____________________________________________________________________
Die
Middeleeue (7)
Wat roer in ons gemoed as ons vandag
na hulle kyk... die verlate, verkrummelende kastele van Europa? Voor ons
geestesoog sien ons heel moontlik dapper, vegtende ridders en hoe hulle skone
vroue die hof maak. Kennelik bekyk ons daardie kastele met fassinasie en
welgevalle -- altyd gemeng met 'n sweempie weemoed oor 'n lank vergange tyd.
Maar vir die mense van die Middeleeue was hulle glad iets anders: simbole van
mag... of verdrukking...
____________________________________________________________________
VERSPREI oor Europa, dikwels op die verstommendste plekke, sal jy vandag
nog kastele of die bouvalle daarvan vind. Hier hurk een op 'n steil bult, daar
troon 'n ander op 'n bergkruin, doer klou nog een aan 'n rotsagtige strook land
wat die see inskiet...
Party is so enorm en ander so
flambojant dat dit vreemd is om te dink dat hulle ontwikkel het uit eenvou¡dige,
oeroue, omheinde dorpies en vestings wat deur die Romeine gebou is.
Die oprigting van kastele in Europa
gaan hand aan hand met die opkoms en bloeityd van die feoda¡lisme.
Voorheen het mense kampe naby hul
huise opgerig waarheen hulle kon vlug wanneer gevaar gedreig het. Maar sedert die negende eeu is konings, leenhere en ander
adellikes, wat gedurig deur invallers bedreig is, genoop om hul tuistes en
vestings saam te voeg. Kastele was dus 'n wesentlike gevolg van die Middeleeuse
anargie.
Hulle is meestal deur konings en
leenhere besit, af en toe deur ridders, en 'n kasteel het as woning vir die
eienaar, sy gesin en knegte gedien. Die koning moes sy toestemming gee dat 'n
kasteel gebou kon word.
Die kasteel was ook 'n setel van
plaaslike regering en regspleging.
Die woord kasteel kom van die
Latynse castellum, wat klein ves¡ting beteken. Die hoofdoel was
inderdaad verdediging. Wanneer 'n vyand sy verskyning gemaak het, het die
kasteel 'n toevlug vir almal in die buurt geword, ook die vee.
òáá
DIE eerste ware kastele was van hout en grond. Ons ken hulle nie in
Suid-Afrika nie, maar in Engeland, met sy lang geskiedenis van kastele, is hulle
"motte-and-bailey castles" genoem.
In die middel was 'n houtsaal of
-toring wat die kasteelbaas, sy gesin, sy knegte en wagte gehuisves het. Dit
was die bes beskermde deel van die kasteel.
Dit is opgerig op 'n natuurlike of
kunsmatige keδlvormige heuweltjie wat die Engelse 'n "motte" genoem
het, en diΘ is deur 'n sloot water oftewel grag omring. 'n Stewige houtheining
of palissade het die toring en soms ook die voet van die heuweltjie omring.
Daar was op grondvlak geen ingang
tot die toring nie.
Die heuweltjie is gewoonlik met 'n
houtbrug met een of meer groter terreine verbind. DiΘ terreine (En¡gels
"baileys") is deur 'n grondwal en palissade ingesluit en deur 'n grag
omring. Die kasteel se voorraadskuur, kombuis en stalle was hier geleδ.
"Motte-and-bailey"-kastele
was die burge van die Franse en Normandiδrs. Nadat Willem die Veroweraar
Engeland ingeneem het, het meer as honderd van hierdie eenvoudige houtstrukture
op strategiese punte in die Engelse koninkryk verrys.
Kasteelbouery in Brittanje het gou
na Skotland en Ierland ver¡sprei.
òáá
VAN die einde van die jare 900 af het die eerste klipkastele in Euro¡pa
begin verskyn. Ofskoon hulle sterker as die houtkastele was, was laasgenoemde
nog sowat 'n eeu lank oorheersend.
Houtkastele was goedkoop om op te
rig. Hout en handearbeid was volop. Klipkastele was egter duur om te bou, want
messelaars moes in diens geneem word en geld was skaars.
Houtkastele kon binne 'n paar weke
voltooi word -- partykeer voordat 'n leenheer selfs daarvan te horeá gekom het en kon keer dat dit gebou word. Klipkastele, daarenteen, is oor etlike seisoene gebou.
Selfs as die palissades en torings
van die "motte-and-bailey"-kasteel verwoes is, het die grondwerk nog
bly staan en kon die houtstrukture gou vervang word.
Geleidelik het die voordele van
kliptorings egter die nadele begin oortref. Hul mure was sterker. Hulle het nie
vlam gevat soos hout nie. Hulle kon veel hoδr gebou word, en minder soldate was
dus daar nodig.
Omdat hulle sterk was, het hulle 'n
stabiliserende uitwerking op die bevolking gehad, veral in gebiede waar die
kasteel as 'n oorlogswa¡pen gebruik is om grondgebied te verower.
In 1078 het Willem aan die beroemde Tower
of London begin werk (let wel, ons praat ook in Afrikaans van die Londense
Tower, nie die "Toring van Lon¡den" nie). Dit is van kalksteen uit
Caen in Normandiδ gebou.
Deur met klip te bou het Willem 'n
beweging van stapel laat loop wat die "motte-and-bailey"-kasteel
heeltemal in onbruik laat verval het.
òáá
DIE basiese bloudruk van klipkas¡tele was dieselfde as diΘ van
"motte-and-bailey"-tipe -- maar talle gesofistikeerde nuwighede is
met verloop van tyd toegevoeg.
Die belangrikste was natuurlik dik
klipmure pleks van die houtmure. Party van diΘ mure was tot 10 m dik.
Ander toevoegings was onder meer 'n
besonder sterk kasteeltoring of donjon, hoδ, ronde torings, 'n ophaalbrug oor
die grag en 'n spoggerige ingang, asook bykomende buitevestings.
Party van hierdie nuwighede het in
Wes-Europa self ontstaan. Baie was egter die produkte van die Kruisvaarders se
togte na die Midde-Ooste, waar hulle die reusagtige, byna onneembare kastele
van die Bisantynse Ryk aanskou het. Hulle het met wonderiike idees en ontwerpe
teruggekeer.
In die
"motte-and-bailey"-kastele was die sentrale kasteeltoring of donjon
die kasteel se sterkste plek. Teen die middel van die twaalfde eeu is hierdie
funksie na 'n vierkantige donjon oorgedra.
Sekere van diΘ het so
onvernietigbaar geblyk dat hulle vandag nog ongeskonde is. Maar hulle het ook
hul nadele gehad, onder meer dat dit nie alte gemaklik was om daar te woon nie.
Die vierkantige donjons het in die volgende eeu plek gemaak vir die veelhoekige
en ronde torings, hoewel vierkantiges darem nog plek-plek gebou is.
Baie nuwe kastele is oplaas sonder 'n donjon gebou, maar met talle ronde torings
wat verbind is deur 'n "gordyn" van hoδ klipmure wat 'n binnehof
omsluit het. Wagte het op die torings en op die mure langs gepatrolleer,
verskans deur kantele.
DiΘ het bestaan uit blokke met
sogenaamde kanteelkepe. Die wagte kon agter die blokke skuil en die vyand daaronder met hul skietgoed bestook.
Die binnehof was 'n veilige toevlug,
en die kombuis, kapel, spens, groot saal en pakkamers was hier geleδ. Die
binnehof is op sy beurt omsluit deur bykomende ringmure wat buitehowe gevorm
het.
Nog 'n verfyning was 'n ingang met
gewoonlik twee groot torings aan weerskante en een of twee kamers bokant die
ingang.
Poortwagters het die deure van die ingang beheer, asook 'n groot metaalhek wat die ingang afgesluit het.
Die ophaalbrug oor die grag kon
opgetrek word wanneer die kasteel aangeval is.
Sedert laat in die veertiende eeu
het die ontwikkeling van beleδringskanonne -- wat kastele van 'n kant af erg
kon verniel -- die militΩre ingenieurs verdere hoofbrekens besorg. Die gevolg
was die ontwik¡keling van die bastion, 'n lae kasteel versterk met stene en
ru-klip wat skokke kon absorbeer.
òáá
TEEN die jare 1500 was kastele min of meer uitgedien. Die ontwik¡keling
van gevorderde wapens soos kanonne en buskruit -- waardeur kasteelmure met
groot klippe en ysterballe platgeskiet kon word -- het hulle as vestings
feitlik nutteloos gemaak.
Met die opbloei van die nuwe style
van die Renaissance het die adel geriefliker huisvesting verlang.
In Frankryk, ofskoon hulle steeds chateaux
genoem is, het kastele van chateau-forte in landpaleise of -huise verander. In
England was die opvolgers van die kasteel die "country houses", die
met 'n grag omringde "Tudor house" en die praghuise van die
Elisabethaanse tydperk.
Ten slotte het die vorste van
Engeland, Frankryk en ander Wes-Europese lande getrag om die mag van die
plaaslike leenhere in te kort en het hulle dus die oprigting en gebruik van
kastele ontmoedig.
Kastele is steeds in onrustye
gebruik, maar slegs as toevlugsoorde en nie as 'n basis vir mags¡uitbreiding
nie. Talle kastele het geleidelik in onbruik verval en bouvalle geword.
Teen die sewentiende eeu was kastele
-- baasskeppings van die Middeleeuse tegnologie -- bloot wit olifante.áááááááááááááááááááááááááááááááááááá
__________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik
hier
__________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan