INDI╦,
INSEKTE
(hoe lyk ons vir hulle?),
INSEKTE
(wat is insekte en wat is nie?),
INTELLIGENSIEKWOSI╦NT
(of IK)
IRAWADI-RIVIER,
GROEPE
boere het hulle die eerste keer in die vierde millennium vC gevestig in die
Pandjap (Noordwes-Indiδ en Pakistan), die vrugbare landstreek van die vyf
riviere. Hierdie groepe was die voorsate van die mense van die beskawings wat
later langs die riviere Indus en Ganges ontwikkel het.
Die
dinastieδ wat gevolg het, moes aanhoudende invalle en verdelings van hul
grond die hoof bied. Die Perse onder Darius I (522 -- 486 vC) het
Noordwes-Indiδ geannekseer; Alexander die Grote (356 -- 323 vC) het op sy
beurt die Indusvallei bereik en die beheer oor die Pandjap oorgeneem.
Tydens
die Gupta-dinastie, in die derde eeu, het die kunste en letterkunde floreer in
wat nou as die klassieke era van Indiδ beskou word. In die vierde eeu is die
Gupta-ryk opgebreek deur die Hunne, wat gedreig het om die eenheid van Indiδ
te verwoes.
In Indiδ staan die afgeslote kringe van die verskillende stande (volksgroepe) as kastes bekend. Die radjas, of prinse, gesteun deur die militΩre kaste, het vroeδr in swierige paleise gewoon. Die brahmaan, of priesterlike kaste, was ook baie magtig.
In die meer moderne tyd was Indiδ 'n deel van die Britse Ryk. Mahatma Gandhi het burgerlike ongehoorsaamheid verkondig teen wat as onbillike wette beskou is. Hy het die Moslems en Hindoes probeer saamvoeg, maar kon nie daarin slaag om Indiδ verenig te hou nie. In 1947 het die Moslemse deel van die land die onafhanklike staat Pakistan geword. Indiδ het ook in 1947 sy onafhanklikheid verkry.
ò Oppervlakte: Altesame 3 287 590 vk. km (teenoor Suid-Afrika se
1 219 912 vk. km). Die landoppervlakte is 2 973 190 vk. km en die wateroppervlakte 314 400 vk. km. Indiδ se kuslyn strek oor sowat 7000 km (Suid-Afrika se kuslyn is 2798 km lank).
ò
Bevolking: 1 049 700 118 (volgens 'n raming vir Julie 2003).
ò
Godsdienste en ou letterkunde: Gelowe sluit in Hindoe 81,3%,
Moslem 12%, Christelik 2,3%, Sikh 1,9%, ander groepe insluitende Boeddhiste,
Jain, Parsi 2,5% (in die jaar 2000). Bekende godsdienste het in Indiδ
ontstaan, en die land het ook 'n belangrike bydrae tot die letterkunde
gelewer. Die Boeddhisme en Hindoe∩sme het hier ontwikkel. Epiese gedigte soos
Ramanyana en Mahabharata is in Indiδ geskryf, terwyl die oorsprong van die
oudste verhaleversameling ter wΩreld, Duisend-en-Een Nag, vermoedelik ook
hier lΩ.
ò
Tale: Engels is die vernaamste taal vir nasionale, politieke en
kommersiδle verkeer. Hindi is die nasionale taal en eerste taal van dertig
persent van die inwoners. Daar is nog veertien ander amptelike tale.
ò
Geld: Die Indiδrs koop met die Indiese roepee.
ò
Ekonomie: Indiδ se ekonomie omvat tradisionele kleindorpse
boerderye, moderne landbou, handvlyt, 'n breδ reeks moderne nywerhede en 'n
menigte ondersteuningsdienste. Oorbevolking is egter 'n ernstige remfaktor, en
sowat 'n kwart van die bevolking is te arm om behoorlik te kan eet. Daar is
egter ook groot getalle goed opgeleide mense wat bedrewe is in die Engelse
taal.
Die landsekonomie word voorts gerem deur droogtes aan die een kant en skielike oorstromings andersyds. Boonop is daar wydverspreide en vernietigende oorstromings weens moesonreδns.
Boere is gemoeid met die lewering van rys, koring, oliesaad, katoen, hennep, tee, rietsuiker en aartappels, en die teel van beeste, waterbuffels, skape, bokke en hoenders. Vis word ook gevang.
____________________________________________________________
INSEKTE:
HOE
LYK ONS VIR HULLE?
Hoe lyk jy vir 'n vlieg, 'n mot of 'n by? Die mens sal seker nooit werklik weet nie, maar dis fassinerend om daaroor te wonder...
DIS
uiters moeilik om aan iemand wat nog nooit kon sien nie te verduidelik wat
kleur is. Maar dit is selfs baie moeiliker om te begryp wat kleur, of selfs
die vermoδ om te sien, vir 'n insek beteken. Insekte het akute sintuie wat
mense nie het nie.
Baie
soorte insekte kan bepaalde reuke oor groot afstande ruik. Ander kan trillings
waarneem en geluide hoor wat vir mense onhoorbaar is. Maar ons kan nie weet
watter soort beeld insekte deur hul oδ van die wΩreld het nie.
Ons
weet 'n groot by wat op 'n paal sit, kan 'n mens etlike meter ver van hom af
sien beweeg -- maar sien hy slegs 'n bewegende vorm of kan hy waarneem dat die
bewegende voorwerp 'n mens en nie 'n perd is nie?
Ons
weet ook sekere kewers kan ultraviolet lig sien of word besonderlik daardeur
en deur die kleur geel aangelok, maar nie deur blou of rooi nie. Maar sien
hulle kleure of skakerings van wit en swart?
Verskillende
insekte het oplossings vir verskillende probleme. Naaldekokers kan in die
aandskemering vlieδnde muskiete vang, wanneer dit te donker is vir mense om
hierdie klein insekte te sien;
maar sien die naaldekoker hulle, of reageer hy op hul geluid en beweging? Die
studie van insekte se sintuie is vol sulke vrae.
Die
oδ van baie insekte registreer dinge wat mense nie kan sien nie. Straks vorm
die samegestelde oδ eintlik 'n mosa∩ekbeeld van die voorwerpe wat waargeneem
word, maar dit kan ook wees dat die insek se brein alles op 'n sekere manier
tot een beeld reduseer.
Baie
soorte blomme wat deur insekte bestuif word, maak van insekte se ultraviolet
sig gebruik om bestuiwende bye aan te lok. Die posisie van die nektar binne-in
die blom word aangedui deur lyne (sogenaamde heuningwysers) wat slegs in
ultraviolet lig sigbaar is.
Die
kop van 'n tipiese insek het 'n paar groot samegestelde oδ, asook drie
enkelvoudige oδ bo-op. Elke
samegestelde oog bestaan uit 'n magdom oogeenhede (ommatidia) wat
dikwels heksagonaal (seskantig) ineenskakel.
Elke
ommatidium vorm 'n beeld van die voorwerp wat gesien word en
samegestelde oδ is dus baie geskik om beweging raak te sien. Die kornealens
is deursigtig en laat lig deur. Die kristalkeδl daaronder bevat 'n
straalbrekingsvloeistof. Lang retinaselle omring 'n sentrale liggaam, die
rabdoom, wat visuele pigment bevat wat ligsensitief is. Ligprikkels word tot
chemiese prikkels omgeskep en diΘ bereik die brein via die optiese senuwees.
As
jy na die gesig van 'n hottentotsgot kyk, lyk hy gedurig op en wakker. Die
afsonderlike oogeenhede in elke samegestelde oog is baie klein, en 'n
hottentotsgot sal blitsig op klein beweginkies reageer. Hy beweeg sy kop op en
af en heen en weer terwyl hy sy potensiδle prooi opsom en bereken hoe ver hy
van hom af is.
Maar
alles is nie altyd soos dit lyk nie. Die ''oδ'' op die vlerke van sekere
skoenlappers is pure oδverblindery
-- hulle is nie rΩrig oδ nie, laat staan nog iets waarmee die insekte
hoegenaamd enigiets kan waarneem! Vlinders is trouens meesters van vorm en
kleur en van illusie en kamoeflering. Deur die oδ van, sΩ maar, uile op hul
vlerke uit te beeld, word roofvyande afgeskrik en die voortbestaan van die
insek verseker.
SUID-AFRIKA
bie al weer om later die Olimpiese Spele aan te bied, maar hieronder hou ons
ons eie, opwindende Olimpiade! Die deelnemers is... die insekte van die wΩreld.
En die nommers waarin hulle meeding, is gewigstoot, die naellope en
hoogspring!
Al
die veld is vrolik vir die veldnommers en die kewers is kaatjies van die baan,
en nadat die goggatjies galop het, word die pryse toegeken. Drie insekte spog
met hul goue medaljes en dit gons op die paviljoene. Hulle is die onbetwisbare
konings van die Gogga-Spele!
Goue
medalje in gewigstoot:
ò
Die miskruier: Nadat hy gewys het hy kan tot 850 keer sy eie
gewig dra, het die miskruier hom onteenseglik as die koning van die
gewigstoters bewys. Eintlik is daar duisende soorte van hierdie kragtige
kewers -- wat ook renosterkewers genoem word vanweδ hul ''neushorings'' --
maar die kewers van Afrika is die sterkste en grootste.
Goue
medalje in die naellope:
ò
Die kakkerlak: As 'n menslike atleet die Amerikaanse kakkerlak Periplaneta
americana se 5,4 km/h kon nadoen (na verhouding), sou hy die 100 m in net
iets meer as 'n sekonde kon aflΩ. Teen daardie snelheid hol die kakkerlak net
op sy twee agterpote. Dit is 'n ontsnappingsmeganisme en die insek kan dit net
vir 'n kort rukkie volhou.
Goue
medalje in die hoogspring:
ò
Die katvlooi: Die katvlooi kan 130 keer sy eie hoogte spring --
'n astronomiese 34 cm. As die mens hom wil ewenaar, moet hy 50 verdiepings
hoog spring.
Volgens
'n insektekenner het die vlooi 'n rubberagtige balletjie in die heupgewrig van
die agterpote. Die vlooi gebruik groot spiere om die balletjie op te wen. 'n
Snellerspier word getrek en die opgegaarde energie word deur die pote
uitgewip.
Maar
so 'n sprong kan gevaarlik wees. Die stuwing wat ondervind word, is honderd
keer die swaartekrag van die aarde, meer as in 'n vuurpyl op pad maan toe.
Gelukkig vir die vlooi werk sy buitenste dop soos 'n drukpak.
____________________________________________________________
INSEKTE:
WAT
IS INSEKTE EN WAT IS NIE?
Wat
'n insek is...
ò
INSEKTE
is die suksesvolste skepsels in die hele diereryk. Hulle is merkwaardig
aanpasbaar en lewe oral op land, in die lug en in die water. Insekte word dus
gevind in alles van versengende woestyne en warmbronne tot besneeude
bergspitse en bevrore mere.
Omdat
hulle so klein is, beteken dit dat hulle in baie klein plekkies kan inpas en
nie baie kos nodig het om te kan lewe nie. Hulle is ongewerwelde diertjies,
wat beteken dat hulle geen ruggraat het soos soogdiere, visse en reptiele nie.
Insekte behoort tot die groep ongewerweldes wat artropode genoem word -- hulle
het 'n harde buiteskelet en gelede pote.
Insekte
verskil egter van ander artropode deurdat hulle slegs ses pote het. Die meeste
insekte het ook vlerke, waarmee hulle aan gevaar kan ontsnap en oor 'n breδ
gebied na kos kan soek.
Daar is vandag reeds meer as 'n miljoen soorte (of spesies) insekte bekend, terwyl nog baie stellig ontdek kan word. Elke spesie is 'n lid van 'n groter groep (of orde), wat uit ander insekte met dieselfde fisieke kenmerke bestaan.
Kewers
behoort byvoorbeeld tot die orde Coleoptera, wat ''skildvlerke''
beteken. Die voorste paar vlerke is harde, skildagtige doppies (elytra),
wat mekaar in die middel ontmoet en die delikate agterste vlerke en liggaam
beskerm.
Die naam van die orde wat alle wespe, bye en miere insluit, is Hymenoptera. Dit beteken ''vliesvlerke'' en verwys na hul twee pare dun, geaarde vlerke. Die mannetjies van hierdie orde is ongewoon deurdat hulle uit onbevrugte eiers ontwikkel. Baie van die wyfies in hierdie groep is elk met 'n angel bewapen.
Skoenlappers
en motte behoort tot die orde Lepidoptera, wat ''skubvlerke'' beteken.
Dit verwys na die piepklein skubbe wat hul liggame bedek en hulle hul pragtige
mengeling van kleure gee.
Naaldekokers
behoort tot die orde Odonata, en die naam verwys na hul groot en
spesiale soort kake waarmee hulle vlieδ vang. Die nimfe lewe onder die water
en kom slegs na die oppervlak wanneer dit tyd is vir die volwassene om sy
verskyning te maak.
Die
orde waartoe die vlieδ behoort, naamlik
Diptera, beteken ''twee vlerke'', want anders as ander insekte is hulle
inderdaad net met een paar vlerke bedeel. In die plek van die agterste vlerke
is daar twee balanserende organe.
Die
naam van die orde Hemiptera beteken ''halwe vlerk''. Dit verwys na baie
van die groter insekte in hierdie orde se voorste vlerke, wat hard by die
basis, maar sag by die punt is. Halfvlerkiges het gelede, deurdringende en
suigende monddele.
Die
orde waartoe die oorkruipers behoort, is Dermaptera, wat ''vel-vlerke''
beteken. Dit verwys na die agterste vlerke, wat eienaardig onder die baie kort
voorste vlerke ingevou is.
Krieke
en veldsprinkane behoort tot die orde Orthoptera, wat ''reguit vlerke''
beteken. Hulle het sterk agterpote, waarmee hulle spring en ''sing''.
...
en wat nie 'n insek is nie
ò
BAIE mense verwar ander antropode met
insekte. Spinnekoppe en skerpioene het nie net vier pare pote, pleks van drie
soos insekte nie, maar die kop en bors (toraks) is tot een struktuur versmelt.
Anders as insekte het hulle geen vlerke en geen voelhorings nie en klein,
enkelvoudige oδ pleks van 'n paar samegestelde oδ.
Krappe
en krewels, houtluise en honderdpote het almal meer gelede pote as insekte --
duisendpote het selfs twee pare aan elke segment. Daarteenoor het 'n erdwurm,
hoewel dit uit baie segmente bestaan, glad geen pote nie, en die liggaam het
nie 'n duidelik herkenbare kop nie. Die bou van slakke, naakslakke en
seesterre is baie anders en nie op segmente gegrond nie.
Jou
hond is 'n gewerwelde dier, wat beteken dat hy 'n ruggraat het. Voδls, visse,
akkedisse (reptiele), paddas (amfibieδ) en soogdiere soos muise asook die
mens is almal gewerweldes. Hulle haal asem met longe of kieue en het 'n
sentrale hart. Geen van hulle het ses pote of liggame wat in segmente verdeel
is nie.
Inligting
uit die boek INSECT in die gewilde Eyewitness Guides-reeks van Dorling
Kindersley.
____________________________________________________________
INTELLIGENSIEKWOSI╦NT
(of IK)
IK
of Intelligensiekwosiδnt is 'n syfer wat die verhouding uitdruk tussen 'n
persoon se verstandelike vermoδns en diΘ van die normale, gemiddelde
persoon. Dit word deur middel van toetse met 'n reeks vrae vasgestel. Die
eerste toetse is in 1905 deur Binet en Simon ontwerp, en die doel was om
kinders te identifiseer wat spesiale onderwys sou kon nodig hΩ weens hul lae
intelligensie.
'n
Tipiese vraag in 'n IK-toets sou wees:
Watter
syfer ontbreek in hierdie reeksie?
3
6 9
12 9
... 3
IK-toetse
is jare lank gebruik om veral leerders se intelligensie te bepaal. In die
afgelope dekades is sowel die geldigheid as die waarde van sulke toetse egter
skerp bevraagteken. Baie geleerdes glo dat IK-toetse dit nie in ag neem dat
verskillende mense verskillend kan dink en verskillende sterk en swak punte
kan hΩ nie.
Die
meeste mense sal byvoorbeeld saamstem dat Mozart 'n genie was -- maar Mozart
sou waarskynlik soos die res van ons geworstel het om Einstein se teorieδ te
begryp. Dit beteken nie dat die een persoon slimmer as die ander was nie --
hulle het net op verskillende maniere gedink.
Baie
sielkundiges glo nou dat dit wat ons intelligensie noem in verskillende
kategorieδ ingedeel kan word, wat almal onafhanklik van die ander gemeet kan
word. Verskillende soorte denke is nodig om verskillende probleme op te los.
____________________________________________________________
IRAWADI-RIVIER
Die
Irawadi van die Ooste, ietwat korter as ons eie Oranje, is een van die wΩreld
se minder bekende, maar tog besigste bevaarbare riviere...
SOWAT
2500 jaar gelede, lui die legende, het twee Birmaanse broers, ene Boo en
Tapau, deur Indiδ se Benareswoud beweeg. Dit is waar Gautama Boeddha, die
grondlegger van die Boeddhisme, toe juis in oorpeinsing gewoon het.
Die
welwillende broers het vir hom heuning geskenk en in ruil daarvoor gevra dat
hy vir hulle 'n heilige aandenking gee om saam met hulle huis toe te neem.
Boeddha sou toe agt hare uit sy kop getrek het.
Die
doodgelukkige Boo en Tapau is terug na hul tuisland, vasbeslote om 'n pagode
(tempel) op te rig waarin die hare bewaar kon word. En s≤ het dit gebeur dat
die enorme Shwe Dagon -- een van Asiδ se beroemdste Boeddhistetempels -- op
'n destyds eenvoudige dorpie van kleihuise in die Irawadi-delta verrys het.
Die
ligging is goed gekies, want die Irawadi is 'n florerende lewensaar wat sowat
2010 km ver vloei -- van sy oorsprong in 'n hoδ, rotsagtige gebied, deur die
hartland van Birma (deur die militΩre bewind Myanmar genoem) na die Andamanse
See.
Gevorm
deur die samevloeiing van die Mali en Nmai -- twee bergstrome wat vanuit
gletsers in die hoδ berge naby Birma se grens met Tibet, 'n provinsie van
China, biggel -- vloei die Irawadi min of meer suidwaarts deur digte oerwoud
verby die plekke Myitkyina (wat ''naby groot waters'' beteken) en Bhamo,
waarna hy eers weswaarts en dan suidwaarts swenk na die besig handelsentrum
Mandalay. Stoombote vaar die hele jaar deur tussen Bhamo en Mandalay, met drie
verraderlike engtes onderweg.
Onderkant
Mandalay kronkel die Irawadi deur 'n dig bevolkte spoelvlakte, met landerye
van koring, katoen en oliesaad, totdat die rivier se vernaamste sytak, die
Chindwin, 130 km stroom af by hom aansluit.
Die
Irawadi vloei eers suidweswaarts en dan suidwaarts voort deur honderde
markdorpies en rivierhawens, waaronder Pagan, Kama, Prome en Henzada, totdat
hy in 'n doolhof van waterweδ vertak en 'n uitgebreide delta vorm. Hierdie
vrugbare delta is een van die wΩreld se grootste rysproduserende gebiede.
Die
stuk kus waar die Irawadi uiteindelik in die Andamanse See vloei, is rotsagtig
en gevaarlik, en daar is duisende klein eilandjies.
Die
Irawadi en sy sytak die Chindwin dreineer 'n gebied van sowat
411
000 vk. km -- die spreekwoordelike druppel aan die emmer in vergelyking met, sΩ,
die Amasone se 7 000 000 vk. km. Maar vir die Birmane is die Irawadi hul
lewensbloed. Byna driekwart van die bevolking is van die rivier afhanklik vir
hul water en die besproeiing van hul gewasse. Hy is oor 1450 km van die totale
2010 km bevaarbaar en is die vernaamste verbindingsaar tussen die binneland en
die suidelike hawens, veral Yangon.
Die
hele dag deur wemel dit op die rivier van bamboesvlotte, seil-en-roeibote en
stoombote wat katoen, rys, lensies, grondboontjies, erdewerk, petroleum,
kiaathout en passasiers vervoer. Yangon, die hoofstad, lΩ aan die oewers van
die Rangoenrivier, in die oostelike deel van die delta. Dit word deur middel
van die Twante-kanaal met die Irawadi verbind. Shwe Dagon, wat dadelik sigbaar
is vanuit vaartuie wat in die kanaal opvaar in die rigting van die hoofstad,
sorg vir 'n dramatiese einde van 'n boeiende vaart op die Irawadi.
____________________________________________________________
HY
het sy eie seun vermoor -- en duisende van sy onderdane. Vir die mense van
Rusland was hy Grozni, die Gedugte; vir die res van die wΩreld Iwan die
Verskriklike.
Iwan
IV was
een van Rusland se berugste heersers.
Hy
is in 1530 gebore en het sy pa opgevolg toe hy maar net drie jaar oud was,
hoewel 'n raad van adellikes in sy vroeδ jare namens horn regeer het.
In
1544 het hy self die gesag oorgeneem en hom in 1547, op net sewentien, tot
tsaar laat kroon, waardeur hy die algehele beheer oor Rusland verkry het. Die
woord "tsaar" kom van "Caesar". Iwan IV
was
die eerste Russiese heerser wat homself tsaar genoem het.
Vroeδ
jare
ò
IN die eerste jare van sy heerskappy het die tsaar hom as 'n lewendige
en doeltreffende heerser bewys. Hy het vir verskeie hervormings gesorg wat die
regstelsel en administrasie in die land verbeter het. Hy het die kunste
bevorder en Moskou verfraai.
In
1553 het hy 'n verdrag met koningin Elizabeth l van Engeland onderteken wat
die handel tussen die twee lande bevorder het.
Hy
het ook uitbreidingsoorloδ aangevoer. Hy het teen die Tartare by Astrachan en
Kazan geveg en hul grondgebied ingepalm. Sy magte het die Oeralgebergte
oorgesteek en groot dele van Siberiδ tot sy domein toegevoeg.
Skrikbewind
ò
IWAN IV het
as Iwan die Verskriklike bekend geraak vanweδ die wrede manier waarop hy teen
elkeen opgetree het wat hom teδgegaan het.
In
die 1560's het Iwan se persoonlikheid drasties versleg. Hy het ßl
agterdogtiger geraak teen almal om hom, veral gesagspersone, en in vlae van
depressie verval wat tot 'n skrikbewind en die dood van duisende van sy
onderdane gelei het.
Hy
het 'n geheime polisiemag gehad wat honderde aristokrate gearresteer en
vermoor het. Hy het talle groot en klein dorpe aan die brand laat steek en die
inwoners laat vermoor. Self kerkleiers wat hom in die harnas gejaag het, is
doodgemaak.
Party
mense glo dat Iwan geleidelik kranksinnig geword het. Eendag het hy in 'n
woedebui sy oudste seun, ook genoem Iwan, doodgemaak.
Hy
het " 'n oog vir die dames" gehad en vir hom altesaam sewe vroue uit
Rusland se mooistes gekies. Een van hulle het hy uiteindelik in 'n klooster
laat opsluit. Hy het ook op 'n keer koningin Elizabeth l die hof probeer maak.
Hy
is in 1584 dood, na bewering weens vergiftiging.
Nuus
uit die graf...
ò
IWAN IV is
in 'n grafkelder in die Kremlin begrawe saam met twee van sy seuns, Fedor en
Iwan (nie die een wat hy vermoor het nie).
Daar
bestaan verskeie afbeeldings van Iwan IV,
maar
baie jare lank was niemand seker of enige van hulle korrek is nie.
In
1961 het KGB-amptenare Iwan se graf oopgemaak. 'n Beroemde Russiese
antropoloog het die skedel ontleed en oor 'n tydperk van twee jaar 'n
borsbeeld van hom gemaak. Dit is die eerste outentieke beeltenis van Iwan die
Verskriklike. Omdat daar gevrees is dat nasionaliste en die kerk sterk kapsie
daarteen sou maak, is die nuus dat die grafkelder oopgemaak is egter lank
geheim gehou.
Wat
het hulle nog wys geword uit die geopende graf? Ontledings van die beendere
het getoon dat daar geen gif in Iwan se liggaam was toe hy dood is nie, wat 'n
einde maak aan die gerug dat hy vergiftig is. Sy beendere het egter wel groot
hoeveelhede kwik bevat.
In
die sestiende eeu het dokters gereeld geslagsiekte met kwik behandel.
Geskiedkundiges reken dat Iwan juis daarvoor groot dosisse kwik ontvang en die
medikasie tot sy vlae van depressie en onstuimige optrede kon bygedra het.
Dalk
het dit hom sy eie seun laat vermoor...
____________________________________________________________
Terug
na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan