Benewens
die son
en
die planete
wat om die son wentel -- en die planete se mane wat om die
planete self draai -- bestaan die sonnestelsel ook nog uit astero∩des,
komete en meteoorstene, asook tussenplanetΩre stof (Engels
"dust") en gas...
ASTERO∩DES
DAAR
is 'n groot menigte rotsagtige en metaalagtige voorwerpe wat wel om die
son draai, maar te klein is om as volwaardige planete beskou te word.
Hierdie voorwerpe word astero∩des of kleiner planete genoem. Hulle kom veral tussen die bane van die planete Mars en Jupiter
voor. Daar kan tot meer as 300 000 astero∩des wees, wat in deursnee wissel van Ceres
(1000 km) tot mikroskopiese gruis. Hul vorms kan baie onreδlmatig wees,
soos die een op die FOTO LINKS. Sekere astero∩des beweeg in eksentrieke wentelbane wat
hulle nader aan die son bring.
Volgens
een teorie is astero∩des
dalk die oorblyfsels van 'n planeet wat lank gelede deur 'n kataklismiese
botsing verwoes is. Dis egter waarskynliker dat astero∩des bloot los
hompe ruimtemateriaal is wat in die eerste plek nooit tot 'n planeet
verenig het nie. Trouens, daar is reeds bereken dat, as al die astero∩des
tot een liggaam saamgepers sou kon word, diΘ liggaam minder as die helfte
van die deursnee van die aarde se maan sou hΩ.
METEOORSTENE,
METEORE EN METEORIETE
KLEINER
liggaampies wat om die son wentel, word
meteoro∩des of meteoorstene
genoem. Party bots met die aarde en verskyn in die naghemel as ligblitse,
sogenaamde meteore, wat ons as "verskietende sterre" ken. Hulle
is so klein -- baiemaal net so
tussen 'n millimeter en 'n sentimeter breed
-- dat hulle feitlik summier in ons suurstofryke atmosfeer uitbrand.
Maar die
groter stukke wat wel op die aarde val, word meteoriete genoem wanneer ons
hulle optel [FOTO
LINKS].
Massiewe
blokke van derduisende tonne het wel al die aarde getref, maar 'n sigbare
meteoriet is gewoonlik bloot 'n ''klippie''.
'n Meteoor
of "verskietende ster" [FOTO REGS] kan beweeg met 'n snelheid van 10 tot 'n
duiselingwekkende 71 kilometer per sekonde -- omgereken sou hy dan in 3,8
minute reg om die aarde kon beweeg het.
Meteore
sorg dat die aarde daagliks met meer as honderd ton ruimtemateriaal
gebombardeer word, maar gelukkig brand die meeste daarvan betyds weg
voordat dit ons koppe tref! Die swaarste meteoriet wat nog gevind is --
Hoba in Namibiδ -- het 'n massa van sestig ton.
Sekere
konsentrasies van tussenplanetΩre voorwerpies en stof ("dust")
kan die nalatenskap van komete wees. Daar
is 'n sogenaamde meteoorstorm wanneer die aarde deur 'n groot klomp van die
deeltjies beweeg. Meteoorstene kan egter ook van elders af kom, soos van
planete en astero∩des. Botsings van verskillende hemelliggame het veral in
die verlede baie stukke en brokke in die ruimte laat uitskiet, wat steeds in
die aarde se dampkring kan beland.
S≤ was daar 'n paar jaar gelede groot opwinding toe sekere Amerikaanse
wetenskaplikes aangevoer het dat hulle tekens van primitiewe lewe ontdek het
in 'n meteoriet wat oorspronklik 'n deel van die planeet Mars was. Mars is
in die gryse verlede deur 'n groot ruimtelike voorwerp getref en daar word
gereken dat brokstukke van Mars ook as meteoriete op die aarde beland het.
Die meeste wetenskaplikes het egter diΘ bekendmaking van 'n buite-aardse
lewensvorm met 'n knypie sout geneem. Wat na oorblyfsels van lewe in die
meteoriet lyk, is bes moontlik die reste van 'n chemiese of fisiese werking.
KOMETE
ò
KYK ook by "Kort Begrip": KOMETE
KOMETE is basies
vuil
"sneeuballe" -- saamgekoekte stof en bevrore gasse en sowat vyf
tot tien kilometer breed. Baie komete beweeg in sulke verafgeleδ
wentelbane om die son dat hulle deur sterre versteur kan word om nuwe
wentelbane te volg wat hulle na die binnedeel van die sonnestelsel bring. Komete
is net sigbaar wanneer hulle digby die son is. Namate
'n komeet die son nader, stel hy stof en gasse vry om 'n
skouspelagtige koma en stert te vorm soos op die
FOTO REGS.
Die
koma is 'n newelmassa wat om die komeet se kern ontstaan, en die stert,
wat ook 'n roei genoem word, kan miljoene kilometers lank wees.
Verdampende gasse met vaste deeltjies daarin word deur die sonwind
weggedruk, sodat die stert altyd weg van die son af uitgestrek lΩ.
Komete
kan soms onder die invloed van die reuse planeet Jupiter se swaartekrag
heelwat kleiner wentelbane aanneem. Die beroemdste van diesulkes is Halley
se komeet, wat elke 75 jaar na die binnedeel van die sonnestelsel
terugkeer. Hy was in 1986 laas hier.
In
1994 het brokstukke van die komeet Shoemaker-Levy 9 die digte atmosfeer
van Jupiter met snelhede van sowat 210 000 km/h gepeper. Toe hulle teen
die planeet gebots het, is vuurballe groter as die aarde deur die massiewe
ontploffings geskep.
Terwyl
party komete met gereelde tussenpose kom en gaan, is daar ander wat
verdwyn en nooit weer gesien word nie. Kort voor die jongste eeuwisseling
was byna 900 komete reeds gekatalogiseer en hul wentelbane ten minste
ruweg bereken. Van hulle is meer as 180 periodieke komete (met
omwentelingstye van minder as 200 jaar). Sekeres van die res is
ongetwyfeld ook periodieke komete, maar hul omwentelingstye is nog nie
sekuur genoeg bereken sodat ons vir seker kan weet nie.
Sommige
van die astero∩des waarvan die wentelbane diΘ van die aarde kruis, kan
moontlik die rotsagtige oorblyfsels van uitgebrande komete wees.
TUSSENPLANET╩RE
STOF
DAAR
is vasgestel dat drie ringe van tussenplanetΩre stof ("dust")
om die son wentel. Een van hulle, wat tussen Mars en Jupiter voorkom, is
lank reeds bekend. Die ander twee ringe, waarvan die een slegs twee
sonbreedtes van die son af lΩ en die ander een in die omgewing van die
astero∩des is, is in 1983 ontdek.
|