____________________________________________________________

 

Die antieke

Olimpiese Spele

 

Die Olimpiese vlam is aangesteek en by sportgeesdriftiges regoor die wΩreld laai die opwinding op... s≤ gebeur dit elke vier jaar sedert die Spele van die Oudheid in 1896 heringestel is (behalwe tydens die WΩreldoorloδ). Loop saam terug in die tyd om die oerbegin te ontdek van die grootste sportgebeurtenis van almal...

____________________________________________________________

 

OF jy nou wen of nie, die wedren waaraan jy op jou skool se sportdag deelneem, is iets wat meer as 2500 jaar gelede in Griekeland begin het. Fisieke gesondheid was uiters belangrik vir die ou Grieke. Burgers is aangemoedig om aan sport deel te neem omdat dit hulle flink, fiks en strydvaardig gehou het.

 

Boonop het hulle geglo dat mededinging die geeste van die afgestorwenes behaag, en sportbyeenkomste is dus ter ere van die gode gehou. Daar was verskeie byeenkomste waaraan Griekse atlete kon deelneem. Die meeste was klein en plaaslik, maar vier nasionale feeste -- die Pythiese, Ismiese, Neme∩ese en Olimpiese Spele -- het nie net atlete nie, maar duisende toeskouers vanuit elke uithoek van die Griekse wΩreld gelok.

 

Die Olimpiese Spele was die heel belangrikste -- en is ter ere van Zeus, die heerser van die gode, gehou.

 

Die titel Vader van die Olimpiese Spele word aan verskeie geskiedkundige figure toegedig. Volgens een mite het koning Iphitos die orakel van Delphi besoek vir raad om te keer dat die Grieke mekaar uitwis. In die ou Griekeland was daar naamlik geen verenigde nasie nie, maar 'n versameling stadstate, wat elk uit 'n dorp of stad en sy omringende dorpies en plaasgrond bestaan het. Die stadstate was bitter jaloers op mekaar en het dikwels teen mekaar oorlog gemaak. Die gedurige gevegte, gekoppel met die pes, het gedreig om die nasie te vernietig.

 

Die orakel, s≤ lui die verhaal, het koning Iphitos beveel om die Olimpiese Spele te organiseer. Vir 'n tydperk van een maand moes alle vyandelikhede gestaak word sodat mense veilig oor die state na Olimpia in Suidwes-Griekeland en weer terug kon reis. Die Olimpia van die Oudheid was nie 'n dorp of stad nie, maar slegs 'n heiligdom in 'n vallei, met geboue wat in verband gestaan het met sport en die verering van die gode. (Lees ook oor Olimpia by "Kort begrip".)

 

Die staking van geweld, wat ook 'n opskorting van die teregstelling van kriminele ingesluit het, was vervat in 'n heilige wapenstilstand wat die ''ekecheiria'' genoem is. In die meer as duisend jaar wat die antieke Olimpiese Spele bestaan het, is die wapenstilstand slegs twee of drie keer verbreek.

 

Die Spele het die eerste keer in 776 vC plaasgevind en daarna elke vier jaar. Nie-Grieke, vroue, slawe, kriminele en lede van stadstate wat die wapenstilstand verbreek het, is verbied om deel te neem.

 

Vroue is nie eens as toeskouers toegelaat nie en kon met die dood gestraf word as hulle die Spele probeer bywoon het. Die rede vir hierdie verbod is nie duidelik nie -- vroue is immers by ander nasionale sportbyeenkomste verwelkom.

 

Op die openingsdag is 'n plegtigheid gehou waar die deelnemers gebede opgesΩ, offers aan Zeus gebring en plegtig belowe het om nie te kul nie. Dit is deur vyf dae van sport gevolg.

 

Die enigste nommers by die eerste sewentien Olimpiese Spele was wedlope. Die vroegste wedlope was op 'n reguit baan net oor die 190 meter lank. Later is langer wedlope by die program gevoeg. Die deelnemers het op en af op die baan gehardloop, pleks van in die rondte, soos deesdae.

 

Ons weet nie hoe vinnig die ou Grieke gehardloop het nie, want hulle het nie tyd gehou nie. Daar was immers nie geskikte meetinstrumente nie en al wat werklik saak gemaak het, was om eerste te eindig.

 

Twee nuwe kompetisies het met die agttiende Olimpiese Spele bygekom: stoei en die vyfkamp. Daar was twee soorte stoei: regop stoei, waar die deelnemer sy teenstander drie keer moes ondergooi, en grondstoei, waar die geveg moes aanhou totdat een oorgee.

 

Die vyfkamp het uit vyf nommers bestaan -- wedloop, stoei, verspring, diskusgooi en spiesgooi -- en die doel was om die beste veelsydige sportman te vind.

 

Die Griekse verspringer het met loodgewigte in sy hande gespring vir balans terwyl hy deur die lug trek. Twee verstommende verspring-prestasies is aangeteken: 16,28 m en 15,39 m. DiΘ kon egter onmoontlik met een sprong opgestel gewees het en dit was stellig 'n kombinasie van spronge, maar presies hoeveel weet ons nie.

 

Diskusgooi is glo 'n evolusie van die Steentydse gebruik om vyande met plat klippe te peper. Die eerste diskusse wat by die Olimpiese Spele gegooi is, was van klip, maar later is brons gebruik. Hulle het baie in grootte en gewig verskil. Die Griekse spiesgooi is soortgelyk aan die moderne sport. Die spies was net minder as twee meter lank en het sowat 'n halwe kilogram geweeg.

 

Boks het met die 23ste Spele bygekom. Eers is die boksers se hande met leerrieme verbind, maar later het spesiale bokshandskoene in gebruik gekom. Boksgevegte het ure lank aangehou totdat een bokser bewusteloos was of oorgegee het. 'n Bokser het dus sy meeste houe na die kop van sy teenstander gemik.

 

'n Wrede kompetisie wat die pankration genoem is -- 'n soort kombinasie van stoei en boks -- is met die 33ste Spele ingestel. Dit was 'n beesagtige sport waarin alles toegelaat is behalwe byt en om jou teenstander se oδ by te kom.'n Skeidsregter was met 'n slaanding gereed om elkeen te foeter wat kul. Ten spyte hiervan het deelnemers soms gesterf.

 

Die eerste renne met strydwaens wat deur perde getrek is, het by die 25ste Spele (680 vC) plaasgevind. Daar was aparte nommers vir strydwaens met twee en vier perde. Hulle moes twaalf keer rondom twee pale jaag. Tot veertig waens kon aan 'n ren deelneem en daar was baie ongelukke.

 

Selfs in daardie jare is op die deelnemers gewed. Later is perdewedrenne (sonder strydwaens) ingestel. Jokkies het hul perde bloots gery en ook hier was ongelukke algemeen.

 

Wedlope is by die 65ste Olimpiese Spele aangevul met spesiale renne vir krygsmanne wat met hul helms en skilde gehardloop het. Hulle moes ook oor tou-hekkies spring.

 

Op die laaste dag van die Spele is die wenners na die Tempel van Zeus om dankie te sΩ vir hul oorwinnings. Hierna was daar 'n prysuitdeling en feesmaal. Die ideaal van die Olimpiese Spele was dat atlete net die eer van deelname en die glorie van oorwinning sou nastreef en nie materiδle wins nie. Gevolglik was die enigste pryse wat uitgeloof is, kranse van olyfblare, palmtakke en dekorasies van wol.

 

Tog het oorwinnings roem en groot welvaart vir die oorwinnaars beteken, wat in hul stadstate as vermaardes behandel is. Hulle is gewoonlik met geskenke oorlaai, het gratis etes vir die res van hul lewe ontvang en is vrygestel van die betaling van belasting. Vir baie is standbeelde opgerig.

 

Die Olimpiese Spele het voortgeduur nß die Romeinse verowering van Griekeland in 146 vC. Maar van toe af het die fees sy godsdienstige betekenis verloor en die deelnemers het ßl meer begin kyk hoeveel munt hulle daaruit kon slaan.

 

Uiteindelik, in 394 nC, het keiser Theodosius alles stopgesit. Twee aardbewings het daarna die geboue van Olimpia verwoes en 'n oorstroming het die bouvalle onder 'n dik laag slik en gruis begrawe.

 

Byna 1500 jaar sou verbygaan voordat die Spele toegelaat sou word om te herrys. In die vroeδ 1890's het 'n Fransman, ene baron Pierre de Coubertin, begeester deur die ideale van die antieke Griekse atlete, voorgestel dat die Spele heringestel word. Die Internasionale Olimpiese Komitee is in die lewe geroep en die eerste moderne Olimpiese Spele het op 6 April 1896 in Athene, Griekeland, begin.

 

Soos in die Oudheid is die byeenkoms daarna elke vier jaar gehou -- buiten in die twee WΩreldoorloδ (1916, 1940 en 1944). In die era van die antieke Olimpiese Spele is gevegte ten tyde van die byeenkoms gestaak. Jammer genoeg het net die teenoorgestelde in die moderne tyd gebeur.

 

òáá 'N INTERESSANTE brokkie: Die waaghalsige weduwee van Kallipateres was glad nie afgeskrik deur die moontlikheid dat sy doodgemaak kon word nie. Ofskoon dit vir vroue verbode was, het sy by die 94ste Spele opgedaag, vermom as haar seun se afrigter.

 

Maar toe hy 'n nommer wen, was sy so oorstelp van vreugde dat sy oor die versperring na die atlete gespring het. En net daar verraai sy toe haarself.

 

Dit was slegs omdat haar pa, broers en seuns almal die een of ander tyd Olimpiese kampioene was, dat daar besluit is om haar nie tereg te stel nie. Hierna is afrigters verplig om die hele tyd gedurende Spele nakend te wees -- en deelnemers ook.

 

____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan