____________________________________________________________
--
polsslag van Midde-Afrika
Die Murchison-waterval in Uganda is een van die groot skouspele van Afrika. Bo brul die Nyl deur 'n rotsspleet wat so smal is dat 'n bedrewe atleet daaroor kan spring -- om 46 meter na die rivierbedding daar onder te stort. Die boloop van die rivier verskil ontsaglik van die Nyl se benedeloop, wat die lewensaar van die antieke Egipteland was...
òáá Klik
hier vir die Benede-Nyl
____________________________________________________________
VIR DIE aardrykskunde-leerling is die Nyl
die langste rivier ter wΩreld, wat duisende son-versengende kilometers van die
ewenaar af deur die Sahara na die Middellandse See stroom en water aan die
mense van nege Afrika-lande verskaf.
Vir die antieke Egiptenare was hy 'n heilige
''blom'', waarvan die lang, smal ''stingel'' jaar om jaar die dors van hul
woestyn geles het en waarvan die ''blomkroon'' -- 'n driehoekige netwerk, of
delta, van vlak waterlope naby die monding -- die rykste grond van enige plek
in die bekende wΩreld bevat het.
Hulle het geen benul gehad waar die ''wortels'' lΩ of
wat die ''stingel'' laat oorstroom nie. Maar dit het nie saak gemaak nie. Wat
die Egiptenare wel besef het, was dat die rivier die stukrag gebied het vir hul
groot beskawing om te floreer.
Ofskoon die eeue-oue geheime oor die oorsprong van
die Nyl en sy vloedwaters geruime tyd reeds opgelos is, gryp die rivier steeds
mense se verbeelding aan. In hierdie artikel verken ons die Nyl van waar hy
ontspring tot by die grens tussen die Soedan en Egipte. In
'n ander artikel klim ons in 'n feloek (klein
vaartuig met roeispane en seile) en volg die Nyl deur Egipte.
Die Nyl is 6671 km lank -- nagenoeg vyf keer die
afstand tussen Johannesburg en Kaapstad -- en dreineer 'n geraamde 3 350 000
vk. km.
Die soektog na die oorsprong van die rivier in die
negentiende eeu was 'n spesiale uitdaging vir Europese ontdekkingsreisigers,
aangesien die Nyl in werklikheid drie riviere is -- die Wit Nyl, die Blou Nyl
en die kleiner Atbara -- en omdat die hoofrivier, die Wit Nyl, self eintlik op
verskillende plekke ontspring.
òáá IN die
tweede eeu nC het die invloedryke ou wetenskaplike Ptolemeus 'n kaart
saamgestel wat die bron van die Nyl aandui in 'n bergreeks genaamd die Berge
van die Maan (tans bekend as die Ruwenzoriberge).á Hoewel hierdie inligting gegrond was op wat 'n Griekse koopman te
vertel gehad het nadat hy in die gebied gereis het, is dit verbasend akkuraat.
á
Die grootste bron van die Wit Nyl is die
Victoriameer, wat naby die sneeubedekte Ruwenzoriberge lΩ en deur Uganda, Kenia
en Tanzaniδ gedeel word. Die Victoriameer -- die naasgrootste varswatermeer op aarde
-- word deur verskeie strome gevoed, wat elkeen as die eintlike oorsprong van
die Nyl bestempel kan word.
Tog word die Kagerarivier, wat 400 km na die
suidweste in Burundi ontspring, meestal as die ware bron beskou.
Die Victoria-Nyl -- soos daardie deel van die rivier
soms genoem word -- begin aan die meer se noordekant. Hy het oorspronklik oor
die Ripon-waterval gestort voordat hy noodwaarts na die moerassige Kyogameer
koers gevat het; die waterval lΩ egter nou ''verdronke'' in die Owen-watervaldam.
Die landskap langs die Bo-Nyl is welig en tropies.
Krokodille lΩ en bak op die sonnige oewers en seekoeie woel in die water. Van
die Kyogameer af vloei die rivier noordoos totdat hy oor die Murchison-waterval
stort en die Albertmeer bereik. Aangevul deur die water van die Edwardmeer na
die suide, kronkel die Nyl noordwaarts totdat hy in die suide van die Soedan in
'n netwerk van gedurig veranderende waterlope verdeel, wat die Sudd genoem
word. Die Sudd is 'n Arabiese woord wat ''die Versperring'' beteken. Getrou aan
sy naam, word die waterlope deur papirusriete, olifantsgras en ander plante
verstop, wat 'n vleilandomgewing vir baie soorte voδls skep.
Eeue lank het die moeras gekeer dat bote verder in
die rivier kon opvaar. 'n Permanente deurgang, die Jonglei-kanaal, word tans
gebou en beloof om hierdie hindernis te bowe te kom. Baie water sal egter nou
weer van die Sudd weggelei word, wat die lewenskragtige vleiland gaan laat
opdroog.
Aangevul deur twee groot sytakke, eers vanuit die
weste en dan vanuit die ooste, vloei die rivier, wat nou die Wit Nyl genoem
word, nog 800 km deur 'n ietwat droδr landskap van doringstruike en gras na die
Soedannese hoofstad Khartoem. Hier sluit die Blou Nyl hom by hom aan.
òáá DIE Blou
Nyl ontspring in die Tanameer in die Ethiopiese hooglande, byna 2000 meter
bokant seevlak.ááá
Van die meer af stort hy suidoos oor die
Tisissat-waterval en vloei dan in 'n lang, diep, geboδ kloof deur die
Ethiopiese plato. Hy vloei eers stadiger wanneer hy die vlakte van die suide
van Soedan bereik, sowat 1372 meter laer as die Tanameer.
Hoewel hy korter as die Wit Nyl is, hou die Blou Nyl
baie meer water -- sowat sewentig persent van die totale volume van die
Nylá -- veral in Augustus en September,
wanneer die hooglande deurdrenk is van die baie reδn.
Daardie tyd van die jaar is die Blou Nyl rooibruin
van die slik wat van die berge van Ethiopiδ kom. (Dit is hierdie skielike
styging in die watervlak wat die jaarlikse oorstromings van die Nyl
veroorsaak.) In die droδ maande, van Maart tot Junie, is die water egter helder
en lyk dit blouerig -- vandaar die naam Blou Nyl.
Die rivier vloei naastenby in 'n S-fatsoen deur die
woestynlandskap na die Egiptiese grens. Sowat 280 km noord van Khartoem sluit
die Atbararivier hom by hom aan. Soos die Blou Nyl ontspring die Atbara in die
Ethiopiese hooglande; hy het ook 'n soortgelyke patroon van oorstromings.
Gedurende tye wanneer dit min reδn, is die bedding van die Atbara egter droog.
Tussen Khartoem en Aswan is daar ses katarakte in die
Nyl. Die katarakte is van noord tot suid van een tot ses genommer en staan
bekend as die 1ste katarak, 2de katarak, 3de katarak, ens. Net nß die 3de
katarak raak die rivier breδr en vorm dit die Nassermeer -- die reusagtige,
deur die mens gemaakte reservoir waarvan die water deur die Aswan- Hoδ Dam in
Egipte teruggehou word. (Die 2de katarak kan nie meer gesien word nie, want dit
is deur die Nassermeer oorstroom.)
Vorentoe lΩ die opwindendste deel van die rivier --
in die Nylvallei van die Oudheid. Lees daaroor in ons artikel oor die Benede-Nyl.
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD,
2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan