-- kyk wie
praat!
Die skepseltjies in die gewilde animasieprent Antz
is suiwer fantasie. Maar onlangse navorsing dui daarop dat miere nie slegs
beter werkers as mense is nie; hulle is selfs in staat om met mekaar te
"praat"...
__________________________________________________________________
DIE manier waarop miere in die
animasierolprent Antz uitgebeeld word, kan vir 'n bioloog nogal vreemd
lyk. Die ware samelewing van die miere bestaan, heeltemal anders as in die
fliek, feitlik heeltemal uit wyfies, met slegs 'n paar mannetjies wat chronies
leeglΩ.
Tog is die film se bewering dat miere 'n sekere
bewustheid toon, glad nie so verspot nie. In verskeie laboratoriums regoor die
wΩreld word miere se persepsies ondersoek, veral hul vermoδ om rigting te hou
deur landmerke te memoriseer. Nou dui navorsing daarop dat party miere gereeld
ingewikkelde inligting aan mekaar oordra.
Enigiets wat lyk na 'n soort bewussyn by miere, moet
op 'n piepklein neuro-anatomie berus. Daar is 50 000 miljoen neurone (senuselle)
in die mens se harsingskors; die ooreenstemmende deel van 'n mier se breintjie
bevat slegs 250 000 neurone. Maar Edward Wilson, die wΩreld se toonaangewende
mier-geleerde, herinner ons daaraan dat 'n kolonie van 40 000 in werklikheid 'n
''super-organisme'' is, met altesaam 10 000 miljoen neurone wat sy ko÷rdinasies
beheer.
Suid-Afrika
se eie EugΦne Marais het diΘ gedagte dekades gelede reeds
uiteengesit in sy bekende Die Siel van die Mier (wat aanvanklik as 'n
vervolgreeks in die ou Huisgenoot verskyn het). Marais het weliswaar nie 'n
miernes nie, maar die termietnes as 'n selfstandige organisme
beskou. Sommige van die termiete vorm die
mond en die spysverteringstelsel, ander vervul die rol van wapens soos kloue of
horings, en nog ander is die voortplantingsorgane, het hy geskryf.
Waarop dit volgens Edward Wilson neerkom, is dat dit
moontlik is om die werkinge van 'n hele kolonie van sulke klein diertjies te
vergelyk met die neurochemiese ko÷rdinasies van weefsels en organe van 'n
enkele werweldier. Miere gebruik chemiese seine om vinnig groot getalle vir
sekere take op te roep, om papies te vervoer, kos op te berg of aanvallers af
te weer.
Die bioloog Lewis Thomas het op 'n keer geskryf:
''Miere is so baie soos mense dat dit eintlik 'n verleentheid is. Hulle boer
met swamme, teel plantluise as vee, stuur leδrs uit om te veg, gebruik chemiese
spuite om vyande te verskrik en te verwar, neem slawe gevange, maak gebruik van
kinderarbeid, ruil onophoudelik inligting uit. Hulle doen alles behalwe
televisie kyk.''
Daar is een ding wat 'n mens omtrent miere moet
onthou. In die meeste miersamelewings is daar nie so iets soos kulturele
oordrag nie. Feitlik alles moet in hul gene geδnkodeer word. Elke kolonie begin
opnuut uit eiers wat deur 'n enkele bevrugte koningin gelΩ word. Alles wat dus
deur die vorige geslag geleer is, is verlore. Die gedragspatrone, gewoontes en
behendighede wat aaneenskakel om die nuwe kolonie te vorm en in stand te hou,
moet biologies oorgeδrf word.
By mense is die teendeel waar. Daar is slegs basiese
geneigdhede in die gene van 'n pasgebore baba. Die res moet in die eerste twee
dekades van die lewe ontwikkel word. As die skakel van kulturele oordrag om
watter rede ook al verbreek sou word, sou ons mense ons in 'n oogwink in 'n
tydvak bevind waar daar nie eens so iets soos landbou, die maak van gereedskap
en die vermoδ om vuur te maak bestaan nie. Al ons kunste en kundighede en tale
sal weg wees.
Maar die meeste mierspesies kan met hul ingewikkelde
tuinbou, veeteelt, weefwerk, siviele ingenieurswerk en kossoekery voortgaan
asof niks gebeur het nie. Vir miere is daar 'n kulture afbreking by elke
geslag. Miere is baie, baie lank reeds boere. Hulle kan nie die sellulose in
blare verteer nie -- iets wat swamme wel kan doen. Party mierspesies versamel
dus blare waarop hulle eetbare swamme in hul neste kweek. Die metodes van
verbouing het uiters ingewikkeld geword. Boer-miere sal antibiotika afskei om
ander swamme te beheer wat soos ''onkruid'' opskiet en dan die afval versprei
om hul gesaaides te bemes.
Om boodskappe onder mekaar te versprei, bondel miere
soms etlike minute lank saam. Wat ''weet'' hulle werklik? Navorsing deur Zhanna
Reznikova, wat miere met kleure gemerk het om hul bewegings te bestudeer, dui
daarop dat hulle wel spanne met blywende lede kan vorm. In haar laboratorium
het Zhanna met besonder vlugge vingers 'n demonstrasie gegee van hoe sy haar
miere met kleure merk.
Vaardig pluk sy 'n mier uit die groot oop bak waarin
een van die neste is wat sy vir haar proewe gebruik. Die binnewande van die bak
is met petroleumjellie gesmeer sodat die miere nie daar kan uitkom nie.
Gedurende die vinnige maar uitvoerige operasie lΩ die skepseltjie uitgestrek en
heeltemal stil op Zhanna se vinger, met net die punte van sy voorpootjies
gestut op haar duim.
Hoekom lΩ hy so stil? ''Ek weet nie,'' antwoord sy, terwyl sy met liefde en trots stralend bo-oor haar bril kyk. ''Weet jy, selfs as hulle nie verfmerke het nie, dink ek ek kan hulle nog aan hul gesigte uitken.''
Daar is die onsinnige gedagte dat 'n klein
skepseltjie 'n soogdiertjie moet wees om soveel empatie te ontlok. 'n Essay
deur Edward Wilson, getiteld In die Geselskap van Miere, loδnstraf dit:
''Die vraag oor miere wat die meeste aan my gestel word, is: `Wat doen ek met
diΘ in my kombuis?' En my antwoord is altyd dieselfde: `Kyk waar jy trap.' Wees
versigtig met die klein lewentjies. Voer hulle krummels of koffiekoek. Hulle
hou ook van stukkies tuna en slagroom.''
___________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
___________________________________________________
á
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan