____________________________________________________________
Die
geskiedenis
Daardie
nuttige paar muntstukke of straks 'n noot of twee in jou sak is nie iets wat
die mens van alle eeue af geken het nie. Voordat daar geld was, is besittings
uitgeruil. Maar hierdie praktyk was darem alte omslagtigà
Krugerrande
____________________________________________________________
Hoekom ons geld nodig het
ò
GESTEL jy woon in 'n land waarin daar geen geld is nie. Alle
transaksies moet beklink word deur middel van ruilhandel en ooreenkomste. Jy
staan in die oggend op en vind dat daar nie meer graankos vir ontbyt is nie.
Jou ma vra jou om gou 'n hoender te gaan vang om vir 'n paar boksies graan by
die hoekkafee te betaal.
Maar
dan moet jy ook nog vandag skool toe, en jou jaarlikse skoolgeld moet betaal
word. Jou pa gryp 'n tang en pluk gou sy goue tand uit sy mond of jou ma
skroef haar diamant-oorkrabbertjies af sodat jy dit vir die sekretaresse by
die skool kan gee.
En
vir jou kaartjie om skool toe te kan busry, moet jy die busbestuurder met 'n
lekker stukkie biltong paai...
Wat
'n omslagtige manier van lewe! Soveel makliker is dit mos om die kafeebaas
bloot 'n banknoot in die hand te stop, jou skoolkoste per tjek te vereffen en
jou buskaartjie met 'n paar muntstukke te koop.
Geld
het sekerlik sy ontstaan te danke aan die gerief en kostebesparing wat dit in
die handel meebring. Selfs vir die mees primitiewe ekonomie met 'n beperkte
reeks geproduseerde goedere is regstreekse ruilhandel te duur en ingewikkeld
om uitgebreide handel moontlik te maak.
Die
eerste metale wat in die ou tyd as geld gebruik is, was yster, tin en koper.
Daarna is ook silwer en goud gebruik, en vandag kry ons muntstukke van
verskillende legerings (metaalmengsels).
Metale
het 'n hele paar voordele as metaalmiddel bo ander dinge, nie die minste nie
omdat hulle so duursaam is. Koring en rys kan muf, beeste of skape gaan dood,
maar metale is byna onvernietigbaar.
Metale
is lank in die vorm van stukke of stawe as metaalmiddel gebruik. Elke keer
wanneer daar dus sake gedoen is, moes hulle geweeg en getoets word. Dit was
steeds baie ongerieflik, en toe het mense met die plan gekom om metaalstukke
van 'n vasgestelde gewig met die een of ander ontwerp daarop te laat slaan.
Dit was die instelling van muntgeld.
LINKS: 'n Antieke Griekse munt
Benewens
konings is die afbeeldings van vooraanstaande staatsmanne ook op muntstukke
geplaas, soos diΘ van die groot krygsheer Julius Caesar, wat vanweδ sy groot
prestasies verlof gekry het om sy eie portret op munte te laat stempel.
'n
Volgende belangrike stap in die ontwikkeling van geld was die gebruik van
papiergeld. Namate die handel uitgebrei het, en veral nadat handelaars ßl
verder van hul hoofkwartiere af begin sake doen het, het dit onveilig en
omslagtig geword om met muntgeld te werk. Dink maar net aan die ergernis om
duisende goue muntstukke te tel en te vervoer en hoe maklik dit gesteel kon
word.
Die
banknoot was aanvanklik 'n blote belofte dat die noot vir diΘ of daardie
bedrag ingeruil kon word. Mettertyd het dit egter in geld self ontwikkel.
ò
IN die eerste jare nß die stigting van 'n verversingspos aan die
Kaap was die Spaanse silwerdollar, soos in Nederland, die belangrikste
geldeenheid. Dit is later deur die Nederlandse gulden en verskeie ander munte
aangevul.
Suid-Afrika
se eerste papiergeld het in die jare tagtig van die sewentienhonderds met die
instelling van die riksdaalder in omloop gekom. Nß die Britse oorname van die
Kaap is die pond sterling ook by die geldvoorraad gevoeg. Aanvanklik het dit saam
met baie ander gesirkuleer, maar van 1881 af was dit die uitsluitlike
geldeenheid van die Kaap en Natal.
Die
Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) het goue staatsponde gebruik, wat
sedert 1874 in Londen gemunt is. Van 1893 af is silwerfloryne en -sjielings
asook goue ponde, die sogenaamde Krugerponde, in omloop geplaas. Hierdie munte
is almal by die nuutgestigte Munt in Pretoria geslaan en het ook in die
Vrystaat gesirkuleer.
Nß
die Anglo-Boereoorlog het Britse sterling die amptelike geldeenheid van
Suid-Afrika geword. Die Suid-Afrikaanse Munt is in 1919 in Pretoria as tak van
Koninklike Munt in Londen gestig. Die Munt is in 1941 aan die beheer van die
Suid-Afrikaanse regering oorgedra.
Banknote
is sedert die vroeδ jare van die agttienhonderds deur verskillende
handelsbanke in die Kaap en later in Transvaal, die Vrystaat en Natal
uitgereik. DiΘ note kon vir goudmunte ingeruil word.
Die
Suid-Afrikaanse Reserwebank, ons land se sentrale bank, is in 1920 gestig. Die
Reserwebank het sy eerste note in April 1922 uitgereik, en Suid-Afrikaanse
banknote kon tot 1932 vir goud ingewissel word.
Die
sterling-geldstelsel (met sy twaalf pennies in 'n sjieling en twintig
sjielings in 'n pond) is op 14 Februarie 1961 deur 'n desimale stelsel
(honderd sente in 'n rand) vervang. Met die omskakeling was een pond
gelyk aan twee rand.
ò
VOORDAT Suid-Afrika rande en sente gekry het, is daar lank met pennies
en ponde gewerk. Maar dit was hoegenaamd nie so maklik soos met vandag se
tiendelige stelsel nie.
Kleinighede
soos toffies kon met 'n oortjie (kwartpennie) of stuiwer (halfpennie) gekoop
word en 'n handvol lekkers dalk vir 'n tiekie (3 pennies) of 'n sikspens (6
pennies).
'n
Dosyn piesangs het omtrent 'n sjieling (12 pennies) gekos, en vir 'n floryn
(24 pennies) kon twee kinders gaan fliek. Nog munte was die halfkroon (30
pennies) en die minder uitgereikte kroon (5 sjielings of 60 pennies). Daar was
240 pennies, 20 sjielings of 8 halfkrone in 'n pond. Sjoe!
LINKS: 'n Kroon (vyfsjielingstuk) van 1948. DiΘ silwermunt was groot, maar
darem ietwat kleiner as op hierdie roterende afbeelding.
Erkenning: Die Suid-Afrikaanse Munt vir die meeste van die onderstaande besonderhede oor die ontwikkeling van ons land se muntwese
ò
N┴ die ontdekking van goud in die Gauteng-gebied (Johannesburg) het
pres. Paul Kruger spoedig besef dat die Zuid-Afrikaansche Republiek
(Transvaal) sy eie munte nodig gehad het. Die volksraad het in 1890 'n
konsessie aan Nederlandse, Duitse en Britse beleggers toegestaan om die
Nasionale Bank van die ZAR te stig, wat ook die vergunning ontvang het om 'n
munt te bedryf.
Die
ZAR se munte was gegrond op die Britse groottes en denominasies. Die
Staatsmunt en Bank is op die noordwestelike hoek van Kerkstraat in Pretoria
gebou en is op 6 Julie 1892 amptelik geopen. Ofskoon die eerste munte die
jaartal 1892 dra, is hulle in werklikheid nie voor 1893 geslaan nie.
Die
munt is in die Anglo-Boereooorlog gesluit toe die Britse magte Pretoria in
1900 beset het. Nß die oorlog het Britse sterling die wettige geld in die
destydse Transvaal en Oranje-Vrystaat geword en dit was die aanvaarde
betaalmiddel in Suid-Afrika toe die vier provinsies in 1910 as die Unie van
Suid-Afrika verenig het.
Daar
was 'n sterk gevoel in die myn- en bankgemeenskap dat Suid-Afrika sy eie
raffinadery en munt moes hΩ. Dit sou dit onnodig maak om Suid-Afrikaanse goud
oorsee te stuur en munte in te voer. Nß baie versoeke het die Pretoriase
Muntwet van 1919 daarvoor voorsiening gemaak dat 'n tak van Londen se
Koninklike Munt in Pretoria gestig word. Die Koninklike Munt Pretoria, op die
hoek van Visagie- en Bosmanstraat, het tot stand gekom met die slaan van die
eerste goue pond op 3 Oktober 1923.
Die
Munt is in 1941 aan die beheer van die Suid-Afrikaanse regering oorgedra.
'n
Verhoogde vraag na sirkulasiemunte het die regering genoop om die
geskiedkundige perseel, Visagiestraat 103 in Pretoria, op te gradeer. 'n Nuwe
gebou is op dieselfde perseel opgerig en op 22 November 1978 geopen.
In
die jare tagtig het die regering die deregulering van staatsbedrywe ge∩nisieer
en die Suid-Afrikaanse Munt is geprivatiseer, met die SA Reserwebank as die
beheermaatskappy. Die Suid-Afrikaanse Muntmaatskappy (Edms.) Bpk. het op 1
September 1988 tot stand gekom as 'n volle filiaalmaatskappy van die SA
Reserwebank.
Dit
was duidelik dat die munt in Visagiestraat onvoldoende sou wees om in die
toekomstige vraag na muntstukke te voorsien. Omdat die perseel nie sodanig was
dat daar verder uitgebrei kon word nie, is besluit om die munt te verskuif.
Die nuwe munt by Gateway, Centurion, is in Oktober 1990 voltooi en in Oktober
1992 amptelik geopen.
Vandag
is die munt volstoom aan die gang, wat lank nie net die slaan van plaaslike
muntstukke insluit nie. Met die oorskakeling van Europese lande na die euro as
betaalmiddel in die begin van 2002, het ons mense byvoorbeeld terdeδ hul deel
gedoen met die verskaffing van 300 000 ton blanko muntstukke aan Europa! Die
SA Munt was weliswaar nie die enigste verskaffer nie. Ander muntleweraars wΩreldwyd
moes ook uithaal om in die enorme vraag na die nuwe euro-muntstukke te
voorsien.
Maar
omdat die SA Munt van die wΩreld se modernste muntslaan-geriewe het, is dit
baie kompeterend. Tientalle lande het al hul muntstukke hier laat slaan.
_______________________________________________________________
Terug
na inhoudsblad -- klik hier
_______________________________________________________________¡
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan