____________________________________________________________________
Vroeδe
mense en antieke beskawings (15)
Nazca en Moche in ou Peru
Die Moche, in die noorde, en die Nazca, in die suide, was beskawings wat voor die veel bekender Inkas in Peru in Suid-Amerika bestaan het. In hierdie aflewering kyk ons eers na die Nazca -- en verneem ons van die reusagtige en raaiselagtige patrone en tekeninge wat hulle op die grond nagelaat het. Daarna kom die Moche onder die vergrootglas -- met hul afgeplatte piramides gevul met dosyne grafkelders, waarin ook fabelagtige voorwerpe van goud, silwer, edelstene en erdewerk geberg is. Alles getuienis van twee enigmatiese beskawings waarin sofistikasie heel seremonieel met moord gemeng is...
____________________________________________________________________
Eenmaal lank, lank gelede, in die tyd van die ou Romeine in Europa, het daar in die woestyn van Suid-Peru in Suid-Amerika 'n uitsonderlike volk gelewe. Hulle was landbouers,á pottebakkers, wewers en besondere argitekte. En hulle het vermoedelik die raaiselagtige patrone en tekeninge op dieá woestyngrond agtergelaat wat ons vandag slegs met vliegtuie uit die lug kan sien. Wie was hulle?
IN DIE woestyn in
die suide van Peru lΩ hulle soos gegraveerde orakels oor die landskap: lang
geometriese lyne met ontsaglike groot tekeninge daarby. Party van die tekeninge
is meer as 200 meter lank. Die patrone is geskep deur rotse en klippe te
verwyder en die woestynsand daaronder bloot te lΩ.
Nß baie eeue weet niemand
meer rΩrig waarom hulle hier in die reδnlose dorsland geδts is nie: hier 'n
voδl, daar 'n aap, elders 'n walvis, 'n spinnekop, 'n akkedis en nog wat, asof
'n verveelde reus besig was om op die aardkors te krabbel.
Wat meer sΩ, dit was maar
eers met die koms van vliegtuie vroeg in die twintigste eeu, toe mense oor die
gebied begin vlieg het, dat die bestaan van die vreemde strepe en vormsá herontdek is. Verbeeldingryke mense het
daarna selfs aan die moontlikheid gedink dat die lyne eenmaal landingstroke vir
buite-aardse ruimteskepe was -- en die tekeninge dan seker daar om die
vlugpassasiers te vermaak!
Maar alles het vermoedelik
verband gehou met die unieke seremonies van 'n groep mense wat eeue lank hier
gewoon het: die Nazca.
òáá DIE NAZCA was 'n inheemse Suid-Amerikaanse volk, tydgenote van
die ou Romeine, en hul kultuur het etlike eeue voor die bekende Inka-kultuur
uitgesterf. Hulle het in die riviervalleie van die Ica en Nazca in Suid-Peru
gewoon en, benewens die woestynpatrone, het hulle ook indrukwekkende potte en
fyn afgewerkte tekstielstowwe gemaak.áá
Boonop het hulle 'n
vindingryke besproeiingstelsel ontwerp. Die Nazca-ekonomie was immers op die
landbou gegrond, hoewel die vang vaná
visse ook belangrik kon gewees het.
Dit sou verbasend genoeg
gewees het as die lyne en tekeninge al was wat die Nazca nagelaat het, maar
naby die duistere patrone is ook die heilige stad Cahuachi, 'n reusagtige
seremoniδle sentrum van destyds, wat reeds lank deur die Italiaanse argeoloog
Guiseppe Orefici nagevors is.
Deur die tempels en
grafkelders daar te bestudeer het hy 'n menigte rare leidrade oor die Nazca se
lewenswyse en geloof ontbloot. Buiten beendere, potte en vroeδ Pansfluite, het
hy en sy span ook gemummifiseerde menskoppe ontdek. In elk van diΘ koppe was 'n
gat in die voorkop geboor, sodat 'n tou daaraan geheg kon word, oδnskynlik as
'n dra-handvatsel.á
á
''Die koppe was nie diΘ van
vyande wat in gevegte gedood is nie -- die Nazca was 'n vreedsame volk -- maar
het aan Nazca-mans, -vroue en -kinders behoort,'' het Orefici vertel, oortuig
dat hulle as offerande aan die gode in die tempels geplaas is.
Baie van die grafkelders is
ongelukkig eeue lank deur grafrowers geplunder wat na goud gesoek het, maar in
die ongeskende kelders het Orefici-hulle erdewerk en weefstof van
''uitsonderlike gehalte'' gevind. En, sΩ hy, ``dit bevat dieselfde motiewe as
die woestyntekeninge: al die dieregode van die Nazca-panteon''.
Dit is verstommend dat
party van die weefstowwe nß meer as tweeduisend jaar steeds helder is, met die
gebruik van meer as tweehonderd kleure, indrukwekkende weeftegnieke en bisarre
fraiings van mensfigure.
Een probleem is dat 'n mens
nie die bekende metode van koolstof-datering kan gebruik om die ouderdom van
die grondpatrone te bepaal soos wat jy met die artefakte kan doen nie.
Dalk is die lyne en
grondtekeninge nog die werk van meer as een Peruaanse kultuur, word gesΩ.
Maar miskien lΩ die
antwoord, die sleutel tot een van die wΩreld se kleurrykste geheime, steeds tussen
die bouvalle van Cahuachi, wagtend op Orefici en sy span. Hierdie argeoloog het
immers self erken dat ''ons nog baie te leer het''.
òá òá
òá òá
Die
Moche:
volk van
gruwels, goud en glorie
In die kurkdroδ dorsland aan die noordkus van
Peru word die nalatenskap blootgelΩ vanÆn lank uitgestorwe Suid-Amerikaanse
gemeenskap. DiΘ volk het ontstaan omstreeks die tyd toe Jesus gebore is --
hoogs vernuftige mense wat selfs as die "ou Grieke" van hul besondere
wΩrelddeel beskryf word. Maar hul koning was ook hul god, en hy het sy mag
behou deur vrees in te boesem. S≤ is van sy onderdane dan ook as offerandes om
die lewe gebringà
ÆN MENS kan jou kwalik indink dat enige
beskawing ooit hier kon gedy het -- hier tussen die barre waaisandduine aan die
noordkus van Peru.
Maar van die eerste tot in die agtste eeu nC het Æn
hoogs gestruktureerde volk hier gewoon. Hulle het uit heersers, soldate,
vakmanne, vissers en boere bestaan en, wat meer sΩ, daar word selfs aan hulle
gedink as die "ou Grieke'' van hul besondere wΩrelddeel.
Hulle het immers Æn sleutelrol gespeel met die
veranderings wat hulle aangebring het en met die vervolmaking van tegnologie
wat reeds deur hul voorgangers geskep is.
Hierdie volk word die Moche genoem (spreek uit
Motsjei of, in Engels, Mochay).
Hulle kon roem op besproeiingskanale, piramides,
paleise en tempels, met pragtige keramiekhouers, fyn afgewerkte weefwerk,
kleurryke muurskilderinge en wonderlike voorwerpe van goud, silwer en koper.
Dis weliswaar tot groot nadeel van die navorser dat
hulle geen skrif gehad nie. Ons weet selfs nie eens wat hulle hulself genoem
het nie, want die moderne naam vir hulle is bloot diΘ van een van die riviere
wat deur diΘ streek vloei. Tog is baie omtrent die Moche bekend danksy die
besondere kunsvoorwerpe en argitektuur wat hulle nagelaat het.
Die Moche-beskawing was een van die grootstes in die
Amerikas voor die koms van Columbus. Die volk is vermoedelik deur Æn koning
regeer wat as Æn god beskou is. Hy het sy mag behou deur mense as offerandes om
die lewe te bring.
Tog was menslike offerandes op die ou end nie genoeg
om Æn reeks natuurrampe te keer wat tot die ondergang en uiteindelike
ineenstorting van die Moche-ryk gelei het nie.
Die kundighede van die Moche het daarna in die
vergetelheid versink en, tot oormaat van ramp, is Æn groot deel van hul erfenis
tydens die Spaanse Verowering verwoes. Die Spaanse veroweraars het die
nedersettings van die pre-Columbiaanse Amerika gestroop en geplunder.
Een monument, die Huaca del Sol oftewel Piramide van
die Son -- 340 m lank en 40 m hoog en die
grootste rousteen-bouwerk in die Amerikas -- is byna deur die Spaanse
skattejagters totaal vernietig. Om by die goud daarbinne uit te kom het hulle
die loop van Æn nabygeleδ rivier verlΩ ten einde die mure van die struktuur te
laat wegkalwe. S≤ het meer as die helfte van die Huaca del Sol saam met Æn
groot deel van sy geskiedenis weggespoel.
Naby die Huaca del Sol, eintlik Æn afgeplatte
piramide, was daar ook die Huaca de la Luna (Piramide van die Maan). Die
bouvalle van altwee hierdie afgeplatte piramides is uiteindelik tussen 1898 en
1899 deur die Duitse argeoloog Max Uhle, die ``vader van die Peruaanse
argeologie'', onder die aandag van die wΩreld gebring. Maar die maatskaplike
organisasie en staatkundige geskiedenis agter die Moche se prestasies het nog
lank ietwat duister gebly.
Eers in die afgelope nagenoeg anderhalwe dekade het
ons begrip van hierdie merkwaardige ou gemeenskap ingrypend begin verander. Æn
Reeks nuwe opgrawings het hul verstommende artistieke en tegnologiese suksesse
blootgelΩ en gelei tot Æn dramatiese hersiening van die sofistikasie en mag van
die Moche.
Verbasende nuwe vondste van erdewerk is dan ook Æn
tyd gelede aan die media vertoon, saam met buitengewone goue artifakte. Dit
toon die verlore glorie van Æn staat waarvan die gebruike, rituele en mites vir
die moderne mens vreemd en selfs verskriklik kan voorkom.
Maar vir die Moche was dit die lewe. En alles deel
van hul fassinerende, eeue-oue voortbrengsels en verwikkelde geestelike besit.
________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik
hier
_______________________________________________________¡_
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan