..Kort begrip..

 

Op hierdie bladsy:

MAAN,

MAANLANDING (een reuse sprong),

MAANDE (hoe hulle hul name gekry het),

MAGNETE EN MAGNETISME,

MALEIERS VAN DIE KAAP,

MANATEES EN DOEGONGS,

MARCO POLO,

MARKS (Sammy),

MARMER,

MELK,

MESOPOTAMI╦,

MIKROSKOPE,

MINERALE,

MOEDERLIEFDE IN DIE NATUUR,

MUMMIE-LYKSKOUING

________________________________________________________________

 

MAANá

 

òáá kyk ook by Planete: aarde, onderafdeling aarde se maan.

 

DIE maan is die aarde se natuurlike satelliet en gemiddeld 384 403 km van ons planeet af. Hy het nog altyd 'n groot invloed op die aarde uitgeoefen. Dink maar net aan die styging en daling van die seevlak vanweδ die getye wat deur maan se aantrekkingskrag veroorsaak word.

 

In sekere lande besluit boere wanneer om te plant of te oes in ooreenstemming met die maangestaltes. Trouens, die maan is dikwels gebruik om tyd te meet. Die Egiptiese kalender was op die verskynings van die maan gegrond (lunΩr), die Maja-kalender en Chinese kalender op diΘ van die maan en son (lunΩr-solΩr), terwyl die Moslem-kalender vandag steeds wesenlik lunΩr is.

 

Volgens die Griekse mitologie was die maan 'n godin genaamd Selene, wat op 'n silwer strydwa deur die nag gery het.

 

Die maan (met sy deursnee van 3 476 km) is vol kraters, wat veroorsaak is deur kataklismiese botsings met ruimtelike voorwerpe in die verlede. Meteoriete is die oorblyfsels van sulke stukke rots wat uit die ruimte gekom het. Daar is groot berge en reusagtige vulkaanvlaktes wat seδ genoem word, omdat mense eenmaal gedink het dat hulle regtig seδ is.

 

Die temperatuur op die maan wissel geweldig omdat daar geen wesenlike atmosfeer is nie. Die kant wat deur die son verhit word, kan tot 127 grade C styg, terwyl die temperatuur aan die donker kant tot -173 grade C daal (by die ekwatoriale seδ). Instrumentlesings wat danksy die Apollo-ruimteprogram gedoen is, het getoon dat die maan se atmosfeer so geweldig dun is dat dit nie eens in die beste vakuumkamers op aarde nageboots sal kan word nie.

 

Maangestaltes: Afhangende van sy posisie in die hemelruim in verhouding tot die son en die aarde, lyk die maan soms vir ons heeltemal rond (volmaan). Namate die dae aanstap, beweeg hy in die rigting van die son en raak ßl minder sigbaar op die aarde (afnemende maan), totdat hy tussen die son en die aarde inbeweeg en verdwyn (nuwemaan). Dan verskyn hy weer as 'n dun sekeltjie en dy hy uit (wassende maan) totdat hy nogmaals 'n groot, ligtende sfeer word.

 

Die maan in 'n neutedop

 

òáá Afstand van die aarde: naaste 356 399 km; verste 406 699 km; gemiddelde 384 403 km

òáá Deursnee: 3476 km

òáá Omtrek: 10 927 km

òáá Temperature by ekwatoriale seδ: 127 ░C (son by toppunt aan die hemel); -173 ░C (maannag)

òáá Een rotasie om eie as: 27 dae, 7 uur, 43 minute

òáá Een omwenteling om die aarde: 27 dae, 7 uur, 43 minute

òáá Lengte van dag en nag: elk is 14,76 aarddae lank

òáá Oppervlakgravitasie (aantrekkingskrag): een sesde van diΘ van die aarde

òáá Ontsnapsnelheid: 2,4 km per sekonde

òáá Massa: een 81ste van diΘ van die aarde

òáá Volume: Een vyftigste van diΘ van die aarde

òáá Atmosfeer: Weinig of niks

________________________________________________________________

 

MAANLANDING:

 

EEN REUSE SPRONG

 

Dit was die mees geskiedkundige voetspoor in die wΩreldgeskiedenis... daardie eerste een wat op 20 Julie 1969 in die grond van die maan gelaat is toe Neil Armstrong van die Amerikaanse Apollo 11-ruimtesending uit die maanlandingstuig die Eagle geklim het. "Dis een klein treetjie vir 'n mens," het hy gesΩ, maar bygevoeg dat dit "een reuse sprong vir die mensdom" is. Daar is 'n beroemde foto, wat deur Armstrong geneem is, waarop die tweede man op die maan, Edwin Aldrin, by die leer afklim. "Dit was dalk 'n klein treetjie vir Neil," het hy geskerts, "maar dis 'n groot sprong vir 'n klein outjie soos ek"....

 

''HALLO, Houston. Kalmte-basis hier. Die Eagle het geland,'' kondig die rustige stem oor die radio by die ruimtebeheersentrum die mens se eerste maanlanding aan. Die angstige klomp mense in die kamer begin onstuimig juig.

 

Die jaar 1969 is pas by sy halfpadmerk verby, wanneer die spinnekopagtige Eagle-landingstuig van die Apollo 11-sending op die sogenaamde See van Kalmte op die maan neerstryk.

 

Binne-in die Eagle is die ruimtemanne Neil Armstrong en Edwin ''Buzz'' Aldrin. 'n Derde lid van die sending, Mike Collins, het in 'n wentelbaan om die maan in die moedertuig, Columbia, agtergebly.

 

Armstrong en Aldrin moet 'n paar uur slaap voordat hulle dit buite waag, maar hulle is te opgewonde. Die beheersentrum stem in dat hulle maar kan voortgaan met hul voorbereidsels om uit te klim. Dit kos die twee manne egter ses lange ure om onder meer hul beskermende oorpakke vir die luglose maan aan te trek.

 

Eindelik, op daardie geskiedkundige dag 20 Julie 1969, maak hulle die luik van die maanlandingstuig oop. Armstrong klim by die leer af en word die eerste mens wat op 'n ander wΩreld buiten die aarde uitklim.

 

Dan volg Aldrin. ''Manjifieke verlatenheid,'' beskryf hy die strak, pokkerige landskap om hom. Hulle verken die oppervlak en soek maangesteentes om saam te neem sodat dit op die aarde ontleed kan word.

 

Later styg die Eagle van die maan af op en sluit hom weer by die wentelende moedertuig aan. Armstrong en Aldrin kruip die Columbia binne. Die Eagle word dan ontkoppel en Columbia vat koers aarde toe.

 

Teen sonop op 24 Julie val die moedertuig iewers in die Stille Oseaan met al drie manne veilig aan boord. 'n Eenvoudige boodskap verskyn op die skerm in die Houston- beheersentrum: ''Sending uitgevoer.''

 

Nuwe maanverkenning

 

òáá DIE snuffeltuig Lunar Prospector het in Maart 1998 waterstof -- en dus moontlike tekens van ys, wat in donker kraters versteek kan wees -- by die pole van die maan gevind. Ander kenners reken egter dat daar ander verklarings vir die teenwoordigheid van die waterstof kan wees.

________________________________________________________________

 

MAANDE:

 

WAAR DIE MAANDE VAN DIE JAAR HUL NAME GEKRY HET

á

DIE helde en gode van die ou Romeine is doodà die helde natuurlik regtig en die mitiese gode soos hulle in die gedagtes van daardie ou kultuurvolk gelewe het. Maar nß al die eeue leef die gode se gedagtenis en diΘ van sekere ou Romeinse heersers steeds in ons kalender voort. Lees hier waar die maande hul name gekry hetà

á

òáá Januarie: Hierdie maand is genoem na die tweegesig-god Janus. As god van eindes en beginne sou Janus tegelyk agtertoe en vorentoe gekyk het -- soos 'n mens in Januarie ook agtertoe en vorentoe "kyk" na die ou jaar en die nuwe.

á

òáá Februarie: Genoem na 'n fees van godsdienstige loutering (Februa) wat in ou Rome gevier is. Februarie was eers die laaste maand van die jaar.

 

òáá Maart: Genoem na Mars, die god van oorlog. Vir die Romeine was hy 'n kragtige vegter wat tot byna alles in staat was. Maart was oorspronklik die eerste maand op die kalender.

á

òáá April: Die maand wat die poort van die lente in die Noordelike Halfrond oopmaak, is April -- "die Oopmaker". Omnia aperit!, sou die ou Romeine gesΩ het, wat beteken: "Dit maak alle dinge oop." Hierdie teorie oor April kon egter blykbaar nog nie bewys word nie. Die naam kon dus ook 'n ander oorsprong gehad het.

á

òáá Mei: Moontlik afgelei van die naam van die godin Maia, wie se pa, Atlas, die hele wΩreld op sy skouers gedra het.

á

òáá Junie: Een van verskeie teorieδ is dat hierdie maand genoem is na Juno, godin van die huwelik en vrou van Jupiter. Sy sou rondgery het in 'n strydwa wat deur pronkende poue getrek is.

á

òáá Julie: DiΘ maand is oorspronklik Quintilis genoem (wat op vyf dui, omdat dit toe nog die vyfde maand was), maar dit is hernoem ter ere van Julius Caesar, die beroemde Romeinse veldheer en staatsman.

 

òáá Augustus: Keiser Octavius, 'n familielid van Julius Caesar, het die titel Augustus van sy onderdane ontvang, wat "edel" beteken. Hierdie titel word vandag steeds in herinnering geroep deur die maand Augustus.

á

òáá September: DiΘ naam kom van septem, wat sewe beteken. Dit is natuurlik heeltemal onjuis -- September is immers die negende maand. Maar moet hierdie benaming nie versmaai nie. Dit is daar om ons te herinner aan die verre verlede toe Maart nog die eerste en September inderdaad die sewende maand was.

 

òáá Oktober: Soos die naam aandui, was dit oorspronklik die agtste maand.

á

òáá November: Soos die naam aandui, was dit oorspronklik die negende maand.

 

òáá Desember: En die naam Desember dui in Latyn op tien, maar ons weet natuurlik almal dis die twaalfde maand van jaar!

________________________________________________________________

 

MAGNETE EN MAGNETISME

 

Wat is magnetisme en hoe werk 'n magneet? Sodra jy hier gelees het, kan jy aan die werk spring en selfs jou eie kompas met 'n gemagnetiseerde naald maak!

 

DIE kompas is 'n wonderlike instrument wat vir 'n mens die koers kan aandui as jy Ωrens in die vreemde is en glad nie meer seker is waar noord of suid werklik is nie. In der waarheid is dit 'n vry bewegende magnetiese naald.

 

Die punte van 'n magneet word pole genoem en elke magneet het 'n noordpool en 'n suidpool. As twee magnete bymekaar gebring word, swaai die eenderse pole van mekaar af weg en die teenoorgestelde pole trek mekaar aan. Die aarde reageer ook asof hy 'n reusagtige staafmagneet in sy binnekant het. Daarom swaai 'n magnetiese kompasnaald altyd met sy suidpool van die aarde se magnetiese suidpool af weg en bly sy suidpool gedurig noordwaarts gerig op die aarde se magnetiese noordpool.

 

'n Kompasnaald wys egter nie na die aarde se ware Noordpool nie, maar na 'n plek Ωrens in Kanada wat 'n hele ent wes van die ware Noordpool is. Die aarde se magnetiese kragte is gedurig effens aan die verander en die posisies van die magnetiese pole verskuif ook elke jaar.

 

'n Kompas is veral belangrik as jy rigting moet hou wanneer jy op die see vaar. Skeepskompasse is s≤ ontwerp dat hul werking nie deur die deining van die golwe geraak word nie.

 

Magnete en elektrisiteit

 

òáá OMSTREEKS 1820 het 'n Deense wetenskaplike, Hans Christian Oersted, ontdek dat elektrisiteit wat in 'n draad naby 'n kompasnaald vloei, die naald van sy noord-suid-rigting af laat wegswaai. Sedertdien het wetenskaplikes baie skakels tussen elektrisiteit en magnetisme gevind.

 

Wanneer elektrisiteit byvoorbeeld deur 'n spoel draad vloei wat om 'n yster- of staalstaaf gedraai is, verander die staaf in 'n magneet. Dit word 'n elektromagneet genoem.

 

Die elektrisiteit wat deur die stywe windinge van die draad vloei, veroorsaak 'n sterk magnetiese krag van die een end van die spoel af tot by die ander end. Hoe meer windinge van die draad hoe sterker is die magnetiese krag.

 

As die staaf van yster is, bly die yster net magneties terwyl elektrisiteit deur die draad vloei. Dit is 'n tydelike magneet. Maar as die staaf van staal is, bly dit magneties selfs wanneer die elektriese stroom afgeskakel is. Dit is 'n permanente magneet.

 

Maak jou eie kompas

 

òáá WAT jy nodig het: 'n groot naald, 'n klein stukkie kurk of polistireen, 'n magneet, 'n piering met water.

 

Eers moet jy die naald in 'n magneet verander. Dit word die magnetisering van die naald genoem. Om dit te doen gebruik jy die magneet. Stryk twintig keer ligweg met een pool van die magneet in dieselfde rigting oor die volle lengte van die naald.

 

Binne-in die naald wys die metaaldeeltjies gewoonlik in allerhande rigtings. Sodra jy die naald met die magneet bestryk, verskuif die deeltjies en gaan lΩ hulle almal in dieselfde rigting. Die naald bly 'n magneet solank die deeltjies parallel lΩ.

 

Nou kan jy jou gemagnetiseerde naald gebruik om jou kompas te maak. Plaas die naald op 'n stukkie kurk of polistireen wat op die water in 'n piering dryf. Die naald sal draai en noord-suid wys, net soos die naald van 'n regte kompas.

 

Waarskuwing -- As jy 'n magneet laat val of kap, versteur jy die metaaldeeltjies sodat hulle nie meer in dieselfde rigting lΩ nie. Die magneet verloor dus sy magnetiese krag.

________________________________________________________________

 

MALEIERS VAN DIE KAAP

 

IN die vroeδ dae van die Europese nedersetting in Suid-Afrika is groepe Oosterlinge deur die Nederlandse Verenigde Oos-Indiese Kompanje (VOC) na die Kaap gebring, verreweg die meeste as slawe of as mense wat om politieke redes of weens klein oortredings teen die VOC uit hul tuislande verban is. Die bannelinge is as Orang Cayen, mense met mag en invloed, beskou.

 

Hoewel hierdie Oosterlinge se nasate vandag as Maleiers bekend staan, het die meeste nie werklik uit Maleisiδ gekom nie, maar uit Indiδ en Indonesiδ.

 

Die Oosterse slawe het sewe hooftale en veertien dialekte gepraat, maar almal het Maleis goed geken omdat Maleis en vorms van Aanleerdermaleis destyds die handelstale van Suidoos-Asiδ was. Maleis is trouens in die hele streek tussen Nieu-Guinee en Madagaskar gepraat.

 

Aan die Kaap was Maleis die taal van die leiers van die Moslem-gemeenskap, wat stellig meegehelp het om die term "Maleier" vir hierdie groep mense te bestendig. Hoe wyd Maleis hier gepraat is, kan voorts uit verslae oor hofsake afgelei word. In 1713 het twaalf slawe uit die Ooste getuienis afgelΩ. Elf het slegs Maleis gepraat, en een Maleis en Portugees. Hofverslae toon dat getuies gereeld Maleis gebruik het. Aanvanklik is Maleis ook wyd as onderrigtaal in die Kaap aangewend.

 

Maleis is egter geleidelik deur die sogenaamde Kaapse Afrikaans verdring. Die taal het dus nie eensklaps verdwyn nie en is nog lank aan die Kaap gepraat. Daar is selfs opgeteken dat Maleis tot 1930 nog aan die Kaap gehoor kon word. Engels het nie voor die twintigste eeu æn rol in die Kaapse gemeenskap begin speel nie.

 

Die sogenaamde Maleiers het baie bedrewenhede en talente met hul saamgebring. Van groot belang was die invloed van daardie politieke bannelinge onder hulle, toonaangewende mense wat waarskynlik heelwat tot die bestendiging van die Maleise kultuur aan die Kaap bygedra het.

 

Nie die minste van al die kultuurerfenisse nie, is die Maleiers se besondere vernuf om hul eiesoortige kosse te berei, iets wat 'n wesenlike invloed op die Suid-Afrikaanse kookkuns in die breδ gehad het (dink maar aan geregte soos sosaties, samoesas, bobotie en geelrys, kerrievis en hoeveel ander).

Kos speel steeds 'n belangrike rol in die Maleier-gemeenskap en dit staan sentraal in hul geloof en familiefeeste. Nadat 'n Maleier sy gaste op Æn ete getrakteer het, kan hulle van die kos in servette toedraai en huis toe neem. Anders as Westerlinge beskou hulle dit nie as ongeskik as mense dit doen nie. Volgens hul tradisie behoort die kos nie aan die gasheer nie maar aan die gaste.

Ook die sang en liedere van die Maleiers is beroemd. Wie ken nie die Kaapse moppie Daar kom die Alibama nie? En wie kan ooit die gees en vitaliteit vergeet van Æn Maleierkoor wat ou volksliedjes op Æn warm Oujaarsaand of by Maleise koorkompetisies sing? Of die uitgelate en kleurryke skouspel van die Nuwejaarskarnaval in die strate van Kaapstad? Kostuums van die verskillende dansgroepe in hierdie groot feestelikheid word maande vooruit deur Maleierkleremakers ontwerp en tot op die dag van die karnaval geheim gehou.

In die afgelope sowat drie en 'n halwe eeu het die Kaapse Maleiers se lewenswyse 'n unieke vermenging van Oosters en Westers geword, maar baie van die mistiek het behoue gebly, want die Maleierkultuur is stewig in die Moslemse godsdiens geanker. Soos hul godsdiens voorskryf, bid hulle vyf keer per dag, vas hulle by tye en neem hulle aan feeste deel, terwyl elkeen wat gesond en vry van skuld is en die reis kan bekostig, die duur pelgrimstog na Mekka minstens een keer in sy lewe sal onderneem om die spoor van sy profeet Mohammed te volg.

 

Hoewel Maleiers regdeur die Wes-Kaap woon, word die Kaapse buurt aan die laer hange van Seinheuwel wat as die Bo-Kaap bekend staan, die hegste met die Maleierkultuur verbind. Die Kaapse Maleiergemeenskap het teen die jongste eeuwisseling sowat 130 000 siele getel. Die argitektuur, kosse, klerewinkels, moskees en die warmte en hartlikheid van die Maleiers is so eie aan die Kaap soos Tafelberg. Hulle doen mee om toeriste in hul tienduisende na die Moederstad te lok.

___________________________________________________________________

 

MANATEES EN DOEGONGS

 

In die mitologie was hulle die sirenes van die see. Fantastiese wesens -- half vrou, half vis of voδl -- wat deur hul bekoorlike sang matrose gelok en skepe laat strand het. Hoe baie verskil die manatees en doegongs, om wie diΘ mites geweef is, egter nie van hierdie sirenes nie. Pleks van pragtig te sing, uiter hulle net af en toe 'n snork. Boonop is hulle swaarlywig, vreedsaam en so onskadelik dat hulle hulself of hul kleintjies nie eens verdedig wanneer hulle bedreig word nie...

 

DIE Engelse noem hulle "sea cows", maar met seekoeie het hulle weinig gemeen. Veel minder sal jy hulle ooit met meerminne vereenselwig.

 

Die lywe is log, die gesigte harig en verrimpel, en hul lang, lang kake laat hulle alte treurig lyk. Hulle swem lui-lui in die water rond en hulle vreet soos varke -- letterlik. Kortom, hulle is vet en lelik.

 

Maar die sogenaamde "sea cows", oftewel soogdiere van die orde Sirenia, word werklik as die oorsprong van die legende van die meerminne be¡skou. Vermoedelik het hulle van ver af soos diΘ fabelagtige juffers gelyk, in die ou dae toe geen seevaarder nog ooit van 'n verkyker gehoor het nie!

 

Daar is vandag nog twee soorte seediere in hierdie orde: die manatees en die doegongs. 'n Derde lid van die orde, Steller se "'seekoei", is so meedoδnloos gejag dat hy in die agttiende eeu uitgesterf het.

 

Die manatee word in die warm kus- en binnelandse waterweδ van Virginiδ in die Verenigde State tot by Brasiliδ in Suid-Amerika aangetref, asook aan die weskus van Afrika. Hy is gewoonlik enkellopend, hoewel manatees in die winter in groot getalle in die warmer waters versamel.

 

Hy is 'n trekdier wat met die seisoene en agter seegras aan in sy hougebied verhuis. Die seegras is sy stapelkos. Hy kan tot 4 m lank word en weeg by die 1400 kg. Ofskoon hy in die water leef, rnoet hy boontoe kom om asem te kry.

 

Daar is al dikwels gesien hoe manatees mekaar "soen". Die sensitiewe snoete word teen mekaar gedruk, vermoedelik om mekaar te groet.

 

Die doegong hou naby die kuste van Oos-Afrika, Asiδ, Australiδ en Nieu-Guinee. Hy lyk baie soos die manatee, maar is kleiner met 'n groter kop. Die mannetjie het twee lang slagtande aan die bokaak.

 

Die doegong vreet ook waterplante. Hy soek kos deur met sy neus in die seegras te vroetel, terwyl sand en slik in diΘ proses opgeskop word. Dit is dus moeilik om foto's van die doegong te neem.

 

Sowel die manatee as die doegong is bedreigde diere. Hulle is vir hul vleis, vet en velle gejag en reeds in sekere van hul hougebiede uitgewis. Die Chinese beskou die vleis van die doegong as 'n liefdesprikkel. Meer onlangs is baie manatees deur die skroewe van bote beseer.

___________________________________________________________________

 

MARCO POLO (ca. 1254-1324)

 

DIE grootste luukses in die Middeleeuse Europa -- speserye en sy-ware

-- het uit die Verre Ooste gekom. Hoewel die Ooste toe al eeue lank met die Weste handelgedryf het, het die twee beskawings min van mekaar geweet.

 

Asiatiese handelaars het goedere uit die Verre Ooste tot so ver as die Persiese Golf of die Swart See vervoer, oor land op die ou Sy-roete of seelangs om die kuste van Suid-Asiδ. Goedere is daarna na hawens aan die Middellandse See gestuur, waar Europese handelaars dit gekoop het.

 

Handelaars het geen ander keuse gehad as om diΘ ompaaie te gebruik nie, omdat die reguitste pad, oor Sentraal-Asiδ, versper is deur Islamitiese lande wat geen vrye deurgang wou toelaat nie. Dit het in die der¡tiende eeu verander toe die Mongole, onder aanvoering van die Djingis Khan, 'n groot gebied van Oos-Europa af tot in China verower het. Dit het vrede vir hierdie wΩrelddeel beteken, en handelaars kon oplaas vrylik oor Asiδ reis.

 

Die Italiaanse Polo-broers was onder die eerste Europeδrs wat in die pad geval het.

 

In 1260 het Niccolo en Maffeo Polo uit Venesiδ vertrek na die Mongoolse hoofstad Kambaloek (vandag Beijing), waar hulle verwelkom is deur die Mongoolse keiser Koeblai Khan, die kleinseun van die Djingis Khan.

 

In 1271 het die Polo's 'n tweede reis na die Ooste onderneem, maar diΘ keer Niccolo se jong seun, Marco, saamgeneem. Marco het twintig jaar lank in Koeblai Khan se ryk vertoef, waartydens hy wyd en syd in die enorme Mongoolse Ryk gereis het. Met sy terugkeer na Europa het hy vir 'n voortreflike boek gesorg waarin hy beskryf het wat hy gesien het.

 

In 1298, kort nadat hy weer tuis was, is Marco Polo -- toe 'n kaptein in die Venesiese vloot -- deur die Genuese gevange geneem wat teen Venesiδ oorlog gemaak het. Hy het in die tronk die verhaal van sy reise aan 'n medegevangene, ene Rustichello, vertel, wat dit in Frans neergeskryf het. Rustichello was die skrywer van romantiese verhale, en sekere van die "wolhaarstories" in Marco Polo se weergawe van sy reise, kon dalk deur Rustichello bygevoeg gewees het om die verhaal boeiender te maak.

 

Marco Polo se vertellings oor die lande en gebruike van die Ooste het die Europeδrs verbaas, ofskoon hulle maar langtand daaraan gebyt het en nie juis wou glo dat dit waar kan wees nie (baie daarvan is egter deur latere reisigers bevestig).

 

Hy het sy lesers vertel van die "soutwatermeer", wat ons vandag weet die Kaspiese See is. Hy het die woestyne en berge van Persiδ en Afganistan beskryf en melding gemaak van die vreemde vetstert-skaap wat hy gesien het (die karakoel) en die wilde ras wat tans Marco Polo-skape genoem word. Hy het vertel van die lugspieδlings wat reisigers gesien het wat die dorre Gobi-woestyn oorgesteek het.

 

Hy het in besonderhede vertel van China en die keiser se luuksieuse hof, asook van die geskiedenis en gebruike van die Mongole. Hy het papiergeld beskryf, maar niks van drukwerk gesΩ nie. Hy het wel melding gemaak van "swart klippe" wat verbrand is (steenkool).

 

Marco Polo het die renoster en krokodil van Oos-Indiδ beskryf. In Wes-Indiδ het hy Hindoe-gebruike aanskou en pΩrel-visserye gesien. Hy het ook beskryf wat hy oor Zanzibar en Oos-Afrika gehoor het.

 

Kambaloek het, as Koeblai Khan se hoofstad in China, die ou Mongoolse hoofstad Karakoroem vervang. Die stad is deur 'n wit reuse muur van sowat 30 km lank omring. Marco Polo het dit as 'n ryk en besige stad beskryf, met strate wat so breed en reguit was dat jy aan die een kant van die stad die ander kant kon sien. Die strate het die stad soos die blokke op 'n skaakbord verdeel, elke blok met 'n pragtige huis, binnepleine en tuine.

 

Marco Paulo is in 1299 uit die gevangenis vrygelaat en het na Venesiδ teruggekeer, waar hy getrou en drie dogters gehad het. Daar word vertel dat hy gemaklik gelewe het totdat op sewentigjarige leeftyd oorlede is. Hy is langs sy pa in die kerk van San Lorenzo begrawe.

___________________________________________________________________

 

MARKS, SAMMY (1844-1920)

 

SONDER die spreekwoordelike duit op sy naam het hy in Suid-Afrika aangekom -- die groot entrepreneur wat hom binne 'n paar jaar tot 'n skatryk man sou opwerk, invloedryk en geδer in die hoδ kringe en iemand wat onuit¡wisbare spore as nyweraar sou nalaat.

 

En in die nuwe Suid-Afrika waarin daar, net soos destyds, groot waarde aan goeie entrepreneurs geheg word, is dit ook gepas dat ons 'n man soos Samuel Marks sal uitsonder.

 

Maar presies wie was hierdie man, wat 'n goeie vriend van pres. Paul Kruger was, en hoe het hy hom hier so besonderlik as vrye ondernemer onderskei? Sy interessante suksesverhaal lees plek-plek soos 'n storieboek.

 

Samuel was sy regte naam, maar in die wandel was hy bekend as Sammy. Hy is op 11 Julie 1844 in 'n Joodse gesin in Litaue gebore, waarvan¡daan hy na Engeland geδmigreer het om 'n klein messlyp-werkwinkeltjie in Sheffield te vestig.

 

In 1868 vestig hy hom in Suid-Afrika, waar hy eers as nederige smous siel en liggaam aanmekaar hou, maar die nuwe diamantvelde bied aan hom die geleentheid om met 'n algemene handelaarswinkel in Kimberley te begin. Sy neef Isaac Lewis, ook van Litaue, sluit by hom aan en hulle word lewenslange vennote.

 

Mettertyd begin hulle hulle toe¡spits op die ontginning van en handel in diamante. In 1878 stig hulle een van die eerste maatskappye wat diamantkleims besit en bedryf in die Kimberley-omgewing. In 1880 verkoop hulle die meeste van hul kleims en Lewis keer na Engeland terug om daar na hul sake om te sien.

 

Sammy wend hom nou tot steenkool en koop sy eerste plaas met steenkoolneerslae aan die oewers van die Vaal. In Novem¡ber 1880 stig hy De Zuid-Afrikaansche en Oranje Vrystaatsche Kolen en Mineralen Mijn Vereeniging wat steenkoolmyne in hierdie gebied bedryf. Die dorp Vereeniging kry sy naam van hierdie maatskappy.

 

Vandag is Vereeniging steeds 'n vooruitstrewende plek, met nywerhede wat kennelik die gevolg is van Sammy se inisiatief. Die Union Steel Corporation (gestig 1911) was byvoorbeeld 'n voorloper van Yskor.

 

òá áIN 1882 vestig Sammy hom per¡manent in Transvaal, en koop in 1884 die plaas Zwartkoppies, waar hy 'n groot huis in die Victoriaanse styl laat bou. Hy noem dit Zwartkoppies Hall.

 

Op 16 Desember van daardie jaar trou hy met Bertha Guttmann in Sheffield. By haar man in Zwartkoppies Hall, moet die jong bruid bra baie verlore voel in hierdie nuwe land, waar sy omring word deur vreemdelinge, en met die naaste dorp, Pretoria, sowat 23 kilometer ver. Wat meer sΩ, haar man is dikwels dae lank weg vir sake.

 

Bertha begin dus haar tuiste so gerieflik moontlik inrig, met meu¡bels, silwer, glas, breek- en mes¡segoed en linnegoed wat per skip van Engeland kom en dan per ossewa Transvaal toe gebring word.

 

Spoedig is die huis ryklik versier met voortreflike meubels, dik flu¡weel- en brokaatgordyne en baie ander duur voorwerpe, Bertha bewys haar vermoδ om die groot huishouding te behartig met talle elegante onthale. Terselfdertyd maak sy ook nog sewe kinders groot -- darem bygestaan deur 'n groot personeel en diensmeisies wat hulle uit Engeland saamgebring het.

 

Byna al die meubels is vandag steeds ongeskonde. Danksy Bertha se presiese inventaris weet ons waar alles in die huis gestaan het, en die Sammy Marks-museum lyk net soos die huis gelyk het toe die gesin daar gewoon het.

 

ò SAMMY se ywer en ondernemingsgees het nie nß sy troue afgeneem nie en hy het verskeie ander projekte aangepak. In 1891 het hy en sy vennoot 'n vername rol gespeel in die stigting van die Nationale Bank, voorloper van vandag se Eerste Nasionale Bank.

 

In 1894 word die vennote aansienlike aandeelhouers in die SA United Breweries, waaruit SA Brouerye ontwikkel het. Daar is ook verskeie ander projekte.

 

Daarbenewens is Sammy op sy stil manier ook aktief betrokke in die politiek. Een van die interes¡santste aspekte van sy lewe is dat hy en "oom Paul" sulke groot vriende is. Die president vertrou sy oordeel s≤ dat hy hom dikwels om raad vra.

 

In sekere opsigte is die twee eenders. Nie een van hulle het formele skoolopleiding gehad nie, maar altwee is vlymskerp denkers. Tog verskil hul agtergrond en lewenstyl hemelsbreed.

 

Sammy Marks sterf op 18 Februarie 1920. Bertha bly in Zwartkoppies Hall tot haar dood in 1934, en ander gesinslede woon daar tot vroeg in 1978.

 

Deur die jare is die huis binne gemoderniseer en buite verander. In 1984 is die Sammy Marks-museum in Zwartkoppies Hall gevestig.

___________________________________________________________________

 

MARMER

 

WANNEER Ma 'n koek bak, meng sy die meel, suiker, eiers, botter, bakpoeier en ander bestanddele, en dan bak sy die mengsel in 'n warm oond. Wat daar uitkom, is iets heeltemal anders as die klewerige massa wat sy daar ingesit het!

 

Die aarde is bra baie soos 'n warm oond. Intense hitte en druk binne-in die aardkors "bak" en pers die soliede gesteentes saam wat daar begrawe lΩ, met die gevolg dat die oorspronklike tek¡stuur en samestelling daarvan verander word. Die resultaat is 'n heeltemal nuwe soort gesteente, wat metamorfe gesteente genoem word ("metamorf" dui op gedaan¡tewisseling of vormverandering).

 

Wanneer kalksteen -- 'n afsettingsgesteente wat meestal uit die mineraal kalsiet bestaan -- aan groot hitte, druk en bewegings binne-in die aarde blootgestel word, herkristalliseer die kalsiet en vorm die metamorfe gesteente wat ons marmer noem. (Marmer kan ook gevorm word wanneer dolomiet -- 'n gesteente soortgelyk aan kalksteen -- aan hoδ temperature blootgestel word.)

 

Die kleure en patrone in mar¡mer is vanweδ onsuiwerhede in die kalksteen wanneer die kalsiet herkristalliseer. Kleure kan wissel van sneeuwit tot wit met are wat rooi, pienk, groen, geel, bruin of grys kan wees.

 

Sneeuwit marmer bestaan uit suiwer kalsiet. Sy kenmerkende glans word veroorsaak deurdat lig die gesteente so 'n entjie binnedring voordat dit van die oppervlakke van die kristalle aan die binnekant teruggekaats word.

 

Marmer word op baie plekke op aarde aangetref, veral in Italiδ, Spanje, Frankryk, Bel¡giδ, Switserland, Brittanje, Indiδ, Amerika (Vermont) en dele van Suid-Amerika.

 

In antieke tye het marmer van die beste gehalte van Griekeland gekom. Pariese mar¡mer, 'n suiwer wit ge¡steente wat vir die elegantste standbeelde gebruik is, is by die berg Parpessa op die eiland Paros uitgegrawe. Phidias, die ou meester van die vyfde eeu vC, het Penteliese marmer verkies, wat van die steengroewe van die berg Pentelikon in Attika gekom het.

 

Vandag kom die voortreflikste marmer van die Carrara-steengroef in Toskane, Italiδ. Klip van hierdie streek word al honderde jare lank deur beeldhouers gebruik. Die ou Romeine het dit in hul argitektuur aangewend en, veel later in die sestiende eeu, het die groot beeldhouer Michelangelo ook daarvan gebruik gemaak.

 

Marmer word vandag steeds as die elegantste bousteen beskou. Dit word algemeen in geboue, monumente, as grafstene, suile en vir beeldhou gebruik. Ook trappe, kaggels en vloere word daarmee versier.

 

Van kleiner stukke kan tafelblaaie, lessenaars, lampstaanders en ander voorwerpe gemaak word. Uitskotmarmer kan verpoeier word om as boumateriaal, as kunsmis of as 'n skuurmidddel gebruik te word.

 

òáá Die woordeboek beskryf "albaster" as 'n balletjie vir 'n seunspel of as fyn marmer -- en in die agttiende eeu is ronde albasters inderdaad van brokkies marmer gemaak. Die ver¡band is nog duideliker in die Engelse woord "marble", wat vir sowel die balletjie as gewone marmer gebruik word.

___________________________________________________________________

 

MELK

 

DIS 'n toneel van landelike vredigheid. Koeie wat in die loomheid van die laat middag aankom in die laan, met die koeiklokke wat ritmies bengel en die beeswagters wat skril bevele skreeu. Uit 'n ander rigting loop die melkers reeds met klaterende emmers na die stalle.

 

Idillies... maar om 'n suiwelboer te wees is beslis nie altyd so 'n sorgeloos nie. Dit verg immers harde werk, goeie opleiding en 'n deeglike kennis van beeste. Soos dat 'n koei se melklewering nie net be∩nvloed word deur haar kos nie, maar miskien ook deur die klimaat (droogte of reδntye) en stellig deur die siklus van die dier self (minder maar ryker melk aan die einde van die melkverskaffingstyd).

 

Die melkverskaffingsorgaan, diΘ sal almal darem weet, is die uier. Maar wie weet melk word geproduseer deur selle wat alveoli genoem word? Elke alveolus is 'n melkfabriekie in die klein en sorg self vir die vervaardiging van vet, prote∩en en melksuiker. Die melk gaan deur 'n stelsel van kanaaltjies na die uier.

 

As 'n mens 'n dwarssnee van 'n koei se uier maak, kan 'n linker- en regterhelfte onderskei word, wat geskei word deur spiere waarmee dit aan die bekken geheg is. Elke helfte word weer in twee gedeel en elke kwart word met 'n speen verbind.

 

Die melk wat deur selle uitgeskei word, versamel in 'n holte bokant 'n speen. Hier word dit geberg totdat dit met drukking of suiging verwyder word. 'n Sluitspier hou die speen onder toe.

 

òáá VAN die vroegste tye af verskaf diere reeds melk aan die mens. Maar van al die melkdiere -- bokke, jakke, seboes, waterbuffels, kamele, takbokke -- kan geeneen die koei met haar voedsame melk klop nie.

 

Baie min is bekend omtrent die vroegste melkboerderye, hoewel getuienis bestaan dat koeie reeds in Mesopotamiese tye (rondom 3500-2800 vC) gemelk is.

 

Moderne melkerye met hul kliniese meganiese toerusting is baie gesofistikeerd, maar koeie word vandag op baie plekke steeds met die hand gemelk soos duisende jare gelede. Laboratoriumtoetse en moderne verwerkingsmetodes verseker wel dat die melk in jou glas suiwer is.

 

Melk is goed vir elk, lui 'n ou gesegde. Maar tot die negentiende eeu het mense onbehandelde melk gedrink voordat die proses ontwikkel is om kieme daarin dood te maak. Vandag is daar talle stappe van verwerking en toetsing wat aan plaaslike en selfs internasionale standaarde moet voldoen.

 

Melk word deur groot vragmotors met ge∩soleerde staaltenks van die plase na die melkerye vervoer. Daar word dit in groot koeltenks gehou waar dit tot 4 grade C verkoel word.

 

Die suiwering van melk is des te belangriker as 'n mens daaraan dink dat dit gevaarlike siektes soos tuberkulose, witseerkeel en ingewandskoors kan oordra. Geen ander voedsel word dan ook soveel getoets nie. Sogenaamde pasteurisasie is ewe belangrik.

 

Louis Pasteur, 'n negentiende-eeuse Franse skeikundige, het vasgestel dat skadelike kieme in vloeibare voedsel vernietig word as dit tot 70 grade C en meer verhit word. DiΘ proses word steeds met welslae met melk toegepas.

 

Met pasteurisasie in 'n moderne melkery word die melk tot 72,5 grade C verhit en vinnig tot 4 grade afgekoel. Dit word ook gehomogeniseer, 'n proses wat die vetdeeltjies opbreek en egaliger versprei.

 

Nadat die melk deur al die nodige prosesse gegaan het, word dit in tenks gepomp waaruit houers van glas, karton of plastiek gevul word.

 

Koeimelk se besondere voedsaamheid kan nie betwis word nie, al bevat dit omtrent 87 persent water per volume. Maar dit bevat ook onder meer die vitamiene A en B (vir groei en weerstand teen siektes), asook minerale soos kalsium, yster en fosfor (om beendere, bloed en tande te help bou). Voorts tref 'n mens koolhidrate en vette daarin aan (vir die verskaffing van hitte en energie) en prote∩ene (vir die bou en herstel van liggaamsweefsels).

 

Ons gebruik melk in 'n vars, verpoeierde of gekondenseerde vorm. Kaas, room, botter, karringmelk en roomys is net 'n paar van die menigte produkte wat van melk verkry word -- maar ook plastiek, gom, verf, medisyne, noem maar op.

___________________________________________________________________

 

MESOPOTAMI╦

 

DIE woord Mesopotamiδ beteken tussen twee riviere. Hierdie vrugbare landstreek, wat in Wes-Asiδ tussen die riviere Tigris en Eufraat gelΩ het, was die geboorteplek van 'n paar antieke beskawings. Mesopotamiδ was 'n gebied in die huidige Irak. Die hoofstad van Irak is Bagdad, aan die Tigris -- 'n stad wat in die Amerikaans-Irakese oorlog van 2003 erg onder die bomme deurgeloop het.

 

Die Sumeriδrs het hulle omstreeks die vierde millennium vC noord van Mesopotamiδ naby die Persiese Golf gevestig. Die mense van die Sumeriese beskawing was waarskynlik die eerste wat die wiel gebruik het. Sumeriese strydwaens het die vyandelike troepe geterroriseer.

 

Die Assiriese beskawing het in die tweede millennium vC in die Tigris-vallei floreer (waar die stad Assur opgerig is) en die Babiloniese beskawing het in die Eufraat-vallei ontwikkel. (Volgens party geleerdes was die toring van Babel van die Ou Testament in die stad Babilon, ofskoon ander reken dit is elders gebou.)

 

Die Babiloniese koning Hammurabi (1792 -- 1750 vC) het 'n stel wette opgestel en hulle op 'n plat swart basaltsteen laat uitkerf. In die agtste eeu vC is die Babiloniδrs deur die Assiriδrs verslaan, wat op hul beurt in 539 vC deur Cyrus die Grote van Persiδ oorwin is.

á

Die toring van Babel: In Genesis 11 in die Bybel word vertel hoe ''die mense ooswaarts getrek'' en besluit het om '' 'n stad met 'n toring'' te bou ''waarvan die punt tot in die hemel reik''. God het egter hierdie arrogransie gestraf deur 'n spraakverwarring onder die mense te bring -- hulle verskillende tale te laat praat sodat hulle mekaar nie kon verstaan nie. Die naam ''Babel'' en ''in verwarring bring'' klink amper eenders in die Hebreeus.

 

Skrif: Die Sumeriδrs het wigskrif uitgevind deur met wigvormige tekens afdrukke in vars kleitafels te maak. Die Akkadiδrs (einde van die derde millennium vC) het hierdie skrif uitgebou en die Assiriδrs-Babiloniδrs het gehelp om dit na ander beskawings oor te dra. Wigskrif, soos die Egiptiese hiδrogliewe, was egter nie 'n ware alfabet nie, omdat dit bestaan het uit ideogramme, die voorstelling van begrippe deur middel van afbeeldings pleks van deur lettertekens.

___________________________________________________________________

 

MIKROSKOPE

 

HY WAS waarskynlik die eerste mens op aarde wat bakterieδ gesien het... en gesΩ het dit lyk soos " 'n menigte muggies of vlieδ wat in die lug ronddartel".

 

Hy was moontlik ook die eerste mens ter wΩreld wat bloed in die klein bloedvaatjies sien sirkuleer het. Hy het dit in 'n haan se kam bekyk, in 'n konyn se oor, in 'n vlermuis se vlerk, die stert van 'n paddavissie -- en hy het hom verwonder aan die toe nog onontdekte dinge wat so skielik voor sy oδ ontspring het.

 

Vandag word die Nederlander Anton van Leeuwenhoek vereer as die eerste man wat 'n ware mikroskoop gemaak het. Maar in 1632, toe hy gebore is, het die mensdom nog kwalik die greep van bygelowe afgeskud. Die wetenskap was in sy kinderskoene. Galileo is in huisarres geplaas omdat hy knaend durf beweer het dat die aarde om die son wentel.

 

Nogtans dateer die moderne dierkunde eintlik uit daardie tyd, omdat die uitvinding en ontwik¡keling van die mikroskoop werklik 'n hele nuwe wΩreld vir die wetenskaplikes oopgemaak het.

 

Van Leeuwenhoek was ironies genoeg self geen wetenskaplike nie, maar 'n lensmaker. Maar die instrument wat hy gemaak het, kon voorwerpe 270 keer ver¡groot, waar mikroskope dit maar voorheen slegs tien keer kon doen. Met vandag se elektronmikroskope kan die mees minuskule dingetjies van die skepping tienduisende male groter gemaak word. Ons kyk tot in die diepste verborgenhede. Ons kan dit selfs afneem.

 

Stel jou voor 'n mikroskoop wat so kragtig is dat 'n menslike rooibloedsel tot die grootte van 'n trekker se agterband kan vergroot. Dit gee ons 'n idee van die fantastiese vergrotingsvermoδ van die elektronmikroskoop, waarin 'n bundel onsigbare elektrone pleks van sigbare ligstrale gebruik word.

 

Maar daar hou dit nie op nie. Niemand het nog 'n atoom van binne gesien nie, maar ons beweeg ßl nader daaraan.

 

Die gewone mikroskoop kan byvoorbeeld vir ons wys dat 'n speldepunt regtig eintlik grof en ongelyk is en beslis nie so glad soos 'n mens sou dink nie. Die elektronmikroskoop onthul weer die bakterieδ wat op daardie speldepunt saamgekoek is.

 

Maar die sogenaamde veld-ioon-mikroskoop gaan nog baie verder. Met hom sien jy weliswaar nog nie tot binne-in die atome op die speldepunt nie, maar atoompatrone word duidelik onderskei.

 

'n WonderwΩreld in die kleinste...

___________________________________________________________________

 

MINERALE

 

MINERALE is natuurlike stowwe in 'n soliede kristaltoestand. Gesteentes bestaan uit verskeie soorte minerale, wat saam die aarde se kors vorm. Daar is meer as 2 000 bekende minerale, maar slegs 'n paar, soos marmer en kwarts, word in hul suiwer toestand gevind.

 

Klassifikasies: Een van die algemeenste klassifikasies van minerale is volgens die Mohs-skaal, wat op hardheid gegrond is: Talk 1; Gips 2; Kalsiet 3; Fluoriet 4; Apatiet 5; Veldspaat 6; Kwarts 7;Topaas 8; Saffier 9; Diamant 10.

 

Minerale word geklassifiseer volgens hul kleur, hardheid, splytbaarheid (hul geneigdheid om skoon in gladde dele af te splits) en pletbaarheid (hul vermoδ om gerek of gevorm te word sonder dat hulle breek).

___________________________________________________________________

 

MOEDERLIEFDE IN DIE NATUUR

 

Hoekom party diere so verknog aan hul kleintjies is terwyl ander blykbaar nie eens weet dat hulle bestaan nie...

 

VERBLUF met sy rooibruin, verkreukelde vel lΩ die pasgebore olifantkalfie in die Afrika-veld. Strompelend probeer hy orent kom op sy wankele pootjies. Sy ledemate wil-wil hom maar net nie gehoorsaam nie.

 

Die kleintjie leer nietemin vinnig. Ure later staan hy reeds stewig en suip onder sy mamma se pens, en 'n mens sou dalk dink dat hy kort voor lank die lewe alleen sal kan aandurf. Maar moenie glo nie. In die eerste aantal weke moet sy ma hom vrou-alleen versorg, waarna al die koeie in die trop 'n groepsmoederliefde teenoor die kalfie ontwikkel.

 

Eers nß meer as tien jaar se groei en opvoeding is hy 'n volwasse olifantbul uit eie reg.

 

Kyk daarteenoor na 'n arme skilpad wat in dieselfde stuk wΩreld ronddool. Sy ma het hom as 'n eier verlaat wat sy onder die sand toegekrap en net so gelaat het vir die son om te broei. En vandat hy die eerste lewenslig aanskou het, was hy slegs op homself aangewese.

 

Moederbeskerming het hy nooit geken nie. Maar gelukkig het hy darem daardie harde dop om hom. Dit het hom reg van die begin af oorgenoeg beskerming gebied.

 

S≤ verskil diere. By party soorte is die kleintjies reeds by geboorte klein volwaardige volwassenes, by ander sorg die ma's alleen vir die kleintjies of kry hulle dalk ook hulp van ander diere in die trop. By nog ander (baie van die voδls) sorg die ma's en pa's so saam-saam vir hul nasate, en dan is daar nog die mannetjies onder byvoorbeeld die seeperdjies wat as alleenouer-pappas moet opsnork. In die natuur is daar geen vaste reδl wat vir alle skepsels geld nie.

 

Wat ons ''moederliefde by diere'' noem, is noodsaaklik vir die oorlewing van die betrokke spesies. Waar dit voorkom, is die kleintjies swak en hulpeloos en het hulle 'n sekere tyd lank nougesette versorging en beskerming nodig. Waar ''moederliefde'' ontbreek, kan die kleintjies dadelik op eie pote staan en sonder die hulp van enige ouer met die lewe begin.

 

Maar ook liefdevolle dieremoeders en hul kleintjies sal nie altyd aan mekaar verknog bly nie. Daar kom 'n tyd, vroeδr of later, dat die kinders afgespeen en selfs ''verwerp'' word om hul eie potjie te gaan krap. Iets wat ons by die mens vind, maar nie eintlik by baie diere nie, is die lewenslange besef van 'n tere bloedverwantskap wat sal bestaan tot in die dood.

 

Een opvallende uitsondering is die bonobo, 'n sjimpanseeagtige aap van die bedompige woude suid van die Kongorivier in Midde-Afrika. Ook 'n bonobo-mannetjie bly aan sy ma verbind vir solank as wat sy lewe. Trouens, sy hele status in die ape-gemeenskap word deur die sosiale stand van sy ma bepaal.

 

Moederliefde is dus 'n ingebore eienskap, iets wat die geleerdes instink noem. Selfs by bye, waar die werkers onvrugbare wyfies is wat nooit hul eie kleintjies sal hΩ nie, kry ons die interessante verskynsel dat hulle hulle letterlik doodwerk vir hul koningin se afstammelinge. En hierdie afstammelinge sal dieselfde doen vir die korf se latere kroos -- tot in die verste geslagte.

 

Diere weet instinktief wanneer om te trek (te migreer), wanneer en hoe om mekaar die hof te maak en ook wanneer om hul kleintjies te voed. By die meeste is hierdie vermoδns bloot gedragseenhede, wat aan- en afgeskakel word soos dit die diere pas.

 

Ganse sal byvoorbeeld net in die broeityd -- sowat 'n week voor die eierlΩery tot 'n week nadat die klein gansies uitgebroei het -- eiers in hul neste inrol. Op ander tye het eiers vir hulle geen betekenis nie.

 

Maar teenoor moederliefde kry ons ook kindermoord in die natuur. Die entellusape van Indiδ lewe in troppe wat uit een mannetjie en verskeie wyfies bestaan. Hierdie mannetjie word van tyd tot tyd deur 'n buitestaander uitgedaag en as diΘ oorwin, neem hy oor en vermoor hy gewoonlik al die kleintjies in die trop -- sodat hy sy eie kleintjies kan genereer om sy gene voort te dra.

___________________________________________________________________

 

MUMMIE-LYKSKOUING

 

Die gesig van die vrou van Egipte

 

Byna honderd jaar gelede, in 1906, is haar sarkofaag met haar mummie daarin in Egipte oopgegrawe -- die vrou wat moontlik 'n priesteres was van Isis, die mitologiese godin van die natuurkrag. 'n Tyd gelede het wetenskaplikes, met die beste tegnologiese hulpmiddels, begin om hierdie vrou se geheime te ontsluit. Selfs haar gesig is gerekonstrueer en verder is vasgestel dat sy meer as 2000 jaar gelede straks vermoor is...

 

IN die laboratorium van die Argeologiese Museum van Krak≤w, Pole, werk 'n span navorsers ywerig met 'n donker lyk. Hulle is in die laaste stadiums van 'n operasie wat sowat vier jaar tevore begin het: die outopsie op die mummie van Iset-Iri-Hedes, en hulle is besig om die verbande terug te plaas wat hulle die verhaal van die Egiptiese vrou help ontsyfer het.

 

Iset-Iri-Hedes (die naam beteken ''Isis besig om die rites uit te voer'') was waarskynlik 'n priesteres van Isis of ten minste 'n vurige aanbidder van diΘ ou Egiptiese godin van die natuurkrag.

 

Haar gebalsemde oorskot is in 1906 deur 'n Poolse Egiptoloog op 'n dorpie in Midde-Egipte opgespoor en saam met ander oud-Egiptiese mummies en voorwerpe na sy tuisstad, Krak≤w, in Pole gebring.

 

Sedertdien het die mummies in groot vertoonkaste van die Argeologiese Museum gerus. Dit was tot in die vorige dekade toe wetenskaplikes, met die beste tegnologiese hulpmiddels, die grootste van die sarkofage oopgemaak en die geheimsinnige ''priesteres'' letterlik tot op die been begin ontleed het.

 

Iewers in die proses het hulle selfs op 'n inskrywing afgekom wat haar naam vir hulle ontbloot het.

 

Iset-Iri-Hedes se mummie was egter erg verrinneweer. Die bors, skouers en kop is waarskynlik in die ou dae deur plunderende grafrowers beskadig, en van die skatte wat sy allig nagelaat het, het net 'n dun goudlagie op haar vingerpunte, 'n goue masker en 'n pruik oorgebly.

 

Tydens hul ondersoeke moes die navorsers hulself ook met oorpakke, handskoene en beskermende maskers beskut. Nie verniet nie, want hoogs giftige swamme is op kartonwerk in die sarkofaag gekry.

 

Mettertyd is ook vasgestel dat Iset-Iri-Hedes se bene duidelik onder by die knieδ afgesny was en afsonderlik gebalsem is voordat hulle weer aan haar lyk geheg is. Die regterdybeen is gebreek en die slagaar oopgeskeur.

 

Volgens 'n geneesheer in die span sou sy weens bloeding gesterf het. Wat meer sΩ, die besering sou nie 'n ongeluk gewees het nie. Die ''priesteres van Isis'' is straks vermoor.

 

Met gesofistikeerde middels is ook daarin geslaag om die gesig van die vrou van Egipte te rekonstrueer -- en dit was nogal met groot ontroering dat die span gesien het hoe sy in haar lewe gelyk het.

 

Uiteindelik is die ontblote mummie van Iset-Iri-Hedes toe weer ''geklee'' en teruggeplaas in die sarkofaag waarin sy meer as 2000 jaar gelΩ het. Nadat sy haar geheime aan die mense van ons tyd onthul het, kan haar oorskot uiteindelik rus.

 

_____________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_____________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan