Mercurius
met sy "maanlandskap" -- die planeet naaste aan die son
MERCURIUS is 'n pokkerige wΩreld wat 'n mens by die
eerste waarneming baie aan die aarde se maan herinner. Tog verskil hy in
belangrike opsigte van ons maan. Hy is byvoorbeeld baie digter en daar
word gereken dat die planeet 'n enorme ysterkern met 'n straal van 1800
tot 1900 km het. Die silikaat-buitedop is slegs 500 tot 600 km dik.
Mercurius se baie dun atmosfeer bestaan uit atome wat deur die sonwind van
sy oppervlak af geblaas word en vinnig in die ruimte ontsnap. Die feit dat
Mercurius so naby aan die son is en slegs drie keer om sy as draai in twee
van sy jare, dra by om van hom die planeet te maak met die grootste
temperatuurverskille in die sonnestelsel (van
430 ░C, wat warm genoeg is om tin te smelt, tot
-180 ░C).
Deursnee: 4878
km, slegs veertig persent groter as die aarde se maan,
Digtheid: 5,42 gram per kubieke cm (nß die aarde die digste
groot liggaam in die sonnestelsel).
Gemiddelde afstand van die son: 57 910 000 km (maar sy omwenteling
is baie eksentriek en wissel tussen 46 000 000 km en 70 000 000 km van die
son af).
Revolusie om die son: 88 van ons dae.
Rotasie om sy as: Mercurius roteer slegs drie keer in twee van sy
jare. Een draai om sy as vind
plaas in 58,7 van ons dae. Daar is gevolglik net een sonsopkoms in 'n jaar.
Oppervlaktemperatuur: 430 ░C tot
-180 ░C.
Getal mane:
Geen bekend nie.
Oorsprong van naam:
In die Romeinse mitologie was Mercurius die god van handel, reis en
diewery, die Romeinse eweknie van die Griekse god Hermes, die boodskapper
van die gode. Die planeet het waarskynlik sy naam gekry omdat dit so
vinnig oor die hemelruim beweeg.
Ruimtesendings: Die
onbemande ruimtetuig Mariner 10 het in die jare sewentig die enigste
besoeke tot nog toe aan Mercurius gebring. Mariner 10 is in 1974
twee keer by die planeet verby en in 1975 een keer.
|
|
Venus
die bakoond -- die planeet tweede van die son
DAAR is eenmaal gedink Venus kan dalk 'n
"tweeling" van die aarde wees. Wat 'n vergissing! Onbemande snuffeltuie het onthul
diΘ planeet is in der waarheid 'n siedende inferno met
temperature van tot 'n paar honderd grade Celsius en selfs vretende swawelsuur wat
in die hemele dryf. Venus is natuurlik die helder voorwerp in ons eie uitspansel wat ons as die "aandster" sowel as die "morester" ken. Omdat die planeet onder 'n digte wolkbedekking lΩ, en 'n diep atmosfeer het wat in 'n groot mate uit koolsuurgas bestaan, is hy heel waarskynlik 'n tipiese slagoffer van die sogenaamde ''kweekhuis-effek'', wat hom dan ook die warmste planeet in die sonnestelsel maak. Die atmosferiese druk by die oppervlak is
90 atmosfere -- nagenoeg soveel soos die druk op 'n diepte van 1 km in die
aarde se oseane. Die wolkebasis lΩ op 50 km en die wolkdeeltjies is meestal gekonsentreerde swawelsuur, dog dit giet darem nie as suurreδn neer nie, maar bly in die atmosfeer. Water en
waterdamp is uiters skaars. Die oppervlak van Venus is hoofsaaklik 'n golwende vlakte wat deur twee hooglande so groot soos vastelande onderbreek word. Daar is ook reusagtige aktiewe vulkane en 'n menigte kraters wat deur meteoriete veroorsaak is.
Deursnee: Met 'n middellyn van12
104 km is Venus net 'n raps kleiner as die aarde (12 756 km). Omdat die twee planete se massa en digtheid ook taamlik ooreenstem, word daar dikwels na hulle as susterplanete verwys. Die oppervlakke en atmosfere
van diΘ twee planete verskil egter geweldig.
Digtheid: 5,26 gram
per kubieke sentimeter.
Gemiddelde afstand van die son: 108 200 000 km.
Revolusie om die son: 225 van ons dae
Rotasie om sy as: 'n Dag op Venus is langer as 'n
Venus-jaar! Venus se rotasie is nogal ongewoon deurdat hy nie alleen baie
stadig is nie (243 aardse dae in 'n Venus-dag), maar die planeet draai ook
"agteruit" om sy as in vergelyking met bv.die aarde. Die
son, as hy ooit sigbaar sou wees deur die digte
wolkbedekking, sou vir 'n besoekende ruimtereisiger in die weste opkom en
in
die ooste ondergaan.
Oppervlaktemperatuur: Die
temperatuur op Venus is die hoogste in die sonnestelsel -- dit word nooit
veel kouer as 500 ░C nie!
Getal mane: Geen.
Oorsprong van naam: Venus (Grieks: Aphrodite; Babilonies: Ishtar) was die mitologiese godin van liefde en skoonheid. Die planeet is waarskynlik s≤ genoem omdat hy vir die mense van die Ou WΩreld die helderste ''dwaal-ster'' was. Die gewilde siening destyds was dat
hy, nes Mercurius, twee afsonderlike hemelliggame is:
Phosphorus (of Lucifer) die oggendster en Hesperus die aandster, maar die Griekse sterrekundiges het beter geweet. (Vanweδ die afstande van die wentelbane van Venus en die aarde van die son, is Venus nooit sigbaar meer as drie uur voor sonop of drie uur nß sononder nie.)
Ruimtesendings: Venus is
deur meer as twintig Amerikaanse en Russiese ruimtetuie besoek, die eerste
keer deur Amerika se Mariner 2 in 1962. Die Russiese Venera 7 was in 1970
die eerste ruimtetuig wat op 'n ander planeet geland het. Magellan, wat in
1989 gelanseer is, het met behulp van radar vir hoδresolusie-kaarte van
die oppervlak gesorg.
|
|
Aarde
met sy baie water -- die planeet derde van die son
IN
vergelyking met al die ander plekke wat ons ken, is die aarde inderdaad 'n
oase in die ruimte, die enigste
planeet in die sonnestelsel wat lewe soos ons dit ervaar, kan onderhou. Maar 'n
buite-aardse besoeker, as so iets ooit bestaan, sou bes moontlik hier na
intelligente lewe in die see wou gaan soek eerder as op die land. Ons
wΩreld is
immers 'n waterplaneet -- 75 persent van die aarde is onder water. Die
aarde, die derde planeet van die son af, bestaan uit vyf dele: die
atmosfeer van gasse, die vloeibare hidrosfeer (oseane, mere, riviere en
ondergrondse waterbronne), die litosfeer (vaste aardkors), met daaronder
die mantel (warm, vaste stowwe in 'n taai-vloerbare tot soliede toestand)
en in die middel die kern (vermoedelik vloeibaar aan die buitekant, maar
vanweδ die groot drukking met 'n soliede bal van hoofsaaklik yster
daarbinne). Konveksiestrome in die vloeibare buitekern wek waarskynlik die
planeet se massiewe magneetveld op. Die aarde se atmosfeer bestaan
hoofsaaklik uit stikstof (78%) en die lewensbelangrike suurstof (21%), met
ander gasse daarby (1%).
Deursnee: Die
aarde se presiese deursnee is 12 756,34 km by die ewenaar en 12 713,54 km
van pool tot pool. Die onvolmaakte sfeer dy uit by die ewenaar.
Digtheid: 5,52
gram per kubieke sentimeter.
Gemiddelde afstand van die son: 149 600 000
km.
Revolusie om die son: Die
aarde voltooi een omwenteling in 365,256 dae met 'n snelheid van sowat 29,8
km/sek.
Rotasie om sy as: 23
uur, 56 minute, 4,1 sekonde.
Oppervlaktemperatuur: Gemidddeld
14 ░C, maar daar is groot temperatuurwisselings tussen die poolstreke
en omgewing van die ewenaar. Ander faktore, soos koue en warm seestrome,
be∩nvloed ook die temperatuur.
Die aarde se maan
DIE
aarde se enkele maan het 'n deursnee van 3
476 km -- en is so groot in vergelyking met die aarde dat 'n mens die
aard-maan-kompleks eintlik as 'n dubbele planeet kan beskou. Maar waar die
aarde lewend en vrugbaar is, is die maan 'n
luglose verlatenheid, woes en leeg. Die lewelose oppervlak lΩ besaai met
klippe en rotse, wat deur 'n ongekende hoeveelheid botsings met meteoriete
veroorsaak is. Die
maan se digtheid is 3,34 gram per kubieke sentimeter.
Die
snuffeltuig Lunar Prospector het wel tekens van ys (waarskynlik diep
verskuil in donker kraters waar die son nooit kan inskyn nie) by sowel die
maan se suidpool as noordpool gevind. Die oppervlak-swaartekrag op die
maan is maar 'n sesde van diΘ van die aarde, met die gevolg dat 'n mens
daar baie hoδr sal kan spring as hier!
Die
maan wentel een keer om sy as in 27 van ons dae, 7 uur en 43 minute en
voltooi een omwenteling om die aarde in presies dieselfde tyd -- gevolglik
hou die maan altyd dieselfde kant na die
aarde gekeer. Weens die interaksie van die swaartekragte van die twee
hemelliggame word die aarde gerem en draai hy elke eeu sowat 1,5
millisekonde stadiger, terwyl die maan se wentelbaan elke jaar met sowat
3,8 cm gelig word. Die
gemiddelde afstand vanaf die
aarde is 384 403 km. Die maan se omwentelingsnelheid om die aarde
is sowat 3 700 km/h.
Die oppervlaktemperatuur is 127 ░C met die son op sy hoogste in die
hemelruim, afgewissel met 'n vrieskoue
-173 ░C snags (by die ekwatoriale ''seδ'').
Die eerste aardse besoeker aan die maan was die onbemande
Sowjet-ruimtetuig Luna 2 in 1959. Die eerste landing van mense op die maan
was op 20 Julie 1969 deur die Amerikaners Neil Armstrong en Edwin
(''Buzz'') Aldrin. Die laaste menselanding was in Desember 1972. Historiese name van die maan
was Luna (Romeine) en Selene en Artemis (Grieke).
|
|
Mars
met sy roesrooi oppervlak -- die planeet vierde van die son
HOEWEL
daar
onmiskenbare tekens is dat Mars vroeδr in sy geskiedenis warmer as vandag
moet gewees en water in 'n vloeibare vorm gehad het, is hy tans 'n yskoue
woestyn-planeet -- kompleet met uitgebreide stofstorms wat gereeld enorme
geel stofwolke uit sy roeserige (rooi geoksideerde) grond opklits. Daar is
ook wolke van bevrore koolsuurgas en water-ys. Die atmosfeer bestaan
hoofsaaklik uit koolsuurgas, maar die atmosferiese druk op die oppervlak
is min -- slegs gelyk aan diΘ op 'n hoogte van 35 km in die aarde se
atmosfeer. Van die sonnestelsel se hoogste, blykbaar tans onaktiewe,
vulkane kom hier voor. Olympus Mons laat ons berg Everest verdwerg -- hy
is 'n stuk of 25 km hoog en by sy voet meer as 600 km breed. As Olympus
Mons egter op die aarde was, sou hy stellig vanweδ ons groter swaartekrag
na onder toe ingesak het. Marsi Vallas Marineris, 'n massiewe skeur in die
Marsgrond wat die Grand Canyon na 'n vulletjie laat lyk, is omtrent 5 000
km lank. Opvallende wit bedekkings, waarskynlik ys, is by die pole te
sien.
Deursnee: Mars
se deursnee is 6793,3 km by die ewenaar en 6752,2 km van pool tot pool.
Ofskoon die planeet baie kleiner as die aarde is, is sy totale
grondoppervlakte nagenoeg dieselfde as die landoppervlakte op aarde.
Digtheid: 3,94
gram per kubieke sentimeter
Gemiddelde afstand van die son: 227 900 000 km.
Revolusie om die son: Mars voltooi een omwenteling
om die son in 686,98 van ons dae. Sy omwentelingsnelheid
is 24,2 km/h.
Rotasie om sy as: 24,6
van ons ure -- verstommend genoeg is 'n dag op Mars dus omtrent net so
lank as 'n dag op aarde.
Oppervlaktemperatuur: Wissel
met die veranderinge van dag en nag, somer en winter, tussen 17 en -87
░C.
Getal mane: Twee
piepklein maantjies, te wete Phobos (sowat 21 km in deursnee) en Deimos
(net nagenoeg 12 km breed). Hulle is
astero∩de-agtige
voorwerpe vol
kraters -- vermoedelik inderdaad astero∩des
waarvan die wentelbane in die gryse verlede met diΘ van Mars gekruis het
en toe deur die planeet ''gevange geneem'' is.
Oorsprong van naam: Mars was die naam van die oorlogsgod van die
ou Romeine.
Ruimtesendings: Die eerste ruimtetuig wat Mars besoek het, was Mariner
4 in 1965. Etlike ander het gevolg, waaronder Mars 2, die eerste
ruimtetuig wat op die planeet neergestryk het, asook die twee
Viking-landingstuie in 1976. Nß 'n "droogte" van meer as twee
dekades het Mars Pathfinder op 4 Julie 1997 met welslae op Mars geland.
|
|
Jupiter
die reus-- die planeet vyfde van die son
ANDERKANT
Mars raak die sonnestelsel 'n totaal ander plek. Die planete is nie langer
klein, rotsagtige wΩreldjies nie, maar yskoue, gas-agtige reuse wat die
aarde sou verdwerg. Jupiter alleen bevat meer as sewentig persent van al
die planetΩre massa in die sonnestelsel en het 'n swetterjoel mane
waarvan party onder die interessantste voorwerpe in ons relatief nabye
hemelruim tel. Die
grootste planeet in ons sonnestelsel is inderdaad een enorme bol gas.
Sterk winde (vinniger as 650 km/h) waai vermoedelik op alle vlakke deur
die atmosfeer. Die belangrikste atmosferiese gas is waterstof (89%), maar
daar is ook helium (11%) met spore van metaan, waterdamp en ammoniak. Die
gas word ßl digter hoe verder ondertoe, verander weens die geweldige druk
naderhand in 'n vloeistof en neem uiteindelik 'n metaalagtige voorkoms
aan. Die kern in die middel kan van soliede, aardagtige stowwe wees. 'n
Belangrike verskynsel op Jupiter is die Groot Rooi Kol, 'n kolkende hoδdrukgebied
van 12 000 km by 25 000 km wat teen die horlosiewysers in beweeg en
vermoedelik rooi fosfor bevat.
Deursnee: 139
822 km.
Digtheid: 1,33 gram per kubieke
sentimeter.
Gemiddelde afstand van die son: 778 400 000 km.
Revolusie om die son: Een omwenteling in 11,9 van ons jare met 'n
omwentelingsnelheid van 13,1 km/sek.
Rotasie om sy as: Jupiter draai vinniger om sy as as enige
ander planeet in die sonnestelsel -- een keer elke 9,8 uur.
Temperatuur:
-125
░C tot 17
░C en selfs warmer in sekere lae van die atmosfeer.
Trouens, Jupiter straal meer energie in die ruimte uit as wat hy van die
son af ontvang.
Getal mane: Jupiter het in April 2003 altesaam 60 ontdekte
satelliete gehad -- die vier groot mane wat die Italiaanse wetenskaplike en
sterrekundige Galileo Galilei al in 1610
met sy teleskopie ontdek het, 23 kleineres wat reeds name gekry het, plus
nog 'n string ongenoemde kleintjies wat eers heel onlangs in sterrekundige
waarnemings opgespoor is. Die jongste inligting oor hulle kan gevind word
by die webwerf van Scott
Sheppard. Jupiter het ook ringe soos diΘ van
Saturnus, maar hulle is baie dowwer en kleiner.
Hulle bestaan waarskynlik uit klein stukkies gruis. Anders as Saturnus se
ringe lyk dit of hulle geen ys bevat nie.
Oorsprong van naam: Jupiter, die seun van
Saturnus, was die koning van die gode in die Romeinse mitologie
Ruimtesendings: Pioneer 10 was in 1973 die
eerste ruimtetuig wat Jupiter besoek het. Hy is gevolg deur Pioneer 11,
Voyager 1, Voyager 2 en Ulysses. Die Galileo is in 1995 in die
Jupiter-sisteem in 'n wentelbaan geplaas.
|
|
Saturnus
met sy aanskoulike ringe -- die planeet sesde van die son
SATURNUS
is, nß Jupiter, die grootste planeet in die sonnestelsel. Hy is,
net soos Jupiter, 'n gasreus. Die massa van Saturnus is so oor die planeet uitgesprei dat hy 'n geringer digtheid as water het. Hy sou dus op
water kon dryf! Saturnus is omtrent 75% waterstof en 25% helium, met
spore van onder meer water, metaan en ammoniak. Maar dit is Saturnus se
skitterende ring-sisteem wat hom die aanskoulikste planeet deur 'n
teleskoop maak. Die ringe -- plat uitgespreide ysdeeltjies wat om die
planeet wentel -- is die eerste keer in 1610 deur Galileo Galilei
waargeneem. DiΘ Italiaanse wetenskaplike het eers gedink dat hy mane
ontdek het. Die Nederlandse sterrekundige Christiaan Huygens het later, met sy beter
teleskoop, vasgestel dat dit ringe om die planeet is. Drie ringe kan van
die aarde af waargeneem word, maar toe die Voyager-snuffeltuie in 1980 en
1981 by Saturnus verbygetrek het, het hulle onthul dat die
ring-sisteem inderdaad uit honderde ringetjies bestaan. Dit het geblyk dat
die ringe baie dun is -- nie eens 'n kilometer dik nie. Die ring-deeltjies
bestaan blykbaar meestal uit water-ys, maar daar kan ook gruis wees wat
met ys bedek is. Dit kan die oorblyfsels van mane
wees wat deur kosmiese kragte uitmekaargeruk is, of dalk ruimtestof wat
nog nie bymekaargekom het om 'n maan of mane te vorm nie.
Deursnee: 120 536 km
(ekwatoriaal) en 108,728 km (van pool tot pool). Die gasplaneet is baie
afgeplat by die pole vanweδ sy vloeibaarheid en vinnige rotasie.
Digtheid: 0,69 gram per kubieke sentimeter.
Gemiddelde afstand van die son: 1 429 400 000 km.
Revolusie om die son: Een
revolusie in 29,46 aardse jare. Omwentelingsnelheid:
9,7 km/sek.
Rotasie om sy as: Een rotasie in 10
uur, 14 minute.
Temperatuur: 'n Vrieskoue -185 ░C. Die
planeet se binnekant is egter baie warm en Saturnus straal meer energie in
die ruimte uit as wat hy van die son af ontvang.
Getal mane: Saturnus het, benewens sy ringe, ook agttien
genoemde satelliete, plus dertien nog ongenoemdes wat maar onlangs eers
ontdek is. Die groot maan Titan is 5150
km in deursnee en groter as die planeet Mercurius.
Hy is uniek deurdat hy, anders as al ander die mane in die sonnestelsel,
'n beduiende atmosfeer het.
Oorsprong van naam: In
die Romeinse mitologie
was Saturnus die god van landbou, asook die pa van Jupiter, die koning van
die gode.
Ruimtesendings: Die Pioneer 11 en die
Voyager-sendings het belangrike inligting, ook oor Saturnus se ringe,
verskaf. Veel meer word egter verwag van die Cassini, wat in 1997
deur NASA gelanseer is om in 2004 by Saturnus aan te kom en ondersoek in te stel na
die ringplaneet en sy
mane. Die Europese ruimtevaartagentsap, die ESA, is ook by die projek betrokke en het
vir die maanverkenner Huygens gesorg. Die plan is dat die Huygens van die Cassini af
gelanseer moet word om op die Saturnus-maan Titan te land en sy atmosfeer te
ondersoek.
|
|
Uranus
die gekantelde wΩreld -- die planeet sewende van die son
URANUS,
die eerste planeet wat in die modern tyd gevind is, is in 1781
ontdek deur die Duits-gebore Engelse sterrekundige William Herschel terwyl
hy besig was om die hemelruim stelselmatig met sy teleskoop te deursoek.
Die planeet was in der waarheid egter reeds baie kere vantevore
waargeneem, maar ge∩gnoreer omdat hy as net n≤g 'n ster beskou is. Soos
Saturnus en Jupiter is Uranus 'n gasreus, ofskoon hy twee keer so klein as
Saturnus is. Uranus bestaan primΩr uit gesteentes en
verskillende soorte ys, met slegs sowat 15% waterstof en 'n bietjie helium
(teenoor Jupiter en Saturnus wat meestal uit waterstof bestaan). Die
atmosfeer is sowat 83% waterstof, 15% helium en 2% metaan. Dit is juis
hierdie metaan wat die planeet so blou laat vertoon, vanweδ die absorpsie
van rooi lig. Uranus beskik ook oor 'n vae
ring-sisteem, wat van die aarde af nie goed sigbaar is nie. Maar dit is
iets anders wat Uranus heel besonders maak. Die planeet wentel naamlik op
sy sy om die son -- sy as met sowat 90 grade gekantel. Die gevolg is dat
die planeet met sy pole na die son gekeer is. Desondanks is dit warmer by
die ewenaar as by die pole. Hoekom dit so is, bly nog 'n raaisel.
Deursnee: 51 800 km.
Digtheid: 1,29 gram per kubieke sentimeter.
Gemiddelde afstand van die son: 2 870 990 000 km.
Revolusie om die son: Een keer in 84,01 aardse jare.
Die omwentelingsnelheid is 6,6km/sek.
Rotasie om sy as: Een draai in 17 uur, 15
minute.
Temperatuur: Gemiddeld -221 ░C
bokant die wolke.
Getal mane: Uranus het twintig mane met name, plus een wat
onlangs ontdek is en nog nie 'n amptelike naam gekry het nie. Voyager 2 het
in 1986 tien klein maantjies gevind, benewens die vyf grotes wat toe reeds
bekend was. Daar is waarskynlik nog verskeie klein satellietjies binne die
ringe van die planeet. Die vreemdste Uranus-maan is Miranda, wat soos
'n legkaart lyk wat uitgelΩ is. Miranda se landskappe varieer sterk en
steek teen mekaar af. Uranus het, sover bekend, elf ringe, wat almal baie dof
is.
Oorsprong van naam: Uranus was die mitologiese
Griekse god van die lug. Hy was die man van Gaia, die godin van die vaste
aarde. Die naam is vir die planeet voorgestel om te hou by die ou
gebruik om planete na figure in die klassieke mitologie te noem, maar dit
is eers sedert 1850 algemeen gebruik.
Ruimtesendings: Uranus is nog net deur een snuffeltuig besoek,
naamlik Voyager 2 vroeg in 1986.
|
|
Neptunus
die windverwaaide wΩreld -- die planeet agtste van die son (maar
soms die negende; Pluto se wentelbaan is naamlik so eksentriek dat hy
partymaal die wentelbaan van Neptunus kruis sodat laasgenoemde dan 'n paar
jaar lank die mees afgeleδ planeet is. Die "kruising" van die
wentelbane van die twee planete beteken egter nie dat hulle letterlik
kruis en dalk eendag in 'n botsing kan kom nie.) NEPTUNUS
is ook 'n groot gasplaneet, maar sy kern bevat
meer gesteentes en metaal as enige van die ander gasreuse. Die vernaamste
atmosferiese gas is waterstof, maar daar is ook helium en metaan, met
spore van ammoniak en water. Die kenmerkende blou kleur van Neptunus word
veroorsaak deur die absorpsie van rooi lig deur die metaan in die
atmosfeer. Waarneembare wit deeltjies op die blou is hoogliggende wolke
wat die sonlig bokant die atmosfeer weerkaats. Die sogenaamde ''Scooter''
is 'n wolk wat, in pas met Neptunus se rotasie, nagenoeg elke 16 uur om
die planeet beweeg. Die planeet se weerkaatsingsvermoδ is hoog: hy
weerkaats meer as 84% van die lig wat op hom val. Neptunus het sterker
winde as enige ander planeet in die sonnestelsel. Die winde (van tot 2 400
km/h) waai in 'n westelike rigting. Dis 'n ope vraag waarom die planeet
sulke sterk winde het ondanks die feit dat hy so ver van die son af is en
'n betreklik swak interne hittebron het. Soos
Uranus en Jupiter het Neptunus ook dowwe ringe, maar
hul samestelling is onbekend. Die planeet is die eerste keer in 1846
waargeneem.
Deursnee: 49 532 km (ekwatoriaal).
Digtheid: 1,64 gram per kubieke sentimeter.
Gemiddelde afstand van die son: 4 504 000 000 km.
Revolusie om die son: Voltooi een omwenteling in164,79
van ons jare met 'n omwentelingsnelheid is 5,4 km/sek.
Rotasie om sy as: Een keer elke 16 uur.
Temperatuur:
-218 ░C.
Getal mane: Elf mane is bekend -- agt wat name het en drie
ongenoemdes wat onlangs ontdek is. Die grootste Neptunus-maan
is Triton, met 'n deursnee van 2700 km. Daar is ook dowwe ringe.
Oorsprong van naam: Die planeet Neptunus was nie bekend aan die
antieke sterrekundiges nie, wat net die planete tot by Saturnus geken het.
Die naam is voorgestel om te hou by die ou
gebruik om planete na figure in die klassieke mitologie te noem. Neptunus
was vir ou Romeine die god van die see.
Ruimtesendings: Die planeet Neptunus is nog net deur een snuffeltuig besoek,
te wete Voyager 2, wat in Augustus 1989 by hom verbygeskuur het -- op die
naaste slegs sowat 4400 km van die planeet af.
|
|
Pluto
doer ver -- die planeet negende van die son
(maar soms die agtste; Pluto se
wentelbaan is naamlik so eksentriek dat hy partymaal die wentelbaan van
Neptunus kruis sodat laasgenoemde dan 'n paar jaar lank die mees afgeleδ
planeet is. Die "kruising" van die wentelbane van die twee
planete beteken egter nie dat hulle letterlik kruis en dalk eendag in 'n
botsing kan kom nie.) IS
Pluto 'n volwaardige planeet of hoort hy eerder tuis onder die
mini-voorwerpe van die sonnestelsel soos die astero∩des
en die komete? Die debat hieroor het 'n tyd gelede
weer opgevlam, maar dit lyk of hy nogtans sy status as planeet sal behou,
al is dit net om historiese redes. Pluto is so onlangs as 1930 ontdek,
maar aanvanklik is gedink dat hy veel groter is as wat hy is -- die rede
was blykbaar omdat hy en sy enkele maan, Charon, tot in 1978 nog as een
ruimtelike voorwerp beskou is. Met 'n deursnee van slegs 2274 km is Pluto egter kleiner as die aarde se maan. Hy het klaarblyklik
veel meer rotsagtige gesteentes as die ander buiteplanete in ons
sonnestelsel. Daarby het hy 'n baie dun atmosfeer van waarskynlik metaan.
Die atmosferiese druk is slegs sowat een 100 000ste van die druk by
seevlak op die aarde. Daar is ligte verskuiwende streke van vermoedelik
verysde stikstof en donker dele van vermoedelik metaan-ys. Sekere sterrekundiges reken Pluto was eenmaal 'n maan van Neptunus, wat weens 'n
botsing met 'n ander ruimtelike voorwerp in 'n nuwe wentelbaan om die son
uitgewerp kon gewees het. Die maan Charon sou 'n samestelling kon wees van ligter
rommel wat deur diΘ botsing ontstaan het. Daar is egter ook ander
teorieδ oor Pluto.
Deursnee: 2274 km.
Digtheid: 2,03 gram per kubieke sentimenter.
Gemiddelde afstand van die son: 5 913 520 000 km. Pluto is so ontsaglik ver in
die diepruimte dat die son daar soos net nog 'n helder ster sal lyk.
Revolusie om die son: Een omwenteling in 247,7
van ons jare. Die omwentelingsnelheid is 4,74 km/sek.
Rotasie om sy as: Een draai in 6,39
van ons dae.
Temperatuur:
-223 tot -233 ░C.
Getal mane: Een is bekend -- die maan Charon. Hy wentel 19640 km
van Pluto af en het 'n deursnee van 1172 km. Dit lyk of sy oppervlak met
water-ys bedek is en hy is in diΘ opsig dus heel anders as Pluto. Charon
voltooi een omwenteling om Pluto in 6,39 aardse dae. Die groot
interessantheid is dat hy, presies nes Pluto self, ook in dieselfde tyd --
6,39 aardse dae -- om sy eie as wentel. Die gevolg is dat Charon en Pluto
altyd dieselfde kante na mekaar toe gedraai hou.
Oorsprong van naam: Die planeet Pluto was nie aan die antieke
sterrekundiges bekend nie. Hy is in die moderne tyd genoem na Pluto, die
mitologiese Griekse god van die onderwΩreld Hades. Die maan Charon is
weer genoem na die veerman wat die dooies
oor die
rivier Styx na Hades sou gebring het.
Ruimtesendings: Geen
ruimtesendings is nog na die verafgeleδ Pluto onderneem nie. En die
wentelende Hubble-ruimteteleskoop kan ons slegs 'n baie dowwe beeld van
die planeetjie bied.
|
|
|