____________________________________________________________
Miere en
plante, beste maats
-- simbiose, winsgewende
vennootskappe in die natuur
In die woude van Borneo het 'n bekerplant en die
sogenaamde Colobopsis-miere 'n sonderlinge transaksie beklink. Die plant
is die miere se losieshuis. Op hul beurt help die miere die plant met sy
vertering van insekteà
òáá Kyk ook
simbiose by diere -- klik hier.
____________________________________________________________
DIE onlosmaaklike verhouding tussen 'n
insektevangende plant van die berge by Ceres in die Wes-Kaap en 'n vlytige
kewertjie wat op die plant woon... hieroor was daar 'n tyd gelede 'n
interessante insetsel in die program 50/50 op die TV.
Insekte kleef aan die plant se taai afskeidings vas,
maar die plant het self geen verteringsorganismes nie. Die vertering word vir
hom gedoen deur die kewertjie, wat om die een of ander rede nie ook aan die
kleefstof vassit nie en die gevange insekte namens hulle altwee verorber. Die
plant leef naamlik van die kewertjie se uitwerpsels.
Hulle noem dit simbiose -- hierdie intieme saamleef
van organismes van verskillende spesies tot albei se voordeel.
'n Klassieke voorbeeld is korsmos. Dit is daardie
swamagtige groeisel wat jy soms as 'n ruwe kors op bome, rotse en mure sal
aantref. Korsmos is egter nie net 'n swam nie, maar ook 'n alg. Die twee lewe
in volmaakte harmonie saam deurdat die alg kos vir die swam produseer deur
middel van fotosintese, terwyl die swam die alg beskerming bied en water en
minerale uit hul omgewing absorbeer.
Nog 'n wonderlike voorbeeld van simbiose is in die
woude van Borneo gevind. Daar het 'n bekerplant en die sogenaamde Colobopsis-miere
'n sonderlinge transaksie beklink. Die miere loseer in die bekerplant, wat kos
en huisvesting aan hulle verskaf. In ruil daarvoor help die miere hul gasheer
om insekte te verteer.
Dit is natuurlik lankal bekend dat miere dikwels
interessante verhoudings met baie verskillende soorte plante aanknoop. Talle
van diΘ is maar losse verbintenisse -- die miere maak hulle bloot op die plante
tuis sonder om hulle te verniel of om tot die plante se voordeel te wees.
Dikwels hou die kriewelende insekte in hol, dooie stamme of in die bietjies
grond wat in holtes op takke versamel het.
S≤ bewoon miere die bome bokant ons koppe en die
bossies aan ons voete -- terwyl hulle vir hul woonkamers uitkerf en rondsnuffel
vir kos. Tot 72 verskillende soort mierbewoners is al in een boom in Peru se
Amasone-bekken gevind.
Maar waar daar 'n simbiotiese verhouding tussen die
sesvoetige yweraars en hul groen herbergiers is, bly dit altyd des te boeiender
om te bestudeer. Party miere in sulke verbintenisse is toegewyde brandwagte vir
die plante wat hulle huisves, deurdat hulle onwelkome indringers soos kewers en
ruspers verdryf of doodmaak. Ander bemes hul gasheer met die afval van kos wat
hulle aanbring en verorber.
Op hul beurt het baie plante spesiale strukture om
mierkolonies te huisves en te voed, waaronder blare met holtes en saad met
eetbare bedekkings of aanhangsels. Dikwels is sulke plante en miere so op
mekaar aangewese dat die een glad nie sonder die ander kan bestaan nie.
òáá DIE
vleisvretende bekerplant (Nepenthes bicalcarata) van die woude van
Borneo stel 'n dodelike strik vir die insekte wat hy verorber. Sy beker is vol
vloeistof en insekte wat daarin beland, kan nie weer uitkom nie, maar verdrink.
Dan word hulle deur die plant verteer.
Die Colobopsis-miere wat in die hegrank van
die beker woon, speel 'n belangrike rol om die plant gesond te hou. Die miere
verlaat hul tuiste in die bekerplant om in die plant se verterende sappe in te
duik en daarin rond te swem. Hulle versamel groterige prooidiere soos
byvoorbeeld krieke. As sulke groot insekte in die beker sou opgehoop en begin
ontbind het, sou die verteringsappe sleg geword het -- en die plant slegte
spysvertering ondervind het, om dit so te stel.
Maar die miere se rol is juis om die groot bielies
uit die vloeistof te verwyder. Verskeie werkers is nodig om die swaar prooi vir
die miere-fees weg te sleep. Maar hoekom gly die miere dan nie ook teen die
gladde wande van die beker af soos ander insekte wat dit onmoontlik vind om
daaruit te ontsnap nie? Tot dusver weet geen mens nie.
Op onvrugbare sandsteen-heuwels in Borneo is daar,
volgens die ekoloog Dan Janzen, weer Philidris-miere wat soos mobiele
wortelstelsels voedingstowwe na hul gasheer-plante bring. 'n Varing voed sy
mierkolonie met eetbare massas olierige oranje spore. Die miere lewe in die
varing se bespikkelde stingels, waarheen hulle voedingryke oorblyfsels sleep om
'n soort kompos vir die plant te skep.
Tussen die stingels groei 'n ander plant wat in vennootskap met die Philidris-miere gedy. As 'n mens 'n blaar van die plant Dischidia oopsny, vind jy allig 'n florende Philidris-kwekery tussen die plant se slanke wit wortels. Vanweδ hul unieke ligging binne-in die blare kan die wortels voedingstowwe onttrek uit die dele van insekte wat die Philidris-miere versamel en na hul huis aansleep.
Nog 'n plant, die grysbruin Hydnophytum, wat
aan boomstamme groei, verskaf ook woonruimte aan die Philidris-miere in
ruil vir s≤ 'n ''bemestingstof''.
Miere kan hul plante soms verwoed verdedig. Daar is al waargeneem hoeá 'n kontingent van miere in Singapoer 'n rottangpalm beskut -- asof diΘ plant se eie stekels hom nie genoeg beskerming bied nie.
Selfs aggressiewer nog is die Suid-Amerikaanse miere Pachycondyla
goeldiii, wat maklik verbygangers sal aanval om die plante te beskerm wat
keer dat die miere se brose neste en tuine soos karton in die reδn versmelt. As
ywerige tuinmakers sowel as lojale verdedigers saai die miere ook plantsaad in
die tuine wat onder die blaredak versprei lΩ.
______________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
______________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan