____________________________________________________________

 

Nomade (2): Laplanders

 

Klein mensies van

die koue noorde

 

Sedert onheuglike tye oorleef hierdie volk van klein mensies die ysige winters aan die verre noordelike rand van Europa. Vandag is hulle egter vinnig besig om te moderniseer...

____________________________________________________________

 

Soos die hel

Klokke wat lui.

Horings wat kraak.

'n Sneeustorm van rendier-hare...

 

HIERDIE woorde, uit 'n Laplandse volkslied, rep iets van die ruwe raserny van rendiere wanneer hulle aangekeer word om geslag te word.

 

Die Laplanders behoort te weet. Eeue lank volg hierdie geharde mense reeds die spoor van die rendiere op hul seisoenstrekke, en hul hele bestaan hang trouens van diΘ herte af. Van tyd tot tyd maak hulle van die diere dood vir hul vleis en velle. Daarom dat hulle die slagting so raak kan beskryf.

 

Maar, soos by die Eskimo's, is die tradisionele trekkerslewe van die Laplanders, of Lappe, vinnig aan die verdwyn. Dit is inderdaad slegs diΘ wat in die noorde van Noorweδ woon wat vandag nog nomadies is.

 

Die Lappe, wat hulself Sameh noem, woon aan die "bopunt" van Europa, of dan wel in die noordelikste uithoeke van Noorweδ, Swede, Finland en die Kola-skiereiland van die gewese Sowjet-Unie, in 'n streek wat Lapland genoem word. Dit is nie 'n land op sigself nie, maar 'n gebied.

 

Oorsprong

 

òáá NIEMAND weet vir seker waarvandaan die Laplanders oorspronklik gekom het nie. Hulle is beslis nie verwant aan die groot, blonde mense wat die Skandinawiese skiereiland ten suide van hulle bewoon nie, want hulle is klein -- op sowat 1,5 m onder Europa se kortste mense -- en taamlik donker van kleur.

 

Hulle het lae voorkoppe, prominente wangbene, plat, breδ neuse, en reguit, donker hare. (Baie het egter reeds met Swede, Finne en Noorweδrs getrou en hul voorkoms is aan die verander.)

 

Hul taal toon 'n groot mate van ooreenkoms met die Finse en Hongaarse taal, waarvan die herkoms ook ietwat onseker is. Die Lapse taal bestaan egter uit 'n aantal dialekte wat soveel verskil dat die sprekers mekaar nie kan verstaan nie. Die dialekte kan dus byna as verskillende tale beskou word.

 

Die Laplanders het waarskynlik 'n paar duisend jaar gelede (dit kan dalk net 2000 jaar gelede wees) uit Asiδ gekom. Soos die Es¡kimo's het hulle omstreeks 1000 nC met die Wikings kennis gemaak en met hulle handel gedryf.

 

Die Laplanders het toe nog die grootste deel van Finland en 'n groot deel van die noordelike Noorweδ en Swede bewoon, maar toe die Finse setlaars later op¡daag, is die Lappe noordwaarts na hul huidige woongebied gedwing.

 

Tradisionele leefwyse

 

òáá IN die lente raak die toendra (die boomlose gebied in die verre noorde) moerasagtig en swerms insekte verskyn. Die mos wat die rendiere vreet, verdor. Dit dwing die rendiere om noordwaarts na vars weivelde te trek -- en die Lap¡landers om hulle te volg.

 

Hulle laai hul besittings op ≤f sleδ ≤f pakrendiere wat klokke aan hul nekke het. Die meeste mense het ook 'n hond as troeteldier wat hulle gebruik om die rendiere te help aankeer.

 

Hulle trek gewoonlik snags wan¡neer die sneeu ferm is. Bedags vertoef die gesin in 'n tentjie -- 'n houtraam wat met rendiervelle bedek is. 'n Vuur word in die middel gemaak en die rook ontsnap deur 'n opening bo-aan die tent.

 

Wanneer die Laplanders die somerweivelde bereik, bou hulle houthuisies met pelse aan die mure en vloere om dit nog warmer te maak. Soos by die tente is daar 'n opening bo waardeur die rook ontsnap.

 

Die vroue bestee baie tyd aan die voorbereiding van kos vir die winter en aan naaldwerk, terwyl die mans na die troppe omsien. Ekstra benodigdhede soos aartappels, hooi en gort kan van vissers¡dorpies in die gebied verkry word.

 

Wanneer die somer einde se kant toe staan, slag die Laplanders party van hul diere en ver¡koop die vleis aan kopers uit die suide.

 

Nadat hulle eindelik vir die win¡ter na die suide teruggekeer het, woon die Laplanders in klein boomstomphuisies, elk met 'n en¡kele vertrek. Hulle vertoef egter nie lank hier nie, omdat hulle soveel tyd op die trekpad deurbring terwyl hulle die rendiere na die len¡te- en herfsvelde volg.

 

Vandag se Laplanders

 

òáá DIE Lappe het mettertyd 'n meng¡sel van gevestigde en deels nomadiese mense geword. Sedert die helfte van die twintigste eeu het ßl meer hul tradisionele leefwyse versaak om werk in die stede en groot dorpe binne Θn buite Lapland te vind.

 

Die plattelandse Laplanders kan in drie kulturele hoofgroepe ingedeel word: die berg-, see- en woudmense.

 

Die berg-Lappe is vandag die grootste nomade, maar ook die kleinste groep. Hulle hou rendiere aan om hulle van vleis, klere en gereedskap te voorsien en om hulle te vervoer. Hulle volg die diere wanneer diΘ op trek gaan.

 

Sleδ is tradisioneel gebruik om die rendiere aan te keer, maar vandag gebruik hulle meestal sneeumobiele en motors.

 

Die see-Lappe is die grootste groep Laplanders. Hulle woon aan die kus waar die meeste vissers is. Vroeδr was hulle deels nomadies en het rendiere, ander soogdiere en voδls op hul seisoensmigrasies gevolg.

 

Die woud-Lappe woon in nedersettings in woude. Baie werk as houtkappers, ander boer met ren¡diere, beeste en skape. Baie woon aan die oewers van riviere of mere en maak 'n bestaan van visvang.

 

Die moderne lewe het wel deeglik sy stempel op Lapland afgedruk. Bevolkingsdruk en die ont¡ginning van minerale het die tradisionele weivelde verklein. Dit het ook noodsaaklik geword om die kinders moderne skoling te gee. Maar die Lappe het by hul regerings aangedring om hulle te help om hul taal, gebruike en leefwyse te bewaar.

 

Die vakansietyd begin met die aanvang van die lente wanneer die troppe noord migreer. Die kinders kan dus hul ouers op die trek vergesel, die nomadiese leefwyse leer ken en met die gebied vertroud raak. Die skole heropen eers in die begin van die winter, wanneer die troppe terugkeer.

 

Een van die mees dramaties veranderings in Lapland in betreklik onlangse jare hou ook verband met die rendiere.

 

Moderne geriewe en artikels soos fabriekskos en -klere, TV-stelle, videomasjiene, motors, sneeumobiele en motorbote, en die sug na statussimbole, het veroorsaak dat daar 'n behoefte aan harde kontant by die Laplanders ontstaan het.

 

Rendiere is ßl meer as 'n bron van kitsgeld beskou. Die gevolg was egter dat te veel diere geteel is vir die beskikbare weiding.

 

Nog 'n probleem was dat die Laplanders die troppe met sneeumobiele en helikopters veel vinniger oor die land aangejaag het as wat natuurlik is. Die diere het stres gekry, vermaer, is met parasiete besmet en die vleis het oneetbaar geraak.

 

'n Ondersoek wat 'n aantal jare gelede ingestel is, het getoon dat duisende rendiere op die trek van maagsere gevrek het.

 

________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan