Op
hierdie bladsy:
GANDHI
(Mahatma),
GEEL,
GEHOORAPPARATE,
GIFPYLPADDAS,
GOUD (die ontdekking van goud in Suid-Afrika)
GRAND
CANYON,
GRIEKE
(van die Oudheid),
GROENTE,
GRONDWET VAN SUID-AFRIKA (Aanhef en Grondliggende bepalings)
GROTTE,
GUTENBERG
(Johann),
GUY
FAWKES
______________________________________________________________
GANDHI,
MAHATMA (1869--1948)
MOHANDAS
KARAMCHAND GANDHI [REGS] is op 2 Oktober 1869 as die seun van ryk ouers in
Porbandar, Indiδ, gebore. Indiδ was destyds 'n deel van die Britse Ryk.
Gandhi
het in Engeland in die regte studeer waar hy, weens sy kleur en afkoms, as 'n
tweedeklas-burger beskou is. Hierdie vroeδ kennismaking met rassisme en
kolonialisme het Gandhi laat belangstel in die beginsels van lydelike verset en
geweldloosheid soos die Amerikaanse natuurkenner, filosoof en skrywer Henry
David Thoreau (1817-1862) dit
beskryf het. (Lydelike verset beteken om weerstand te bied sonder om met geweld
te rebelleer.)
Gandhi
het hierdie begrippe in Suid-Afrika toegepas, waar hy hom van 1893 tot 1914
bevind het en as leier van die Indiδrbevolking opgetree het, asook daarna in
Indiδ. In sy geboorteland het hy leier geword van die nasionale beweging om
Indiδ van die Britse beheer te bevry. Gandhi is in Indiδ as 'n heilige beskou,
en sy eerlikheid is nooit in twyfel getrek nie. Die benaming Mahatma beteken
''Groot Siel''.
Gandhi,
wat geweldloosheid en burgerlike ongehoorsaamheid verkondig het teen wat as
onbillike wette beskou is, het dikwels weens sy oortuigings en optredes in die
tronk beland. Hy het egter baie van
sy volgelinge oortuig dat onafhanklikheid deur geweldloosheid verkry kon word.
Hy het self verskeie kere gedreig om te vas tot die dood as nie aan sy eise
voldoen word nie.
Hy
ook die Moslems en Hindoes probeer saamvoeg, maar kon nie daarin slaag om Indiδ
verenig te hou nie. In 1947 het die Moslemse deel van die land die onafhanklike
staat Pakistan geword. Indiδ het ook in 1947 sy onafhanklikheid verkry.
Hoewel
hy nooit die leiersamp beklee het nie, is Gandhi as Indiδ se politieke en
geestelike leier beskou. 'n Fanatieke sluipmoordenaar het hom in 1948 om die
lewe gebring.
______________________________________________________________
|
...GEEL |
GEEL
is, soos almal natuurlik weet, 'n kleur. Wit lig is 'n mengsel van verskillende
golflengtes. Dit beweeg vinniger in lug as in glas. Wanneer ligstrale s≤
vertraag word, word dit gebuig of sogenaamd "gebreek" of
"gerefrakteer". 'n Glasprisma refrakteer golflengtes in verskillende
hoeveelhede en breek sodoende die lig op. Die strook geel lig lΩ tussen die
rooi en oranje aan die een kant en die groen, blou, indigo en violet aan die
ander.
Let
wel: geel is NIE 'n primΩre kleur van lig nie. Die primΩre kleure van lig is
rooi, groen en blou. Oorvleuelende strale van hierdie kleure kombineer om
verskillende resultate te lewer.
Maar
geel is inderdaad EEN VAN DIE PRIM╩RE PIGMENTKLEURE. Die ander twee is magenta
en siaanblou (waarna daar dikwels foutiewelik verwys word as rooi en blou).
Mengsels van verf van die primΩre pigmentkleure lewer weer hul eie resultate.
Geel
het
'n spesiale plek in ons wΩreld. Dis die kleur van die son, van die kanarie in
die kou, van affodille in die voortuin en distelblomme in die veld.
Dis
die kleur van sonryp graanlande in die oestyd, van sterwende blare in die herfs
-- en van sekere baie nuttige bladsye in die telefoongids!
In
voedsel, veral sekere vrugte, kan dit die teenwoordigheid van voedingstowwe
aandui -- gewoonlik yster en die vitamiene A en C.
Dit
help diere om te oorleef. Baie tropiese visse, giftige paddas en stekende
insekte het geel vlekke wat roofvyande waarsku dat hulle nie alte lekker smaak
nie.
Daarteenoor
is die dowwe geel tinte van groot katte soos die leeus 'n uitstekende
kamoeflering.
Heldergeel
vere en snawels help voδlmannetjies om wyfies die hof te maak. Die oop geel
bekkies van klein voδltjies stimuleer hul ouers om vir hulle kos te gee.
By
die mens kan geel verskillende emosies ontlok -- gevoelens van warmte en en
vreugde, of vyandskap en weersin.
Die
antieke Chinese het 'n groot waarde daaraan geheg, en in die tiende eeu is dit
tot amptelike kleur van die ryk verklaar. Die saffraangeel gekleurde gewade van
Boeddhistiese monnike sou geestelike ontwikkeling en losmaking van wΩ¡reldse
dinge voorstel.
Vir
die antieke Grieke en Romeine was dit die kleur van gulhartigheid en edelheid,
en dit is vereenselwig met Apollo, die mitologiese god van lig, reinheid en die
son.
In
die Middeleeue het die gevoe¡lens egter verander: pleks van die kleur van roem
was dit nou die kleur van doem. Skilders het Judas Iskariot in geel mantels
uitgebeeld. In Frankryk is die deure van verraaiers geel beklad. In party lande
is wette aangeneem wat die Jode daar verplig het om geel klere te dra omdat
hulle Jesus verloδn het.
In
die vyftiende eeu het Hendrik van Wurtemberg en sy ridders in geel monderings
opgeruk om hul vyande te intimideer. Slagoffers van die Spaanse Inkwisisie is in
geel gedrapeer om kettery en verraad aan te dui. Die laksmanne het geel en rooi
gedra.
In
die Tweede WΩreldoorlog het die Nazi's die Jode gebrandmerk deur hulle te dwing
om geel armbande aan te hΩ.
Die
lys waarin geel in 'n swak lig gestel word, raak
ßl
langer... As iemand die spreekwoordelike geel baadjie aanhet, is hy 'n baie
jaloerse skepsel. Die geel pers, sΩ die woordeboek, is "koerante en
tydskrifte wat roekeloos jag maak op sensasieberigte en hulle verlustig in
gekruide verslae oor menslike swakhede".
'n
Sokkerspeler kan weens sy wangedrag op die veld 'n geel waarskuwingskaart
ontvang.
Ook
sekere siektes word met geel vereenselwig. Geelkoors is 'n gevaarlike,
aansteeklike koorssiekte wat deur muskiete oorgedra word. Geelsug word gekenmerk
deur 'n geelheid van die vel weens gal in die bloed.
In
die onlangse tyd het geel darem wel iets van sy belangrikheid herwin. Die kleur
trek im¡mers onmiddellik die aandag. Trouens, dis moeilik om dit mis te kyk.
Daarom
gebruik adverteer¡ders dit so graag en is dit so dikwels op die nommerplate van
motorvoertuie en op gevaarte¡kens te sien. In sekere lande word skoolbusse en
taxi's geel geverf om hulle opvallend te maak. Op die koop toe het navorsing
getoon dat geel motors die minste in padongelukke betrokke raak.
Baie
pille waarmee depressie behandel word, is geel gekleur.
Geelgranaat,
geelsuiker, geeltulp en geelperskereδn...
vandag is daar wel baie wat soet is aan die kleur wat in die gryse
verlede so bitter verguis is.
______________________________________________________________
Byna alle paddas het 'n titseljie gif in hul velle. By die meeste soorte is die uitskeidings te swak om enige uitwerking op groot diere of mense te hΩ. Maar een groep -- die gifpylpaddas van Suid- en Sentraal-Amerika -- skei dodelike gifstowwe af. Hul velle bevat 'n mengsel van alkolo∩de verbindings, wat jou kan doodmaak as jy net aan die paddas raakà
DIE
gedoef-doef van die tromme pols deur die lug, gepaard met 'n droewige dreunsang.
Dan raak die skare doodstil wanneer die houngan, of toordokter, die plek
nader waar die man begrawe lΩ.
Toor
jou hier, goδl jou daar, en siedaar! Kort voor lank merk die toeskouers hoe die
sand begin roer. Dan gebeur die onmoontlike: die man staan op uit die
"dood" en vryf verdwaas maar springlewendig die sand uit sy oδ.
In Ha∩ti, 'n landjie in die Wes-Indiese Eilande, is dit 'n ou laai van toordokters of sogenaamde voodoo-priesters om s≤ met die doofmiddels te "toor" wat hulle van die velle van verskeie soorte Suid- en Sentraal-Amerikaanse paddas kry.
Hulle
gebruik hierdie gifstowwe om mense so te bedwelm dat dit lyk of hulle dood is.
Dan laat hulle kwansuis die dooies opstaan net wanneer die delmmiddels
natuurlikerwys begin uitwerk.
Byna
alle paddas het 'n titseljie gif in hul velle. By die meeste soorte is die
uitskeidings te swak om enige uitwerking op groot diere of mense te hΩ. Maar
een groep -- die gifpylpaddas van Suid- en Sentraal-Amerika -- skei party van
die dodelikste stowwe af wat aan die mens bekend is.
Hierdie
klein, maar dikwels opsigtelike paddas behoort meestal tot die genera Dendrobates
en Phyllobates. Daar is sowat 135 spesies, waarvan minstens 55 giftig is.
Die gif, 'n mengsel van chemikalieδ wat van spesie tot spesie verskil, word
deur kliere in die vel afgeskei en beskerm die paddas teen feitlik alle
roofvyande.
Eeue
lank reeds het Indiaanse jagters van die tropiese reδnwoude van Suid- en
Sentraal-Amerika die uitskeidings van drie paddaspesies vooraan hul pyle
aangebring.
Soms
word die punt regstreeks teen die vel van die padda gevryf. Ander kere word die
gif "geoes" en gebΩre om later gebruik te word.
'n
Amerindiaan sal die padda met 'n skerp stok doodsteek, seker maak dat hy nie van
die gif aan sy eie vel kry nie, en die padda dan oor 'n vuur hou.
Die
hitte laat die kliere druppeltjies gif afgee, wat in 'n houer opgevang en vir 'n
paar dae eenkant gesit word om dit te laat gis. Die wapens word later in die
vloeistof gedoop.
'n Dier wat deur 'n vergiftigde pyl getref word, raak verlam wanneer die gif in sy bloedstroom beland, en die jag het dus geslaag.
Die
Amerindiane verlaat hulle egter vandag nie meer soveel op die gifpylpaddas nie,
omdat vuurwapens grotendeels die blaaspyp en pyl en boog vervang het. Maar die
windmakerige amfibieδ is besig om elders gewild te raak -- in die mediese wΩreld.
Die
afskeidings van sekere soorte bevat chemikalieδ wat as pynstillers selfs baie
sterker as morfien is. Ander toksiene kan dalk nog eendag as hartstimulant
gebruik word vir mense wat 'n hartaanval gekry het.
Die
grootste probleem vir die medici is dat gifpylpaddas in gevangenskap geleidelik
hul giftigheid verloor. Hul nasate is dan ook glad nie giftig nie, waarskynlik
weens die verandering in die paddas se kos. Dit is een van die redes waarom dit
so belangrik is om die reδnwoude en hul bewoners te bewaar.
______________________________________________________________
GOUD:
DIE ONTDEKKING VAN GOUD IN SUID-AFRIKA
DIE
Groot Trek van 1835-1843 -- die verhuising van duisende Afrikaners of Boere uit
die Brits-beheerde Kaapkolonie -- het tot die totstandkoming van twee
Boererepublieke in Suid-Afrika gelei: diΘ van Transvaal (die Zuid-Afrikaansche
Republiek) en die Vrystaat.
Die
Transvaalse Boere het hulle aanvanklik in Æn baie ongunstige toestand bevind.
Hulle het ver uitmekaar gewoon in die uithoeke van die landstreek tussen die
Vaalrivier en die Limpopo. Daar was veral vier nedersettings, te wete
Potchefstroom, Rustenburg-Marico, Lydenburg en Soutspansberg. Op die Transvaalse
Hoδveld het feitlik geen mense gewoon nie, of baie min.
Dit
was swaarkryjare, om die minste daarvan te sΩ. In die jare sestig van die
negentiende eeu is die hele Suid-Afrika byvoorbeeld deur Æn verlammende
droogte geteister en die ellende het s≤ uitgekring dat die Transvaalse regering
partykeer nie eens sy amptenare se salaris kon betaal nie.
Tog
was daar Æn stadige algemene vooruitgang, want die bevolking het toegeneem.
Die kaal Hoδveld is meer bewoon en nuwe dorpe soos Middelburg en Wakkerstroom
het verrys. Dog die land was steeds baie arm. Dit was totdat die ontdekking van
goud nie slegs die aangesig van Transvaal sou verander nie, maar die hele
lotsbestemming van Suidelike Afrika radikaal sou be∩nvloed.
Die
eerste goud is in 1873 in die distrik Lydenburg ontdek. Delwers het uit alle
orde soontoe gestroom en Transvaal het selfs sy eerste goue ponde in Engeland
laat munt. Maar die wΩreld se rykste goudneerslae het nog lΩ en wag om gevind
te word...
Mense
het tevore reeds voorspel dat Transvaal 'n ryk goudland is. Hoewel nog goud
egter in die ooste van die land gevind en heelwat daarvan naby Barberton gedelf
is, was dit alles hoofsaaklik spoelgoud en die opbrengs was nie groot nie. Maar
van 1884 af het goudsoekers ook op verskeie plase langs die Witwatersrand
bedrywig begin raak.
Æn
Sekere Fred Struben het op 'n heuwelreeks op 'n aantal afgeslyte albasterklippe
afgekom. Hy het tot die oortuiging gekom dat die hooggeleδ gebied baie lank
tevore onder water moet gewees het en daar iewers in die omgewing gouddraende
rotsformasies kon wees.
In
1885 het hy werklik 'n bietjie goud gevind en sekere rotslae aan mense getoon,
maar hulle wou nie glo dat dit goud in Æn lonende hoeveelheid bevat nie. Mense was
immers gewoond daaraan dat goud in rivierbeddings gevind word en wie sou nou
hoog teen die hange van die heuwels daarvoor gaan soek?
Terwyl
Struben nog aan die soek was, het ene George Walker, wat vroeδr by hom gewerk
het, met sy vriend George Harrison, wat voorheen Æn gouddelwer in Australiδ
was, half per ongeluk op die plaas Langlaagte van ene Gert Oosthuizen op Æn
laag afgekom wat Æn hoδ persentasie goud bevat het. Dit was in 1886. Eers
baie later het geblyk dat hulle die hoofrif van die Witwatersrand ontdek het.
Die
ontdekking van goud in sulke ryk hoeveelhede het Æn enorme uitwerking op
Transvaal gehad. Delwers het van heinde en ver na die nuwe goudvelde, skaars
sestig kilometer suid van Pretoria, gestroom, en spoedig het hele tentdorpe soos
paddastoele opgeskiet.
In
September 1886 is die nuwe delwery geproklameer. Die regering moes byna dadelik
Æn mynkommissaris aanwys om die orde te handhaaf. Die eerste man wat diΘ amp
beklee het, was kapt. Carl von Brandis. Daar is besluit om seshonderd standplase
op die plaas Randjeslaagte te laat opmeet vir Æn
dorp, waaraan die naam Johannesburg gegee is.
Die
opmeting is gou voltooi, en voor die einde van die jaar is die eerste standplase
in die openbaar verkoop. Die dorp is genoem na Christiaan Johannes Joubert, hoof
van mynwese in die Republiek, en Johann Rissik, van die
landmeter-generaalkantoor, wat by die aanleg betrokke was. Johannesburg het so
vinnig het in belangrikheid toegeneem dat mynkommissaris Von Brandis reeds in
November 1886 tot spesiale landdros benoem is, terwyl sy klerk, Jan Eloff, hom
as mynkommissaris opgevolg het.
Die
tydelike tentkampe het geleidelik plek gemaak vir geboue van sink en later van
steen, en dit het nie lank geduur voordat die delwery soos Æn dig bevolkte
dorp begin lyk het nie. Al hoe meer amptenare is aangestel om die orde te bewaar
onder die duisende delwers van alle nasies, wat uit alle dele van die wΩreld
soontoe gestroom het.
Binne
enkele jare was daar Æn groot stad met strate, pleine en groot geboue waar
daar voorheen net kaal veld was. In die diamantstad Kimberley het dit stil
geword, en die groot geldmanne het die oδ op die nuwe goudveld begin vestig.
Dit was die begin van Æn geweldige omwenteling in Suid-Afrika.
Die
ontdekking van goud aan die Witwatersrand het so Æn stroom immigrante,
meestal Britte, gebring dat hulle spoedig meer as die Boere was. Om die beheer
te behou het die Boere geweier dat die sogenaamde "Uitlanders"
seggenskap in die Transvaalse regering kry.
Hierdie
krisis het gekulmineer in die Anglo-Boereoorlog van 1999-1902, toe die Britse
regering namens die Uitlanders ingegryp en die Vrystaat hom by Transvaal geskaar
het. Die Boererepublieke het die oorlog verloor, hul onafhanklikheid prysgegee
en is in 1910 saam met Natal en die Kaapkolonie in die Unie van Suid-Afrika
opgeneem.
S≤ is die woorde bewaarheid van Æn Transvaler wat hoeka die gevaar sien kom het: "Die ontdekking van die Witwatersrandse goudvelde is die eerste bylslag aan die wortel van ons onafhanklikheid."
______________________________________________________________
GRAND
CANYON
Vreemde rotsformasies... groots en ontsagwekkend en deur die Coloradorivier oor eeue der eeue uitgekerf... die Grand Canyon word nie verniet as een van die sewe natuurwonders van die wΩreld beskou nie...
ETLIKE
honderde kilometers ver sny die rooi rivier deur die plato...
deur die dorre uitgestrektheid wat nogal baie soos ons Karoo lyk. Dit is
'n indrukwekkende voorbeeld van die erosiewerking van 'n rivier.
Die
reusagtige kloof is een van die beroemdste toeriste-attraksies op aarde. Die
gesteentes in hierdie deel van die Amerikaanse woestyn is so ryk aan kleure en
kleurskakerings dat die naam ''Painted Desert'' daaraan gegee is.
En
in die erosiedal onder die hoogvlakte wemel dit eweneens van die tinte en
kleure. 'n Menigte rotse troon hier omhoog in rooi, wit, groen, bruin en swart,
en in die klip sien jy allerhande gedaantes soos kastele, forte, skepe en nog
meer.
Die
Grand Canyon, wat deur Coloradorivier uit die dorsland gekerf is, is
446 km lank, plek-plek byna 30 km breed, met enorme rotswande van tot 1
800 m hoog. Dat die honger rivier hom selfs nß al die eeue nog nie versadig
gevreet het aan die klip nie, sien jy aan sy eie kenmerkende kleur: rooi van die
modder. (Trouens, die naam Colorado is die Spaanse woord vir ''rooierig'' of
''gekleur''.)
Die
Coloradorivier raas oor versnellings, kolk en draai om rotse heen en skuim waar
dit om die volgende hoek verdwyn. In die proses is van die gekleurde rotse deur
die millenniums heen ook wonderlik gepoleer.
Die
erosieproses wat die Grand Canyon laat ontstaan het, is dieselfde as wat die
koppies en rante -- en spoelslote
-- gevorm het wat jy sien as jy, sΩ maar, deur die Vrystaat of Karoo ry.
Die skaal is net ontsaglik groter. As 'n mens byvoorbeeld op die rand van die
canyon staan en ondertoe kyk, lyk 'n man op 'n perd daar onder soos 'n klein
stippeltjie. En probeer jy 'n klip gooi tot op een van die ''tafelbergies''
halfpad ondertoe, val dit net hier by jou teen die afgrond.
Die
Grand Canyon se erosie is ook dieselfde lot wat selfs die hoogste berge op aarde
tref. Die proses van afbreek is immers gedurig aan die gang, weens die
eroderende werking van water en wind.
So
enorm en haas ontoeganklik is die canyon dat die hart daarvan net te voet, per
muil of per boot bereik kan word. 'n Interessante inheemse dier is 'n pienk
ratelslang wat met die pienk sandsteen in die canyon versmelt. Wetenskaplikes sΩ
'n groot deel van die geskiedenis van die aarde word in die gesteentes onthul.
In
die jongste tyd, minstens die afgelope 4000 jaar, was dit die tuiste van
Indiane. Die eerste Spaanse ekspedisie wat die gebied in 1540 besoek het, het
teruggekeer nadat hulle drie dae lank 'n pad na die canyon probeer vind het.
Daar is geen getuienis dat enige Europeδrs voor 1776 weer soontoe gegaan het
nie.
Joseph
Ives, 'n Amerikaanse ontdekkingsreisiger wat die canyon in 1857 besoek het, het
die streek as ''totaal waardeloos'' afgemaak en voorspel dat dit ''die laaste
geselskap witmense'' sou wees wat hierdie ''nuttelose terrein'' besoek. Hoe
verkeerd hy was, sien ons aan die meer as vier miljoen besoekers (van alle
rasse) wat jaarliks stroom na hierdie diep dalkloof wat as een van die sewe
natuurwonders van die wΩreld beskou word.
'n
Gewese Amerikaanse president, Theodore Roosevelt, som die gevoelens op van almal
wat al die majestueuse skoonheid van die canyon aanskou het en daardeur geraak
is:''Die indrukwekkendste natuurtoneel wat ek nog ooit gesien het... Dit is
pragtig en verskriklik en onaards... Los dit soos dit is. Jy kan nie daarop
verbeter nie.''
______________________________________________________________
GRIEKE
(van die Oudheid)
ONAFHANKLIKE
stadstate het tot stand gekom nß die verval van die Miceense beskawing aan die
einde van die tweede millennium vC. Die belangrikste stadstate was Athene in
Attikus en Sparta in Lakoniδ. In die vyfde eeu vC het die uitbreiding van
stadstate aan die Middellandse See tot oorloδ met die Perse gelei, wat by
Marathon, Salamine en Platea verslaan is.
Nß
'n tyd van voorspoed onder Perikles (omstreeks 495 -- 429 vC) is Athene aan die
einde van die Peloponnesiese Oorlog deur Sparta verower. In 338 vC het Philippus
van Macedoniδ die leier van Griekeland geword. Die Romeine het Griekeland in
146 vC verower.
Spartaanse
krygsmanne: Seuns van Sparta is streng gedissiplineer en moes veeleisende
liggaamsoefeninge verduur. Vandat hulle baie klein was, is Spartaanse kinders
aan die uitputtendste kragtoetse onderwerp.
Griekse
kunstenaars het terracotta-vase met meetkundige ontwerpe of prente van
mitologiese verhale oor gode en helde beskilder. Die Illias, 'n heldedig van
Homerus (agtste eeu vC), beskryf die slag om Troje. In een van die opwindendste
passasies word van die geveg tussen Hektor en Achilles by die poorte van Troje
vertel.
In
die goue tydperk van handel aan die Middellandse See is Griekse munte dikwels
deur handelaars van verskillende state as betaalmiddel gebruik.
Die
woord filosofie beteken liefde vir kennis. Die eerste groot Westerse filosowe
was Grieke: Pythagoras, Herakleitos, Sokrates, Plato en Aristoteles.
Griekse
kultuur: Geδerde leermeesters van Athene het les gegee in die digkuns, musiek,
dans en gimnastiek. Perkamentrolle is as boeke gebruik en leerlinge het met
houtstokke (stilusse) op sagte klei- of wastablette leer skryf. Danksy outeurs
soos Aischulos, Sophokles en Euripides is 'n nuwe soort literatuur, die
tragedie, ontwikkel en in die vyfde eeu vC in die teater opgevoer.
Klere:
Die vroue het 'n los, oop kleed gedra wat 'n peplos genoem is, of 'n
geslote japon, 'n sogenaamde chiton, met 'n wit skouermantel (himation).
Hulle het hul hare in 'n bolla gedra wat met linte versier is. Die mans se
kleredrag het na gelang van hul maatskaplike status en ouderdom gewissel. Hulle
het 'n kort wolmantel, vilthoed en sandale gedra, of 'n lang of kort kleed met
'n mantel wat by die skouer met dekoratiewe gespes geheg is.
Die
ou Grieke was baie lief vir spele en sport -- vandaar die Olimpiese Spele wat
elke vier jaar gehou is. Wat die godsdiens betref, het hulle in talle gode en
godinne geglo en allerlei natuurverskynsels met stories (mites) oor hierdie gode
probeer verklaar.
______________________________________________________________
IN
die somer word groente in tuine en landerye gekweek. DiΘ wat egter in
kweekhuise gekweek word, word regdeur die jaar benut.
Groente
bevat groot hoeveelhede vitamiene en minerale, wat noodsaaklik is vir gesonde
groei. Dis wensliker om groente rou te eet, omdat baie van die voedingstowwe in
die gaarmaakproses verlore gaan.
Boontjies,
ertjies en lensies is peulgewasse wat baie plantaardige prote∩ene bevat. Hulle
vorm 'n belangrike deel van die dieet van vegetariδrs (mense wat nie vleis eet
nie).
Uie
is knolle wat onder die grond groei. Hulle bevat olie wat die oδ irriteer
wanneer dit verdamp. Dis waarom ons ''huil'' wanneer ons uie sny.
Aartappels
en tamaties is altwee inheems in Suid- Amerika. Die aartappelknol is 'n
styselryke, vlesige, ondergrondse stingel. Die tamatie word wyd gekweek vir sy
vlesige vrug, wat gewoonlik rooi is.
Pampoene,
murgpampoene en skorsies is groentesoorte wat in 'n groot verskeidenheid
aangetref word. Die plante rank op die grond langs en die vrugte groei aan die
ranke.
Die
eierplant, wat inheems is in Asiδ, het 'n pers, bleekgroen of wit skil.
Teenoor
die groot groen, geel en rooi soetrissies, kry ons ook die klein rooi of groen
brandrissies.
Spinasie
bevat yster, wat baie belangrik is vir die bloedselle.
Geelwortels is ryk aan vitamien A.
______________________________________________________________
Ons,
die mense van Suid-Afrika,
Erken
die ongeregtighede van ons verlede;
Huldig
diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het;
Respekteer diegene wat hul beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel; en
Glo
dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons
verskeidenheid.
Daarom
neem ons, deur ons vryverkose verteenwoordigers, hierdie Grondwet aan as die
hoogste reg van die Republiek ten eindeù
Die
verdeeldheid van die verlede te heel en Æn samelewing gegrond op demokratiese
waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te skep;
Die
grondslag te lΩ vir Æn demokratiese en oop samelewing waarin regering
gegrondves is op die wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die reg
beskerm word;
Die
lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te
ontsluit; en
Æn
Verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as Æn
soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem.
Mag
God ons mense beskerm.
Nkosi
SikelelÆ iAfrika. Morena boloka setjhaba sa heso.
God
seδn Suid-Afrika. God bless South Africa.
Mudzimu
fhatutshedza Afurika. Hosi katekisa Afrika.
1.
Die Republiek van Suid-Afrika is een, soewereine, demokratiese staat
gegrond op die volgende waardes:
(a) Menswaardigheid,
die bereiking van gelykheid en die uitbou
van
menseregte en vryhede.
(b) Nie-rassigheid
en nie-seksisme.
(c) Die
oppergesag van die grondwet en die heerskappy van die reg.
(d) Algemene
stemreg vir volwassenes, Æn nasionale gemeenskaplike
kieserslys,
gereelde verkiesings en Æn veelparty-stelsel van
demokratiese
regering, om verantwoordingspligtigheid, Æn
responsiewe
ingesteldheid, en openheid te verseker.
2.
Hierdie Grondwet is die hoogste reg van die Republiek; enige
regsvoorskrif of optrede daarmee onbestaanbaar, is ongeldig, en die verpligtinge
daardeur opgelΩ, moet nagekom word.
3.
3. (1)
Daar is Æn gemeenskaplike Suid-Afrikaanse burgerskap.
(2)
Alle burgers is in gelyke mateù
(a)
geregtig op die regte, voorregte en voordele van
burgerskap;
en
(b)
onderworpe aan die pligte en verantwoordelikhede
van
burgerskap.
(3)
Nasionale wetgewing moet voorsiening maak vir die verkryging,
verlies
en herverlening van burgerskap.
4. Die nasionale lied van die Republiek word deur die President by proklamasie bepaal.
5.
Die nasionale vlag van die Republiek is swart, goud, groen, wit, rooi en
blou, soos in Bylae 1 beskryf en geskets. [Klik
hier vir SA vlag.]
6. (1) Die amptelike tale
van die Republiek is Sepedi, Sesotho, Setswana,
siSwati, Tshivenda, Xitsonga, Afrikaans, English, isiNdebele, isiXhosa
en isiZulu.
(2) Gesien die historiese
inkorting van die gebruik en status van die
inheemse tale van ons mense, moet die staat praktiese en daadwerklike
maatreδls tref om die status van diΘ tale te verhoog en hul gebruik te
bevorder.
(3) (a) Die nasionale regering en provinsiale regerings kan enige bepaalde amptelike tale vir regeringsdoeleindes aanwend, met inagneming van gebruik, doenlikheid, koste, streeksomstandighede en die ewewig van die behoeftes en voorkeure van die bevolking as geheel of in die betrokke provinsie; maar die nasionale regering en elke provinsiale regering moet minstens twee amptelike tale gebruik.
(b) Munisipaliteite moet die
taalgebruike en -voorkeure van hul
(4) Die nasionale regering en provinsiale regerings moet deur wetgewende en ander maatreδls hul gebruik van amptelike tale reδl en monitor. Sonder afbreuk aan die bepalings van subartikel (2) moet alle amptelike tale gelykheid van aansien geniet en billik behandel word.
(5)
Æn Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad deur nasionale wetgewing ingestel moet
(a)
die ontwikkeling en gebruik bevorder en omstandighede
skep
vir die ontwikkeling en gebruik van ù
(i)
alle amptelike tale;
(ii) die
Khoi-, Nama- en Santale; en
(iii)
gebaretaal; en
(b) respek
bevorder en verseker vir ù
(i)
alle tale wat algemeen deur gemeenskappe in Suid-
Afrika gebruik word, met inbegrip van Duits, Grieks,
Goedjarati, Hindi, Portugees, Tamil, Teloegoe en Oerdoe; en
(ii)
Arabies, Hebreeus, Sanskrit en ander tale wat in
Suid-
______________________________________________________________
'N
OORWELFDE grot vol goud en silwer... waarin
daar ook bome is wat met pΩrels, diamante, srnaragde, robyne en juwele belaai
is. S≤ iets het "geen koning nog ooit besit nie", word in die bekende
Arabiese sprokie Aladdin en die Towerlamp vertel.
'n
Arm Chinese seun word deur 'n towenaar, wat hom as sy oom voordoen, in diΘ
fabelagtige grot ingestuur om 'n towerlamp te gaan haal.
Fabelagtige
grotte is daar inderdaad plek-plek in die grond onder ons voete -- nou nie
oorlaai met glansende metale en edelstene nie, maar met fantastiese geologiese
formasies wat 'n mens se asem kan wegslaan.
Hierdie
kamers en tonnels is deur water gekerf uit die rots -- meestal kalksteen -- en
dan deur 'n ingewikkelde proses van afsetting in 'n wonderland van torings,
koepels, watervalle, gordyne en kroonkandelare omgeskep.
Om
spelonke te verken is nie iets waarvoor almal kans sien nie. Baie grotte lΩ
trouens honderde meters onder die grond en is modderig, plek-plek vol water,
donker en koud. By party is die dak vol vlermuise wat vergewe is van die vlooie,
terwyl die vloer en wande weer vol kan wees van spookagtige wit kakkerlakke,
spinnekoppe en ander grillerige goggas.
Maar
diegene wat dapper genoeg is om speleologie of die bestudering van grotte te
beoefen, word
dikwels
deur die pragtigste tonele begroet. Niks op
die
oppervlak, sal hulle jou vertel, kan mooier
wees
as wat hulle daar ervaar nie.
ò
DIE meeste grotte word in kalksteen of 'n soortgelyke gesteente gevorm.
Ander soorte ontstaan deur vulkaanwerking uit lawa of word deur die wind en
golwe uit rotse langs die kus gevreet.
Met
kalksteengrot-vorming
gebeur die volgende: Wanneer dit reδn, verbind die water met koolstofdioksied
(koolsuurgas) in die lug om 'n swak suur (koolsuur) te vorm. Die aangesuurde
water syfer deur barsies in die kalksteen totdat dit die watertafel bereik. Die
watertafel is die
onderaardse
hoogte van
die watervlak of dan
wel
die oppervlak van daardie
deel
van die grond wat deur
water
versadig is.
Die
water vloei hierna horisontaal in die rigting van 'n natuurlike uitlaat -- sΩ
maar 'n rivier -- en los onderweg die kalksteen op. Met verloop van duisende
jare word 'n hoof- horisontale kanaal uitgekerf.
Stalaktiete
(hangdruipsteen) en stalagmiete (staandruipsteen)
ò
SKOUSPELAGTIGE formasies wat druipsteen genoem word, ontstaan in grotte
waarvan die water weggedreineer het vanweδ 'n verlaging in die watertafel. Twee
van die bekendste soorte druipstene is stalaktiete en stalagmiete, soos jy
moontlik sal weet as jy al die skouspelagtige Kangogrotte by Oudtshoorn besoek
het.
Stalaktiete
hang van die grotte se dakke of wande af. Grondwater wat koolstofdioksied bevat,
los die mineraal kalsiet (kalsiumkarbonaat) in die kalkgesteente op.
Namate
die water van die grotdak of -wande af¡druip, word koolstofdioksied weer in die
lug vrygelaat en klein neerslaggies van kalsiet agtergelaat. Met die saampakkery
oor baie, baie jare heen word stalaktiete opgebou.
Die
meeste stalaktiete lyk soos groot yskeδls,
hoewel
party soos strooitjies, naaide, geelwortels en golwende gordyne lyk.
'n
Stalagmiet vorm weer waar druppende water op die grotvloer land en verdamp of
deel van 'n ondergrondse stroom word. Stalag¡miete groei van onder af boontoe.
Stalaktiete
en stalagmiete kan uiteindelik saamgroei om 'n groot pilaar of suil te vorm.
______________________________________________________________
GUTENBERG,
JOHANN (ca. 1400 -1468)
DIE
Duitser Johann Gutenberg [kop van standbeeld REGS] was 'n baanbreker van die drukkuns in Europa met sy
invoering teen omstreeks 1440 van 'n drukpers wat los drukletters gebruik het.
In 1455 het hy 'n Bybel uitgegee, die heel eerste boek wat met 'n drukpers
gedruk is.
Danksy
Gutenberg se innovasie is boeke -- en dus kennis -- tot die beskikking van mense
van alle stande gestel.
Uitvoeringe
aantekeninge van Gutenberg se lewe en werk is skraal en sy naam verskyn nie op
enige van die werke wat aan hom toegeskryf word nie. Hy was
ook nie, soos baie mense dink, die uitvinder van die drukkuns nie. DiΘ kuns op
sigself is baie oud. Trouens, reeds in die derde eeu vC het die Chinese
dokumente gedruk deur van kleistempels gebruik te maak. In die jaar 400 het
hulle 'n drukproses uitgevind waarin stempels wat uit houtblokke gekerf is, met
ink bedek en dan teen papier gedruk is.
Hoewel
die idee van los letters in die Europese drukkuns
tradisioneel aan Gutenberg toegeskryf word, het sowel Nederlandse as Franse
historici al met baie getuienis vorendag gekom het wat die uitvinding van die
Westerse drukkuns aan mense in hul eie lande toeskryf.
Hoe
ook al, danksy Gutenberg en andere kon boeke goedkoop en op groot skaal uitgegee
word. Net
in die halfeeu van 1450 tot 1500 is meer as 6000 afsonderlike werke gedruk.
Kennis van allerlei aard het vinnig oor die hele Europa versprei.
______________________________________________________________
DIS
die nag van die groot lawaai, 5 November -- Ghaai F⌠ksaand, soos die kinders sΩ
-- en oral om jou hoor jy die klappers ontplof en sien jy die ligtende vuurwerke
in die naghemel. Vir party mense is dit 'n groot geleentheid om te vier, ander
wil met die hele knetterende kabaal niks te doen hΩ nie.
Talle
het nie die vaagste benul waaroor die Guy Fawkes-vierings eintlik gaan nie. Weet
jy? Indien nie, dan sal jy hierdie die verhaal interessant vind... van 'n
berugte man van Engeland wat sy naam ook in die Suid-Afrikaanse folklore verewig
het.
Ons
verplaas ons na die jaar 1605. Koning James l (vroeδr James VI
van
Skotland) het twee jaar tevore vir Elizabeth I as die Engelse monarg opgevolg.
James, 'n Protestant, word be¡skou as onverdraagsaam teenoor die Katolieke, wat
steeds 'n aansienlike deel van Engeland se bevolking uitmaak.
Hy
was dus skaars op die Engelse troon of 'n aantal komplotte is al teen hom
gesmee.
Maar
nou word die belangrikste sameswering beplan: die Buskruit-verraad.
'n Groep mans onder wie 'n man van Yorkshire met die naam Guy (of Guido) Fawkes,
sweer saam om James te vermoor en sy parlement omver te werp.
Om
dit reg te kry werf sir Robert Catesby, 'n Katoliek van Warwickshire, 'n groep
manne. Hulle huur 'n huis langs die parlementsgebou en grawe 'n tonnel deur na
die kelders on¡der die hoδrhuis. Hierna huur hulle 'n kamer bokant die kelders
en vul dit met buskruit.
Toe,
op 5 November 1605, lap een van die samesweerders die komplot uit aan sy swaer,
lord Monteagle, 'n lid van die hoδrhuis. Die ramp word voorkom.
Die
meeste van die same¡sweerders word gevange geneem, verhoor, gemartel en
uiteindelik gehang. Guy Fawkes sou die meeste onthou word, want dit was hy wat
die ontploffing moes laat gebeur.
In
Engeland -- en waar se¡kere mense van Engelse afkoms in verskillende wΩrelddele
woon -- word 5 November steeds elke jaar gedenk, uit pure blydskap dat die
parlement toe nie daardie dag die lug ingeblaas is nie. Of vandag heel
waarskynlik net omdat vuurwerk so prettig kan wees.
Dit het ewenwel 'n formaliteit geword om die kelders voor elke nuwe Britse partementsitting te deursoek.
______________________________________________________________
Terug
na inhoudsblad -- klik hier
______________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan