__________________________________________________________________

 

Motte en skoenlappers

 

Fyn soos

Æn vlinderà

 

Mooi vlinder sieraad van my tuin,

áááá net soos Æn blom wat swewe,

jy wat in stilte uitbasuin

áááá die skoonheid van die lewe!

 

òáá Klik hier vir 'n ander artikel oor skoenlappers, wat deel is van die reeks Insek-kaleidoskoop.

___________________________________________________________

 

AS Æn mens na skoonlappers kyk waar hulle hulle so uitbundig in die nektar van blomme verlustig, lyk hulle mos self ook soos vlieδnde blomme. Trouens, daar is min dinge in die skepping wat diΘ skouspel van patrone en kleure kan ewenaar.

 

Skoenlappers behoort tot die insekte-orde Lepidoptera, wat "skubvlerke" beteken. DiΘ naam is aan hulle gegee omdat hul vlerke en liggame met uiters klein skubbe bedek is.

 

Die gekleurde vlerke, met hul oneindige patrone, is nie net die mooiste nie, maar ook die interessantste dele van die skoenlapper se liggaam.

 

Hierdie vier delikate strukture word met Æn stelsel van dun ribbes of are versterk. Hulle is met omtrent Æn miljoen uiters klein kleurskubbe beklee, wat mekaar oordek soos teδls op Æn dak.

 

Die skubbe, wat elkeen uit twintig baie dun plaatjies of lamellae bestaan, breek die lig soos glasprismas. Hieruit ontstaan die struktuur-kleure op die vlerke van die skubvlerkiges. Dan kom daar ook nog pigment-kleure by. Dit is kleurstowwe wat in die skub self aangetref word en wat die skoenlapper maak uit die kos waarvan hy leef.

 

Die pragtige ontwerpe op skoenlappervlerke word dus geskep deur die eweredige verspreiding van die pigment-kleure of deur straalbreking deur die lamellae.

 

Bobaas-kamoefleerders

 

òáá BRONNE verskil oor hoeveel soorte motte en skoenlappers daar is, maar dit is waarskynlik ver oor die 100 000. Hulle is meesters van vorm en kleur, illusie en kamoeflering. Om hulle teen roofvyande te beskerm kan baie in Æn oogwink as Æt ware verdwyn -- omdat hulle net so gespikkel soos hul omgewing is en dus feitlik onsigbaar raak.

 

Sekere skoenlappers kan egter wel ook hul fleurige vlerke gebruik om juis te adverteer dat hulle Æn waglike reuk of bitter smaak het. Vyande kan selfs om die bos gelei word met vals kenmerke soos kastige oδ op die vlerke, wat op die oog af nie veel verskil van die regte oδ van, sΩ nou maar, Æn uil nie. Natuurlik kan daardie vals "kykers" egter nie werklik kyk nie. Praat van Æn letterlike oδverblindery...

á

Wat is die verskil tussen skoenlappers en motte?

 

òáá OOIT gewonder presies wat die verskil tussen skoenlappers en motte is? Hoewel Æn mens nie vaste reδls kan neerlΩ nie, is daar wel sekere basiese verskille.

 

Ons weet byvoorbeeld skoenlappers is bedags bedrywig, en motte meestal snags. Dit alleen gee aanleiding tot nog veel meer verskille tussen hierdie twee soorte vlieδnde insekte. Aangesien motte snags vlieg, het hulle harige voelers omdat hulle die blomme eerder "ruik" as "sien". Skoenlappers, daarenteen, het voelers wat in Æn knoppie eindig.

 

Nagvlieδnde motte het oδ wat in die donker blink, terwyl skoenlappers en dagvlieδnde motte se oδ dit nie kan doen nie.

 

Skoenlappers sowel as motte is koudbloedig. Dit beteken hulle moet Æn hittebron van buite gebruik om hul bloed warm te kry voordat hulle ordentlik kan rondbeweeg. Daarom sal Æn mot sy vlerke vibreer todat sy spiere warm is voordat hy kan vlieg. Æn Skoenlapper sal in die son sit om warm te word, Æn Mens sou kon bespiegel dat dit ook die rede is waarom motte dik, wollerige liggame het, en skoenlappers nie.

 

Dat motte meestal nagvlieδrs is, is ook nie heeltemal waar nie, want die meeste vlieg teen skemeraand of dagbreek omdat hulle soveel vyande (soos vlermuise) in die middel van die nag het.

 

Die meeste motte se vlerke lyk maar dof, in teenstelling met die skoenlapper sÆn wat Æn hele reδnboog van kleure het. Die motte is nie verniet so onopvallend nie. Hulle moet immers goed gekamoefleer wees wanneer hulle bedags teen boomstamme of tussen blare sit en vir die voels wegkruip.

 

Tog is sekere motte, soos Madagaskar se Croesusmot, ryk aan

kleure, terwyl sekere skoenlappers, soos die Buisduval-bruintjie, maar vaal diertjies is.

 

Motte se agtervlerke is wel dikwels helderkleurig. Dit is om roofvyande af te skrik wanneer die mot senuweeagtig raak en sy vlerke rondflap.

 

Dis vir Æn mot veel gemakliker om met uitgespreide vlerke, soos diΘ van Æn vliegtuig, te rus. Party soorte kan selfs hul agtervlerke opfrommel en langs hul liggaam afvou. S≤ lyk hulle soos Æn grashalm of Æn takkie.

 

Skoenlappers is eerder geneig om met gevoude vlerke te rus, soos Æn skip met die seile in die wind. Al is die bokant van die vlerke kleurryk, is die onderkant dikwels dof of vaal, met die gevolg dat Æn mens Æn rustende skoenlapper nie so maklik sal raaksien nie.

 

Daar is egter wel motsoorte wat hul vlerke soos Æn skoenlapper sÆn vou.

 

Skoenlappers het nie Æn frenulum soos motte nie. Dit is Æn toestel wat die voor- en agtervlerke met mekaar verbind wanneer die insek vlieg. Motte kan in die reδl veel vinniger as skoenlappers vlieg, die bymot byvoorbeeld tot 55 km/h. Sy vlerke is natuurlik ideaal geskik hiervoor en het Æn heel ander vorm as die groot waaiers van die skoenlappers.

 

Æn Skoenlapper is nie haastig nie en sal rustig van blom tot blom dartel terwyl hy vreet. Æn Mot sal in Æn reguit lyn vlieg na waar hy wil wees en Æn entjie van die blom af soos Æn helikopter in die lug bly hang. Dan sal hy sy lang tong na die blom uitsteek om by die nektar uit te kom. Motte se tonge is net so lank, indien nie langer nie, as hul eie liggame.

 

Skoenlappers maak hulle heel gemaklik tuis op Æn blom en vreet rustig op die rand daarvan.

 

Daar is meer as sewe keer soveel motte as skoenlappers, dus is die orde Lepidoptera, waartoe hulle behoort, eintlik Æn mot-orde. [Die woord Lepidoptera is afgelei van twee Griekse woorde, lepis (Æn skub) en pteron (Æn vlerk). Die naam "skubvlerke" is aan hulle gegee omdat hul vlerke en liggame met uiters klein skubbe bedek is.]

 

Miskien weet motte meer van hofmakery as skoenlappers. Hoe ook al, hul vryasies verskil amper hemelsbreed. Skoenlappers maak goed van die daglig gebruik, die mannetjies en wyfies herken mekaar aan die patrone en vorms van hul vlerke, asook aan die manier waarop hulle vlieg.

 

Motte gebruik weer eerder hul reuksintuie, en dis waar hul harige voelers sommer baie nuttig is. Gedurende die broeityd gee die wyfie Æn reuk af wat die mannetjies na haar toe lok. Hierdie reuke kan met diΘ van Æn lemoen, sjokolade of sigaarbokshout vergelyk word, Æn Mannetjie kan met sy harige voelers Æn wyfie uitsnuffel wat tot 2 km ver van horn af weg is, selfs in gebiede waar die lug erg besoedel is!

 

Die wyfies gebruik hul reuksintuig om die regte plant te kies waarop hulle hul eiers wil lΩ. Skoenlapperwyfies het tas-sintuie op hul pote en "proe" die blare van die plante voordat hulle hul eiers lΩ. Dit is nogal Æn belangrike takie, want die ruspers kan net van sekere soorte plante lewe, anders vrek hulle van die honger.

 

Nadat die ruspes mooi grootgeword het en gereed is papies te word, is daar nog Æn onderskeid te bespeur tussen rnotte en skoenlappers. Motte se ruspers is eerder geneig om hulle met die papievorming in die grond in te grawe, terwyl party van hulle hulle in Æn kokon van fyn sydrade toespin. Die meeste larwes van skoenlappers maak hulle weer met sydrade vas aan Æn tak of boomstam waar die papie bly hang totdat hy as Æn vlinder ontluik.

 

Die bekende sywurm is Æn mot-rusper. Hy is al soveel eeue lank vir sy sy uitgebuit dat die mot sy vermoδ om te vlieg verloor het. Nog Æn motsoort wat in sy larwestadium deur die mens benut word, is die mopaniewurm, wat gedroog of gebraai geδet word.

 

Skoenlappers, daarenteen, het nie werklik Æn "gebruikswaarde" nie. Maar wie sal ontken dat Æn veld of tuin sonder vlinders maar mistroostig kan lyk? Sekere skoenlappers, soos die Morpho hecuba cisseis, is trouens so mooi dat hulle as juwele eindig.á

 

Maak jou eie bewegende skoenlapper

 

òáá JY HET NODIG: Æn magneet, Æn groot stuk stywe karton, Æn skuifpeld, kleeflint, Æn vel papier, kryt of verf, Æn skΩr.

1. Teken Æn groterige skoenlapper op die papier en kleur dit in.

2. Knip die skoenlapper uit.

3. Plak die skuifspeld met kleeflint onderaan die vlinder vas.

4. Laat die stuk karton skuins staan teenaan Æn paar boeke.

5. Hou die skoenlapper aan die een kant van die stuk karton vas en hou die magneet reg daaragter aan die karton se ander kant.

6. Sodra jy die magneet beweeg,á beweeg die skoenlapper ook wonderbaarlik oor die karton.

 

Hoe werk dit?

Die kragveld om die magneet is sterk genoeg om dwarsdeur die karton te werk. Dit trek die metaal van die skuifspeld aan, sodat jy die skoenlapper oor die karton kan trek.

 

__________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

__________________________________________________

á

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan