____________________________________________________________
Tot lof
van
die boom
'n Boom kan eindig as 'n meubelstuk
of 'n deel van 'n huis. Of as plastiekstowwe, papier, karton, selfs
fotografiese film. Maar die aarde se woude is onrusbarend aan die krimp...
____________________________________________________________
"BOME en woude," het die Engelse skrywer John Evelyn gemymer,
"het twee keer die wΩreld gered: eers met die ark, toe met die
kruis..."
Vandag sit bome en woude hul goeie
werk voort. Van bome kry ons hout vir meubels en die boubedryf, vir die maak
van papier en ander produkte. Dit beskut ons teen die son, verfraai ons wΩreld,
skep habitatte vir wilde diere en gee suurstof aan die lug.
Maar noudat die aarde se woude
vinnig besig is om te verdwyn, is gek÷ordineerde stappe dringend nodig om ons
plantasies te bewaar. Niemand kan immers, om dit so te stel, ons hout op eie
houtjie red nie.
Ons Suid-Afrikaners is ewe skuldig.
Daar was 'n tyd, lank gelede, toe groot inheemse woude met geelhout, stinkhout,
ysterhout en assegaai met die kusplato langs van Suid-Kaapland af regdeur tot
in die noorde van KwaZulu-Natal en al langs die oostelike platorand gestrek
het. Vandag is slegs oorblyfsels daarvan te sien in 'n gebied van 40 000
hektaar rondom Knysna en Tsitsikama en kol-kol elders.
Nog Æn sombere
vingerwysing na die mensdom en sy wanbesturing van sy omgewing.
òáá
PRESIES hoe word bome --
hierdie uiters waardevolle hulpbron -- vir hul hout gekweek?
Kommersiδle hout word in twee soorte
verdeel: naaldhout en loofhout. Naaldhout kom van keδldraers soos denne, seders
en sipresse; loofhout van breδblaarbome, onder meer die bloekom, beuke, eike en
stinkhout.
Bosbouers plant ≤f die boomsaad
regstreeks in die plantasie ≤f hulle kweek saailinge onder beheerde toestande
in 'n kwekery en verplant later die jong boompies in die bos.
Enting, waar die loot van een boom
in 'n spleet van 'n ander bevestig word, word onderámeer gebruik om bome te kweek wat teen siektes en peste bestand
is.
'n Helikopter kan 'n land voorberei
vir 'n plantasie deur dit te bespuit om ontslae te raak van indringerplante wat
nadelig vir die bome kan wees wat daar geplant gaan word.
Wanneer die bome eers geplant is,
moet bosbouers maar gedurig siektes en peste in die plantasies bestry. Dit word
gewoonlik gedoen deur die natuurlike vyande van die peste in te voer of deur
ou, swak bome te verwyder waar die swamme en insekte kan gedy. Partykeer het
bosbouers egter geen keuse as om gifstowwe te gebruik nie.
In die Suid-Afrikaanse bosbedryf
word 'n hele klompie miljoene kubieke meter hout tans jaarliks uit plantasies
geoes. Die oesmetodes wissel in
verskillende wΩrelddele afhangende van die soort bome en hul grootte, die terrein waar hulle groei en hoe hul hout benut gaan word.
In Suid-Afrika kom feitlik al die
hout van plantasies en nie van natuurlike
woude nie. Denne byvoorbeeld, ofskoon
uitheems, groei hier baie vinniger as in die Noordelike Halfrond.
Terloops, wanneer so 'n denneboom
afgesaag is, is dit interessant om na die groeiringe te kyk. Daar is
afwisselende lae van lentehout (wat in die begin van die groeityd gevorm is) en
somerhout (van later gedurende die groeityd). Die ruimte tussen die ringe dui
die groei in 'n spesifieke seisoen aan en die getal ringe die ouderdom van die
boom.
Die val van die boom word beheer
deur dit op 'n sekere manier te saag. Om groot bome of diΘ in bergagtige
gebiede te vel, word 'n wigvormige snee eers aan dieselfde kant van die boom
gemaak waar dit moet val. Dan word 'n snee aan die ander kant van die stam
ietwat bokant die wigvormige een gemaak, waarna die boom afgesaag word.
Nadat die boom gevel is, word die
takke verwyder sodat dit makliker vervoer kan word. Spesiaal ontwerpte trekkers
sleep die onttakte stamme in smal paadjies weg
sonder om die bome te beskadig wat langsaan staan.
Die hout word daarna tot gerieflike
stompe gesaag om per vragmotor na die saagmeule of verpulpingsaanleg vervoer te
word.
In Indiδ word olifante geleer om
hout van die woude te verskuif. DiΘ praktyk het in die laaste paar eeue nie
veel verander nie. En in baie dele van
Noord-Amerika en Skandinawiδ is water weer steeds een van die goedkoopste en
gerieflikste vervoermiddels. Die hout word in riviere gedompel en deur spesiale
bote gemaneuvreer om vlotte te vorm wat dan deur sleepbote gesleep word.
òáá DIT is interessant om in Æn saagmeule te
gaan inloer wat van die hout word wat soontoe gebring is.
Timmerhout word immers ßl meer wΩreldwyd
gebruik. Net in Suid-Afrika is daar tientalle saagmeulens wat denne- of
bloekomhoutstompe tot planke, balke of kleinhout verwerk.
Hierdie meulens wissel van groot
ondernemings wat deur toonaangewende finansiδle instellings beheer word, en jaarliks
meer as 200 000 kubieke meter ru-hout hanteer, tot klein familiesake wat minder
as 10 persent van diΘ volume verwerk.
Moderne saagmeultegnieke, tesame met
voortreflike hout en strengá
graderingsreδls, verseker dat ons werkhout vir al ons bou- en ander
behoeftes kan lewer.
Nadat die
houtstompe by die meul gelewer is, word die bas gewoonlik verwyder. Die stompe
word dan volgens hul breedte (en soms volgens hul lengte) gesorteer en in die
meul ingevoer.
Die verwerking van stompe tot
werkhout geskied in drie fases: die natmeulproses, die drogingsproses en die
droogmeulproses. Tydens die natmeulproses word pas afgesaagde stompe in ruwe
planke of balke omskep. Stompe word in die raamsaag ingevoer, wat vir die
aanvanklike opbreek van die ru-hout sorg.
Tydens die drogingsproses word die
oormaat vog s≤ verwyder dat die hout so min moontlik benadeel word. Dit moet
gedroog word tot op 'n punt waar die voginhoud en die omringende lugvogtigheid
mekaar balanseer. Nadat die hout gedroog is, word dit dikwels met preserveermiddels behandel om dit teen swamme en
insekte te beskerm.
Die droogmeulproses behels die
verdere verwerking van die gedroogde hout.
Die gedroogde planke word gegradeer.
Timmerhout word volgens SABS-grade geklassifiseer; bouhout, gegrond op sterkte
en voorkoms; en nywerheidshout, gegrond op voorkoms.
Nog verwerkings behels skawing en
afwerking. Die hout is dan reg om bemark te word.
Nie alle houtstompe wat by 'n
saagmeul aankom, is bestem vir die saagmeulproses nie. Party kan na die aanleg vir
die vervaardiging van laaghout gestuur word waar fineer van die stompe geskil
word. DiΘ word dan gedroog, gegom en tot laaghout of ander samegestelde
bordprodukte saamgepers.
òáá TIMMERASIES met hout is so oud soos die
ark. Reeds in die voortyd is skuiltes van
onder meer takke gebou en het die mense houthandvatsels vir gereedskap en
wapens gemaak. Daarbenewens het houtvure hitte verskaf en kos gaargemaak,
terwyl deurgesnydeá houtstompe die
eerste wiele opgelewer het.
Met verloop van tyd is hout vir waens, skepe en baie ander voorwerpe gebruik. Vandag word dit steeds in allerhande produkte benut. Hout, die voort¡brengsel van lewende bome, bly een van ons belangrikste grondstowwe.
Hout is selfs in baie wΩrelddele die
vernaamste boustof van wonings. In Noord-Amerika en Skandinawiδ is
houtraamkonstruksies dikwels die norm. Danksy verbeterde bosbou- en
saagmeultegnieke en die lonendheid van houtkonstruksies, word hout ook in ons
land ßl gewilder as 'n boustof. Die vernaamste bouhoute in Suid-Afrika is Pinus
radiata en 'n soort bloekom.
Daarbenewens is hout natuurlik ook
'n gewilde grondstof vir meubels omdat dit maklik met gereedskap gevorm en met
spykers, skroewe, kramme en kleefstof geheg kan word. Dit kan ook maklik geverf
of andersins afgewerk word.
En behalwe dat hout baie gebruike in
sy natuurlike vorm het, word dit verwerk tot duisende produkte soos
plastiekstowwe, papier, karton, fotografiese film, sellofaan en rayon.
òáá DIE vervaardiging van papier verdien om van
naderby bekyk te word. (As jy meer wil weet omtrent die geskiedenis van papier, klik hier.)
Voordat hout papier kan word, moet
die sellulosevesels daaruit gewin word deur die verwydering van lignien -- 'n
bestanddeel wat hulle aanmekaar hou. DiΘ word by 'n pulpmeul gedoen.
Hout kan ≤f meganies ≤f chemies ≤f
met 'n kombinasie van albei hierdie metodes verpulp word. Die meeste moderne
pulpmeulens maak van die Kraft-metode gebruik, 'n chemiese proses waarvolgens
versnipperde hout in 'n sekere oplossing gekook word. Die woord Kraft kom van
'n Duitse en Sweedse woord wat krag beteken.
By die Mondi-pulpmeul by
Richardsbaai is onder meer 'n houtwerf, verwerkingsaanleg, wassery,
bleikeenheid en papiermeul. Bykomende aanlegte het te doen met chemiese
herwinning, krag- en stoomopwekking en afval.
Die
verpulpingroges begin by die houtwerf waar die boomstompe ontvang, gesorteer en
vir versnippering opgestapel word. Hout word blitsvinnig ontbas en opgekerf, en
die houtkerfies word in groot hope geberg waarvandaan hulle per voerband na die
verwerkingsaanleg vervoer word.
In die verwerkingsaanleg word die
lignien wat die houtvesels saambind, chemies opgelos.
In die wassery word die
sellulosevesels (pulp) in vakuumtromfilters
van die oorblywende lignien geskei en terselfdertyd met vars water gewas.
Die pulp wat uit die wasaanleg kom,
is bruin en word net so vir bruin papier of die maak van bord gebruik of
chemies gebleik vir wit papier.
Sowel gebleikte as ongebleikte pulp word dan na die droδr gestuur
waar dit gedroog word tot 'n voginhoud van 10 persent. Dit is nou reg om na die papier- of bordmeul gestuur te word.
Die
Mondi-papiermeul by Merebank, Durban, is een van die grootste papiermeulens ter
wΩreld.
Die bruin of gebleikte wit pulp wat by
s≤ 'n meul aankom, word saam met afvalpapier wat vir herwinning behandel is in
'n massiewe masjien gevoer.
Die pulp, behandelde afvalpapier en
bymiddels vloei deur siwwe wat onsuiwerhede uitkeer. Die vesels vloei uit die
stofkas op 'n voerband van draadmaas. Die water word deur die maas gedreineer.
'n Veselryke mat vorm op die maas en
diΘ word dan gepers en gedroog. Die oppervlak word voorts geplaneer en verder
afgewerk deurdat die papierweb deur 'n kalander gevoer word.
Daarna word dit op 'n yslike tol
gedraai. Die gehalte van die papieroppervlak kan nog verder verhoog word met
die aanwending van 'n sekere be¡dekking. Dan kry die papier 'n glansafwerking
-- die superkalanderproses.
Ons het nou die verhaal gevolg van
die boom in die plantasie tot by die boek wat dalk nou langs jou rekenaar op
die lessenaar lΩ. Nie alle hout is timmerhout nie, lui die spreekwoord. En hoe
waar is dit nie!
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004
- Uit Huisgenoot se Jongspan