..Kort begrip..

 

Op hierdie bladsy:

O╦ (die oδ van waterdiere),

OLIMPIA (terrein van die antieke Olimpiese Spele),

OPTIKA

_________________________________________________________________

 

O╦:

 

DIE O╦ VAN WATERDIERE

 

Diere het allerhande soorte oδ... kykers met 'n duisternis lense of dalk net twee. Party se oδ is diΘ kant toe gedraai, ander weer anderkant toe, sommige sien goed en ander sien sleg. Maar o, watter wonderlike goed bly oδ darem nie... ook diΘ van die kreature wat onder die water lewe!

 

JOU eie oδ -- en diΘ van honde, katte, roofvoδls en ander roofdiere -- sit vooraan die kop. Jy kan nie agter jou sien nie, want jy't immers nie nodig om dit te kan doen nie. Wat vir jou saak maak, is om dinge duidelik te kan onderskei en afstand te skat.

 

Prooidiere se oδ sit aan die kante van die kop. Hulle sien nie dinge in sulke fyn besonderhede nie, maar hulle kan reg rondom hulle sien om naderende roofvyande te gewaar.

 

Soogdiere het net twee oδ. Spinnekoppe het meestal agt, hoewel party geen oδ het nie, of twee, vier of ses. Insekte het tot 60 000. Onder die water is dit weer 'n heel ander storie. Lees hieronder oor die verrassende oδ van visse en ander waterdiere.

 

Visoδ

 

òáá DIE oog van 'n vis verskil bra van die oδ van gewerweldes wat op die land woon. Die meeste visse het oδ aan weerskante van die kop, maar hoewel hulle die hele tyd in alle rigtings kan kyk, kan hulle nie terselfdertyd met albei oδ op een voorwerp fokus nie.

 

Boonop kan visse nie hul oδ knip of toemaak nie, omdat hulle nie ooglede het nie. Pleks daarvan hou die water wat daaroor vloei die oδ vogtig.

 

Naby die oppervlak is daar gewoonlik baie lig en die visse kan sonder moeite sien. Maar ondertoe, in die skemer dieptes, het baie soorte visse groter oδ om meer lig op te vang. Nog verder ondertoe, in die stikdonkerte, het visse eintlik nie oδ nodig nie (kyk die onderafdeling So blind soos 'n vis).

 

As jy 'n vis uit die water haal, sien hy weinig meer as 'n dowwe prentjie voor hom. Maar nie die anableps, of vierogige varswatervis, van Suid- en Sentraal-Amerika nie. Hierdie merkwaardige skepsel het twee oδ wat elk horisontaal in twee verdeel is.

 

Die vis swem vlak onder die wateroppervlak, met die boonste helfte van sy oδ bo en die onderste helfte onder die water. Die onderste helfte kyk uit vir klein swemmende diertjies wat hy kan vreet. Met die boonste helfte word die wΩreld klaarblyklik bespied vir roofvyande soos watervoδls, sodat die anableps gou kan wegswem as gevaar dreig.

 

So blind soos 'n vis

 

òáá DIERE wat in die gitswart wΩreld van ondergrondse grotte of diep onder in die see woon, het kwalik nodig om te kan sien. Baie visse wat in hierdie hougebiede lewe, het ≤f net oδ waarmee hulle tussen lig en donker kan onderskei ≤f glad geen oδ nie.

 

Maar waar hulle 'n gebrek aan sig het, is die ander sintuie soos die reuk- en tassin weer sterk ontwikkel. Daar is blinde grotvisse met 'n goed ontwikkelde vermoδ om die trillings van prooidiere in die water op te spoor.

 

Seekat

 

òáá DIE seekat het twee groot, ronde oδ wat in baie opsigte soos die mens se oδ werk. Een vername verskil is dat hulle net behoorlik funksioneer op 'n horisontale vlak. Die seekat hou dus sy pupille horisontaal, ongeag die houding van die res van sy liggaam.

 

Met die oδ kan hy reg rondom hom sien en sy gunsteling-prooi soos mossels, krappe en seeslakke selfs in die nagdonkerte onderskei.

 

Elke duiker wat al 'n seekat gesien het, sal weet dat daar iets sinisters is aan die manier waarop die dier met net een starende oog na verbygangers loer.

_________________________________________________________________

 

OLIMPIA -- TERREIN VAN DIE ANTIEKE OLIMPIESE SPELE

 

Nadat die antieke Olimpiese Spele tot 'n einde gekom het, soos ons in 'n ander artikel vertel, het die gebouekompleks van Olimpia bouvallig geraak en is dit uiteindelik deur aardbewings en vloedwater verwoes. Al wat vandag daarvan oorbly, is die ru∩nes. Maar deur die bouvalle te bestudeer en die artefakte daarin op te grawe, kon argeoloδ 'n prent van die oord herskep soos hy op die toppunt van sy roem gelyk het. Dit was 'n era toe sport en godsdiens onlosmaaklik verbind was. Daarom was Olimpia -- die heiligdom in die vallei waar die antieke Olimpiese Spele gereeld gehou is -- ontwerp om sowel die mens as die gode van diens te weesà

 

OLIMPIA het in 'n vallei meer as 200 km van Athene af gelΩ, op die Griekse skiereilandá Peloponnesos. Daar was twee afsonderlike dele: 'n gebied van aanbidding en 'n gebied waar die Spele plaasgevind het.

 

Die gebied wat aan die gode toegewy is, was bekend as die Altis (heilige bos). Geleδ aan die voet van 'n heuwel by die sameloop van die riviere Cladeus en Alpheus, het hierdie heiligdom ingesluit die groot Tempel van Zeus met sy beroemde standbeeld (een van die sewe wonders van die antieke wΩreld); die Tempel van Hera (wat van omstreeks 700vC dateer); die Pelopion (wat die graf van die held Pelops bevat het); en verskeie ander geboue, altare en standbeelde.

 

Die sportgeboue was net anderkant die Altis. Hier was onder meer die Gimnasium vir wedlope en gooinommers; die Palaestra ('n skool vir spring, stoei en boks); en die Hippodroom (vir perdewedrenne en strydwaens).

 

Aan die oostekant van die kompleks was die Stadion, of baan vir wedlope, wat in die vierde eeu vC gebou is. Dit het bestaan uit klei wat met wit sand bedek is, en die wegspring- en eindstrepe is gevorm met rye plat klippe wat op die grond geplaas is.

 

Die Stadion is s≤ genoem omdat hy een stadion (sowat 192 m) lank was. Hy kon tot 40 000 toeskouers huisves, wat weerskante van die baan op 'n wal gesit het om die wedlope te sien. Later het klipsitplekke plek-plek bygekom.

 

Baie besoekers aan Olimpia het in tente gekampeer. Met verloop van tyd het ßl meer luukses bygekom, onder meer 'n groot hotel vir belangrike beamptes wat die Leonidaion genoem is.

 

Opgrawings by Olimpia het in 1829 begin, toe 'n span Franse argeoloδ die Tempel van Zeus begin opgrawe het. Hul werk is later deur die Duitse regering voortgesit. Teen die 1870's was die hele Altis en baie van die sportgeboue reeds uit hul ondergrondse tronk bevry en stukke vase, beeldhouwerke, munte, bronsdiskusse en ander voorwerp opgediep.

 

Kragtens 'n ooreenkoms tussen die Duitse en Griekse regerings het die relikte die eiendom van Griekeland gebly, terwyl Duitsland toegelaat is om afgietsels van die voorwerpe te maak om in sy eie museums uit te stal. Danksy al hul harde werk kan besoekers aan Olimpia vandag 'n idee kry van hoe die groot sportfees destyds gevier is. Die terrein is in 1989 as 'n Unesco-WΩrelderfenisterrein aangewys.

_________________________________________________________________

 

OPTIKA

 

SEWENTIENDE-EEUSE ontdekkings op die gebied van die optika (gesigkunde of die leer van die sien) het tot 'n groter begrip van natuurverskynsels gelei. Die Engelse geleerde Isaac Newton (1642--1727) het getoon dat wit lig 'n samestelling van die kleure van die reδnboog is. Toe hy 'n glasprisma teen die lig hou, het hy opgemerk dat die lig in die kleure van die reδnboog opbreek. Newton het hierdie reeks kleure die spektrum genoem.

 

Die uitvinding van die teleskoop het wetenskaplikes in staat gestel om die hemelruim te bestudeer en op die terrein van die sterrekunde te vorder. Die Italiaanse wetenskaplike Galileo Galilei (1564-1642) het baie proefnemings met die optika gedoen. Hy het die refraksie-teleskoop vervolmaak, wat gebruik is om verafgeleδ sterre waar te neem wat nie met die blote oog gesien kan word nie.

 

Isaac Newton het die beeldskerpte van hierdie instrument verbeter deur die lens te verander na een met 'n geboδ vorm en sodoende die spieδlteleskoop uitgevind. Vandag gebruik ons radioteleskope wat elektromagnetiese golwe van die ruimte opvang en ontleed.

Galileo het ook 'n baie eenvoudige mikroskoop uitgevind. Die uitvindsel is later omstreeks 1590 deur twee Nederlandse oogglasmakers verbeter. Die twee, Zacharias en Janssens, was die uitvinders van die samegestelde mikroskoop, wat meer as een lens het.

 

Nog 'n Nederlander, die wetenskaplike Anthonie van Leeuwenhoek (1632- 1723), het mikroskope ontwerp wat tot die ontdekking van eensellige organismes soos bakterieδ gelei het. Die samegestelde mikroskoop gebruik ligstrale en verskeie lense om voorwerpe tot 2500 keer te vergroot. Vandag se elektronmikroskope kan dinge tot miljoen keer vergroot.

 

Wat oogglase of brille aanbetref: dit was 'n monnik van Plorence, Alessandro della Spina, wat in die dertiende eeu die eerste paar oogglase gemaak het. In 1775 het die Amerikaner Benjamin Franklin die eerste bifokale lense uitgevind om sowel ver- as bysiendheid te korrigeer. Die eerste kontaklense is in 1887 deur ene Adolf Fick uitgevind, maar dit is eers in 1948 vervolmaak.

 

____________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan