____________________________________________________________

 

Wonder van die skroeiende son

 

Haal die son uit ons lewens uit en wat bly oor? Dood. Geen plant, geen dier, geen mens of mikrobe of enige ander vorm van lewe nieà net 'n onherbergsame, bevrore aarde wat deur die oneindigheid wentel in 'n star en ewige nag waarin slegs verafgeleδ sterre flikkerà

____________________________________________________________

 

DIE son is so belangrik in ons bestaan dat sekere mense in die antieke tyd hom as die hoofgod van die gode beskou het. Hy is dan ook verreweg die grootste hemelliggaam in ons sonnestelsel en bevat 99,8 persent van die totale massa van ons familie van planete,     komete en ander ruimtelike voorwerpe.

 

Maar in die ruimte is hy 'n taamlik algemene soort ster, straks selfs 'n bra onopsigtelike enetjie onder die bonte gewemelte van sterre in ons sterrestelsel. Sy deursnee is nietemin 'n reusagtige 1 390 000 km. Vergelyk dit met die nietige sowat 1600 km wat die Kaap en Johannesburg van mekaar skei.

 

Trouens, die son het sowat 1,3 miljoen keer die aarde se volume en sowat 300 000 keer ons planeet se massa. Om 'n beter denkbeeld van die verskil te vorm: as hierdie gloeiende gasbol 'n deursnee van 20 cm gehad het, sou die aarde omtrent so groot soos 'n peperkorrel gewees het!

 

Die krag van die son word deur kernfusie opgewek. Waarop dit neerkom, is dat hy 'n ontsaglike waterstofbom is, wat nie na buite uitplof nie, maar weens sy geweldige swaartekrag gedurig op homself inplof. Hy bestaan meestal uit die gas waterstof, waarvan 700 000 000 ton elke sekonde in die gas helium en energie omskep word.

 

Tans bevat die son sowat 71 persent waterstof en 27 persent helium, terwyl alles anders sowat 2 persent van sy massa vorm. Maar die kern van hierdie hemelbol van gasse is, verbasend genoeg, baie digter as wat kwik of lood op aarde is. Dis weens die enorme drukking in die kern.

 

Amerikaanse sterrekundiges het 'n aantal  jare gelede berig dat hulle selfs water op die son gevind het. Die water, in die vorm van superverhitte stoom, is in twee sonvlekke waargeneem waar die oppervlak-temperatuur 'n paar duisend grade koeler was as normaalweg. Die son se gemiddelde oppervlak-temperatuur is ongeveer 6000 grade C en die temperatuur by sy kern 'n alles versengende sowat 16 000 000 grade.

 

Maar hoewel die mens in die afgelope dekades baie van die raaisels van die ruimte opgelos het, skuil daar vir ons steeds tergende geheime in die son se chaotiese kernoond.

 

Die son het teen die eeuwisseling een van sy periodieke onstuimige tye binnegegaan, iets wat nagenoeg elke elf jaar gebeur. Foto's wat na die aarde gesein is, onthul tonge en slierte gloeiende elektromagnetiese gasse wat honderdduisende kilometers bokant die oppervlak uitrol. Hier bots hulle teen mekaar om massiewe ontploffings te veroorsaak.

 

Die menseverstand kan hom kwalik indink hoeveel energie hierby betrokke moet wees. En, treffend soos hulle is, kan selfs die ordelose aksietonele wat deur teleskope op foto's vasgevang is, nooit reg laat geskied aan die skaal en geweld van die verblindende skouspel nie.

 

Feite oor die son

 

ò   Historiese name: Helios (Grieke) en Sol (Romeine).

 

ò   Deursnee: 1 390 000 km (son se bal van gloeiende gasse sou meer as 'n miljoen aardes kon insluk).

 

ò   Gemiddelde afstand van die aarde af: 149 600 000 km.

 

ò   Samestelling: 71% waterstof, 27% helium, 2% swaarder elemente soos suurstof, koolstof, stikstof, neon en ander (bronne verskil egter nog ietwat oor presiese samestelling).

 

ò   Een draai om sy as: 25,4 aardse dae by die ewenaar; 36 aardse dae by die pole (omdat die son 'n enorme gasbol is, draai hy nie oral ewe vinnig nie).

 

ò   Temperatuur: Uiters warm in die kern, glad nie so warm op die sigbare oppervlak nie, maar dan weer warmer na buitentoe (presiese redes vir ekstra hitte in die stralekrans steeds onbekend).

 

ò   Temperatuur in die kern: 16 000 000 grade C; fotosfeer (sigbare oppervlak): 6 000 grade C; chromosfeer (net bokant die sigbare oppervlak): 30 000 grade C; korona (stralekrans): 1 000 000 grade.

 

ò   Energieskepping: Elke sekonde word baie miljoene ton waterstof deur kernfusie omskep in helium en energie in die vorm van gammastrale. Die energie is die ekwivalent van honderdduisend miljoene waterstofbomme wat per sekonde ontplof.

 

ò   Toestand in die kern: 'n Drukking van 250 duisend miljoen atmosfere en 'n digtheid 150 maal die digtheid van water.

 

ò   Uitstralings (benewens lig en hitte): Daar is 'n kragtige magneetveld wat strek tot ver anderkant ons verste planeet, Pluto, asook die sonwind, 'n stroom gelaaide atoomdeeltjies (meestal elektrone en protone) wat teen sowat 450 km/h regdeur die sonnestelsel ''waai''. Die sonwind veroorsaak die skouspelagtige suider- en noorderligte by die aarde se pole.

 

Kan die son uitbrand? Wetenskaplikes sΩ daar is genoeg waterstof in die son om nog 4,5 duisend miljoen jaar aan te hou skyn soos nou. 'n Ster soos die son se uiteinde sou wees om mettertyd tot 'n groot rooi reus uit te dy (wat selfs die aarde sou insluk) en dan te krimp tot  'n wit dwergster omtrent so groot soos die aarde.

 

Die wonder van die reδnboog

 

ò   DIE lig wat ons van die son kry, het besondere eienskappe. Benewens die feit dat dit die hele atmosfeer van die aarde verwarm, verskaf dit ook die energie waarmee plante hul eie kos maak. S≤ sorg lig ook vir die kos wat ons eet.

 

Sonlig lyk ''wit'', maar eintlik is dit uit verskillende kleure saamgestel. Hierdie kleure is rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en violet. Saam vorm hulle 'n band wat die spektrum genoem word en hulle is altyd in dieselfde volgorde.

 

Jy kan die volgorde onthou deur aan die volgende sin te dink en dan die beginletters van die woorde saam te voeg: ''R-aai O-f GE-rt GR-oenewald B-aie I-voor V-ersamel.'' Eng.: ''R-ichard O-f Y-ork G-ained B-attles I-n V-ain''.

 

'n Reδnboog is een van die verrassendste en pragtigste weerverskynsels, maar dit gaan ook baie vinnig verby. Dit word veroorsaak deur die son se strale op reδndruppels. Elke druppeltjie water breek die wit sonlig in sy verskillende kleure op.

 

Op 'n helder, sonnige dag kan jy jou eie reδnbogie met 'n tuinslang maak. Maak die kraan wyd oop, en druk met jou duim op die bek van die tuinslang om die water in duisende fyn druppeltjies te versprei. 'n Reδnbogie word gevorm wanneer die druppeltjies soos reδn ondertoe val. Om die reδnboog te sien moet jy met jou rug na die son toe staan.

 

Wat ons 'n ''reδnboog'' noem, is in werklikheid 'n ''reδnsirkel''. Op die grond kan 'n mens net 'n deel daarvan sien. Mense in 'n vliegtuig kan die hele sirkel sien.

 

Weerkaatsing

 

ò   NOG 'n eienskap van lig is dat dit slegs langs reguit lyne beweeg. Maar hoewel ons nie om 'n hoek kan sien nie, kan lig tog wel van oppervlakke af terugkom, byna soos 'n bal wat van 'n muur af terugspring. Dit word weerkaatsing genoem.

 

Spieδls weerkaats lig, en wit papier ook. Jy sien die woorde op hierdie skerm omdat lig van die skerm af na jou oδ weerkaats word. Selfs die maan werk soos 'n reuse spieδl wat lig wat van die son af kom, weerkaats.

 

Elektrisiteit en tydmeting met sonlig

 

ò   SONLIG is vir ons 'n onuitputlike bron van energie. Van hierdie energie kan elektrisiteit verkry word, soos inderdaad by sonkragsentrales gedoen word. Reuse spieδls vang die sonlig op om water te verhit en in stoom om te skakel. Die stoom laat turbines draai om elektrisiteit op te wek.

 

Die son kan ook gebruik word om tyd te lees. Die instrument waarmee dit gedoen word, word 'n sonnewyser genoem -- die eerste instrument in die geskiedenis van die mens wat tyd aangedui het. Sonnewysers is trouens reeds deur die ou Egiptenare, Chaldeδrs en Hebreδrs gebruik.

 

___________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

___________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan