____________________________________________________________________
Die Middeleeue (6)
Die Gotiese styl van die middel van
die twaalfde eeu tot die vyftiende eeu word deur baie mense as die Christendom
se grootste bydrae tot die wΩreld se kuns en argitektuur beskou. Dit het stadig
ontwikkel namate die mense van die Middeleeue hul godsdiensywer,
vindingrykheid, vlyt en raaiwerk saamgevoeg het om monumente te skep wat hulle
geglo het die Here waardig moes wees...
____________________________________________________________________
LODEWYK VI van Frankryk is paniekbevange. Hy
het pas gehoor dat die gekombineerde magte van Engeland en Duitsland op die
punt staan om sy land binne te val.
Vervaard
storm hy uit sy koninklike kasteel in Parys op hierdie aand in Augustus in die
jaar 1124. Hy haas hom na die Abdy van St. Denis, waar hy voor die relieke van
die heilige kniel en vir die veiligheid van Frankryk bid. Plegtig beloof hy dat
hy 'n groot skenking aan die klooster sal maak as sy magte seδvierend uit die
stryd tree.
Op raad van ab Suger, owerste van
St. Denis, nader koning Lodewyk vervolgens die
invloedrykste kerklui en landeienaars van Frankryk en dring by hulle aan om
geld, voorrade en manskappe te verskaf vir 'n leδr wat volgens hom 'n
"heilige oorlog" moes voer.
Dis 'n briljante plan. Binne dae
versamel hy 'n formidabele krygsmag wat die invallers halfpad tegemoetgaan. Die
Engelse en Duitse magte, wat op algehele wanorde onder die Franse gereken het
om sukses te behaal, kies die hasepad.
Hoewel daar geen geveg was nie,
beskou Lodewyk homself nogtans as die oorwinnaar en doen hy daarna sy belofte
gestand. Hy skenk 'n reuse bedrag aan die abdy, waarborg 'n aansienlike
jaarlikse subsidie en verklaar die plek St. Denis tot die land se godsdienstige
hoofstad.
Die jaar daarna kondig ab Suger aan
dat hy 'n nuwe abdykerk by St. Denis gaan bou. Die publiek se reaksie is
oorweldigend.
Almal, van die gewone mense tot
biskoppe en edellui, bied geld en geskenke aan. Pelgrims sonder enige aardse
goedere begin om karvragte vol klip van 'n steengroefá sowat 20 km ver na die bouterrein te sleep.
Maar die ab is glad nie haastig om
te begin bou nie. Hy besluit hy gaan die luisterrykste kerk ter wΩreld bou en
is van plan om oor elke stap toesig te hou.
Hy stel hom die kerk voor as hoog, lig en majestueus, maar warm en uitnodigend -- anders as die koue, donker Romaanse kerke
wat baie mense nie aangestaan het nie.
Wat Suger wil hΩ, is hoδ, gewelfde
plafonne, gesnede al¡tare, gekleurde glas en beelde van heiliges wat hul
wonderwerke doen. Omdat Jesus die Lig is,
verlang die ab lig, lig en nogmaals lig...
Om hieraan te voldoen word 'n nuwe
boustyl ontwerp -- 'n styl wat later as Goties bekend sou staan. Die wes- en
ooseindes van Suger se kerk word in 1144 voltooi. Dit is die wΩreld se eerste
belangrike Gotiese gebou en sou die Wes¡terse argitektuur heeltemal veran¡der.
òáá
TEEN die middel van die twaalfde eeu, nß die oprigting van Suger se
kerk, is katedrale met groot ywer in Europa gebou -- 'n koors wat tot die jare
1400, en op sommige plekke tot die 1500's, sou voortduur. Die boumeesters van
daardie tyd het geglo dat grootsheid die mense tot groter geloof sou besiel.
In die sestiende eeu het skrywers en
kunstenaars getrag om die klassieke Romeinse en Griekse kuns en argitektuur te laat
herlewe -- 'n beweging wat die Renaissance genoem word.
Hulle het die boustyl van die laat
Middeleeue verbind met die Gote -- Germaanse invallers wat, na gemeen word, in
die jare 400 klassieke Romeinse kunswerke verwoes het.
Maar die mense wat in die Gotiese
tydperk gelewe het, het nie hul argitektuur as primitief beskou nie.
Inteendeel, hul werk was hoogs gesofistikeerd en gekompliseerd -- beslis nie
die produk van barbaarse denke nie.
Wat meer sΩ, sekere geskiedkundiges
glo dat dit die Gotiese styl is wat die hernieude belangs¡telling in die
intellektuele en kunste van die Renaissance ingelui het.
Vergeleke met die Romaanse kerke was
die Gotiese kerke groter en sierliker. Onder hul vele inte¡ressante kenmerke
was hoδ, ge¡punte boδ, slanke suile, gewelfde plafonne, reuse kleurvensters en
steunboδ.
Party van diΘ word weliswaar ook in
die Romaanse styl gevind. Maar die vernaamste verskil tus¡sen die Romaanse en
die Gotiese styl is die manier waarop ruimheid verkry is. Die Romaanse
argitekte het ruimte geskep deur kleiner eenhede toe te voeg; die Gotiese
boumeesters het die volle ruimte geskep en dit dan in eenhede onderverdeel.
òáá
DIE steunbeer is 'n pilaar van klippe of stene wat teen 'n muur gebou word
om dit te versterk. Daar is baie verskillende soorte steunbere.
Die steunboog, 'n belangrike Gotiese
kenmerk, is van omstreeks 1175 ge¡bruik -- nadat Suger se kerk gebou is.
Hierdie steunboog is, soos sy naam aandui, eenvoudig 'n boogstut wat van 'n pilaar
(of 'n groot saamgestelde pilaar van verskeie dun suile) na die muur toe strek.
Die bekwame gebruik van die
steunboog het dit vir Gotiese boumeesters moontlik gemaak om groter geboue op
te rig en minder op soliede muurruimte staat te maak vir steun. Hulle kon met
ander woorde soliede mure deur reuse kleurven¡sters vervang.
Steunboδ het as eenvou¡dige halfboδ
begin, maar mettertyd tot uitvoeriger geboδ en hoekige strukture ontwikkel.
Die Notre Dame-katedraal in Parys
(tussen 1163 en 1250 gebou) is een van die eerste geboue wat sulke steunboδ
gehad het.
òáá
DIE ribgewelf is vir die eerste keer in Romaanse geboue gebruik, maar in
Gotiese katedrale het dit sy regmatige plek ingeneem.
Gotiese argitekte het hoδ
steunpilare laat oprig wat uit verskeie suile bestaan het en, waar dit die dak
bereik het, die afsonderlike suile in verskillende rigtings laat uitbuig, soos
die penne van 'n sambreel. Die ruimtes tussen die ribbe is met messelwerk
gevul.
Die ribgewelf was belangrik omdat
dit Gotiese boumeesters in staat gestel het om kerke met dunner mure en groter
vensters te ontwerp as wat voorheen moontlik was. Dit het natuurlik weer tot
die briljante beligting gelei waarvoor Gotiese katedrale so beroemd is.
Nß die ribgewelf het Gotiese
argitekte ßl sierliker gewelfstelsels ontwerp. Een daarvan was die
waaiergewelf, wat soos 'n hoogs versierde
ribgewelf gelyk het.
Veral in Duitsland het laat Gotiese
argitekte van die mees fantastiese oorwelwingspatrone geskep.
sing van die Lig
òáá
DIE son het deur die kleurglasvensters gestroom. Die orrel het begin
speel. En die jonge Emmanuel Viollet-le-Duc was oortuig dat hy die einste
vensters hoor sing...
DiΘ negentiende-eeuse argitek en
skrywer het in sy later jare hierdie ervaring uit sy jeug beskryf -- 'n onvergeetlike belewenis in Parys se Notre Dame-katedraal. Sulke
kleurvensters, wat 'n inte¡grerende deel van Gotiese katedrale uitgemaak het,
het inderdaad meer gedoen as hul hooffunksie om oorvloedige lig binne te laat.
Hulle het mense soos die landvolk
die Bybel in prentjiesvorm laat "lees". Wat meer sΩ, die glansryke
kaleidoskoop van kleure moet ongetwyfeld die emosies geroer het wanneer hulle
aanbid het.
Die deurgang van lig deur glas is
gesien as die Gees van God wat in die maagd Maria ingaan sonder om haar te
ontwy. Die simboliek is versterk wanneer die glas gekleur is.
Die eerste kleurglasvensters dateer
uit die jare 1000 en was klein en tot 'n raamwerk van reguit ysterstawe beperk.
Maar namate hulle groter geword het, is die tegnieke verbeter en ronde
raamwerke kon gebruik word.
Baie algemeen in die jare 1200 was
die roosvenster, s≤ genoem weens sy blomagtige voorkoms. Dit was 'n groot,
ronde venster wat deur fyn klipwerk in seksies ver¡deel is.
òáá
OFSKOON die gepunte boog in sekere Romaanse geboue voorkom, word dit
dikwels as die handelsmerk van die Gotiese boustyl beskou. Die gepunte boog --
gevorm deur twee boδ wat mekaar bo met 'n punt ontmoet -- is vermoedelik aan
die Ooste ontleen.
òáá
MET die herlewing van monumentskulptuur nß 1100, spog die Gotiese geboue
met sommige van die mees gerespekteerde beeldwerke van die Middeleeue.
Die eerste Gotiese beeldwerke is
geskep om die fasades (fronte) van katedrale te versier, veral die suile langs
deure en die timpaan (die gebied bokant die deur). Beeldhouers het op die
figure van heiliges en helde van die Christen¡dom gekonsentreer. Die vroegste
voorbeelde is in St. Denis, Chartres en Parys te sien.
Terwyl die Romaanse beeldhoukuns
geneig was om lewendig en abstrak te wees, was die Gotiese stemmiger en
mensliker.
Uitdrukkings het byvoorbeeld op die
gesigte van die gesnede beelde begin verskyn, teenoor die starende gesigte van
die Romaanse beeldhouers.
Gotiese beelde het ook minder afhanklik
van argitektoniese stutte geraak, met die gevolg dat die beeldhouers vryer kon
werk.
Die vroeδre figure by Chartres was
byvoorbeeld beperk tot die vorm van suile en dus
onnatuurlik lank en smal. Maar teen die middel van die dertiende eeu het die
beeldhouers goed geproporsioneerde figure geskep wat lyk asof hulle vry voor
die suile beweeg.
Vir die eerste keer in 'n lang tyd
het baie sekulΩre (nie-godsdienstige) figure ook hul verskyning begin maak.
Konings en ander belangrike mense het hul graftombes met beeltenisse van
hulself begin versier.
Baie Middeleeuse katedrale het
monsterkoppe gehad waar¡uit water gespuit het.
Namate kerkbouery in die vyftiende
eeu begin kwyn het, het beeldhouers hulle tot die binnekante van kerke gewend
om dit met altare en die beelde van heiliges te versier.
Gotiese beeldhouwerk het sy toppunt
aan die einde van die vyftiende eeu bereik, met baie kunstenaars wat nuwe style
ontwikkel het, aangemoedig deur die ontwikkeling van die Renaissance. Teen diΘ
tyd het die beeldhoukuns verder van die kerk af wegbeweeg.
____________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik
hier
____________________________________________________
Ons Wonderlike
WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan