen aandele vandag op die New Yorkse aandelebeurs van eienaars ver¡wissel. Verbysterde makelaars het deur 'n see van papier geswoeg en aan verskrikte beleg¡gers se opdragte vasgeklou om 'tot elke prys te verkoop'... Onlustepatrollies van die polisie is ingeroep om histeriese skares uiteen te probeer jaag wat in Wall Street saamgekom het... Elf spekulante het na bewering selfmoord gepleeg."

 

Hierdie uittreksels uit die New York Times roep die gebeure in herinnering van 'n berugte dag wat nou as Swart Donderdag bekend staan.

 

In die volgende vyf dae het die mark skrikwekkend tot stilstand geknars en 'n wΩreldwye ekonomiese ineenstorting veroorsaak, wat vandag beskou word as die langste en ernstigste tydperk van werkloosheid, stagnasie in die sakewΩreld en ar¡moede in die moderne tyd.

 

òáá DIE 1920's was, ironies genoeg, 'n dekade van oorvloed vir die VSA, versnel deur die motor-, yster-, staal-, rubber-, glas- en petroleumbedryf, die bou van paaie en die vervaardiging van elektriese toestelle. Tog het die kiem van die depressie juis in hierdie voorspoed gelΩ.

 

Daar was te veel rykdom in te min hande. Werkerslone het nie saam met die produksie gegroei nie, met die gevolg dat die massas eenvoudig nie die geld gehad het om die goedere te absorbeer wat op die mark geplaas is nie.

 

Die boere is ook geknou. Die pryse wat hulle vir hul produkte gekry het, het gedaal en baie kon uiteindelik nie meer byhou om die paaiemente op hul plaasverbande te delg nie. Dit het weer baie banke gedwing om toe te maak.

 

In die laaste helfte van die jare twintig het die gemiddelde pryse van aandele op die New Yorkse aandelebeurs meer as verdubbel. Dit het 'n spekulasie-koors ontketen -- koop aandele in die hoop dat die prys nog verder gaan styg sodat jy 'n wins kan maak. Buitensporige spekulasie het aandelepryse tot ver bokant hul werklike waarde laat opskiet.

 

Toe, in Oktober 1929, begin mense hul aandele vinnig ver¡koop. Op Swart Donderdag daal die pryse skerp en 13 miljoen aandele word in New York ver¡koop. Die stad se toonaangewende bankiers probeer ingryp, en pryse stabiliseer die Vrydag en Saterdag, maar die Maandag daal hulle weer.

 

Op die Dinsdag is daar waansin. 'n Ongekende 16 410 030 aandele word verkoop, met 'n daaropvolgende ekonomiese krisis wat spoedig die hele wΩreld sou oorspoel -- ook Suid-Afrika.

 

òáá ANDERS as vorige depressies in die VSA het die Groot Depressie buitengewoon lank geduur en die ekonomie gewel¡dig benadeel.

 

Van Oktober 1929 tot 1933, toe pres. Franklin D. Roosevelt sy ekonomiese hulpprogramme van stapel laat loop het, het die aandele feitlik elke maand verder gedaal. Vroeg in 1933 was die nywerheidsaandele byvoorbeeld omtrent vier vyfdes minder werd as in 1930.

 

Duisende aandeelhouers het fortuine verloor of is totaal geru∩neer. Banke en ander ondernemings is gedwing om te sluit en 'n duisternis mense was sonder werk.

 

Mense het noodgewonge hul spaargeld onttrek, wat die banke laat steier het. Teen vroeg in 1933 moes sowat 9000 Amerikaanse banke hul deure toemaak.

 

Die skaarste aan geld het ook beteken dat die banke nie meer lenings aan fabrieke kon gee nie. Fabrieke kon dus nie mense in diens neem en produkte lewer nie. Teen 1933 was 'n kwart van die Amerikaanse werkerskorps werkloos. Die meeste mense wat wel nog werk gehad het, moes verminderde salarisse aanvaar.

 

Honderdduisende het die strate ingevaar op soek na kos, klere, beskutting en werk. Hulle het kos gekry van welsynverenigings en by sendingposte ßl langs die paaie tussen dorpe en stede, of deur in vullishope rond te krap. Baie is weens ondervoeding dood.

 

Dakloses het in kampe (die sogenaamde "hobo jungles") langs spoorlyne geplak, of krotte met sinkplate en kratte gebou.

 

Boere het werk gekry as swak betaalde vrugte- of groentepluk¡kers en is in klein hutjies naby die landerye ingeprop of moes een¡voudig sonder 'n dak oor die kop klaarkom.

 

Die pryse van kos was so laag dat boere mielies as brandstof gebruik het omdat dit goedkoper as steenkool was. Groepe mili¡tante boere het geweier om hul produkte mark toe te stuur, hul melk weggegooi en paaie en posroetes geblokkeer.

 

Die toestand is vererger deur ernstige droogtes en stofstorms in die suidweste en middeweste, wat saaigrond in stof verander en duisende boere gedwing het om 'n nuwe heenkome in Kaliforniδ te gaan soek.

á

ò ò ò ò

á

Sowat 'n kwart van die werkerskorps was werkloos. Duisende gesinne het hul huise verloor en geen geld gehad om kos te koop nie. Die Amerikaanse volk het in vrees gelewe vir wat elke nuwe dag sou bring. Toe kom pres. Franklin D. Roosevelt...

 

"DIE enigste ding wat ons hoef te vrees is vrees," het Franklin D. Roose¡velt in sy intreerede gesΩ. Hy het die president van Amerika geword juis toe die Groot Depressie op sy ergste was en het alles gedoen wat hy nodig geag het om sy volk uit hul armoede en ellende te red -- dikwels in die aangesig van bitter kritiek.

 

Pres. Herbert Hoover was in die hoogste amp toe die Groot Depressie begin het. Hy het geglo dat die sakesektor op sy eie die ekonomie sou regruk en dat dit onraadsaam van die regering sou wees om hom in te meng.

 

In 1932 het die Amerikaners Roosevelt tot president verkies in die hoop dat hy 'n einde aan die depressie sou maak. Anders as Hoover het hy geglo dat die fede¡rale regering 'n groot rol te speel het om die depressie te bestry -- soos dit dan ook wel gebeur het.

 

Die daaropvolgende jaar het hy 'n program toegepas wat die "New Deal" genoem is. Daar was drie hoofoogmerke: om die verarmdes se lot te verlig, om werk te skep en sakebedrywighede aan te moedig, en om die sake- en regeringsbedrywighede te reguleer ten einde 'n herhaling van s≤ 'n strawwe depressie in Amerika te voorkom.

 

Dosyne regeringsagentskappe is in die lewe geroep om noodlenigingsprogramme vir behoeftiges te organiseer, instandhoudingsprojekte te kontroleer en werk te skep. Die meeste werke was vir die bou van br√e, damme, skole, parke en hoofweδ.

 

Die regering het ook die sakevertroue herstel deur groot bedrae te bestee en sodoende weer geld in omloop te plaas. Deur die tariewe op ingevoerde goedere te verlaag, het die wΩreldhandel verbeter en spoedig het ander lande die voorbeeld gevolg.

 

Roosevelt se "New Deal" het nie slegs die depressie verlig nie, maar die vertroue van die Ame¡rikaners in hul regering herstel. Dit was egter die Tweede WΩreldoor¡log wat vir die finale spyker in die doodkis van die depressie gesorg het.

 

Die vervaardiging van wapens en ammunisie het vinnig toegeneem en soveel mense werk gegee dat die werkloosheidsyfer van vyftien persent in 1940 tot slegs een persent in 1944 gedaal het.

 

Die depressie in Suid-Afrika en elders

 

òáá DIE Groot Depressie in Ame¡rika het 'n domino-effek regoor die wΩreld gehad en omtrent in elke land was daar groter werk¡loosheid en armoede. Suid-Afrika het geensins die gevolge van die wΩrelddepressie vrygespring nie.

 

Veral die Suid-Afrikaanse boere het baie swaargekry, maar ook jong bedrywe, die sakegemeenskap en finansiδle instellings het noustrop getrek. Bankrotskappe het meer as verdubbel. As dit nie vir die goudmynbedryf, die groot stabiliseerder van die Suid-Afrikaanse ekonomie, was nie, sou die depressie hier veel erger gewees het.

 

Tydens die depressie het alle lande die tariewe op invoere verhoog om hul eie nywerhede te probeer red, wat 'n groot daling in die wΩreldhandel veroorsaak het. Lande wat voorheen onverwerkte stowwe en kos na Amerika en Europa uitgevoer het, is swaar getref.

 

Ontevredenheid het tot ver¡hoogde maatskaplike en politieke onrus en die opgang van nasionalisme gelei.

 

Japan het Mantsjoerye, 'n mynbou- en fabriekstreek van China, binnegeval en verklaar dat dit die depressie in Japan sou help verlig. Die Duitse volk het bankvas agter Adolf Hitler gestaan, wat ander rasse vir hul ellendes geblameer het, en die Duitsers het Tsjeggo-Slowakye en Pole binnegeval.

 

Al hierdie gebeurtenisse het tot die uitbreek van die Tweede WΩreldoorlog bygedra.

 

Die depressie het ook blywende sielkundige uitwerkings op die bevolking gehad, veral op die jeug. Hoewel mense hard gewerk en hul geld versigtig bestee het, het hulle alles verloor. Omdat so baie mense so lank werkloos was, was hulle sonder selfrespek en minder ambisieus.

 

Party het selfs verknog geraak aan stoflike besittings wat nooit voorheen as noodsaaklik beskou is nie. Die volgende geslag, wat geen eerstehandse kennis van swaarkry en lyding gehad het nie, het hoogs krities teenoor hul ouers geword, wat die konflik bekend as die "generasiegaping" van die jare sestig en sewentig tot gevolg gehad het.

 

ò ò ò ò

á

Die Drankverbod

 

Die Amerikaanse lewenswyse in die tyd tussen die twee wΩreldoorloδ is deur 'n tweede faktor beheers: die aan¡neming van 'n wet wat die gebruik van alkohol verbied het. Die Amerikaners praat van hierdie tydperk as die "Prohibition"...

 

DIE geskiedenis van die drankver¡bod is terug te voer tot die 1600's en 170O's, toe dit dikwels vir die Amerikaanse koloniste veiliger was om alkohol te drink as onsuiwer water.

 

Sekere mense het besorg ge¡raak oor die buitensporige alkoholmisbruik, die gesondheidsgevaar van drank en hoe dit die gesinslewe en werkvermoδ ge¡raak en tot armoede gelei het.

 

In die middel van die 1800's het sekere van die Amerikaanse state wette aangeneem wat die gebruik van alkohol ver¡bied het. Steun vir 'n algehele drankverbod het mettertyd ßl gro¡ter geword, en in 1917 het die Amerikaanse Kongres die 18de Wysiging tot die Grondwet goedgekeur, wat die "vervaardiging, verkoop, vervoer, invoer en uit¡voer van bedwelmende dranke" verbied het.

 

Hierdie wet is in 1920 uitgevaardig met die breδ steun van die Amerikaanse volk. Hoewel die verbod inderdaad die alkoholverbruik laat afneem het, het dit ook misdaad aangemoedig.

 

Mense het tuis hul eie drank begin stook. Onwettige kroeδ is deur rampokkers beheer. Bekendes was in moorddadige gevegte met mekaar betrokke om die drankhandel te beheer.

 

Die be¡rugste van die rampokkers was Al Capone.á Onder die voorwendsel dat hy in Chicago slegs in meubels handel dryf, het hy 'n skrikbewind gevoer om mededingers te verdryf. 'n Bloedige bendeoorlog het gevolg en etlike jare lank geduur. Al Capone se netwerk van agente het whisky tot vanuit Kanada en die Karibiese Eilande ingesmokkel. Sy gemiddelde jaarlikse inkomste was 60 miljoen dollar.

 

Die begin van die Groot De¡pressie in 1929 het meer as enigiets anders tot die Drankver¡bod se einde bygedra. Daar is besef dat die verbod baie mense hul werk gekos en die regering van belasting beroof het.

 

In Februarie 1933 het die 21ste Wysiging tot die Grondwet die 18de Wysiging herroep. Die ver¡bod is op 5 Desember 1933 beδindig, ofskoon 'n paar van die Amerikaanse state nog twee of drie dekades lank daarmee volgehou het.

 

___________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_______________________________________________________¡____

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan