___________________________________________________________________
Vroeδ mense en antieke
beskawings (4)
-- wieg
van die beskawing
Mesopotamiδ... die wΩreld tussen
twee riviere, die Tigris en Eufraat in die huidige Irak. Hier, waar 'n bloedige
oorlog onlangs in die begin van die 21ste eeu gewoed het, het ook die aarde se
eerste beskawing volgens argeoloδ ontstaan. Die Sumeriδrs, 'n volk van
Mesopotamiδ, het die eerste stede hier gebou, brons uitgevind en die wiel vir
die eerste keer gebruik. Hulle het ook skrif uitgevind -- en daarmee ons
geskrewe geskiedenis ingelui...
___________________________________________________________________
"DIE dood is ons voor¡land; kom ons gee ons geld uit."
" 'n Rustelose vrou in die huis
voeg seer by die pyn."
"Jy kan 'n heer hΩ, jy kan 'n
ko¡ning hΩ, maar die mens wat jy moet vrees, is die belastinggaarder."
Dit klink dalk soos plakkers op motorbuffers,
maar hierdie waarnemings kom van baie ver af. Dit was die antieke Sumeriδrs wat
hulle op tablette van gebakte klei verewig het.
Daaruit kan ons aflei dat hierdie ou
volk nie net 'n humorsin gehad het nie, maar ook dat hul persepsie van die
stadslewe nie alte veel van ons s'n verskil het nie.
Vindingryk was hulle beslis. Trouens
dit was die Sumeriδrs wat skrif uitgevind het -- 'n reuse sprong in die mensdom
se beskawingsontwikkeling. Maar presies wie was hierdie mense?
òáá
TUSSEN die Tigris- en Eufraatrivier, diep in die Midde-Ooste, lΩ 'n
breδ, vrugbare val¡lei wat daarop roem dat hy die wieg van die beskawing was.
Die suidelike deel van hierdie
streek was geografies uiters geskik om s≤ 'n bakermat te wees. Hoewel 'n groot
deel daarvan oδnskynlik 'n volslae woesteny was, het die vloedwaters van die
twee riviere 'n vrugbare vlakte tussen die riviere geskep. Daarby was die
bewoners van die gebied -- die Sumeriδrs -- 'n vernuftige en hardwerkende volk.
Die streek van die Tigris en Eufraat
is deur die Grieke Mesopotamiδ genoem, afgelei van 'n woord wat "tussen
riviere" beteken. Die gebied waar die Sumeriδrs hulle gevestig het, het as
Sumeriδ be¡kend gestaan.
Die Sumeriδrs, wie se oorsprong
onbekend is, het as boervolk be¡gin en hul lande in die droδ wΩreld besproei
deur kanale van die rivier af na hul landerye te grawe. Hulle het gars, koring
en dadels ge¡kweek en donkies, beeste, bokke en skape aangehou. Wol is tot
weefstof verwerk en diΘ is uitgevoer.
Oor 'n lang tyd het hulle floreer en
vermenigvuldig. Van om¡streeks 3500 vC het ommuurde stede, baie met manjifieke
paleise daarin, begin verskyn. Baie van diΘ het onafhanklike stadstate geword
wat dan buurgebiede verower en klein koninkrykies geword het.
Een s≤ 'n nedersetting was Ur aan
die Eufraat, wat as een van die oudste en grootste van die antieke stede beskou
word.
Ur is omstreeks 3500 vC gebou en het
tot 'n vooruitstrewende handelsentrum en besige hawestad ontwikkel. Die moderne
monargistiese stelsel kon hier ontstaan het -- die plek is deur 'n reeks
magtige dinastieδ regeer. Volgens die Bybel het die Hebreeuse aartsva¡der
Abraham ook van Ur af gekom.
Die Sumeriδrs was bedrewe
metaalwerkers en vakmanne, wat pragtige juwele, potte, harnasse en wapens van
koper, brons, goud en silwer gemaak het, selfs al moes die meeste van hul
ru-stene en metale ingevoer word.
Hierdie goedere is saam met hul
weefstowwe oor die land en see na nabygeleδ lande uitgevoer en vir ivoor en
ander luukse artikels in lande aan die Persiese Golf verhandel.
Teen omstreeks 3000 vC het die
handel reeds so uitgebrei en was daar so 'n behoefte aan die opte¡kening van
saketransaksies dat die Sumeriδrs met spykerskrif (wigskrif) begin kommunikeer
het. Dit was 'n stel woordprente wat, oor 'n tydperk van 500 jaar, tot
abstrakte tekens ontwikkel het wat ≤f hele woorde ≤f lettergrepe voorge¡stel
het.
Die simbole is met 'n rietstif op
nat kleitablette geskryf wat in die son gelaat is om droog te word. Die
tablette het merkwaardig behoue gebly: duisende daarvan kan ons vandag nog
vertel hoe die Su¡meriese politiek, letterkunde, ekonomie, wette en godsdiens
daar uitgesien het.
Ons weet ook daaruit dat die an¡tieke
Sumeriδrs in die medisyne studeer het, 'n basiese kennis van die anatomie en
chirurgie ge¡had het en vertroud was met die helende eienskappe van kruie.
Daarbenewens was hulle knap
wiskundiges, wat nie net in tiene getel het soos ons vandag doen nie, maar ook
in sestigs. Dit is hoekom 'n sirkel in 360 grade verdeel is, 'n uur in sestig
minute en 'n mi¡nuut in sestig sekondes.
'n Sumeriese seδl van sowat 5500
jaar gelede leer ons dat die Sumeriδrs die ploeg uitgevind het. En die oudste
bekende voertuigwiele ter wΩreld kan op Sumeriese tablette van omstreeks 3250
vC gesien word.
Nagenoeg in die jaar 2300 vC het die
Sumeriese geskiedenis 'n dramatiese wending geneem. Die hele Mesopotamiδ,
Sumeriδ ingesluit, is deur bure uit die noorde, die Akkadiδrs, verower.
Ofskoon die Sumeriese mag twee eeue
later onder 'n aantal be¡kwame leiers herstel is, is die land teen om en by
2000 vC finaal deur die Perse en Amoriete oorgeneem. Van toe af is die
Sumeriese beskawing en sy mense geleidelik deur ander groot ryke ingesluk wat
daarrondom ontstaan het.
Babiloniese invloed
òáá
IN 1792 vC het die Amoriete se koning Hammoerabi die troon van Babilon
bestyg -- 'n groot en vooruitstrewende stad aan die Eufraatrivier. Hy het 'n
reeks gebiede, insluitende Sumeriδ, ver¡ower om sy ryk uit te brei. Hammoerabi
is goed bekend as wetgewer en as die vader van die Toring van Babel, wat volgens Genesis
ontwerp is om tot in die he¡mel te reik.
Die Babiloniδrs was handelaars en
reisigers. Hulle het die hemele bestudeer, kaarte van die sterre geteken, die
planete name gegee en hul bewegings waargeneem. Hulle het ook tot ons
wiskundige kennis bygedra en kon onder meer vierkantswortels bereken,
vermenigvuldig en later vergelykings doen.
Nß Hammoerabi se dood het sy
koninkryk in wanorde verval. Seshonderd jaar later is dit deur die Assiriδrs
verower, wat net soos die Babiloniδrs hul invloed in Mesopotamiδ laat geld het.
òáá
OMSTREEKS 1200 vC het die Assiriδrs, 'n volk van bedrewe, maar wrede
soldate, Babilon be¡leer. Sowat 600 jaar later is die wydverspreide
Assiriese ryk in 'n gesamentlike aanval deur die Mede en Babiloniδrs tot 'n
einde gebring.
Hoewel hulle oorloglustig was, het
die Assiriδrs tog kultuur op prys gestel. Die stede wat hulle gebou het, was
deeglik beplan en goed georganiseer. Rykdom is deur buitelandse handel en
veroweringstogte gegenereer.
òáá
IN die tyd van Assiriδ se ver¡nietiging was NebukadnΘsar van die Ou
Testament koning van Babilon. Onder sy heerskappy het Babilon herrys om selfs
groter te word as tevore. Hy het die Han¡gende Tuine van Babilon gebou, wat
deur die Grieke as een van die sewe wonders van die wΩreld be¡skou is.
In 539 vC is Babilon deur die Mede
en Perse verower. Die dood van koning BΘlsasar, nß 'n groot ete wat hy gegee
het, is deur die profeet Daniδl opgeteken. Dit was tydens die ete dat die
vingers van 'n mensehand die woorde op die muur geskryf het wat die onder¡gang
van die koning voorspel het.
Die Perse het nie Babilon verwoes
nie, maar die grootse stad van weleer het uiteindelik in bouvalligheid verval
en is deur sy in¡woners verlaat.
Die ru∩nes is ook later geplunder,
maar staan steeds as 'n mo¡nument van een van die grootste stede van ou
Mesopotamiδ -- 'n simbool van 'n beskawing wat 'n diepgaande invloed gehad het,
ook op ons lewe vandag...
_________________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik
hier
________________________________________________________________¡_
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan