________________________________________________________________

 

Soete storie van

die sitrus

 

As ek 'n stukkie nartjieskil

tussen my vingers buig of knak,

breek uit die klein sproeireδn

wat geurend om my hand uitsak,

die boorde weer van Swartfoloos

en met die nartjies om my heen

weet ek hoe dat 'n vrou kan troos.

ù Sproeireδn, D.J. Opperman.

 

òáá Klik hier vir ander artikel oor sitrusvrugte by "Kort Begrip".

 

________________________________________________________________

 

DIT gebeur elke winter -- talle mense loop met loopneuse, waterige oδ, dik koppe en geswolle kele rond. Want dan is griep en verkoues nogmaals met ons met al hul ongure komplikasies. Honderde werk- en skoolure gaan verlore wanneer die siekstes onder ons in die bed moet bly.

 

Gelukkig is die winter ook die tyd van die jaar wanneer lemoene en nartjies volop is. Sitrusvrugte het 'n hoδ voedingswaarde. Hulle bevat baie minerale en vitamiene, veral vitamien C, wat baie mense as ons beste bondgenoot teen die kwale van die winter beskou.

 

Sitrusvrugte is die vrugte van bome en struike wat tot die familie Rutaceae behoort. Daar is baie soorte, waaronder lemoene, suurlemoene, lemmetjies, nartjies, pienk en wit pomelo's, sitroene, minneolas, mandaryne, tangelo's, koemkwatte, bergamotsitroene en bitterlemoene.á 'n Mens dink nie so aan hulle nie, maar sitrusvrugte is eintlik bessies. Baie sitrusplante het doringrige takke.

 

Die verskillende sitrusse is so naby verwant dat hulle maklik verbaster. Produkte van die kruisings word dat met enting vermenigvuldig.

 

Die meeste sitrusspesies kan nie ryp weerstaan nie, met die gevolg dat hulle in die reΩl slegs in warm klimate gekweek kan word. Die plante se weerstand word egter in 'n sekere mate deur enting op geharde onderstokke verhoog, en semi-geharde basters en variδteite is al ontwikkel.

 

Die lemoen is sonder twyfel die belangrikste kommersiδle sitrusvrug. Onder Suid-Afrika se belangrikste lemoene is nawels (wat geδet) en valencias (wat versap word).

 

Maar daar is miljoene sitrusbome van verskillende soorte in Suider-Afrika, wat jaarliks tonne der tonne vrugte vir plaaslike verbruik en die uitvoermark lewer. Belangrike sitrusgebiede is onder meer Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Wes- en Oos-Kaap, asook Zimbabwe, Mosambiek en Swaziland.

 

Sitrusbome is die eerste keer in 1654 in Suid-Afrika geplant, in die tuin van die Vereenigde Oost-Indische Compagnie. Die bome het van die eiland St. Helena gekom. Jan van Riebeeck het die eerste vrugte -- suurlemoene -- op 25 Julie 1661 gepluk.

 

In daardie dae het mense min van die kweek van sitrusbome geweet, en die vrugte was maar klein en bra beteuterd. Sitrusbome aard die beste in warm streke met koel winters, maar geen ryp of wind nie.

 

Sitrusbome kom oorspronklik van Suid-Asiδ. Die Chinese was die eerste wat lemoenbome gekweek het, meer as 4000 jaar gelede. Sowat duisend jaar gelede het Moslem-handelaars sitrusbome na Europa en Noord-Afrika gebring.

 

Laat in die vyftiende eeu is lemoene deur Christopher Columbus na die Nuwe WΩreld gebring, en in die sestiende eeu het Europese setlaars lemoene in Florida en Brasiliδ begin verbou

 

Vandag word sitrusvrugte in Australiδ, Amerika, Spanje, Portugal, Italiδ, Israel en, natuurlik, Suid-Afrika gekweek. Die gemiddelde wΩreldproduksie is om en by 70 miljoen ton.

 

òáá NARTJIE, lemoen, suurlemoen en familie... dis nie so moeilik om te weet wanneer 'n vrug 'n sitrus is nie. Sny hom net oop en as hy so naastenby soos 'n lemoen lyk, kan jy omtrent maar vir seker weet hy's een van die sitrusse.

 

Daar is 'n sagte skil met 'n eetbare binnedeel. Die skil het twee lae: 'n gekleurde buitelaag (die flavedo) en 'n wit binnelaag (die albedo). Die vlesige binneste bestaan uit 'n aantal segmente rondom 'n kern. Elke segment bevat klein sakkies sap.

 

Lemoenbome word gewoonlik gekweek van uitloopsels van die verlangde variδteit wat by kwekerye op saadboompies geδnt word. Die geδnte bome word sowat twaalf tot agttien maande later in 'n boord oorgeplant.

 

Die eerste lonende oes volg sowat vyf tot ses jaar nadat die lemoenbome geplant is, wat dan nog veertig tot vyftig jaar lank kan aanhou dra. In diΘ tyd moet hulle gereeld water en kunsmis kry en gespuit word om peste en siektes te bestry.

 

Aangesien lemoene nie ryp word nadat hulle gepluk is nie, word hulle geoes wanneer hulle reg is om geδet te word. Koue nagte is nodig sodat die vrug volledig kan verkleur.

 

Lemoene word maklik tydens die plukkery gekneus, met die gevolg dat vrugte wat geδet gaan word, gewoonlik met die hand gepluk word. Vrugte wat ingelΩ of versap sal word, word meganies geoes.

 

Lemoene word nß die oes regstreeks per vragmotor na die plaaslike pakhuis gebring. Hulle word eers gewas en dan met 'n swamdoder behandel om verrotting te voorkom.

 

Hierna word die vrugte met 'n lagie was bedek om die natuurlike laag te vervang wat in die skoonmaakproses verlore gegaan het. Die was verbeter die voorkoms en raklewe van die vrugte.

 

Vervolgens word die lemoene volgens gehalte en grootte gesorteer en in bokse verpak.

 

S≤ word baie van die sitrusvrugte wat in Suid-Afrika gekweek word, dan uitgevoer, maar die bestemming kan ook 'n inmaak- of versappingsfabriek wees -- of die tuismark en uiteindelik jou vrugtebak!

 

Het jy geweet?

 

òáá VROE╦ ontdekkingsreisigers het gedurende lang seereise aan 'n siekte genaamd skeurbuik gely weens die gebrek aan vitamien C in hul dieet. In 1753 het die Skotse geneesheer James Lind aangetoon dat skeurbuik gekeer kan word deur sitrusvrugte te eet. Die Britse vloot het toe lemmetjiesap (''lime juice'') aan sy matrose begin uitdeel om hulle gesond te hou. Die matrose isá ''limeys'' genoem -- 'n naam wat vandag nog soms vir die Engelse gebruik word!

 

____________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan