__________________________________________________________________
Fleurige
vlinder...
fyn
veteraan
Hulle is kleurryk en intens en vol vibrerende lewe.
Met hul papierdun vlerkies en brose liggaampies fladder hulle die wΩreld vol
van blom tot blom. Die fyne vlinders is as 't ware simbole van verganklikheid.
En tog het hulle selfs die dinosourusse van die verre verlede oorleef...
òáá Klik
hier vir 'n ander artikel oor skoenlappers en motte, wat nie
deel van die reeks Insek-kaleidoskoop is nie.
__________________________________________________________________
JAKKEREND en vry vlieg die vlinders van blom tot blom, teug hulle die
soet nektar en sorg hul¡le onbewus dat stuifmeel versprei word. Ou wysgere van
die Ooste het oor hul vryheid gepeins. Eeue lank het Chinese keisers en Japanse
kunstenaars hul broosheid en prag geloof.
"Fyn soos 'n vlinder, sag soos
satyn." S≤ sing ons mos vandag nog, terwyl ons steeds die skoenlappers in
ons tuine bewonder.
Natuurlik is die wΩreld se vlin¡ders
magies mooi, maar dis tog darem nie al wat 'n mens oor hulle kan sΩ nie. Hulle
is eintlik hoogs interessante insekte met verskillende hebbelikhede. Geweet dat
party van hulle kannibale en an¡der parasiete is? Of dat sekeres dodelike
gifstowwe in hul lyfies dra? Wee die arme dom voδl of akkedis wat dit sou waag
om hulle vreet.
Vlinders is vol verrassings.
òáá
BROOS maar feitlik regdeur die wΩreld bedrywig -- dit is slegs op die ysmassas
by die pole waar 'n mens nie vlinders sal vind nie. Trouens, in Suid-Afrika
alleen is daar 'n geraamde 10 000 tot 12 000 vlinder- en motsoorte. Selfs in
die harde wΩrelde van woestyne, op die hoδ berge en die toendra gedy die
skoenlappers, hoewel daar natuurlik minder soorte is.
Baie vlinders van die Alpe en die
koue streke van die aarde se vlerke is weerskante donker. Sulke donker kleure
absorbeer die son se hitte beter en die insekte word dus gouer verwarm. Baie
het ook 'n digte haarbedekking of lang skubbe op die lyf, wat isolasie verskaf.
Party trotseer die hoδ winde deur laag te vlieg; ander pyl weer blitsig van die
een beskutte plek na die volgende.
Woestynvlinders moet op hul beurt
die ryk kosvoorraad en water, wat net vir 'n kort rukkie in die reδntyd daar is, benut om te oorleef. As dit reδn, broei die
ruspers uit die eiers wat nog heeltyd dormant gelΩ het. Die ruspers vreet hulle
knuppeldik aan die plante en verander in papies.
Teen uitdroging beskerm deur 'n byna
ondeurdringbare buitenste kutikel, wag die papies totdat nog reδn val. Dan
verskyn die volwassenes om die tydelike kosvoorraad te benut.
Volwasse woestynvlinders is dikwels
klein en bra kleurloos ten einde met hul sanderige en son-versengde omgewing
saam te smelt. Baie vlieg net teen skemeroggend en -aand rond wanneer dit
koeler is. Hulle paar, lΩ hul eiers en vrek. Die kringloop duur voort.
òáá
VLINDEREIERS lyk alte kunstig
en verdien 'n plek in enige geskrif oor vlinders. DiΘ keurige voorwerpies kom
in 'n verskeidenheid van patrone en vorms voor wat van soort tot soort verskil.
Dit kan byvoorbeeld kegelvormig, koepelvormig of rond wees, of soos 'n
speldekussing lyk.
Die eiers is meestal aanvanklik wit
of geel, maar verander van kleur namate die larwes binne-in ontwikkel. Die
vlinders lΩ hulle ≤f enkel ≤f in groepe ≤f in stapeltjies wat soms verskeie lae
dik kan wees. Hulle word aan die oppervlak van 'n plant vasgegom deur 'n
uitskeiding wat die eiers omhul en beskerm. 'n Paar soorte skoenlappers laat
val hul eiers sommerso terwyl hulle vlieg.
òáá
SKOENLAPPERS se stapelkos is nektar, en hul
slanke tonge is volmaak gevorm om diep in blomme in te druk. Talle vlinders
vreet egter ook ander kosse soos die sap wat uit beskadigde bome of ander plante sypel, die sappe van gistende woudvrugte
en die heuningdou van insekte soos plantluise. Maar baie skoenlappers se smaak
is ook, nou ja, bra jiggie...
Dis niks vreemds om skoenlappers te sien
waar hulle vog uit die nat grond teug nie, veral waar diere geⁿrineer het. Daar
word gemeen dat hulle sodoende waardevolle soute bekom. Om dieselfde rede drink
vlinders die "trane" uit die oδ van party diere.
Daar is ook baie vlinders wat
voedingstowwe uit die verrottende ingewande van vee kry. En die mis van
verskeie diere soos ape, luiperds en olifante is vir party vlindersoorte soos
manna.
òáá
VLINDERS word veral vanweδ hul kleurryke vlerke besing. Word die vlerk van baie naby beskou, sien
'n mens dat dit bedek is met skubbe wat oormekaar lΩ soos die teδls op 'n dak.
Die skubbe het allerhande interessante vorms. Dis juis hierdie skubbe wat sorg vir al die glansryke kleure en ontwerpe wat 'n mens by die
skoenlappers kry.
Die kleure is die gevolg van twee
dinge: die pigment in elke skub of die bou van die skub self. Pigmente is chemiese stowwe wat sekere
golflengtes van sigbare lig absorbeer en die res weerkaats, wat dan as kleur
waargeneem word. Bykomende struktuurkleure word geskep deur lig wat van
filmpies en riffies op die skuboppervlak gereflekteer word.
In die natuur help die bonte kleure en ontwerpe die vlinder beskerm deur hom te kamoefleer of
moontlike aanvallers af te skrik. Een soort het byvoorbeeld 'n oogvlek wat
kompleet soos 'n oog lyk.
òáá
AS die skemer daal, soek vlinders beskutte plekke soos die onderkant van
'n groot blaar of 'n tak om die nag daar te verwyl. Hulle oornag meestal op hul
eentjie. Tog is daar party soorte wat so saam-saam rus. S≤ 'n groepvorming
verleen immers 'n sekere mate van beskerming.
Vlinders wat deur die gifstowwe in
hul liggame beskerm word, word selfs beter beskut deur die saamslapery deurdat
'n sterker waarskuwende reuk afgegee word wat potensiδle roofvyande afskrik.
Of nadat 'n vyand een lid van die
groep aangeval het wat nie alte lekker smaak nie, sal hy alte goed weet om die
res te vermy.
Omdat die skoenlappers nag nß nag in
dieselfde gebied slaap, leer hul aanvallers ook om hulle met rus te laat. Sou
hulle elders gaan oornag, kan hulle die prooi word van aanvallers wat nog nie
s≤ gekondisioneer is nie.
òáá
DIE mooie sondagsrokkie of "painted lady" is 'n algemene gesig in Suid-Afrikaanse tuine,
maar min mense besef dat hierdie geharde skoenlappers onder die wΩreldkampioene
van die migrerende ongewerweldes getel moet word.
Hoewel min omtrent hul bewegings
bekend is, weet navorsers dat die Europese "painted lady" elke lente
die Engelse Kanaal van Europa af na Brittanje oorsteek. Europa is op sy beurt
die gasheer-vasteland van die Noord-Afrikaanse spesie. In die herfs keer die vlinders terug.
Die skynbaar brose
melkbos-skoenlappers is eweneens indrukwekkende migreerders. In die herfs trek
hulle van Kanada na Florida of Suid-Kaliforniδ in die VSA oor 'n stuk of 3000
km. Daar word gemeen dat hulle tot 117 uur lank aanmekaar kan vlieg. Onderweg kom hulle in groot groepe
saam om te slaap, byvoorbeeld op bome en die dakke van grotte.
Hoewel die wisseling van die
seisoene die meeste migrasies aan die gang sit, kan oorbevolking ook 'n rede
wees. Dis onseker presies hoe skoenlappers hul rigting vind. Dit lyk of hulle
die son as 'n kompas gebruik, maar hierdie teorie moet nog bewys word. Oor die
grootste deel van hul reis word hulle deur die wind voortgestu.
Dis onmoontlik om te bereken hoeveel
insekte aan enige migrasie deelneem. Maar met hulp van die rekenaar is al
geraam dat 'n verstommende 3000 miljoen "painted ladies" binne 36 uur
van daglig oor 'n gebied van 65 km in Kaliforniδ getrek het.
òáá
Die woord skoenlapper kry ons uit die Nederlands, wat dit ge¡bruik vir
vlinders met bruin, rooi of swart gevlekte vlerke wat aan lappe op 'n skoen of
kleed laat dink; in Afrikaans hoef die skoen¡lapper geen opvallende kleure te hΩ
nie.
Vir ons is die woorde skoenlapper
en vlinder dus sinonieme. Sinonieme is verskillende woorde wat dieselfde
betekenis het.
Maar as ons van 'n meisie as 'n
vlinder praat, word die woord in sy oordragtelike betekenis gebruik. Ons bedoel
sy is 'n koket wat verskeie jong manne tegelyk aan 'n lyntjie hou. Dit sou tog
ietwat koddig klink om haar in hierdie verband ook 'n skoenlapper te noem!
________________________________________________________
Terug na inhoudsblad
-- klik hier
________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD,
2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan