__________________________________________________________________
Voort na
die sterre...
Sterre is gloeiende sonne wat vanself lig uitstraal.
En, anders as ons buurplanete in ons eie sonnestelsel, is hulle ondenkbaar ver.
Dink byvoorbeeld aan ons son as die punt aan die einde van
hierdie sin. Dan is die volgende naaste son 'n soortgelyke punt meer as vyftien
kilometer hiervandaan. Maar op ons skaal lΩ ook ander sulke ligpuntjies op
afstande van miljoene kilometers! Reis nou saam deur die onmeetlike leegtes tot
by die verste sterre in die sigbare heelal -- om uiteindelik te besef hoe yl
gesaai hierdie sonne is en hoe bloedmin ons nog werklik van hulle weet....
__________________________________________________________________
òáá OP 'n
wolklose, maanlose nag sien 'n mens 'n strook dowwe lig wat die donker
hemelruim daarbo oorspan -- die glimmende hemelstraat wat ons as "die
Melkweg" ken.
Hierdie Melkweg is een enorme groot familie van
miljoene en miljoene sterre waartoe ook ons eie son en sy gesin van planete,
ens. behoort. S≤ 'n reuse familie word 'n sterrestelsel genoem, maar
sterrekundiges verkies die naam galaktika, omdat 'n "stelsel" volgens
hul terminologie eintlik iets anders is.
Ons hou egter maar by die woord sterrestelsel. Dis
die bekende woord en 'n mens sal maar eers moet kyk of die naam galaktika ook
in die taal van die leke sal posvat!
Die Melkweg is net een van 'n geskatte 100 000
miljoen sterrestelsels, wat elk uit baie miljoene sterre en newelvlekke
bestaan.
Sterrestelsels het verskillende fatsoene. Die Melkweg
en sy naaste groot buurman, die sterrestelsel Andromeda, is spiraalvormig. (Van
die aarde af sien ons egter nie die Melkweg se spiraal nie, want ons bekyk ons
eie sterrestelsel van die sykant af).
Party spiraalsterrestelsels het as't ware 'n
"staaf" van sterre en gas wat deur die middel daarvan loop, en hulle
word dus staafspirale genoem.
Ander sterrestelsels is weer ellipties. DiΘ is onder
die grootstes in die heelal. Nog ander het geen definitiewe vorm nie en word
bloot onreδlmatige sterrestelsels genoem. Hulle is gewoonlik klein.
Die Melkweg strek 100 000 ligjare ver van die een
kant tot by die ander en is 10 000 ligjare diep. Die menseverstand kan sulke
afstande moeilik begryp. Lig trek so vinnig dat dit binne een sekonde meer as
sewe keer om die aarde kan blits, maar dit het derduisende jare nodig om maar
net in ons eie sterrestelsel te versprei!
Hoe is die Melkweg saamgestel? Daar word gemeen dat
die oupas onder die sterre in die middel is, terwyl die jonger sterre die
uitkrullende arms van die spiraal vorm. Die son, wat een van sowat 100 000
miljoen sterre in ons sterrestelsel is, lΩ in 'n vertakking van een van die
arms, omtrent twee derdes van die middelpunt af.
Die naaste bure van die Melkweg is die twee kleiner
sterrestelsels wat die Magellaanse Wolke genoem word. Aangesien hulle by die
Kaap die Goeie Hoop met die blote oog gesien kan word en soos dowwe wolke lyk,
word hulle ook die Kaapwolke of Kaapse Wolkies genoem.
Groot buurman Andromeda lΩ twee miljoen ligjare ver.
Sterrestelsels kom in groepe voor. Die Melkweg en
Andromeda, plus sowat dertig ander sterrestelsels, vorm saam wat bekend staan
as die Plaaslike Groep. Maar ons groep is klein in vergelyking met ander groepe
wat meer as 2 500 sterrestelsels kan bevat. Sulke groepe word swerms en
partykeer superswerms genoem.
á
òáá AS jy op
'n wolklose aand die sterre mooi bekyk, sal jy sien dat hulle nie dieselfde lyk
nie. Sekeres is nie net helderder as die ander nie, maar hul kleure verskil
ook. Die helderheid hang af van hul grootte, hittegraad en afstand van die
aarde; die kleurverskille -- rooi, geel, blouwit -- hou verband met hul
temperature.
Sterre het eenderse lewenslope. 'n Ster begin as 'n
wolk van gas en stof, verbruik dan energie en gee lig en hitte af, en op die ou
end sterf hy.
Van die skouspelagtigste voorwerpe wat al deur middel
van teleskope afgeneem is, is die dik wolke van glimmende gas en stof wat
tussen die sterre versprei lΩ. Hierdie wolke word newelvlekke genoem. Hulle is
sigbaar wanneer die gas gloei of as die stof die lig van nabygeleδ sterre
weerkaats.
'n Ster word gebore uit 'n newelvlek wat begin krimp.
Die stof en gas word deur swaartekrag saamgetrek om 'n bal te vorm wat in die
kern verdig en uiters warm word. Uiteindelik word kernreaksies in die kern aan
die gang gesit en die gas begin gloei. Lig en hitte word uitgestraal. 'n Ster
is gebore.
Een van die bekendste newelvlekke is die Groot
Newelvlek in Orion. 'n Groot aantal sterre is waarskynlik besig om daar
gestalte te kry. Nog 'n beroemde newelvlek is die Krap, s≤ genoem omdat dit --
deur die teleskope van die 19de eeu bekyk --- aan 'n krap herinner het. Vandag
lyk dit egter nie soos 'n krap nie.
á
òáá OP 4 Julie
1054 het Chinese en Koreaanse sterrekykers 'n nuwe helder ster in die
konstellasie van die Bul (of Stier) gewaar. Hulle het nie besef dat hulle besig
was om een van die mees dramatiese gebeurtenisse van die hemelruim te aanskou
nie -- die ontploffing van 'n ster.
'n Ontploffende ster, ook supernova genoem, is baie
helderder as enige ander ster en kan partykeer selfs in die dag gesien word.
Die skouspel van die jaar 1054 het net 21 maande
geduur, maar die oorblyfsels van die ontploffing kan vandag steeds gesien word
in die helder gaswolk wat as die Krap-newelvlek bekend staan.
Net voor die vorige dekade, in 1987, was daar groot
opgewondenheid onder sterrekundiges oor 'n nuwe supernova aan die suiderhemel
-- die helderste soortgelyke ontploffing sedert 1604. In sterrestelsels soos
die Melkweg is daar wel nagenoeg elke dertig jaar 'n supernova, maar sowat vier
in duisend jaar word met die blote oog gesien.
Waarom sterf party sterre dan met so 'n verskriklike
knal? Wetenskaplikes reken dit hou verband met 'n versteuring van die ewewig
tussen 'n ster se swaartekrag en die intense energie in sy kern. Alle sterre
ontplof egter nie aan die einde van hul dae nie. Dit lyk eerder of ons eie son
in die verre toekoms kan uitbrand as dat hy ooit kan ontplof.
Maar in die hemelruim is elke dood die voorspel tot
'n geboorte, want die puin van die supernovas is ook die boustof vir nuwe
sterre.
á
òáá DIE eerste
pulsar (neutron-ster) is in 1967 met 'n radioteleskoop ontdek. Pulsars is
vermoedelik die oorblyfsels van supernovas -- klein, uiters kompakte liggame
waar die protone en elektrone in die dooie ster se kern saamgepers is en
neutrone gevorm het.
Geleerdes reken 'n neutron-ster se deursnee kan
slegs10 tot 150 km wees, maar sy digtheid is absoluut verstommend: Een eetlepel
van sy stof kan honderde miljoene tonne weeg!
Voorts roteer hierdie pulsars (pulserende sterre)
ongelooflik vinnig. Hulle stuur flitse van radiogolwe uit, byna soos
hiperaktiewe "ligtorings" in die ruimte. Daar is 'n neutron-ster in
die middel van die Krap-newelvlek, wat deur die supernova van die jaar 1054
veroorsaak is. DiΘ neutron-ster tol steeds dertig keer per sekonde in die
rondte!
Voordat die geleerdes vasgestel het waar hierdie
radioseine klaarblyklik vandaan kom, is ernstig gedink dat hulle dalk deur intelligente
wesens in die buitenste ruimte gestuur kon gewees het!
á
òáá TOT
betreklik onlangs het "swart gate" (die geleerdes noem hulle
gravitasiekolke) nog tot die wetenskapsfiksie behoort. Maar baie sterrekundiges
twyfel vandag glad nie dat hierdie bodemlose putte van duisternis wel bestaan
nie.
'n Gravitasiekolk, sΩ hulle, is die begraafplaas van
'n ster wat ineengestort het. Dit word gevorm wanneer 'n reuse ster as 'n
supernova ontplof en die kern van die ster so dig saamgepers word dat niks, nie
eens lig, aan sy swaartekrag kan ontsnap nie.
Die gravitasiekolk wat ontstaan, word deur die
sogenaamde gebeurtenishorison omgrens -- en aan die anderkant van daardie
gebeurtenishorison geld geeneen van die gewone wette van die fisika nie. Daar
word self gedink dat die ineengestorte ster heeltemal "weggepers" kan
word, maar dat die gravitasiekolk steeds die materie in sy omgewing, selfs
ander sterre, sal insuig.
á
òáá IN die
verre buitewyke van die sigbare heelal is wonderlike, ligtende voorwerpe wat
die sterrekundiges bly verbyster. Hulle is vermoedelik klein, aktiewe
sterrestelsels, maar hul liguitstralings is ontsaglik, om die minste te sΩ.
Hoe kan dit wees dat hierdie sogenaamde kwasars, wat
maar 'n paar ligjare in deursnee is, soveel lig kan opwek soos 'n miljoen
miljoen sterre? Wat is hulle werklik?
S≤ kan ons in ons gedagtewΩreld na die verste sfere
van ons ontsaglike ruimte toer, maar vir ons menseverstand bly die allergrootste
deel van die wonderlike skepping steeds onbegryplik en verborge.
Die mens wil egter nog maar altyd meer van sy
omgewing weet. Noudat jy die boeiende reis deur die heelal saam met ons voltooi
het, kan ander interessante webwerwe oor die ruimte jou moontlik verder
interesseer. Soek gerus na sulke werwe met behulp van 'n uitstekende soekenjin
soos Google.
Of stel vas wanneer jou naaste planetarium vertonings
aanbied.
_________________________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
_________________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan