______________________________________________________
Die Renaissance (7)
Goue eeu
van die
Die Beloofde Land -- s≤ beskryf die
vyftiende eeuse geskiedskrywer Philippe de Comines die gebied van die
historiese prinsdom Vlaandere in sy MΘmoires. Dit was inder¡daad 'n wΩreld van
kulturele bloei, want die Vlaamse musiek, letterkunde en bowenal die
skilderkuns beleef in die 1400's 'n goue era. Ook hier laat die gees van die
Renaissance sluimerende talente in hul volle glorie ontwaak...
______________________________________________________
DIS 'n wonderwerk as 'n kunstenaar van die statuur van Da Vinci,
Michelangelo en Raphael gebore word. Maar dis selfs 'n groter wonder as s≤ 'n mens
die eerste lewenslig aanskou in omstandighede waar alles teen hom tel -- en hy
tog uitstyg om een van die wΩreld se groot meesters te word.
S≤ iemand was Pieter Brueghel die
Ouere, wat in uiterste armoede en ellende gebore is. Maar sy natuurlike talent
en fyn waarneming van sy omgewing laat hom soos 'n arend op 'n stygstroom deur
die Europa van die Renaissance sweef.
Brueghel is een van 'n hele klomp
kunste¡naars buite Italiδ wat die gees van die Renaissance in hul werke
vasgevang het, maar tog onmiskenbaar die stempel van hul streek daarop afgedruk
het.
Maak kennis met 'n handvol van diΘ
talentvolle pioniers.
òáá
MERKWAARDIGE skilderwerk in 'n heel ander styl as tevore duik in die
1400's in Vlaandere op, 'n historiese prinsdom wat tans deel vorm van Belgiδ,
Nederland en Frankryk (die provinsies Oos- en Wes-Vlaandere in Belgiδ, die
suidelike deel van Zeeland-provinsie in Nederland en die Nord-department in
Frankryk).
DiΘ werke is die voorlopers van die
Renaissance buite Italiδ.
Net soos die Italiaanse skilderinge
van diΘ tyd val die fokus sterk op realisme. Klassieke kunswerke is egter
skaars buite Italiδ, en die Vlaamse kuns ontwikkel in 'n eie rigting, be∩nvloed
deur die Noordelike Gotiese styl. Die beeldhouagtige kwaliteit van die Italiaanse
Renaissance-kuns ontbreek hier heeltemal.
Die eerste van diΘ nuwe werke kom
van 'n kunstenaar wat homself die Meester van FlΘmalle noem.
Daar word vermoed dat sy regte naam
Robert Campin was. Een van sy beste skeppings is die middelpaneel van die Merode-altaarstuk,
wat hy kort nß 1425 skilder.
Hier doen Campin iets wat geen
kunstenaar nog gewaag het nie. Hy plaas 'n bonatuurlike verskynsel -- die engel
wat aan Maria verskyn om haar te vertel dat sy die Seun van God gaan baar -- in
so 'n konkrete, alledaagse konteks -- 'n Vlaamse huishouding -- dat 'n mens as
't ware deur die paneel loop en self alles hoor en sien.
Hy boet niks van die grootsheid van
die oomblik in nie danksy 'n tegniek bekend as verskuilde simboliek.
Dit beteken dat elke voorwerp in die
prent, hoe gering ook al, 'n simboliese betekenis kan hΩ, byvoorbeeld die kers,
die blomme in die vaas op die tafel en die blink koperpot.
òáá
'N JONGER en selfs beroemder Vlaamse kunstenaar is Jan van Eyck, die
eerste kunste¡naar wat sy naam by sy werk teken. Sy treffendste werk is
Giovanni Arnolfini en Sy Bruid, 'n simboliese, maar terselfdertyd hoogs
realistiese portret wat hy vir 'n Italiaanse sake¡man in Vlaandere skilder.
In die privaatheid van die
bruidskamer belowe die jong huwelikspaar trou aan mekaar. Dit lyk of hulle
alleen is, maar as 'n mens goed kyk, sien jy in die spieδl agter hulle die
weerkaatsing van nog twee figure. Een van hulle is vermoedelik Van Eyck self, want op die muur bo die spieδl staan in Latyn geskryf: Johannes de eyck fuit hic (Jan van Eyck was hier). Sy rol, dus, is diΘ van getuie van 'n heilige seremonie.
Elk van die alledaagse voorwerpe in
die toneel het 'n hoδr, simboliese betekenis. Die enkele brandende kers in die
kroonkandelaar verteenwoordig die alsiende
oog van God. Die hondjie by hul voete is simbool van ewige trou, en hul
uitgetrekte skoene herinner ons dat hulle op "heilige grond "staan.
Die uitvinding van olieverf word
dikwels aan Jan van Eyck en sy broer, Hubert, toegeskryf. Dit is egter
waarskynliker dat hulle die moontlikhede van diΘ nuwe medium so meesterlik
ontgin het dat dit lyk of hulle die eerstes is wat dit gebruik het. Hul
uitsonderlike gebruik van kleur en lig is twee eeue nß hul dood nog die
standaard waarna ander kunstenaars streef.
òáá
DIE derde groot meester van die vroeδ Vlaamse skilderkuns is Rogier van
der Weyden. Sy werk is nie so realisties soos diΘ van Van Eyck nie. Hy streef
daarna om die emosionele drama, die patos van sy Gotiese verlede, in sy werke
vas te vang.
'n Mens sien dit dadelik in sy vroeδ
meesterwerk, die Kruisafneming (Jesus se liggaam wat van die kruis afgehaal
word), waar sy figure 'n baie sterker "geestelike" gevoel as diΘ van
Van Eyck oordra.
Sy werk het soveel trefkrag dat hy
met sy dood in 1464 die kunstenaar is met die grootste invloed op die Europese
skilderkuns noord van die Alpe.
òáá
NOG 'n merkwaardige Vlaamse mees¡ter is Pieter Brueghel die Ouere. Sy
skilderwerk word gekenmerk deur tonele uit die alledaagse lewe in Noord-Europa
eerder as godsdien¡stige of klassieke temas.
Ons weet verbasend min van sy vroeδ
lewe, behalwe dat hy tussen 1525 en 1528 in 'n brandarm landboufamilie gebore
word. Sy lewe lank voel hy hom die tuisste tussen die kleinboere van sy
kleintyd, wat hy in talle van sy skilderye uitbeeld. Tog word hy 'n geleerde
man en sy kuns gee hom selfs toegang tot die hof van Habsburg.
Hy werk van 1550 in Antwerpen, reis
tussen 1553-54 in Italiδ, keer na Antwerpen terug en vestig hom in 1563 in
Brussel nß sy troue. Hier woon hy tot sy dood op veertig jaar.
Die kere dat Brueghel wel Bybelse
tonele skilder, doen hy dit op sy unieke manier asof dit in sy eie tyd in sy eie
tuisdorp gebeur. Sy Aankoms in Bethlehem, byvoorbeeld, toon hoe Maria en Josef
met 'n donkie en os in 'n bevrore Vlaamse dorp aankom. Oral om hulle is
spitsdakhuise en mense besig met hul alledaagse dinge. Niemand sou kon raai dat
die Seun van God binnekort hier gebore word nie.
Teen die einde van sy lewe pak
Brueghel 'n reeks skilderwerke aan waarin hy die tipiese bedrywighede van elke
maand van die jaar uitbeeld. Een van die beroemdstes in diΘ reeks is die Terugkeer van die Jagters, 'n panoramiese landskaptoneel waar die
jagters en hul honde moeg en in diep sneeu na hul Vlaamse dorpie terugkeer.
òáá
'N ANDER uitsonderlike kunstenaar van diΘ tyd
is die Duitser Albrecht Dⁿrer (1471-1528), wat met sy graveerwerke en
houtsneδ 'n besonder groot invloed op die kuns van sy tyd uitoefen.
Sy pa, 'n goudsmid van Hongaarse
afkoms, leer hom vroeg reeds hoe om regstreeks op metaal te graveer -- 'n
vaardigheid wat hom goed te staan kom toe hy later 'n nuwe proses bemeester
waarmee talle afdrukke van 'n enkele prent gemaak kan word. Volgens diΘ tegniek
kerf hy sy tekening met 'n fyn beiteltjie uit 'n koperplaat, vul die groefies
met ink en druk dit op 'n vel nat papier.
Onder leiding van sy talentvolle
leermeester Wolgemut word Dⁿrer 'n meesterlike skilder, graveerder en
houtsneekunstenaar.
Hy besoek Venesiδ as jong man, waar
die gees van die Renaissance 'n diep en blywende indruk op hom maak. Die res
van sy lewe leef hy die ideaal uit van die kunstenaar as verfynde en
humanistiese geleerde.
Hy studeer sonder ophou en skryf 'n
hele klomp verhandelinge oor onderwerpe so uiteenlopend as verskansings,
grammatika, die verhoudings van die menslike liggaam, kunsteorie, meetkunde en
perspektief.
Die Italiaanse invloed is duidelik
te sien in sy klassieke figure soos Adam en Eva, wat in 'n natuurlike omgewing
vol fyn besonderhede uitgebeeld word.
Sy graveerwerke van plante en diere
word vandag nog vir hul fyn dΘtail bewonder. Sy Haas, byvoorbeeld, is so
realisties dat 'n mens feitlik elke haar kan tel, 'n weerspieδling van sy diep
ontsag vir die natuur en sy Skepper.
Dⁿrer is baie produktief en laat
honderde tekeninge, skilderye, selfportrette, gra¡veerwerke en houtsneδ vir die
wΩreld agter. Daar word gesΩ dat hy nogal ydel was, en in een van sy
selfportrette lyk hy baie soos 'n Christus-figuur.
Hy is op 57 jaar skielik aan malaria
dood.
___________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik
hier
___________________________________________________
Ons Wonderlike
WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan