____________________________________________________________________
Middeleeue (5)
'n Beweerde rib van die
dissipel Andreas, 'n veronderstelde klossie hare van die apostel Petrus, 'n
deel van 'n skoen wat glo aan die maagd Maria behoort het... die godsdiensbeoefenaars van
die Middeleeue was behep met die relieke van heiliges. Maar die Middeleeuse klooster hetá ook soberheid, ontsagwekkendheid en miskien
'n sweempie romantiek versinnebeeld...
____________________________________________________________________
VOOR 'n gehoor van pelgrims in die Abdy-kerk van St. Denys word 'n silwerkis tydsaam oopgemaak. Binne-in die kis, verneem die aanwesiges, is 'n kosbare oorskot. Dis die liggaam van die heilige na wie hierdie Franse abdy genoem is.
Die toeskouers wag in doodse stilte.
Gespanne sien hoe hulle die verdorde kop uit die kis gehaal word. Nou kan almal
dit beskou. Kyk, is dit dan nie die kop van die beskermheilige van Frankryk,
die martelaar wat volgens oorlewering in die derde eeu nC gelewe het nie?
Met hierdie bra sombere vertoon op
'n dag in die jaar 1191 word probeer om 'n lang en slepende geskil te beδindig.
Sowel die Abdy van St. Denys as diΘ van St. Etienne in Parys hou vol dat hulle
en hulle alleen die heilige Denys se liggaamsoorblyfsels besit...
Sulke geskille was in daardie jare
niks vreemds nie. Die godsdiensbeoefenaars van die Middeleeue was immers behep
met die relieke van heiliges. Kerke en kloosters het daarop aanspraak gemaak
dat hulle allerhande soorte daarvan het.
S≤ het die kerke in Amiens en Angers, asook 'n
monnikeklooster in Konstantinopel, almal beweer dat hulle die kop van Johannes
die Doper besit.
Tavaux, 'n klein priory in Frankryk, het
aangevoer dat hy dele van die oorskot van meer as dertig heiliges het:
'n tand van St. Maurits, 'n rib van die dissipel Andreas, 'n
fragment van die kakebeen van St. Radegonde, 'n vinger van Johannes die
Doper, 'n paar stukke been van St. Bemard en 'n klossie hare van die
apostel Petrus.
Daar sou ook stukke wees van die krip
waarin die baba Jesus gelΩ het, 'n deel van 'n skoen van die
maagd Maria, een van die klippe waarmee Stefanus gestenig is, en 'n skerf van
die rots waarop Jesus sou gestaan het toe Hy na die hemel opgevaar het.
Daarteenoor was daar denkende,
ernstige kerkmanne wat gedurig teen diΘ soort onkunde en bygelowe te velde
getrek het. Dit is aan hul invloed te danke dat geleerdheid, die ge¡neeskunde,
die regspleging en die kunste ondanks alles oorleef het -- meestal in die
monnikekloosters.
Totdat universiteite ontwikkel het,
was die intellektuele lewe van Europa dan ook feitlik geheel en al op die
kloosters gegrond.
òáá
SEDERT die begin van die Chris¡tendom het sekere mense geglo dat, as
hulle hulle van die wΩreld onttrek om van sy verdorwenhede weg te kom en 'n
eenvoudige lewe lei deur aan God te dink en te bid, hulle beter Christene sou
wees.
Die heel eerste mense wat dit gedoen
het, het alleen in die Egiptiese woestyn gewoon. Toe, in die jare 300 nC, het
sekere kluisenaars in groepe saamgekom en gemeenskappe gevorm wat tot 'n lewe
van gebed, studeer en werk verbind was.
Sulke mans is mettertyd monnike
genoem en het in monnike¡kloosters gewoon; vroue het as nonne bekend gestaan en
in nonnekloosters tuis gegaan. Deur die eeue het etlike verskillende
Christelike monnike-ordes ontstaan.
Onder die vroegste monnike¡kloosters
was die Ierse tipe, 'n groep hutte en byekorfselle met 'n sloot rondom, soos 'n
militΩre kamp. Ierse monnike het in volslae armoede en eenvoud gelewe, niks
besit nie en so min moontlik geδet, gedrink en gepraat.
Die kloosterwese het met ver¡loop
van tyd ßl belangriker geraak, en teen die jare 500 nC was daar kol-kol talle
monnikegemeenskappe regoor Europa.
Tussen die laat 700's en vroeδ
1000's het die Wikings Suid-Europa en Brittanje binnegeval. Mon¡nike- en
nonnekloosters met hul baie rykdomme was vername teikens vir hierdie verwoede
vegters, en baie is geplunder en verwoes.
Trouens, een van die eerste
opgetekende Wiking-strooptogte was op die Lindisfame-monnikeklooster op Holy
Island langs Enge¡land se ooskus. Die aanvallers het almal doodgekap wat
tussenbeide probeer kom het, en wat hulle nie kon buit nie, het hulle aan die
brand gesteek.
Die Romaanse periode (vroeδr
behandel in hierdie reeks) word soms die "goue eeu" van monnikskap
genoem. By gebrek aan geborgenheid onder sterk sentrale regerings en sonder die
voor¡dele van bloeiende dorpe en stede, het baie mense gemoedsrus in die abdy
gaan soek. Nuwe kloosters is oral gebou of bestaandes herbou.
Van die dertiende eeu af het die
Christelike monnikewese (monastisisme) begin verval. Nuwe godsdienstige ordes
met wandelende monnike (monnikbroers) het geleidelik die monnike-ordes vervang.
Die monnikbroers het geen vaste tuistes gehad nie, maar die land vol geloop om te
preek en behoeftiges te help.
Die Swart Dood en die Honderdjarige
Oorlog van die veertiende en vyftiende eeu het kwalik toestande geskep waarin
die monnikewese met sy lewe van stille oorpeinsing kon gedy.
Die Christelike monnikeklooster sou
nooit sy invloed van destyds herwin nie.
òáá
MONNIKEKLOOSTERS het in mindere of meerdere mate van mekaar verskil en
die styl het ook deur die eeue verander.
Party was eenvoudig, met 'n klein,
ommuurde groepie hutte; ander was groot en gekompliseerd, het honderde mense
gehuisves en baie grond gehad. Sommige was op die platteland, ander in die
stede.
Die grondplanne was egter min of
meer gestandaardiseer -- en wat hulle veral van ander godsdiensgeboue onderskei
het, was dat hulle ontwerp is om hul mense van die buitewΩreld te isoleer.
Die belangrikste gebou in die
monnikeklooster was die kerk. Hier het die monnike gebede opgesΩ en in die koor
gesing.
Die klooster was 'n selfgenoegsame klein dorpie met sy eie werkwinkels, plase, skure, tuine en boorde waarin die monnike self gewerk het.
Hulle het in 'n gemeenskaplike
slaapplek geslaap en saam in 'n groot
eetkamer, wat 'n refter genoem word, geδet. Binne-in die refter was die kansel,
waar Bybelverse tydens die etenstye ge¡lees is.
Die klooster het ook 'n afsonderlike
area gehad vir die lekebroeders, godsdienstige mans wat nie werklik as monnike
gekwalifiseer het nie, maar daar gewoon en met die werk gehelp het.
Daar was ook gastekamers vir
reisigers of pel¡grims wat onderdak gesoek het of deur heilige relieke
"gesond gemaak" wou word.
Hierdie geboue, wat die eintlike
klooster gevorm het, is om 'n oop binnehof gebou waar die monnike hul vrye tyd
kon deurbring. UitgelΩ om baie sonlig te ontvang, het die binnehof
dikwels 'n groentetuin en 'n fontein of put gehad. Party is gebruik as
begraafplase vir mon¡nike of belangrike mense wat met die klooster te doen
gehad het.
Om die binnehof het 'n oordekte gang
geloop wat die monnike teen reδn beskerm het. Die dak oor diΘ sogenaamde
kloostergang is deur 'n ry pilare gestut.
'n Groot hospitaal is ook tot die
klooster toegevoeg. Monnike (en nonne) het die versorging van siekes en
bejaardes as deel van hul godsdienstige plig beskou.
'n Kombuis, bakkery, brouery,
wassery en stalle was in kleiner geboue buite die hoofdeel van die klooster.
____________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik
hier
____________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan