Verstommende
vertellings van helpmekaar in die diereryk
As twee
hande mekaar was, lui die oud gesegde, word altwee skoon. Maar s≤ 'n
samewerking kry 'n mens ook in die diereryk -- tussen heeltemal ongelyksoortige
skepsels...
òáá Klik hier
vir Simbiose (b): Parasitisme.
òáá Kyk ook simbiose tussen diere en plante -- klik hier.
___________________________________________________________
OOR die Nylkrokodil en die
krokodilvoδl het die ou Griek hom kennelik verwon¡der. Kyk dan net hoe pik die
voδl die bloedsuiers van die tandvleis van die reptiel af.
En die krokodil, wat in die water
met die parasiete besmet geraak het, lΩ oopbek en laat die voδl maar begaan. Trouens,
hy is s≤ dankbaar vir diΘ diens dat hy sy geveerde lakei nooit sal opvreet nie.
Praat van twee hande wat me¡kaar
was... dit gebeur ook in die dierewΩreld, was die man se waar¡neming. Die ou Griek van wie ons hier vertel,á
was die historikus Herodotus, wat sowat 2500 jaar gelede gelewe en
hierdie saambestaan van die krokodil en die Afrika-voδl beskrywe het.
Maar mense wat sy ver¡slag destyds
gelees het, het hom nie geglo nie. Die idee dat diere mekaar s≤ kan help, het darem net te vergesog geklink. Jare later is egter getoon
dat krokodilvoδls inder¡daad bloedsuiers tussen die tande van krokodille
uitgaps -- en dat s≤ 'n saamboerdery van verskillende diere hoegenaamd geen
vreemde verskynsel is nie.
Waar twee diere saamleef tot die
voordeel van een van hulle of van albei, word van simbiose ge¡praat. Dit
kom van die Griekse syn, wat saam beteken, en bios, wat met
bestaan vertaal kan word. Daar is drie vorms van simbiose:
As altwee diere deur die verhou¡ding
bevoordeel word, staan dit bekend as mutualisme. Word slegs een
bevoordeel en die ander party nie geraak nie, word dit kommensalisme
genoem. Indien een party voordeel trek tot nadeel van die ander, is dit parasitisme.
In die eerste van ons reeks van twee
dele oor simbiose, kyk ons na 'n
paar voorbeelde van mutualis¡me en kommensalisme. In die ander afdeling
ondersoek ons parasitisme.á >> LINK >>
'n Nar wat nie grappies maak
nie
òáá BAIE steekdiere van die see lewe op interessante maniere saam met ander diere, wat op hul beurt deur eersgenoemde se ste¡kels beskerm word.
Die narvis van die koraalriwwe
vertoef byvoorbeeld dikwels by die groot see-anemoon, waar hy tus¡sen die
wriemelende tentakels deurgly. Hy is immuun teen die anemoon se steke, terwyl
ander visse gevang en opgevreet word., Hy waag dit selde ver van die ane¡moon
af, omdat diΘ hom beskerm teen roofdiere wat nie naby die stekels durf kom nie.
Die gasheer word weer bevoor¡deel
deurdat die narvisse prooi vir die anemoon aanlok. Die nar vreet ook soms die dooie
weefsels en af¡val van sy gasheer.
Een soort narvis gaan selfs 'n stap
verder. Wanneer 'n roofvis die anemoon nader, spring die nar onder die
tentakels uit en wys sy tande om die indringer te verjaag.
Ander diere wat die beskerming van
steekdiere opsoek, sluit in die kleintjies van die kabeljou, skelvis en
marsbanker, wat onder die sambrele van jellievisse wegkruip, en 'n klein blou
en silwer gestreep¡te vissie wat 'n groot deel van sy lewe tussen die stekelige
tentakels van die bloublasie verwyl.
En daar is 'n soort kluisenaarkreef
wat selfs 'n groot anemoon bo-op sy dop saamdra. Namate die kreef groei, moet hy 'n groter woonplek gaan soek. Wan¡neer
hy 'n nuwe skulp kry wat hom pas, hou hy die leδ skulp met sy knypers vas,
verwyder die ane¡moon met sy ander pote en plaas dit op sy nuwe tuiste.
'n Kreef in die Indiese Oseaan het
'n anemoon op elke poot. As 'n roofdier
hom pla, smyt hy 'n vuis vol stekende tentakels in sy gesig.
òáá BAIE diere maak ander soorte diere skoon deur die parasiete te vreet wat
op hulle woon.
In die see is daar, sover bekend,
meer as veertig soorte visse en minstens ses soorte garnale wat s≤ 'n
skoonmaakdiens lewer. Sonvisse wat bo-op die water dryf, ont¡bloot hul sye
sodat seemeeue kan afduik om die visluise te verwyder.
Op koraalriwwe is daar -- glo dit --
selfs klein "diensstasietjies" waar visse kan inswem om deur
sogenaamde lipvisse en garnale "versorg" te word.
Die lipvis, met 'n blou en wit ge¡streepte
"uniform", dans voor sy klant, wat sy kieudeksels oophou en sy bek in
'n posisie van aan¡vaarding.
Dis dan 'n hele gewerskaf soos die
lipvis stukkies dooie vel, swamme en visluise van sy klant afknaag en wonde
skoonmaak -- reg in die bek inswem en weer deur die oop kieudeksels uitkom.
Baie visse besoek hierdie
skoonmaakplekke gereeld. Hoe¡wel die skoonmakers tot 300 klante in ses uur kan
bedien, vorm die visse dikwels toue om hul beurt af te wag!
Op die Galapagoseilande is 'n kreef
wat bosluise van die iguanas verwyder en 'n vink wat die reuse skilpaaie
versorg.
Die vink bied sy dienste aan deur
lewendig op en af voor die skilpad te wip, wat weer sy geneentheid om
skoongemaak te word sal betoon deur sy nek uit te strek en sy dop op te lig.
Dan spring die vink aan die werk. Hy
inspekteer die nek en bene vir onplesierige parasiete en verwyder diΘ wat hy
kry. Intussen staan die skilpad doodstil.
òáá DIESELFDE soort diens be¡staan op die vasteland van Afrika, waar 'n
aantal voδls "agen¡te" gebruik om insekte op te jaag wat hulle dan vreet. Die bekende bosluisvoδls swerm gewoonlik om die
pote van graasdiere soos beeste, bokke, buffels, seekoeie en olifante.
Namate die groot diere deur die gras
beweeg, steur hulle die sprinkane wat opvlieg om weer 'n paar meter verder in
die gras te verdwyn. Wanneer die insekte s≤ versit, gryp die bosluisvoδls
hulle.
Dis darem nie net die voδls wat by
diΘ verhouding baat vind nie. Die voδls wei ook dikwels op die r√e van die
weidiere om hul bosluise weg te pik.
Nog 'n Afrika-voδl, die
renostervoδl, het selfs 'n hegter verbintenis met die graasdiere. Hy vreet niks
anders as die bosluise, vlooie en maaiers wat hulle op sy vennote tuis gemaak
het nie, en sy liggaam is volmaak toegerus vir sy soort lewe.
Sy snawel is plat sodat hy sy kop
eenkant toe kan draai, diep in die hare van sy gasheer kan indring en die
bosluis behoorlik kan beetkry. Sy kloue is besonder lank sodat hy stewig aan
die gasheer kan vasklou, selfs wanneer diΘ vinnig beweeg. Sy stert is kort en
styf en verleen steun wanneer hy die dier van die kant af beklouter.
Sonder hierdie diens sou graas¡diere
nooit ontslae geraak het van bosluise aan die ore of maaiers by die stert nie.
Gevolglik laat die gashere die voδls toe om te loop waar hulle wil. Die
renostervoδl is so tuis op sy gasheer dat hy selfs paringsvertonings op sy
lewende verhoog lewer.
Behalwe dat hulle bosluise verwy¡der,
waarsku die renostervoδls ook hul vennote wanneer gevaar dreig. Eers uiter
hulle sagte waarskuwingskrete wat harder word na gelang die gevaar -- dikwels
grootwildjagters -- nader kom.
Byevreters vreet ook die insekte wat
deur graasdiere opgejaag word, maar doen niks in ruil vir die groot diere nie
-- 'n voorbeeld van kommensalisme.
òáá SUID-AMERIKA se rare ai, of drievingerige luiaard, het nie net alge in
sy pels nie, maar word ook dikwels deur 'n swetterjoel malende motte vergesel.
Vroeδr is gedink dat die motte die alge vreet, maar vandag weet ons dat hulle
die ai se haarkleed as 'n be¡wegende tapyt gebruik om van een broeigebied na 'n
ander te verhuis.
Aangesien die ai blykbaar geen
voordeel uit die verhouding trek nie, is dit 'n voorbeeld van kommensalisme.
S≤ is daar ook 'n dosyn soorte vis, die
sogenaamde remoras, wat 'n suigskyf bo-op die kop het. Hul¡le heg hulself met
diΘ suier aan 'n haai of waterskilpad vas en word s≤ rondgedra. In ruil vir diΘ
vervoerdiens vreet hulle die parasiete wat hulle op die gasheer tuis gemaak
het. As die gasheer 'n prooi¡dier gevang het, maak die remora homself los en
vreet die stukkies afvalvleis.
In die oerwoude van Costa Rica is
weer 'n muisie wat 'n soort taxi vir kewers is. Met hul buitengewoon groot kake
kleef die kewers aan die ore en nek van die knaagdiere wanneer diΘ snags deur
die bosse skarrel.
Dit lyk of hierdie vennootskap muis sowel as kewer bevoordeel. Bedags verlaat die kewers die muis se pels en vreet die vlooie in sy neste om die muis gesonder te hou.
òáá MIERE sluit van die merkwaar¡digste vennootskappe met an¡der organismes
in die diereryk. Die bekendste van alle miervennote is die plantluise, wat in
troppe aangehou en deur die miere vir hul heuningdou "gemelk" word,
kom¡pleet nes suiwelboere en hul beeste. Die plantluise word in ruil deur die
miere versorg.
Daar is die mooi voorbeeld van een
soort Ameri¡kaanse mier en 'n plantluis wat van mieliewortels leef. In die winter word die luiseiers in die
mierneste bewaar.
Wanneer die eiers in die lente
uitbroei, is die mieliewortels nog nie op die spyskaart nie en word die jong
luisies deur die miere na die wortels van ander plante afgedra. Wanneer die
mielies bekwaam is, dra die miere die plant¡luise na die mieliewortels.
Daar is 'n meer ongewone ver¡houding
tussen die Australiese groenboommier en die ruspe van die blouá eikevlinder. Die miere vreet gewoonlik
ruspers, maar maak 'n uitsondering met hierdie een, wat vanuit 'n tepel op sy
rug 'n suikeragtige vloeistof afskei wat ook heuningdou genoem word, asook
aminosure vanuit sy vel.
Toegewyd versorg
die miere die rusper. Hulle maak 'n skuilte vir hom waar hy oornag. Hulle
vergesel hom waar hy ook al gaan vreet en hardloop rasend om hom soos wafferse
swaar gewapende vegters en verdryf sy vyande met mieresuur.
òáá Klik hier
vir Simbiose (b): Parasitisme.
__________________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
__________________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004
- Uit Huisgenoot se Jongspan