____________________________________________________________

 

Die Benede-Nyl

 

Die beskawing van ou Egipte wat eenmaal aan die oewers van die Nyl gefloreer het, is reeds byna 2500 jaar dood. Maar die rivier waarlangs daardie beskawing gegroei het, se betowering duur voort, ook hier in ons tyd...

 

òáá Klik hier vir die Bo-Nyl -- polsslag van Midde-Afrika

____________________________________________________________

 

MEER as 5000 jaar lank is die Nyl reeds 'n lewensaar vir die landbou, die groot versorger en voorsiener van die mense aan sy oewers. Sy kronkelloop deur die woestyn het ook nog altyd 'n gerieflike vaargeul gebied waarop mense goedkoop en maklik met vaartuie deur die onherbergsame wΩreld kan beweeg.

 

Sedert die laat negentiende eeu is damme en keerwalle in die rivier gebou om oorstromings te keer en water vir krag en besproeiing te verskafá -- alles ten koste van die natuurlewe wat eenmaal in en langs sy waters gedy het. Meer onlangs, in die laat 1960's, is die rivier selfs nog verder ingeperk toe die Aswan- Hoδ Dam naby die stad Aswan gebou is.

 

Voordat die dam daar was, het reδn en gesmelte sneeu van die Ethiopiese hooglande die Nyl jaar om jaar oor sy oewers laat stroom, waardeur sy vallei periodiek benat en telkens nuwe, vrugbare slik saamgebring is. Sedert die dam voltooi is, het die boere wel die hele jaar deur water, terwyl Egipte se fabrieke en dorpe nou ook die voordele van hidroδlektrisiteit geniet.

 

Maar 'n duur prys word desondanks vir die verbetering betaal. Omdat daar nie meer slik is nie, moet die oewerboere kunsmis ten duurste koop. Weens die verminderde voedingstowwe is daar minder visse in die rivierwater, terwyl baie mense juis van die visse afhanklik is, veral verder noord in die Nyldelta.

 

Aangesien die vloei van die water verander is, bereik dit sekere gebiede glad nie meer nie. Dit het die watertafel in daardie gebiede laat daal, wat putte laat opdroog, plante laat vrek en soute in die grond laat ophoop sodat dit te brak raak vir landbougewasse.

 

Nog mense wat erg deur die projek benadeel is, is die Nubiδrs, wat hul huise aan die oewers van die Nyl moes ontruim toe die 500 km lange Nassermeer gevorm is. Boonop moes baie skatte uit die antieke verlede hoδr op verskuif word om te keer dat die stygende water hulle verswelg.

 

Maar die dam se voor- en nadele ter syde...á waar ons in 'n ander artikel die Bo-Nyl verken het, vaar ons verder op die Benede-Nyl deur Egipte in die rigting van die Middellandse See.

 

Ons word dadelik getref deur die kontras tussen die strook besproeide landbougrond aan die rivieroewers en die dorre, rotsagtige woestyn daarnaas. Geen wonder dat Egipte die ''geskenk van die Nyl'' genoem word nie.

 

Sowat die helfte van Egipte se bevolking is landbewoners genaamd fellahin. Hulle woon in klei- of kliphuise in klein dorpies langs die rivier en is meestal bedags op die land. Gewasse wat verbou word, is onder meer suikerriet, koring, katoen, mielies, klawer (as veevoer), groente en vrugte, veral dadels en lemoene.

 

Water word in gragte na die landerye gebring. Elke af en toe sien ons 'n boer met 'n sjadoefá -- 'n antieke toestel waarmee water uit die Nyl onttrek word om die landerye daarbo te besproei.

 

Ons vaar verby die fassinerende dorpe Thebe en Karnak met hul koninklike grafte, tempelbouvalle en kolossale standbeelde. Links is die Vallei van die Konings, waar baie van Egipte se ou farao's begrawe is.

 

Die rivier swenk skerp oos by 'n dorpie genaamd Dendera, en vloei dan weswaarts na Abydos, voordat dit 'n noordwestelike koers inslaan. Abydos is een van Egipte se oudste stede en daar is baie grafkelders en tempels, veral diΘ wat deur die farao's Seti I en Ramses II gebou is.

 

Riviervervoer is vandag nie meer so belangrik in Egipte as vroeδr nie, omdat baie mense nou van motors, treine en vliegtuie gebruik maak. Die meeste vaartuie op die Nyl is plesierbote en seilbote vir toeriste, vissersvaartuie, ponte vir plaaslike vervoer en vragskuite vir landbouprodukte.

 

Met ons aankoms by Memphis, betree ons Benede-Egipte. Memphis is die tradisionele koninkryk van Menes (ca. 3100 vC) en van baie van die heersers van die Ou en Middel-Koninkryk. Die piramides van Saqqara is daar naby, en na die noorde die piramides van Giza en die Sfinks.

 

Eindelik reis ons deur die Egiptiese hoofstad, Ka∩ro, die digs bevolkte stad in Afrika. Die westekant van die stad is moderner as die oostekant. Dit word gekenmerk deur 'n oormaat van museums, kunsmuseums, bioskope, universiteitsgeboue, boetieks en fabrieke. Die oostelike deel is bekend vir sy baie opelug-markte en moskees. Strome motors, busse, vragmotors en dierewaens ry oor groot br√e.

 

Anderkant die geroesemoes van Ka∩ro verdeel die rivier in 'n waaieragtige delta. Die delta se afmetings is sowat 240 km langs die kus en 160 km van noord tot suid. Dit bestaan uit 'n netwerk van waterlope, moerasse en soutwatermere, met eilande van vrugbare grond daartussen. Aan weerskante van die delta is twee belangrike hawens, Alexandriδ aan die westekant en Port Sa∩d na die ooste.

 

Die Nyldelta is glo een van die vrugbaarste gebiede op aarde. Dit is net so belangrik vir Egipte se moderne ekonomie as wat dit in ou Egipteland was. Elke stukkie grond in hierdie streek word bewerk, en gewasse sluit rys, koring, mielies, katoen en groente in.

 

Die wΩreld se langste rivier, wat 6671 km ver in die hart van Midde-Afrika met sy reis begin het, groet waar die waterlope van die delta die Middellandse See binnevloei.

 

____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 = Uit Huisgenoot se Jongspan