Op hierdie bladsy: SAAD, SAFFRAAN, SAMBRELE, SAND, SEBRAS, SEEKOEIE, SEESTERRE, SEKRETARISVO╦L, SEWE
WONDERSá (antiek), SFINKS, |
SILIKONSKYFIE, SITRUSVRUGTE,SKAPE,á SKOENE, SLANGE, SNEEU-APE SON, SONBESIES, SPESERYE, STEENKOOL, STOOMENJINS |
PLANTSADE en bevrugte dierlike eiers het nogal iets
gemeen. Soos die dierlike kiempie groei en groei om uiteindelik 'n volwaardige dier
te word, ontwikkel daar 'n uitloper uit 'n saad wat hom sal vestig as 'n plant.
Die bevrugting van plante en diere verskil egter grootliks. 'n Plantsaad word
deur die wind of insekte ver van die ouerplant af gedra. Dit ontkiem wanneer
die temperatuur en vogtigheid reg is. Eers groei die wortels, dan verskyn 'n
stingel en uiteindelik ontwikkel die blare.
Sade het baie verskillende vorms. Die saad van die
populier lyk soos donsige balletjies. Ahorn- en berkesaad het vleueltjies.
Geelwortel- en angeliersaad het hakies. Ander soorte saad, soos koringkorrels,
is in 'n harde dop gehul.
Saad met 'n watervaste dop kan deur riviere of selfs
die see weggevoer word. Saad met vleuels, sambrele of opgepofte balletjies word
deur wind gedra, terwyl diΘ met hake aan die hare van diere en die vlerke van
voδls vaskleef en elders afval.
____________________________________________________________________
MISKIEN weet jy net so min van saffraan as wat die spreekwoordelike kat van saffraan weet! Maar hierdie irisagtige bolpant en sy besondere produkte is al baie eeue lank aan die mensdom bekend. Trouens, in die Hooglied van Salomo (hoofstuk 4, vers 14) word dit reeds saam met ander lekkerruik-kruie gelys. En vandag word die saffraan-spesery steeds in talle geregte gebruik. Vra maar vir kokke in lande aan die Middellandse See en in die Ooste.
Crocus sativus met sy pers blomme is die saffraanplant. Die blom se
goudkleurige, prikkelende gedroogde stampers word as geursel en kleursel in kos
benut, asook as 'n kleurstof vir byvoorbeeld materiaal. Sowel die plant as die
geursel en die kleurstof word saffraan genoem.
Wanneer dit oestyd in die saffraanland is, word die
blommetjies met die hand gepluk. Saffraan word veral in Spanje, Frankryk,
Siciliδ, Italiδ, Iran en Kasjmir gekweek. Die drie goudgeel stempels (boonste
gedeelte van die blom se stampers) word met die hand uit elke liewe blom
verwyder en daarna op panne versprei en oor houtskoolvure gedroog. Saffraan is
'n kosbare spesery met verskillende gebruike.
____________________________________________________________________
Dit reδn dat dit sous, maar jy gryp jou sambreel en laat
waai buitentoe. Jy natreδn? Wat wou! En tog het sambrele in plekke ontstaan
waar dit bloedmin reδn. Wat meer sΩ, toe hulle uiteindelik in reδnryke lande
aangekom het, is die spot daarmee gedryf. Die verhaal van sambrele is maar een
van ons hele reeks vertellings oor nuttige uitvindsels...
DIE toneel is die strate van Londen. Die tyd, 1750.
Jonas Hanway, 'n bekende handelaar en filantroop, wat pas terug is van 'n
oorsese reis, loop in die pad af. 'n Sagte motreδn begin uitsak. Hy gaan staan
en bevoel die lug met sy hand. Toe, steeds stywe bolip en al, flerts hy sy
sambreel oop en hou dit bokant sy kop.
Oomblikke later begin die gekoggel. "Aitsa, jou
uilskuiken!" "Ha-ha-ha, jou gek!" "Hierts, jy met jou stok
wat 'n onderrok dra!"
Dis niks vreemds om vandag iemand met 'n sambreel te
sien loop nie. Maar min Londenaars van die middel van die agttiende eeu het
ooit voorheen s≤ 'n toestel gesien en om in die stad daarmee rond te loop, het
vir hulle heeltemal absurd gelyk.
Soos baie ander innoveerders moes Hanway bespotting
verduur. Trouens, party verbygangers het hom selfs met perdemis gepeper en
koetsiers het glo hul swepe is sy rigting geklap.
En tog... slegs enkele dekades later was die sambreel
so gewild dat dit een van die duursaamste mode-items geword het wat daar nog
was.
Vreemd genoeg het die sambreel in lande ontstaan waar
dit nie so dikwels reδn nie en dit nogal moeilik kan wees om 'n skadukolletjie
te vind. Die Afrikaanse woord sambreel kry ons juis oorspronklik uit die
Maleis-Portugese soembreloe uit die Portugese sombreiro ('n
breδrandhoed wat die son weghou), terwyl die Engelse umbrella ontleen is
aan die Italiaanse ombrella (uit ombra uit die Latynse umbra,
wat "skaduwee" beteken).
Die sambreel is reeds in die twaalfde eeu vC ruim in
China gebruik as 'n beskerming teen die son. Die Chinese sambreel se raamwerk
was van bamboes of sandelhout, wat met blare of vere bedek is. Hier en regoor
die Verre en Midde-Ooste het dit 'n simbool van 'n hoδ stand in die samelewing
geword en slegs koninklikes en adellikes is toegelaat om dit te besit.
Nadat dit na Europa gebring is, het dit, regdeur die klassieke
Griekse en Romeinse tye en daarna, steeds 'n beskermer teen die son gebly. Eers
in die 1730's, toe Parysenaars sambrele van hout en oliedoek begin maak het,
het dit ook 'n beskutting teen die reδn geword.
Dog in Brittanje wou die sambreel maar net nie posvat
nie, hoe hard Jonas Hanway dit ook al probeer adverteer het.
Dit het eers nß 1778 gewild geword toe die bereisde
heer Beau MacDonald 'n sambreel van fyn sy in Londen begin dra het. Hy moes ook
maar bespottings en beledigings verduur, dog hy het horn nie laat afskrik nie
en binne 'n jaar het die sambreelmode in stedelike gebiede posgevat.
Allerhande patente vir beter sambrele is in die
1880's uitgeneem. In baie gevalle is die swaar houtraamwerk deur walvisbeen en
later metaalrame vervang. Die nuwe, ligte sambreel het gelei tot die parasol,
'n ligte sonskerm wat met fyn sy bedek en met kant omsoom is. Dit was tot in
die vroeδ twintigste eeu 'n gewilde mode.
Bra uitspattiger patente was onder meer 'n parasol
met 'n weerligafleier wat sy draer teen die blitse moes beskerm, 'n sambreel
wat in 'n swaard verander kon word en, vir diΘ wat heimlik die elmboog wou lig,
een waarvan die handvatsel afgeskroef kon word om 'n houer vir alkohol aan die
binnekant te ontbloot.
Vandag word sambrele meestal gebruik om mense teen
reδn en sneeu te beskerm, hoewel hulle steeds gewild is as sonskerms op die
strand. Die raamwerk is meestal van metaal of plastiek, wat met
plastiekmateriaal of doek bedek is. Die vorm is, soos dit altyd was, soos diΘ
van valskerms.
Ene genl. Beurnonville het in 1793 selfs 'n sambreel
vir 'n valskerm aangesien en dit gebruik om uit 'n twaalf meter hoδ venster in
die vesting van Ollmutz te spring (in die huidige Tsjeggiese Republiek). Hy was
gelukkig dat hy net albei sy bene gebreek het.
____________________________________________________________________
SAND
SAND se belangrikste komponent is silikondioksied
(silika), 'n stof wat uit die elemente silikon en suurstof saamgestel is.
Silikon kom dan ook nie vry op die aarde voor nie, maar juis in sulkeá verbindings.
Gekristalliseerde silikon het 'n hardheid van 7,
teenoor glas se hardheid van 5 tot 7 -- op 'n skaal waar 'n diamant se hardheid
10 en diΘ van talk (magnesiumsilikaat) 1 is.
Silikon (simbool: Si) is die naasvolopste element op
aarde. Die volopste silikon-verbinding is silikondioksied. Een van
silikondioksied se skouspelagtige vorms is kwarts, maar wit sand is ook maar
net kwarts in 'n baie fyn vorm.
Die soute van kieselsuur (H2SiO2) is bekend as
silikate en kom ook in groot hoeveelhede in rotse voor. Gewone glas is in
werklikheid 'n mengsel van natriumsilikaat en kalsiumsilikaat.
Die element silikon het 'n atoomgewig van 28,086. Sy
atoomgetal is 14 en sy soortlike gewig 2,33. Die kristalstruktuur van silikon
is kubusties. Silikon smelt teen sowat 1 410 grade C en kook teen sowat 2 355
grade.
Suiwer silikon is die grondstof vir 'n bedryf van
derduisende miljoene rande. Van silikon word rekenaarskyfies gemaak, maar ook silikoon
(met twee o's, let wel). Silikoon is 'n sintetiese ghries, olie of plastiek en
word vandag in talle produkte gevind, van smeer- en kleefmiddels tot verf.
Tydens die vervaardiging van die silikon (uit sand)
ontstaan 'n neweproduk genaamd tetrametielsilaan (TMS), wat nagenoeg die
potensiδle energie van petrol het. As dit verbrand word, bly daar benewens 'n
bietjie koolstofdioksied net suiwer sand oor.
Silikon self is in een belangrike opsig selfs 'n
doeltreffender brandstof as steenkool. DiΘ semi-metaal brand naamlik nie net in
suurstof nie, maar in der waarheid ook in stikstof, die volopste gas in ons
atmosfeer wat byna 80 persent daarvan beslaan.
In nywerheidsentrums kan silikon verbrand word ten
einde turbines te laat draai om krag op te wek. Uit die skoorskene sal slegs
suiwer lug kom, terwyl die ''asse'' net uit sand en silikonnitried sal bestaan.
Dit is 'n superharde, nie-giftige stof wat in die vervaardiging van keramiek
gebruik word.
Uit silikonnitried word ammoniak (NH3) maklik chemies
berei. Die gas ammoniak kan weer benut word in batterye wat, benewens
tetrametielsilaan, die motors van m⌠re kan aandryf.
Uit die ammoniak wat uit silikonnitried verkry word,
kan ook kunsmis vir die landbou berei word.á
Tans is 'n energievretende proses met minder bevredigende resultate
daarvoor nodig.
By m⌠re se vulstasie kan daar twee soorte motors
wees: diΘ wat met 'n sekere soort batterye loop (danksy die bereiding van
ammoniakgas uit silikonnitried) en diΘ met keramiek-enjins wat danksy die
petrol-plaasvervanger TMS op die pad bly. Omdat TMS tot sand verbrand, sal elke
motoris sy eie sand in sy motor moet opvang en dit by die vulstasie moet
inlewer telkens wanneer hy sy tenk laat hervul.
____________________________________________________________________
SEBRAS
HIERDIE soogdiere van Afrika behoort tot die geslag
Equus van die perdefamilie (fam. Equidae). Die gestreepte swart en wit
pels is kenmerkend. Ofskoon sebras identies lyk, het elkeen 'n unieke
kombinasie van strepe. Hierdie hoogs sosiale diere lewe in troppe, vreet plante
en trek dikwels wanneer hul omgewing te droog raak. Sebras hou op vlaktes met
bosse en bome asook in die droδ berggebiede van Afrika.
Daar is drie lewende sebra-spesies, al drie van
Afrika. Hulle is Grevy se sebra, die bergsebra en die vlaktesebra.
Die bergsebra (Equus zebra) is vandag 'n
bedreigde dier en een van die wΩreld se skaarsste groot soogdiere. Hierdie
sebra word in klein hoeveelhede op bergreekse in die Wes-Kaap en aan die weskus
langs tot by Angola aangetref. Soos die vlaktesebra is sy skof sowat 130 cm
bokant die grond.
Die Kaapse bergsebra het in een stadium groot gevaar
geloop om uit te sterf. Teen 1950 was minder as 100 van diΘ sebras oor, maar
danksy gefokusde bewaringsinisiatiewe het hul getal in 2000 op digby 1200
gestaan. Hulle lyk meer gestreep as vlaktesebras omdat hulle smaller strepe
het.
Die vlaktesebra (Equus burchelli), wat
ongeveer 130 cm hoog by die skof is, het eenmaal regoor die oostelike en
suidelike dele van Afrika voorgekom -- van die Soedan af tot by die Kaap. Hy
kom vandag nog wydverspreid voor en troppe kan in byna al die wildtuine gesien
word. Die jong hingsvullens vorm jongkΩrel-groepe totdat hulle met hul eie
gesinne kan begin. Sebras is baie sosiaal -- as een lid van die groep vermis raak,
sal die ander hom gaan soek.
Grevy se sebra (Equus grevyi) is die mees
noordelike spesie en kom in klein hoeveelhede in die halfwoestyne van Kenia,
Ethiopiδ en Somaliδ voor. Hy is die grootste van die sebras met 'ná gemiddelde hoogte van sowat 140 tot 150 cm.
Grevy se sebra is genoem na die gewese Franse president Jules GrΘvy.
Sebras het 'n besonder skerp gesigs- en reukvermoδ,
en roofdiere kan hulle nie so maklik plattrek nie. Die mens bly egter hul
grootste vyand. S≤ is 'n subspesie van Burchell se sebra of die vlaktesebra,
die veel geroemde ''egte'' kwagga,
in die negentiende eeu in Suid-Afrika uitgewis. Daar is aanvanklik geglo dat
hierdie ''egte'' kwagga 'n afsonderlike spesie (Equus quagga) was, maar
nadat 'n DNS-ontleding getoon het dat hy bloot 'n subspesie van die vlaktesebra
was, word daar tans ernstig gepoog om hom uit die vlaktesebra terug te teel.
Sebras is baie vinnig en kan tot 70 km/h versnel.
Hulle het egter nie veel stamina nie.
Die vulletjies kan direk nß geboorte reeds regop
staan. Die sebra-merrie vul in die reδl elke elf, twaalf maande (een vulletjie
per keer).
Sebras kan met ander spesies in die perdefamilie
verbaster, maar hul vullens is soos muile en kan nie aanteel nie. Dog wat noem
'n mens 'n kruising tussen, sΩ maar, 'n donkie en sebra? In Engels noem hulle
hom 'n ''zedonk'', maar wat sou sy Afrikaanse naam wees? Dalk 'n sebonkie?
____________________________________________________________________
Wie sΩ plantvretende diere
is sagmoediger as die vleisvreters? Die oδnskynlik liewe, logge, grasvretende
seekoei word deur party mense as Afrika se dodelikste dier beskou -- en dan
sluit hulle die leeus en krokodille in...
MOENIE die seekoei op sy spekkige baadjie takseer
nie, het die Victoriaanse ontdekkingsreisiger sir Samuel Baker destyds al
besef. In Wild Beasts and Their Ways beskryf hy die aanval van s≤ 'n dier op
die wielboot waarin hy gevaar het... hoe die seekoei stukke van die skepwiel
afgebreek en boonop die staalplate onderaan die boot op twee plekke met sy
tande deurboor het.
En 'n paar dekades gelede, toe die waagsame fotograaf
Alan Root hom in 'n seekoeikuil begewe het om die soogdiere se lopery onder die
water op film vas te lΩ, is hy vir sy moeite beloon met tande deur sy been.
''Hy het my been reg in sy bek ingekry,'' het hy
geskryf, ''sodat die linkerkantse slagtande besig was om deur die kuit te kerf,
terwyl my voet en enkel tussen sy regterkantse kiestande was.''
Baker en Root was gelukkig. Daar was baie mense wat
deur sulke drieton-dierasies bestorm is, wat nie gelewe het om die storie te
vertel nie. Selfs toe fotograwe gedink het hulle het met afstandbeheerde
toerusting die risiko's te bowe gekom om seekoeie onder die water te
fotografeer, het die diere die kameras soos kewertjies onder hul pote stukkend
getrap.
Natuurlik is seekoeie maar net so wreed omdat hulle
die mens as 'n moontlike gevaar vir hulself of hul kalfies beskou. Maar dan is
hulle ook nie net aggressief teenoor indringers nie, hulle baklei ook dikwels
verbete onder mekaar. Wedywerende bulle steier uit die water uit met die bekke
wyd oop en probeer mekaar met hul slagtande bykom.
Partykeer is die bakleiery maar 'n blote ritueel en word
die wonde gou gesond. Maar af en toe veg hulle totdat die een dood is of sy
voorpoot breek. Daarna gaan die verloorder in elk geval later dood, want hy kan
nie meer op die droδ grond uitloop om kos te kry nie.
Wie ook al gesΩ het dat plantvretende diere minder
aggressief as vleisvreters is, het die kat (of is dit die seekoei?) by die
stert beetgehad.
____________________________________________________________________
Vir mense lyk die seesterre dalk soos onskadelike, ietwat
eienaardige bewoners van die seebodem. Vir die skulpvisse, hul gunsteling-kos,
is hulle verskeurende roofdiere met 'n oδnskynlik onversadigbare vreetlus...
LOOP op enige strand langs en jy sal
dit waarskynlik sien: 'n seester of twee wat deur die laagwater op die sand gelaat
is, of wat stadig oor die bodem van 'n rotspoeletjie kruip.
Seesterre is nie visse nie, maar
behoort tot 'n groep diere wat die echinoderme of stekelhuidiges genoem word.
Ander lede van die groep is seekomkommers, slangsterre, veersterre en seekastaiings.
Slegs toegerus met arms, sonder 'n
kop of brein, is 'n seester werklik 'n interessante vonds. Die meeste seesterre
het vyf arms wat vanuit 'n plat liggaam uitwaaier -- hoewel sekere soorte tot
vyftig arms het. Die mond is in die middel, aan die onderkant, en lei na 'n
sak-agtige maag.
Daar is baie verskillende soorte
seesterre, met baie verskillende vorms en kleure. Baie is niks groter as 'n
grootmens se hand nie.
Daarteenoor is die grootste soort, Midgardi
xandaras, meer as 1,3 meter in deursnee.
Die sleutel tot die seester se
sukses as onderwater-roofdier lΩ in sy "voete". Onderaan elke arm is
honderde, partykeer duisende, dun, waaiende, strekbare buise wat buispote
genoem word. By baie eindig die buispote in klein suiertjies.
Die buispote word gebruik om oor die
seebodem te kruip, om kos te vind deur die waarneming van chemikalieδ in die
water en om die prooi te verstrik en vas te hou.
Seesterre vreet dikwels sponse,
koraal, wurms, skaaldiere en klein vissies, maar baie het 'n voorliefde vir tweekleppige
weekdiere soos mossels en oesters -- diere wat hul skulpe toeklap wanneer hulle
aangeval word.
Die seester vou die weekdier toe,
heg sy buispote aan die twee kante van die skulp -- en trek. Wanneer die skulp
oopgaan, druk die seester sy sak-agtige maag deur sy mond en plaas dit in die
opening tussen die skulphelftes.
Die maag stel verteringsappe vry,
wat die slagoffer se sagte liggaam afbreek. Die seester trek dan weer sy maag
in, en die vloeibare inhoud word in sy eie liggaam opgeneem.
Seesterre is regte vrate. Die
volwasse dier vreet elke dag drie keer meer as wat hulle weeg en die kleintjies
omtrent tien keer meer.
____________________________________________________________________
SEKRETARISVO╦L:
SLANG SE DOODSTEEK, BOER SE VRIEND
Die sekretarisvoδl op ons
landswapen is nie soos ander roofvoδls nie. DiΘ vlieg op hul prooi af en kry
hom met hul kloue beet. Maar die koddige sekretarisvoδl woel op die grond langs
en jaag slange uit die gras uit op. Dan trap hy hulle doodà
STEL jou voor jy is besig om tuis te rus en meteens
voel jy hoe die aarde bewe. Jy hardloop buitentoe, net om 'n monster so groot
soos 'n wolkekrabber bokant jou te sien uittoring. Jy slaan voet in die wind,
maar 'n swaar poot kom soos 'n ton bakstene op jou neer en skop jou katswink.
Een trap op jou ruggraat en jy's bokveld toe!
Klink dit soos 'n nagmerrie? Wees dan net dankbaar
dat jy nie 'n slang is wat deur 'n sekretarisvoδl gejag word nie, want dis
seker soos dit vir hom moet voel.
Sekretarisvoδls, langbeen-roofvoδls van die
grasvlaktes van Afrika, vreet hoofsaaklik groot insekte, akkedisse,
skilpadjies, soogdiertjies en ander voδls, maar hulle is veral bekend om die
voorliefde wat baie van hulle vir slange het.
Die sekretarisvoδl loop meestal met lang, stywe treδ
deur die gras en trappel elke af en toe op die grond om verskrikte prooidiere
uit hul skuilplekke op te jaag. Die toekomstige slagoffer word dan so al
slingerende agternagesit, terwyl die voδl met sy vlerke klap om hom nog verder
te verwar.
Die meeste prooidiere word summier opgepik en ingesluk. Maar wanneer die sekretarisvoδl slange aanval, trap hy sy slagoffer net agter die kop om sy rugstring te breek. Partykeer trap hy so kwaai dat hy die slang se vel letterlik afstroop terwyl hy nog leef.
Omdat hulle so lief vir slange is, beskou boere
hierdie roofvoδls as hul vriende. Party hou mak sekretarisvoδls aan om van
kobras, pofadders en rotte in hul landerye ontslae te raak.
'n Mens kan tereg wonder waar die sekretarisvoδl aan sy
naam kom. Wat het 'n gevleuelde dier dan met sekretariδle dinge uit te waai?
Die ongewone naam kom van die bossie swartpunt-penvere aan sy agterkop wat 'n
mens glo herinner aan die veerpenne wat agttiende-eeuse regsekretarisse en
klerke agter hul ore gedra of in hul pruike gesteek het.
Die sekretarisvoδl, met sy rooi-oranje, arendagtige
gesig, skraal bene en lang stert , word langer as 'n meter. Sy hougebied is die
gras- en bosveld van Afrika suid van die Sahara.á Sekretarisvoδls bou hul neste van stokke en takkies in bome.
Hulle paar vermoedelik vir 'n leeftyd. Die wyfie lΩ twee of drie eiers oor 'n
tydperk van 'n paar dae, hoewel slegs een jong voδl gewoonlik tot volwassenheid
bly lewe.
____________________________________________________________________
SEWE WONDERS VAN DIE ANTIEKE W╩RELD
1.á
Die Kolos van Rhodos.
2.á
Die Hangende Tuine van Babilon.
3.á
Die Mausoleum van Halikamassos.
4.á
Die Tempel van Diana by Efese.
5.á
Die standbeeld van Zeus by Olimpiδ.
6.á
Die piramides van Egipte.
7.á
Die vuurtoring (Pharos) van Alexandriδ.
Van die sewe wΩreldwonders van die
Oud¡heid het jy moontlik al meermale gehoor, maar wie het dan in daardie tyd
bepaal watter bouwerke nou juis tot "wonders" verhef moes word?
Dit was die Grieke van weleer. Hulle
was geesdriftige reisigers. En die eerste lyste van die sogenaamde wonders van
die antieke wΩreld het blykbaar verskyn in die "reisgidsboeke" van
die Hellenistiese Tydperk (van 323 tot 30 vC).
Dit is egter die lys van sewe
"outentieke" wonders deur Philo van Bisantium wat deur latere
skrywers aanvaar is as die korrekte Griekse beskouing van destyds.
Die enigste van die sewe wonders wat
tot vandag toe betreklik ongeskonde behoue gebly het, is die piramides. Maar 'n
aantal jare gelede het die herwinning van brokstukke van die vuurto¡ring, of
Pharos, van Alexandriδ ook groot opspraak gewek. Die oorblyfsels is deur 'n ekspedisie van Franse argeoloδ uit die see
gehaal.
____________________________________________________________________
SFINKS
Danksy die koms van die
rekenaar het die antieke Sfinks by Giza in Egipte kort voor die afgelope
eeuwisseling 'n dramatiese verjongingskuur ondergaanà
DIE jaar: 1400 vC. Die plek: die woestynsand naby
Giza in Egipte. Die slapende jong prins Thoetmoses word wakker en vryf sy oδ.
Watter vreemde droom het hy nie gehad nie! Die Groot Sfinks, 'n enorme beeld
waarvan die lyf in die sand begrawe lΩ, het soos 'n mitologiese god voor hom
verskyn en hom belowe hy sal eendag die farao wees. Maar prins Thoetmoses moet
eers die beeld se lyf uit die sand kry.
Dit, s≤ lui die legende, is hoe die eerste
restourasie van die Groot Sfinks gebeur het. Die prins het gelas dat die sand
van die beeld weggegrawe word, klipblokke rondom sy liggaam laat opbou en dit
toe verskeie kleure geverf. En, soos die Sfinks sou voorspel het, het prins
Thoetmoses toe 'n farao, Thoetmoses IV, geword.
Die Groot Sfinks, 'n massiewe kalksteenbeeld, is
vermoedelik as 'n beskermer van die piramides opgerig. Dit het die kop van 'n
mens en die lyf van 'n leeu, en is sowat 20 m hoog en 73 m lank.
Die Sfinks is in sy lang geskiedenis verskeie kere
gerestoureer. Die beeld is vermoedelik in die vierde dinastie op bevel van die
farao Chafre gebou, maar is verinneweer deur vandale, grafrowers wat na
versteekte ingange gesoek het, verskuiwende sand, lugbesoedeling en
wind-erosie.
In 1988 het 'n blok van 130 kg van die beeld se
regterskouer op die grond neergestort, wat die owerheid oortuig het dat dit tyd
was vir 'n hernieude herstelpoging. Met die hulp van 'n rekenaar het die restourasiespan
die lapplekke opgespoor wat oor die millenniums aangebring is en 'n model van
die Sfinks gemaak soos hy oorspronklik moet gelyk het.
Met hierdie inligting was hulle in staat om nuwe
kalksteenblokke uit te kap met die presiese afmetings van die oorspronklikes.
In die voorafgaande dekade was die Sfinks toe agter 'n spul steiers weggesteek.
Maar kort voor die eeuwisseling is die steiers verwyder en 'n verjongde Sfinks
het te voorskyn gekom, wat daarna dan ook luisterryk onthul is.
Slegs die neus -- wat in die vyftiende eeu deur
vandale verwoes is -- is nie herstel nie. Die gevorderde tegnologie het nou wel
die Groot Sfinks 'n besondere ''gesigsontrimpeling'' besorg, maar dis steeds
neusie verby vir daardie neus tot Ωrens in die toekoms!
____________________________________________________________________
SILIKONSKYFIE
MIN uitvindsels het so 'n verrykende invloed op die
twintigste-eeuse lewenswyse gehad as die silikonskyfie.
In die vroeδ radio's en TV-stelle is elektriese
strome met radiobuise gelei. DiΘ was groot, het nie lank gehou nie en was duur
om te maak. In 1947 het wetenskaplikes van die Bell Telephone Laboratories in
Amerika die kleiner, goedkoper en betroubaarder transistor uitgevind om
dieselfde taak te verrig.
Met die ontwikkeling van ruimtetuie was steeds
kleiner komponente nodig, en teen die einde van die jare sestig is duisende
transistors en ander elektroniese komponente op skyfies van slegs 5 vk. mm
ingeprop. Hierdie skyfies sou spoedig op baie ander gebiede gebruik word, om
die meganiese beheertoestelle van skottelgoedwassers, kameras en hoeveel ander
dinge te vervang. Hulle het ook die plek van die lywige elektroniese stroombane
in rekenaars ingeneem. 'n Rekenaar wat 'n hele kamer in beslag sou neem, kon in
'n kassie op 'n lessenaar staan.
'n Revolusie in inligtingstegnologie het gevolg, met
rekenaars wat nou vir enigiets van speletjies tot die administrasie van
regeringsdepartemente gebruik word.
'n Silikonwafel bevat etlike honderde baie klein
skyfies. Silikon word gewoonlik gevind in 'n verbinding met suurstof wat silika
genoem word. Een vorm van silika is kwarts. Suiwer silikon is donkergrys, hard,
nie-metaalagtig en vorm kristalle.
Met die maak van 'n skyfie word elektriese komponente
en verbindings in lae op 'n wafel van suiwer silikon van 0,5 mm dik opgebou.
Eers word chemiese onsuiwerhede op spesifieke plekke op die silikon vasgelΩ om
hul elektriese eienskappe te verander. Dan word aluminiumverbindings (die
ekwivalent van konvensionele drade) bo-op gelΩ.
Elke silikonskyfie, 'n paar vierkante millimeter,
word gemonteer in 'n raam van verbindings en pennetjies, wat van koper gemaak
is wat met goud of tin bedek is. Gouddraadjies koppel verbindingskomponente om
die rand van die skyfie met die raam. Die hele samestelling word in 'n
beskermende isolerende plastiekblok gehuisves.
Onder 'n mikroskoop lyk die stroombane van 'n skyfie
soos 'n netwerk van aluminiumspore en eilande van silikon, wat behandel is om
elektrisiteit te gelei. Robotte moet gebruik word om die drade en die skyfie te
verbind, omdat die komponente so klein is en so uiters noukeurig geplaas moet
word.
In die vroeδ 1970's is verskillende soorte skyfies
ontwikkel om spesifieke take te verrig -- soos geheueskyfies en
sentrale-verwerkingskyfies.
In die laat 1970's was daar 'n groot vraag na
rekenaars. In Amerika het Commodore vorendag gekom met die PET, een van die
eerste persoonlike rekenaars wat in massa geproduseer is. Dit is veral in
ondernemings en skole gebruik.
Die oupagrootjie van die rekenaar was Charles Babbage
se ''Difference Engine'', 'n meganiese rekentoestel. Vandag doen piepklein
skyfies die werk van sulke logge meganismes.
Een van die jonger aanwendings van die skyfie is in
die sogenaamde knapkaart. Die knapkaart is 'n plastiekkaart wat 'n silkonskyfie
bevat, wat met besonderhede oor 'n mens se bankrekening geprogrammeer is. Elke
keer wanneer 'n transaksie aangegaan word, kontroleer die kaart se verwerker
self die kaart se veiligheid en kredietlimiet en balanseer dit onmiddellik die
rekening.
____________________________________________________________________
òáá Klik hier vir ander, omvattender
artikel oor sitrusvrugte.
DAAR was eenmaal 'n plattelandse seun -- s≤ lui die
Franse sprokieá -- wat na 'n tuin doer
ver gereis het. Die rede: om drie tower-lemoene te gaan haal vir 'n prinses wat
dodelik siek was. Die tower-lemoene het hul werk gedoen en in 'n japtrap was
die jong meisie gesond.
Dis natuurlik net 'n storie, maar een ding is baie waar: lemoene, trouens alle sitrusvrugte, is ryk aan voedingstowwe en hulle kan inderdaad ook mense van die ware lewe gesond ''toor''.
Sitrusvrugte is die vrugte van bome en struike wat
tot die familie Rutaceae behoort. Van die bekendstes is lemoene,
suurlemoene, pomelo's, nartjies en lemmetjies; minder alledaagse voorbeelde is
onder meer koemkwats, sitroene, bergamotsitroene en bitterlemoene.
Sitrusbome kom oorspronklik van Suid-Asiδ. Die
Chinese was die eerste wat lemoenbome gekweek het, meer as 4 000 jaar gelede.
Sowat duisend jaar gelede het Moslem-handelaars sitrusbome na Europa en
Noord-Afrika gebring. Vandag word sitrusvrugte in subtropiese streke in
Australiδ, Amerika, Spanje, Portugal, Italiδ, Israel en, natuurlik, Suid-Afrika
verbou.
Sitrusbome groei ook in die trope, maar die ietwat
koeler klimaat van die subtrope sorg vir 'n smaakliker vrug. Sitrusbome is
kompak en doringrig, met lang, gepunte, leeragtige blare en geurige bloeisels.
Die vrugte verskil wel in grootte, vorm en kleur, maar dis nie moeilik om te
weet wanneer 'n vrug 'n sitrus is nie. Sny hom net oop en as hy so naastenby
lyk soos 'n lemoen -- met 'n stewige skil en skyfies vol sakkies met sapá --á
kan jy maar seker wees dis 'n sitrusvrug.
Sitrussappe wissel in smaak van soet (soos sekere
soorte lemoene) tot by suur (soos suurlemoene). Sitrusvrugte is baie voedsaam.
Hulle is ryk aan minerale en vitamiene, veral vitamien C. Hulle word meestal
vars geδet, maar kan ook geblik en bevries of vir die maak van konfyte en
marmelades gebruik word. Hulle kom in koeke en poedings, en die skil-olie van
party vrugte word as 'n geursel en in die vervaardiging van parfuum gebruik.
Lemoen-, suurlemoen-, pomelo- en nartjiesap is
verfrissende dranke. Dan is sitrusvrugte ook gewilde medisynes. Daar word gesΩ
dat hulle artritis verlig, help om 'n mens nie verkoue te laat kry nie en goed
is vir die gelaatskleur.
Maar sitrusvrugte is nie net beroemd vir hul sappe en
heerlike, sappige vleis nie, dog ook vir die besondere olie wat van die skille
verkry word. Die vrugte, wat oorspronklik uit die Ooste kom, is nou van groot
kommersiδle waarde vir Suid-Afrika...
SKAPEááá
òáá Klik
hier vir ander artikel oor skaapwol.
Toe Jan van Riebeeck in 1652
aan die Kaap aangekom het, was hier reeds skape van die vetstert-tipe. Vandag
is daar meer as 1000 miljoen skape op aarde, wat tot sowat vyftig verskillende
rasse behoort...
MOET nooit die skaap kleineer en iemand vir 'n skaap
uitskel nie! In ons landsekonomie speel hierdie dier immers 'n uiters
belangrike rol. DiΘ bedryf bied werk aan duisende Suid-Afrikaners, en skape
word aangehou vir hul vleis, maar ook vir hul wol, wat ons belangrikste
landbou-uitvoerproduk is.
Skape het nie so vrugbare landstreek soos beeste of
perde nodig nie. Hulle wei gewoonlik op kort gras of bossies en kan selfs onder
woestyntoestande aangehou word. Daarom is ons Karoo so 'n goeie skaapwΩreld.
Net soos die bees behoort die skaap tot die familie Bovidae
(herkouers met hol horings). Die subfamilie is Ovidae, die genus Ovis
en die spesie Aries.
'n Skaap het ses snytande om die gras af te byt, twee
hoektande en 24 kiestande om die gras mee te kou -- en soos alle herkouers loop
hy op die punte van sy tone. Die gedeelte wat op die grond rus, is nie die
voet, soos baie mense dink nie, maar bloot die punte van die tone.
Daar is vandag meer as 1000 miljoen skape op aarde,
wat tot sowat vyftig verskillende rasse behoort. Maar waar kom hierdie baie
skaaprasse dan eintlik vandaan? Ons mak skape is almalá afstammelinge van wilde skape wat deur die
mens getem is. Oor 'n lang tyd is net die beste skape vir aanteel uitgesoek.
S≤ het mense byvoorbeeld die beste wolskape
geselekteer om 'n goeie wolras te teel. Ander wou weer 'n vetstert-ras hΩ, en
toe het hulle net skape met vetsterte vir aanteel aangehou. Toe Jan van
Riebeeck in 1652 aan die Kaap aangekom het, was hier reeds skape van die
vetstert-tipe.
Suid-Afrika se ware skaap- en wolbedryf het egter sy
beslag gekry toe vier egte Spaanse merino-ooie en twee ramme in 1789 deur die
Nederlandse regering aan ene kol. R.J. Gordon geskenk is.
Merinoskape is beroemd vir hul wol en, hoewel hul dus
nie in die eerste plek vir vleisproduksie aangehou word nie, is die meeste
skape wat in Suid-Afrika geslag word merino's of merinokruisings. Die
Suid-Afrikaanse vleismerino en Ile de France-skaap is bekende slagvee.
Net soos beeste word skape ook nie na willekeur
opgesny nadat hulle geslag is nie. Daar is 'n aantal basiese snitte waardeur
die beste waarde vir geld verkry word.
Die liggaam van die skaap is met miljoene fyn
wolvesels bedek, wat vag genoem word. Hierdie wol is een van die mens se heel
belangrikste kledingstowwe. 'n Wolvesel van 80 mm kan tot 100 mm uitgerek word
sonder dat dit breek. Wolvesel krimp egter baie stadig nadat dit gerek was en
bly daarna nog gekartel.
Wol is 'n swak geleier van hitte, deels vanweδ die
lug (self 'n swak geleier) wat tussen die gekartelde vesels ingesluit is. Dit
is een van die redes waarom wolklere ons so lekker warm kan hou.
Wol is boonop in staat om baie vog te absorbeer.
Sweet word baie vinniger deur wol opgeneem as deur enige ander vesel. Op die
koop toe straal wol 'n klein bietjie hitte uit wanneer dit vog absorbeer -- nog
'n rede waarom 'n mens 'n woltrui soveel in die wintermaande waardeer.
Tog word wol ook vandag ingespan om 'n mens in die
somer koel te hou. Die woldraadjie word dunner en stywer gespin sodat minder
lug vir isolasie ingesluit word, en die materiaal word nie so styf geweef nie,
sodat die lug vrylik daardeur kan beweeg.
____________________________________________________________________
SKOENE
DIE stomme mevrou Viljoen wat tot 'n sukkelbestaan in 'n skoen gedoem is! En dit nogal met soveel kinders dat sy hoegenaamd geen huis met hulle kan hou nie. Ons het seker almal kleintyd in die bekende kleuterrympie met haar kennis gemaak.
Dit sΩ egter nie veel vir die skoen
deur hom s≤ met 'n plakkerswoning te vergelyk nie. Eintlik is skoene in baie
kulture, veral vroeδr dae, juis met status vereenselwig.
Op 'n baie ou Egiptiese
muurskildering sien ons byvoorbeeld 'n edelman wat kaalvoet loop, gevolg deur
'n slaaf wat die baas se skoene dra sodat hy dit kan aantrek wanneer nodig. Die
slaaf, onbegunstigde skepsel, besit natuurlik geen skoene nie. Dit sal mos nie
deug dat hy hom klee soos sy heer nie.
Natuurlik is skoene ook deur al die
eeue ter beskerming gedra -- teen die koue, teen ongemaklike oppervlakke, teen
bytende diere, dorings, al sulke dinge.
Maar die verskillende skoenstyle is veral deur een ding be∩nvloed: die mens se ydelheid. Deur die geskiedenis heen het die drang om in die mode te wees in die skoeiselbedryf tot elke denkbare vorm en styl gelei.
òáá
AFHANGENDE van die klimaat, die soort terrein, die volksgebruike en
soort grondstowwe wat beskikbaar was, het verskillende soorte skoene in
verskillende wΩrelddele ontwikkel.
Die vroegste skoeisel was
waarskynlik sandale, wat in warm streke gedra is. Dit was van blare, hout of
diervelle, wat so min of meer volgens die vorm van die voetsole gesny en met
leerrieme of linnebande aan die voete vasgemaak is.
Die antieke Egiptenare het van
omstreeks 3700 vC af sandale met sole van leer of gevlegte papirus gedra, en
die ou Grieke en Romeine se sandale was van geweefde palmblare, plantvesels of
leer.
Die Egiptenare, Grieke en Romeine
het later ook toe-skoene gemaak deur leer om die voet te draai en dit kruis en
dwars met 'n bindriem in posisie te hou.
Vroeδ Griekse akteurs en komediante
het onder hul skoene 'n enkelhoδ bedekking van gebreide stof of doek gedra. Dit is 'n soccus genoem,á waar ons woord "sokkie" vandaan kom.
In koue streke was die eerste skoene
waarskynlik pels waarin die voete toegewikkel is. Daar was ook die bygeloof dat
die dier se eienskappe -- soos sy krag, moed en jagvaardigheid -- aan die draer
oorgedra sou word.
Die Indiane van Noord-Amerika het
mokassins van diervelle gemaak. DiΘ wat in die verre noorde gewoon het, het
robvelle om hul voete en bene gedraai en s≤ 'n soort stewel gemaak.
Die Sami (of Laplanders) en die
Inuit (Eskimo's) maak ook stewels met rob-, walrus- en ysbeervelle.
Stewels het ook in Europa en Wes-Asiδ
gewild geraak, veral by soldate en ruiters. As jong seun het Charles I
(1600-49) aan swak bene gely weens die siekte ragitis. Vandat hy agt was, het
hy versterkte stewels gedra om sy bene te steun. Dit het die gier laat ontstaan
om stewels te dra, 'n mode wat deur sy hele regeringstyd in swang gebly het.
Die houtskoen of klomp is in die Ooste ontwikkel en het na Europa versprei. Hoewel hout sy nadele het -- dit kan nie buig nie en beperk die beweging van die voet -- is dit tog taamlik waterdig en hou dit die voete droog.
In die dae voor teerpaaie en
sypaadjies het die vroue in Frankryk, die Nederlande en later Brittanje 'n hoδ
houtsool onder hul goeie skoene vasgebind om te keer dat die modder dit
besmeer. Houtklompe word vandag nog in sekere dele van Nederland gedra.
Die Romeine het 'n ander ge¡bruik
vir houtsole gevind -- hulle het dit aan die voete van hul gevan¡genes
vasgebind om dit vir hulle moeilik te maak om te ontsnap.
òáá
DEUR die eeue heen het die drang om modieus gekleed te wees tot 'n groot
verskeidenheid van skoenstyle gelei -- party nogal taamlik verstommend.
Kol-kol in die dertiende en veertiende eeu was skoene met lang punte baie gewild onder die mans.
Hulle is in Engeland crackowes genoem en in Frankryk poulaines.
Party was so lank dat die skoenpunte
met kettings aan kousbande by die knieδ verbind moes word om te keer dat die
modegekke daaroor struikel. Selfs die punt van 'n ridder se gepantserde stewel
is opgehou met 'n ketting wat aan die knie vas was.
Karel V van Frankryk het met afkeer
daarna verwys as " 'n oordrewe vergryp teen goeie maniere en 'n bespotting
teen God en die kerk, 'n wΩreldse ydelheid en 'n gekke onbeskaamdheid".
Partykeer is die punte wat boontoe
gewys het, met silwer klokkies versier.
Prag-en-praalwette (wette wat uiterlike vertoon aan bande lΩ) is uitgevaardig om reδls oor die lengte van die skoenpunte neer te lΩ: 'n "halwe voet" vir 'n burger, "een voet" vir 'n heer en "twee voet of meer" vir die adellikes.
Tydens die Renaissance is die puntskoen
laat vaar en het die mode na die ander uiterste geswaai. Die skoenpunte het so
breed geraak -- om plek te maak vir die tone van die adellikes wat weens
voetjig vergroot het -- dat daar in die middel van die sestiende eeu wette
uitgevaardig is wat hul breedte tot 'n halwe voet (15 cm) beperk het.
Van die 1300's tot die 1700's het party vroue se skoensole so dik geraak dat dit onmoontlik was om te loop
sonder die een of ander stut.
Die houtklomp, wat ontwerp is om te
keer dat goeie skoene vuil word wanneer die draer deur die modder ploeter, het
in die Middeleeue mode geword. Die modebewuste aristokrate het dit ßl hoδr laat
maak totdat hulle byna op stelte aangewaggel het.
Het jy geweet?
òáá
Een van die kriminele aanklagte teen Jeanne d'Arc (Johanna van Arkel of
Joan of Arc) was dat sy stewels gedra het -- diΘ was mos net vir mans bedoel.
òáá
Die woord "sabotasie" se oorsprong is die "sabot"
(houtskoen). In die feodale tydperk het die landvolk, wanneer hulle onregverdig
deur hul heer behandel is, sy gesaaides met diΘ soort skoene vertrap.
____________________________________________________________________
SLANGE
SLANGE is reptiele wat skubbe het, maar geen pote
nie, en kake wat met 'n buigbare ligament verbind is sodat hulle die bek wyd
genoeg kan oopsper om 'n dier in te sluk. Giftige slange soos kobras het
giftande waarmee hulle hul prooi doodmaak. Die luislang druk sy slagoffer dood.
Slange is dikwels doof, maar hulle kan trillings voel.
Beliggaming van die bose: In die Bybel word Eva in
die Tuin van Eden deur 'n slang versoek wat haar oortuig dat sy die verbode
vrugte kan eet. Sy gee ook vir Adam daarvan en hierdie oortreding (die
sondeval) lei tot hul verbanning uit die paradys.
Gif: Die giforgane bestaan uit 'n klier wat die gif
produseer, 'n buis waardeur dit vloei en die giftand wat die gif in die
slagoffer inspuit. Onder die giftigste slange is die ratelslang, swartmamba en
Indiese kobra.
Slangbesweerders: Dit lyk of die Indiese kobra al
dansende uit die strooimandjie kom en so wieg-wieg die punt van die
slangbesweerder se fluit volg. In werklikheid hoor hy glad nie die musiek nie,
want hy is doof.
____________________________________________________________________
SNEEU-APE
DIE bibberkoue wintersneeu hinder hulle nie, ook nie
die ysnaalde wat soos klits aan hul hare kleef nie -- want die sneeu-ape van
Japan baai alte lekker in hul eie warmbron. Met rooi gesigte en rooi
agterstewes waad hulle deur die hittige vertroeteling, wat hulle boonop
vryeriger maak en in die proses hul bakkiese en boude nog rooier laat word. En
van heinde en ver kom die mense om die wonderlikheid te aanskou.
Maar hoe kom hulle hier -- hierdie kordate groep
primate? Hul storie begin 'n paar dekades gelede...
In die berge van Oos-Honsjoe, vyf uur per trein
noordwes van Tokio, het die eienares van 'n herberg haar destyds ontferm oor
die nihonzaru, of Japanse langstert-ape, wat in die ongenadige wintermaande
baie ontberings moet trotseer. Eers het Harue Obaachan (85) hulle in die winter
met appels by haar herberg bederf.
Maar hier is ook 'n warmbron, waarvan die water van
80 grade C met koue water gemeng en na die baaiplek by die herberg gelei word. Toe,
op 'n dag, het 'n matroos wat daar gebaai het, 'n aapkleintjie in die water
ingelok en diΘ se ma het gevolg. Spoedig het ander ape die verkwikkende
plesiere van die bad ontdeká -- met
ietwat katastrofale gevolge. Die ape het die baaiplek sommer ook as 'n toilet
gebruik en om tussen al die aap-dinges te baai het die toeriste darem nie
aangestaan nie.
Gelukkig vir die ape lΩ die herberg egter in 'n
wildtuin, en die park se owerheid het 'n bad, wat deur dieselfde warmbron
gevoed word, 'n halwe kilometer rivier op eksklusief vir hulle gebou. 'n
Spannetjie wildbewaarders onderhou dit, maak dit skoon, gee die ape kos en
beheer die besoekers wat eenvoudig al hoe meer word.
Want om 'n aap-ouma in die middelvan die bad te sien
sit, met druipende ooglede en stoom wat oral rondom haargesig opstyg, is 'n
rare aanskoulikheid wat ook 'n mens die apiestuipe laat kry van plesier!
____________________________________________________________________
SON
DIE Son is 'n ster waarom die aarde en ander planete
in die Sonnestelsel draai. Dis 'n enorme massa gloeiende gas met 'n gemiddelde
oppervlak-temperatuur van 6000 grade C.
Energie word in die middel van die Son opgewek deur
'n reeks kernreaksies wat fusie genoem word. In diΘ proses verbind vier
waterstofatome om een heliumatoom te vorm, waardeur 'n ontsaglike hoeveelheid
energie gegenereer word. Hierdie energie versprei regdeur die sonnestelsel.
Die antieke Egiptenare het die son as 'n god vereer en hom Ra genoem. Ra is uitgebeeld as 'n menslike liggaam met 'n valk se kop en 'n sonskyf daar bo-op. Die farao's het hulself as die kinders van Ra beskou. In die Griekse mitologie is die songod Helios genoem, wat op 'n vlammende strydwa deur die lug gery het.
Die son is die naaste ster aan die aarde, slegs 150
miljoen kilometer ver! Sy deursnee is 109 keer diΘ van die aarde. Die fotosfeer
is die sigbare oppervlak van die son, terwyl die korona die buitenste ligkrans
is. Sonvlekke word deur koeler gasse op die oppervlak veroorsaak. Tonge
gloeiende materie wat van die son af uitblerts, word prominensies genoem.
____________________________________________________________________
SONBESIES
Nadat hy lank as 'n larwe
ondergronds gelewe het, kom hy in die nag uit die grond en klim teen 'n boom
op. Sy vel bars oop -- en die goggabie kry vlerke. Kort voor lank begin die
eentonige gesang...
"TJIEEE!'' sing die sonbesie. ''Tjieeeeeeee.''
En die skril gesang word 'n eentonige geraas wat aanhou en aanhou en aanhou in
die warmte van die middagson. Want 'n sonbesie is 'n langasem. Sy bekkie kry jy
nie stil nie.
Die ''asem'' en die ''bekkie'' in die vorige sinne is
natuurlik net figuurlik gesproke, omdat hierdie soort besies se geluidsorgane
weinig met ons eie stembande gemeen het. Eintlik is dit van die ingewikkeldste
geluidsorgane in die diereryk, sΩ die geleerdes.
Om die verduideliking te vereenvoudig kan ons sΩ dit
lΩ op eerste agterlyfsegment van die sonbesie, met 'n styf gespande
trommelvlies wat deur sterk spiere vinnig in- en uitbeweeg word en die geluid
voortbring. Die agterlyf is grotendeels met lug gevul, wat die klank soos 'n
trom versterk.
En dan is dit ook net die mannetjies wat sing. Regte
troebadoere. Hul liefdeslied moet immers vir hulle wyfies kan vind sodat die
spesie kan vermenigvuldig en die bosse kan vul.
Daar is meer as 1500 soorte sonbesies op aarde,
waarvan maar net 'n breukdeel nog in Suid-Afrika ontdek is. Een van die
interessantste dinge is dat sekere soorte tot sewentien jaar nodig het om
volwasse te word nadat hulle uitgebroei het -- iets heel seldsaams in die
insektewΩreld.
Die sonbesies (ook genoem sikades of boomsingertjies)
begin as eiers wat deur 'n wyfie met 'n skerp eierboor op jong takkies van bome
gelΩ word. Nß twee tot ses weke broei die eiers uit en die kleintjies val dan
af grond toe. Met voorpote wat soos grafies lyk, grawe hulle in die grond in om
sap uit die wortels van bome te suig.
Die meeste soorte se kleintjies ontwikkel tussen twee
tot vyf jaar ondergronds, waarna die volgroeide kleintjies in die nag uit die
grond kom en teen 'n boom opklim. Hier vervel hulle vir die laaste keer en word
volwassenes.
Die volwasse sonbesies oorleef deur die sap uit die takke van bome te suig, dog gaan binne slegs 'n klompie maande dood. Maar die gesang is lank nie op 'n end nie, want daar is die hordes van 'n nuwe geslag wat hul plek sal vul.
____________________________________________________________
SPESERYE
EKSOTIES en geurig kan dit wees; soms pikant, partykeer getemper. Maar vir die meeste mense is die nederige speserye in die kombuiskas niks meer as prikkelende geurmiddels wat kos smaakliker maak nie. Daar was 'n tyd toe dit egter 'n heeltemal ander storie was: daar is gemoor en oorlog gemaak oor hierdie kosbare verbruiksartikel.
Ook die koningin van Skeba en haar
gevolg het Salomo in Jerusalem kom besoek... met "kamele wat belaai was met
kosbare kruie en 'n groot hoeveelheid goud en edelstene".
Niemand sal vandag werklik kruie en
speserye in dieselfde asem wil noem as goud en silwer en juwele nie, maar lank
nß Salomo se tyd sou mense nog selfs die wapens opneem vir diΘ gesogte geurmiddels
in hul kos.
Trouens, vir die naeltjies, gemmer,
peper en vanielje, byvoorbeeld, wat ons as so vanselfsprekend beskou, het
seevaarders lang en uitputtende reise onderneem en dikwels hul lewe gewaag --
en dit baiemaal verloor.
Uit die lande waar die speseryplante
gekweek is of wild gegroei het, het hulle hul kosbare vragte gebring. Een
gevolg van die speseryhandel was die ontdekking van die seeweg na die Ooste en
die stigting in 1652 van die verversingspos aan die Kaap. En watter gevolge het
dφt nie vir Suid-Afrika gehad nie!
Die gewoonte om sterk kruie en
speserye te gebruik om smaak aan kos te gee, is waarskynlik net so oud soos die
kookkuns self.
Maar wat is speserye eintlik? Waar
kom dit vandaan? Vandag kan elkeen wat sy eie tuin het, verskillende soorte
speserye of kruie kweek om in sy eie behoeftes te voorsien, maar in die
Middeleeue het feitlik al die speserye uit die Ooste gekom.
Speserye kom van verskillende dele
van speseryplante -- die saad, die wortels, die bas, die bessies. Baie van die
bekendste soorte speserye -- peper, kaneel, gemmer, neutmuskaat, vanielje,
rissies en piment -- is inheems in die warm, nat, tropiese dele van Asiδ, veral
die Molukke, wat eenmaal die Speserye-eilande genoem is.
Die droδr Mediterreense bekken
produseer weer baie aromatiese sade -- koljander, fenegriek, vinkel, papawer en
mosterd -- terwyl die koeler Europese en Noord-Asiatiese streke karwy, dille en
jenewerbessies lewer.
Baie eeue lank het vlote handelskepe
en karavane van eers esels en later
kamele die 15 000 km lange netwerk van see- en
landweδ van die Speseryroete tussen die
Ooste en
Weste deurkruis. Maklik was dit nie.
Die reis het tot twee jaar geduur, met elke denkbare gevaar en probleem
onderweg.
Die speserye moes deur die hande van
talle kopers en verkopers gaan, wat elkeen sy wins bygelas het. Oral langs die
roete moes tol en belastings betaal word. Teen die tyd dat die speserye in
Europa aangekom het, was dit skrikwekkend duur. En tog het dit in aanvraag
gebly.
Die vroegste gebruike van speserye
was om kos te geur, kleur, sag te maak en te preserveer. Aanvanklik moes dit
die smaak van ou kos verdoesel, maar later het baie mense, veral die Romeine,
geweier om vis of vleis te eet wat nie behoorlik gegeur was nie.
Duisende jare lank was spese¡rye ook
die basis van baie soorte medisyne. Die speseryhandelaars het trouens
uiteindelik die eerste aptekers geword.
Speserye was belangrike bestanddele
van baie soorte parfuum, seep en kosmetiekware.áá Verbrand as wierook, het dit 'n rol in godsdienstige en magiese
rituele gespeel. Die ou Egiptenare het speserye gebruik om hul mummies te
parfumeer en te help preserveer. Verskeie soorte speser¡ye is ook gebruik om
klere te kleur.
Dit is nie moeilik om te begryp waarom al wat leef en
beef so lank en so geesdriftig agter die wΩreld se kruie aangekruie het nie!
____________________________________________________________
STEENKOOL
DUISENDE jare gelede het die ou bewoners van Wallis hul dooies op brandstapels van steenkool verbrand. Sedert daardie minder beskaafde praktyk het die benutting van steenkool egter so ontwikkel dat dit later die "swart goud" van ons beskawing genoem is.
Hoewel petroleum en aardgas vandag
die vernaamste bronne van energie is, word gevrees dat die voorrade binne die
volgende aantal dekades uitgeput kan raak. Daar is egter genoeg steenkool vir
meer as twee eeue. Suid-Afrika is onder die voorste tien steenkoolproduserende
lande ter wΩreld.
In die wΩreldhandel is daar sowat 'n dosyn soorte steenkool wat fisies en chemies verskil. Die suiwerste steenkool is ryk aan koolstof. Suid-Afrika s'n is laegraads, wat beteken dat dit 'n hoδ konsentrasie van onsuiwerhede bevat.
Maar
waar kom steenkool vandaan? Geleerdes sΩ gedurende die
Karboon- of Steenkoolperiode in die vroeδ dae van die aarde was 'n groot deel van ons planeet deur moerasse bedek. Dooie plante het naderhand 'n laag turf gevorm wat mettertyd tot steenkool
saamgepers is.
Daar is twee hoofmetodes van
steenkoolwinning. By strookafkouing beweeg 'n snymasjien oor die voorvlak van
'n lang rotswand en die afgekerfde steenkool val op 'n voerband. By
kamer-en-pilaar-mynbou word steenkoolpilare op gesette afstande gelaat om die
steenkool daarbo te stut. Daarbenewens is daar 'n derde metode, te wete
strookpilaarherwinning -- die oorblywende pilare word ook ontgin.
Steenkoolwinning uit donker, geslote
myne was vroeδr glad nie veilig nie. Die veiligheidsrisiko in vandag se myne
het egter dramaties afgeneem. 'n Doeltreffende veiligheidsmaatreδl behels die
beveiliging van die boonste rotslae met boute om te keer dat die dak instort.
In die Tweede WΩreldoorlog, toe daar
'n dringende vraag na steenkool was, het myningenieurs hulle ook weer tot die
metode van die vroeδ mynwerkers gewend -- ontginning deur middel van sogenaamde
dagmynbou. (Dagmyne is myne wat van die oppervlak af ontgin word.)
Sodra 'n betreklik groot laag
steenkool blootgelΩ is, word dit met graafmasjiene uitgehaal en met voerbande
na die verwerkingsaanleg vervoer.
____________________________________________________________________
STOOMENJINS
'N STOOMMASJIEN skakel die energie van stoom wat
onder druk is om in meganiese energie. Die Griekse wetenskaplike Heron het die
eerste sodanige masjien (eolipila genoem) omstreeks 100 vC gebou, maar die ware
baanbreker van stoom was 'n Franse fisikus, Denis Papin. Hy het in 1679 die
stoomdrukpot ontwerp, 'n uitvindsel wat hom ge∩nspireer het om die eerste
stoomaangedrewe suier te bou en later, in 1707, 'n stoomboot.
Die Fransman Nicolas-Joseph Cugnot se stoomwa, wat hy in 1770 uitgevind het, word as die eerste stoomaangedrewe voertuig beskou. Dit is in 1796 deur die Franse leδr gebruik om kanonne te sleep.
Die Skotse ingenieur James Watt het in 1765 die
moderne stoommasjien uitgevind, wat die Industriδle Omwenteling tot gevolg
gehad het. Teen die negentiende eeu was ingenieurs besig om stoom vir die
aandrywing van omtrent enige toestel te gebruik, selfs horlosies. In 1825 het
die uitvinders George Stephenson en sy seun Robert in Engeland die eerste rit
per stoomlokomotief, hul uitvindsel, onderneem. In 1829 het hulle 'n wedstryd
gewen met die lokomotief Rocket, wat tot 47 km/h gehaal het.
____________________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD,
2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan