___________________________________________________________________
Vroeδe mense en antieke
beskawings (14)
-- kinders
van die son
┴l langs die weskus van Suid-Amerika
lΩ die oorblyfsels van die Inkas se glorieryke verlede versprei: imposante vestings,
hutte van klip, forse tempels en hangbr√e. Terrasmure, soos by Machu Picchu,
het as stutmure gedien, terwyl die Inkas
ook graan op die terrasse geplant het. Maar die ware bloeityd van die Inkas was
van korte duur. Ofskoon die volk vroeδr bestaan het, het hul beskawing minder
as 'n eeu lank floreer...
___________________________________________________________________
IN sy paleis word Capac, keiser van die Inkas, in sy vorstelike
bedrywighede gesteur. Dit is boodskappers wat belangrike nuus bring. Op die
strand het 'n groep "koddige vreemde¡linge" aangekom, hoor hy.
"Hul gesigte is wit en hulle
het baarde en hulle is van kop tot tone geklee," stamel die verbysterde
beriggewers. "Hulle lyk soos regte wildewragtigs. En hulle het in groot
houthuise oor die see gekom."
Capac -- s≤ lui die verhaal uit die
jaar 1526 -- word so ontstel deur hierdie tyding dat hy hom in sy ka¡mer
terugtrek en daar bly totdat dit nag word.
Hy het rede om bekommerd te wees.
Die Inka-ryk met sy stuk of twaalf miljoen siele staan voor 'n aanslag waarteen
dit heeltemal weerloos sal wees...
òáá
SOOS die Asteke was die In¡kas 'n betreklik resente volk van die Nuwe
WΩreld. Hul beskawing het minder as 'n eeu lank floreer -- tussen 1438 en 1530
-- hoewel die kultuur waarop dit ge¡grond was, klaarblyklik baie ouer was.
Omdat die Inkas geen skrif van
watter aard ook al gehad het nie, is baie min omtrent die vroeδ geskiedenis van
hierdie Suid-Amerikaanse Indiane bekend. Hulle het begin as net een van baie Peru¡aanse
stamme en ontwikkel tot 'n magtige volk in 'n enorme ryk aan die
Suid-Amerikaanse kus wat meer as 4 000 km ver gestrek het.
In 1438 het Parachuti Inka Jupancui,
die negende heerser van die Inka-volk, sy gebied daadwerklik begin uitbrei. Hy
en sy seun Topa Jupancui was uitmun¡tende organiseerders en onder hul leiding
het die Inkas die heersende mag in die Andes geword. Hulle het die grootste
dele van Peru en Ecuador en groot dele van Bolivia, Chili and Argentiniδ
beheer.
Topa is opgevolg deur sy seun Huayna
Capac -- die keiser wat die nuus
van die Spanjaard Francisco Pizarro se aankoms in die Nuwe WΩreld ontvang het.
Met Capac se dood in 1527 het 'n burgeroorlog tussen die volgelinge van sy twee
seuns uitgebreek.
Huasca was die regmatige
troonopvolger, maar sy broer Ata¡hualpa het nie so gereken nie en hom in 1523
verslaan om die nuwe keiser te word. Atahualpa het later gelas dat sy broer
doodgemaak word.
Die Inka-ryk is erg deur die bur¡geroorlog
verswak. In hierdie sta¡dium het Pizarro en sy manne die land meedoδnloos
binnegemarsjeer. Berede Spanjaarde met vuurwapens het die Inka-leδr be¡storm en
Atahualpa gevange geneem. Sy ontsenude vegters het op die vlug geslaan.
Atahualpa is opgesluit. Omdat hy geweet het dat die Spanjaarde hul siele vir rykdom sou verkoop, het
hy aangebied om sy tronksel met goud te vul en nog twee ka¡mers met silwer in
ruil vir sy vrylating. Die Spanjaarde het die losprys aanvaar -- en toe
Atahualpa nogtans doodgemaak.
Die gedemoraliseerde Inkas het nou
geen erkende leier meer ge¡had nie en was dus maklike prooie vir die Spaanse
veroweraars. Die Inka-ryk het verbrokkel en die mense het Spaanse onderdane
geword.
Wat die Inkas vermag het
òáá
DIE duur van die Inka-beskawing was weliswaar kort, maar dit was
glorieryk.
As 'n mens vandag in Peru, Boli¡via,
Ecuador, Chili en Argentiniδ reis, is die oorblyfsels van die eens manjifieke
kultuur nog duidelik te sien. Oral teen die berghange is terrasse waar gewasse
intensief verbou is. Imposante vestings staan soos brandwagte teen die heuwels.
Die Inkas was baasbouers. Soos die Romeine het hulle 'n padnet¡werk gebou wat die verskillende
provinsies van die ryk met mekaar verbind het. Nuut verowerde gebiede is opgemeet
en planne opgestel om die produktiwiteit van die land te verhoog.
Machu Picchu. die Inka-vesting wat
in 1911 deur die Amerikaanse ontdekkingsreisiger Hiram Bingham herontdek is, is
'n goeie voorbeeld van die Inkas se ingenieursvernuf. Dit is tydens die Spaanse
verowering as toevlug vir vlugtende Inkas ontwerp. Daar was 'n sentrale plein
met die paleis aan die een kant, 'n sontempel, talle openbare geboue, 'n
beskermende muur en 'n doeltreffende waterstelsel wat baddens en fonteine
gevoed het.
Die Inkas het gebou deur klippe
opmekaar te stapel. Messelklei was daar nooit nie, maar die klippe is geduldig
afgewerk, geskuur en gepas sodat 'n mes glo nie tussen hulle ingedruk kan word
nie.
Inka-vakmanne het vele mooi skatte
soos gode-beelde asook alledaagse werktuie van goud, silwer, erd en ander
stowwe gemaak.
Boonop is katoen- en wolstowwe
geweef -- vaardighede wat vandag nog in die poncho's en fyn afge¡werkte
tekstielgoedere van Inka-afstammelinge op die hoδvelde van die Andes te sien
is.
Al was daar geen skrif nie, het die
Inkas nog mondelings en deur middel van boodskappers en rookseine
gekommunikeer. Daarbenewens het hulle die hemele bestudeer en die jaargetye
voorspel. Hulle het sekerlik ook van wiskunde gebruik gemaak om hul paaie,
geboue en terrasse te bou. 'n Spesiale koord met knope van verskillende lengtes
en kleure is gebruik om dinge aan te teken.
'n Studie van die beskawing van die
Inkas is werklik fassinerend. 'n Mens kan nie help om te wonder hoe dit kon
ontwikkel het as dit toegelaat was om ongehinderd voort te bestaan nie.
__________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik
hier
__________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan