____________________________________________________________________

 

Die briljante wetenskaplike wat die mens geleer het hoe om dodelike siektes te genees -- met kieme

 

Louis Pasteur
-- pa van bakteriologie

 

Hy is op 27 Desember 1822 in Oos-Frankryk gebore as die seun van 'n looier. Vandag word die begaafde Louis Pasteur (1822-1895) as een van die stoflike mens se grootste weldoeners beskou. Hy het die teorie bewys dat kieme Æn mens siek maak, die proses van pasteurisasie uitgevind en entstowwe vir etlike siektes, waaronder hondsdolheid, uitgevind. Trouens, 'n mens kan nie eens probeer bereken hoeveel mense juis vandag lewe danksy Pasteur se onvermoeide ywer nie...                                                             ___________________________________________________________________

 

DIT is laat in die dekade van 1850. In die fabrieksentrum Lille in Noord-Frankryk staar 'n jong hoogleraar in chemie deur die lens van sy mikroskoop. Wat hy sien, en sy gevolgtrekkings, gaan uiteindelik wondere vir sy land se ekonomie verrig -- en die wΩreld van die geneeskunde onherroeplik verander.

 

Maar presies wßt neem die professor, Louis Pasteur, daar met sy mikroskoop waar? Dit is die gisstowwe wat wyn en bier laat sleg word.

 

Hoewel hy nie die eerste mens is wat glo dat gis 'n rol in die vorming van alkohol speel nie, is hy tog die eerste wat kan bewys dat "goeie" gisstowwe die suiker in wyn en bier in alkohol verander, terwyl versurende stowwe soos melk- en asynsuur deur ander mikro÷rganismes gevorm word.

 

Deur met hierdie "slegte" gis¡stowwe te eksperimenteer, kom Pasteur agter dat hy hulle kan vernietig deur die suikeroplossings in die begin te verhit.

 

"Verwarm jul bier en wyn sagkens in 'n vroeδ stadium," raai Pasteur die wanhopige brouers en wynmakers aan wat by die dag geld verloor, "en julle sal alle spore van slegte gis doodmaak voordat dit enige skade kan be¡rokken."

 

Maar vir die brouers klink sulke raad eers na 'n brouspul. Hul kosbare vog verhit? Nooit gesien nie!

 

Tog probeer hulle -- en dit werk. Om die waarheid te sΩ, die resultate is fenomenaal. Later sal selfs gesΩ word dat die jong skeikundige Frankryk se wynbedryf van ondergang gered het.

 

Pasteur gaan egter nog verder en wys byvoorbeeld die beesboere daarop dat die bederwende kieme in melk ook doodgemaak kan word deur die melk te verhit. Die proses om melk s≤ warm te maak voordat dit gebottel word, word vandag pasteurisasie genoem.

 

Die Fransman red in die middel van die jare 1860 ook die Franse sybedryf. 'n Sekere siekte maai onder die sywurms, maar hy toon aan dat dit 'n mikrobe is wat die sywurmeiers, -ruspes en -motte aanval. Hy beveel aan dat slegs siektevrye sywurms geselekteer en daarmee geboer word. Deur sy raad te volg, kan die sywurmboere die siekte uitwis en word 'n ramp in die bedryf voorkom.

 

ò   MAAR waar kom al hierdie "slegte" kieme dan vandaan?

 

Voordat Pasteur die teendeel bewys het, het baie mense aanvaar dat lewende dinge uit lewelose stowwe kan ontstaan -- 'n teorie wat spontane verwekking genoem is. Maaiers sou byvoorbeeld sommerso deur vleis voortgebring gewees het.

 

Pasteur se navorsing het egter getoon dat slegs lewende dinge ander lewende dinge kan verwek. Die skimmel wat op ou kos groei, verskyn byvoorbeeld nie sommer van nΩrens af nie. Dit kom van spore wat in die omgewing versprei.

 

Net soos ongewenste mikro÷rganismes wyn en melk kan binnedring en dit suur maak, s≤ het Pasteur geglo kan onwelkome mikrobes ook die menseliggaam binneval en siektes veroorsaak.

 

Oor die sogenaamde "kiemteorie van siektes" is in Pasteur se tyd baie gestry. Skeptici kon maar net nie glo nie dat 'n piepklein organismetjie wat nie met die blote oog gesien kan word nie, 'n organisme so groot soos 'n mens kan doodmaak nie.

 

Maar Pasteur was doodseker van sy saak en het een van die gewigtigste ontdekkings in die ganse geskiedenis van die geneeskunde gedoen -- dat baie siektes deur kieme veroorsaak word en dat hierdie kieme kan versprei.

 

Hy het voorts bewys dat, indien 'n mikrobe in 'n laboratorium verswak word en die verswakte variant in 'n dier ingespuit word, die ontvanger immuun teen die siekte raak.

 

Hy het die basil (staafvormige bakterie) wat die dodelike miltsiekte by vee veroorsaak, ge∩soleer en 25 skape met 'n verswakte dosis van die basille ingeδnt, 'n Paar dae later het hy dieselfde 25 skape met 'n kragtige dosis inge¡spuit, asook nog 'n klomp skape wat nie vroeδr ingeδnt is nie. Laasgenoemde klomp het gevrek, terwyl al die skape in die eerste groep bly lewe het.

 

Pasteur het die res van sy lewe gewy aan ondersoeke na die oorsake van verskillende siektes, onder meer tuberkulose, pokke, cholera, hoendercholera, witseerkeel en bloedvergiftiging.

 

In 1881 het hy hom op hondsdolheid toegespits. Hy het onverpoos in sy laboratorium gewerk en 'n verswakte kiemstam probeer ontwikkel wat geskik sou wees om as entstof gebruik te word. Uiteindelik het hy daarin geslaag.

 

Maar op 'n dag in 1885, voordat hy nog tyd gehad het om die entstof behoorlik op die proef te stel, kom 'n verbysterde vrou en haar seun by sy laboratorium aan. Die seun, Joseph Meister, is erg deur 'n hondsdol hond gebyt en sy ma smeek Pasteur om hom te probeer red.

 

Hoewel hy eers huiwer om die entstof te gebruik, doen hy dit tog. Die behandeling duur tien dae -- en toe begin die wagtyd. Gelukkig kry die seun nie hondsdolheid nie. Die entstof het gewerk. Die wetenskaplike het in sy doel geslaag om die kiem wat doodmaak, ook die kiem te maak wat kan genees.

 

Sedertdien is duisende mense op hierdie manier van hondsdolheid gered.

 

Pasteur se werk oor hondsdolheid het ook daartoe gelei dat die Pasteur-Instituut in 1888 in Parys gestig is -- 'n sentrum vir die bestudering, behandeling en voorkoming van siektes. Hy was die direkteur van die instituut tot met sy dood op 28 September 1895.

 

DiΘ veel vereerde Franse wetenskaplike, wat lank voor sy dood reeds 'n volksheld was, het 'n staatsbegrafnis in die Notre Dame-katedraal gekry. Sy graf is in die kelder van die Pasteur-Instituut.

 

Het jy geweet?

 

ò   'n Beroerte het Louis Pasteur in 1868 gedeeltelik verlam. Maar ondanks sy verswakte gesondheid het baie van sy grootste deurbrake juis hierna gevolg.

 

__________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

__________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan