__________________________________________________________

            Bakterieδ en virusse

Die kieme wat in

ons krioelà

 

Baie is onskadelik, party is noodsaaklik, ander is gevaarlik en kan selfs dodelik wees. Om te dink sulke rare wesentjies lewe in hul biljoene om ons, op ons en in onsà

__________________________________________________________


H
ULLE sweef vry op die winde tot doer bo in die bo-lug van die aarde. En grawe jy diep in die grond in, is hulle daar. Hulle krioel in vars water en ook in die see.

 

Selfs in die poolstreke lewe sekere van hulle blykbaar knus op die ys. Hulle is bakterieδ, 'n ontelbare menigte. Om ons, op ons en in ons lewe hierdie legioene, die bevolkings van 'n fantastiese, verskuilde wΩreld wat geen mens met die blote oog kan sien nie.

 

Bakterieδ -- mikroskopies klein lewensvormpies -- kom veral in sowel lewende as dooie mense, diere en plante voor. Ontbindende materiaal van alle soorte wemel behoorlik daarvan. Baie soorte bakterieδ is nuttig. Heelparty is skadelik.

 

Ouma lΩ dalk haar vrugte in sodat die "lug" nie daarby kan kom nie, maar dis in werklikheid om die bakterieδ daaruit te hou. Die slagter maak biltong van vleis, en wat hy in der waarheid doen, is om dit so droog, sout en hard te maak dat vernietigende bakterieδ geen ware vasstrapplek daarop kry nie.

 

Sekere ander bakterieδ is weer nie net goed vir ons nie, maar heeltemal noodsaaklik vir die lewe. Bemesting soos kompos en kraalmis sou nutteloos gewees het sonder bakterieδ wat hulle tot stowwe afbreek wat deur plante opgeneem kan word.

 

Asyn kan nie sonder bakterieδ gemaak word nie. Die "sweet" van tabak is die werk van bakterieδ. Die rypwording van room en die beleδ raak van kaas is alles maar net die gevolg van bakteriese inwerking.

 

Natuurlik kan sekere bakterieδ selfs dodelik vir mens en dier wees. Daarvan vertel ons 'n bietjie later in hierdie artikel. Maar laat ons eers hierdie mikro-wΩreldjie van naderby beskou. Daarvoor het ons beslis 'n sterk mikroskoop nodig...

 

ò   DIE eenvoudigste vorms van bakterieδ is so klein dat tot 20 000 langs mekaar slegs een sentimeter lank is. Groot kolonies kan dus in 'n druppeltjie water swem, met fyn haaragtige uitgroeiseltjies wat hulle op hul oppervlak uitstoot.

 

Hulle swem selfs in die grond! Hoewel 'n mens dit nie kan sien nie, is daar tog water in klam grond aanwesig, oorgenoeg vir sulke haas onmeetlik klein mikrobes om in te swem. Vir die mens beweeg hulle maar uiters stadig, dog in die wΩreld van die bakterieδ is die twee, drie sentimeter wat hulle in 24 uur kan aflΩ 'n groot prestasie van snelheid.


Bakterieδ word soms volgens hul vorm geklassifiseer. Sommige is staafvormig (basille), party is rond (kokke), ander is kommavormig gebuig (vibrio's) of gedraai soos Æn kurktrekker (spirille).

 

Maar in 'n meer onlangse klassifikasie word hulle eerder volgens hul eienskappe as hul vorm ingedeel. Behalwe wat hul vorm aanbetref, kan ons hulle met 'n gewone mikroskoop egter nie juis van klein lugblasies onderskei nie.

 

Bakterioloδ (geleerdes wat met bakterieδ werk) kleur hulle met kleursel om hulle makliker te bestudeer.

 

Wat is bakterieδ nou eintlik -- piepklein plantjies of diertjies? Ofskoon die meeste van hulle geen chlorofil (die groen kleurstof van die meeste plante) bevat nie, word hierdie organismetjies gewoonlik as plante geklassifiseer. Dit is omdat hulle blykbaar nader verwant is aan blougroen alge en swamme as aan mikrodiertjies soos die eensellige protosoδ.

 

Hulle teel egter ook meestal aan deur eenvoudig middeldeur te breek: twee eenderse bakterieδ ontwikkel in gunstige omstandighede binne twintig minute tot ses uur uit een bakterie. As daar elke uur 'n verdeling is, en al die nasate bly lewe, kan 16 777 216 bakterieδ binne 24 uur uit een enkele bakterie ontstaan!

 

Dis daarom uiters noodsaaklik dat 'n mens sindelik moet lewe -- en dat jou klere skoon moet wees. Volgens een wetenskaplike toets kan daar op sekere kledingstukke, wat aanvanklik net sowat tweehonderd bakterieδ per vierkante sentimeter bevat, nß 'n week twee miljoen per vierkante sentimeter krioel as die klere die hele tyd gedra word sonder om dit te was.

 

ò   BAKTERIE╦ is bloot selle. Hulle is miskien plantaardig, maar hulle het nie wortels, stingels, lote of ranke nie. Hulle is op die oog af die onskuldigste goetertjies denkbaar. Totdat jy byvoorbeeld sien watter verwoestingswerk sekere van hulle in die menseliggaam kan aanrig.

 

As hulle hulle in jou weefsel tuis maak, absorbeer hulle voedsel uit die vloeistof in hul omgewing. Die bakterieδ kan so vinnig aanteel dat die weefsels beskadig raak en die mens daarvan doodgaan. Bakterieδ kan ons ook op 'n ander manier laat sterf: hulle kan gifstowwe (toksiene) vrystel wat dodelike siektes veroorsaak.

 

Die liggaam bly natuurlik nie onaktief as hy deur s≤ 'n leδr van kieme aangeval word nie. Hy beskerm en verdedig homself deur stowwe te vervaardig wat as teenliggame bekend staan.

 

Party van hierdie teenliggame ruk saam met die wit bloedselle op om die invallende bakterieδ uit te wis, terwyl ander weer die vermoδ het om die toksiene te neutraliseer.

 

Dit gebeur tog dat die teenliggame en wit bloedselle die stryd teen die bakterieδ verloor en dan moet die dokters ingryp en antibiotika toedien. DiΘ is chemikalieδ wat ontwikkel is om spesifieke bakterieδ te beveg.

 

Bakterieδ kan erg taai en gehard wees -- baie soorte vrek nie eens as hulle 'n lang tyd in ys gelΩ het nie. Geen bakterie kan egter groot hitte en 'n lang blootstelling daaraan oorleef nie. Snydokters se instrumente kan daarom deeglik gereinig word deur dit vyftien tot twintig minute lank in kookwater te hou.

 

ò   HOE het die mens begin agterkom dat die kieme in sy omgewing skadelik en selfs dodelik kan wees? Dit was omstreeks die middel van die negentiende eeu toe die Franse wetenskaplike Louis Pasteur die groot ontdekking gedoen het. Hy het naamlik gevind dat sekere aansteeklike siektes deur eensellige lewensvorms veroorsaak word.

 

Aan die mikrobes is die naam bakterieδ gegee (van die Griekse woord bakterion, wat "stafie" beteken, omdat die vorm van die basil-bakterie 'n mens mos aan 'n stafie herinner). Baie navorsing hieroor is in die negentiende eeu gedoen.

 

Daar was egter steeds verskeie aansteeklike siektes waarvan die navorsers nie die oorsaak kon vind nie. Selfs met die sterkste mikroskope van daardie tyd kon geen bakterieδ van diΘ siektes opgespoor word nie.

 

Toe, in 1892, ontdek die Russiese plantkundige Dmitri Iwanofski 'n mikrobe wat kleiner as die bekende bakterieδ is. Die naam virus is daaraan gegee (van die Latynse woord virus vir "gif"), en dit het gou geblyk dat baie van die siektes waarvan die oorsaak die vroeδre navorsers dronkgeslaan het, deur hierdie klein mikrobes veroorsaak word.

 

As 'n mens gedink het bakterieδ is klein, kan jy by virusse leer wat klein nou werklik is. Want dit was eers met die uitvinding van die elektronmikroskoop (wat dinge tot 'n yslike 100 000 keer kan vergroot) dat ons regtig in staat was om virusse en hul werkinge te bestudeer.

 

Hierdie organismetjies kan nie eens in piepklein breukdeeltjies van millimeters gemeet word nie, maar 'n spesiale lengte-eenheid, die millimikrometer, moet vir hulle gebruik word. Een millimikrometer staan gelyk aan een miljoenste van 'n millimeter. Die virus wat polio veroorsaak, is onder die heel kleinstes en het 'n deursnee van slegs sowat 27 millimikrometer.

 

Die struktuur van virusse is baie eenvoudig, selfs vergeleke met diΘ van die primitiewe organismes soos die eensellige diertjies. Trouens, sekere kenners reken virusse is eintlik te primitief om as ≤f plante ≤f diere geklassifiseer te word. Party besmet die mens en ander warmbloedige diere, en ander besmet plante. Daar is selfs virusse wat bakterieδ besmet!

 

Anders as by die meeste bakterieδ het antibiotika geen uitwerking op virusse nie. Dis die rede waarom die behandeling van virusbesmetting steeds taamlik moeilik is. Gelukkig vir die mens kan die meeste van sy ernstige virussiektes deesdae met entstowwe bestry word. 'n Entstof teen die gevreesde HI-virus, wat vigs veroorsaak, moet egter nog gevind word.

 

En 'n onfeilbare raat teen selfs die gewone verkoue is daar nog nie -- omdat die verkouevirus net keer op keer in 'n ander gedaante verskyn. Om 'n entstof te ontwikkel help dus nie veel nie. Dit maak jou miskien immuun teen een soort proesery, maar dan trek 'n ander soort jou plat waarteen jy weerloos is!

 

ò  ò  ò  ò 

 

Groot name in die kieme-verhaal

__________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

__________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan