____________________________________________________
Slang,
jy maak my
bang!
Vir hierdie pootlose reptiele bly die mens maar lugtig, selfs vir diΘ wat geen gevaar vir hom inhou nie. Eintlik weet ons hopeloos te min van slangeà van hul kommunikasie, paargewoontes, jagmaniere, vervelling, tipe bewegings en ook van sekeres se dodelike gif. Hier is 'n klompie heel interessante feite...
òáá Klik
hier vir Æn ander artikel oor slange.
____________________________________________________
VRIEND, vyand, liefdesmaat of prooi? Jy
staan op 'n veilige afstand en kyk hoe twee dodelike adders mekaar met die tong
beruik. Soos by alle slange is 'n uiters vae ''snuf'' oorgenoeg om mekaar uit
te ken.
S≤ lek-lek slange mos ook gedurig aan die lug en die
grond, en wanneer die tong terug in die bek is, pas die gevurkte punte in die
reukorgaan (die sogenaamde orgaan van Jacobson) in die slang se
verhemelte. Op hierdie wyse kan hy sy uitkennings met slegs enkele
mikroskopiese klein reukdeeltjies maak.
Jong slangetjies sal nog mekaar se nabyheid opsoek,
maar die twee wat jy nou beloer, is lankal volwasse en geswore alleenlopers.
Dis net in die paartyd dat hulle werklik saamkom.
In gebiede met koel winters begin die wΩreld se slange
in die lente paar, maar in tropiese streke paar hulle regdeur die jaar. Die
wyfies skei feromone (sekere chemikalieδ) af, wat die mannetjies aanlok.
Alle soorte slange paar op dieselfde wyse. Die
mannetjie vryf met die onderkant van sy kop oor die wyfie se rug en stimuleer
haar, terwyl hy sy lyf teenaan hare oriδnteer. Ofskoon hy twee geslagsorgane of
hemipenes het (aan weerskante van sy lyf), gebruik hy net een daarvan op
'n keer. In die paartyd paar elke wyfie in die reδl met verskeie mannetjies.
Die studie van slange is 'n fassinerende onderdeel
van die dierkunde -- ook hoe die menigte soorte oor die wΩreld heen versprei
is. Iets wat 'n mens gou besef, is dat diΘ met eenders klinkende gewone name
nie noodwendig naby verwant is nie. So kry ons byvoorbeeld die groen boomadder
(Chondropython viridis) van die vogtige reδnwoude en die bekende boomslang
(Dispholidus typus) van ons eie wΩrelddeel -- serpente van totaal
verskillende skubbe!
Alle giftige slange van die aarde is egter nie byters
nie. Daar is 'n uitsonderlike groep wat hul gif uitspoeg of as 'n sproei
uitskiet. Hierdie groep, wat die spoegkobras insluit, gebruik hul gif om
hulself te verdedig eerder as om kos daarmee te bekom. Die sproei word op die
oδ van hul vyande gemik -- en partykeer tref hulle selfs 'n teiken tot byna 2,5
meter ver.
Groeiende slange vervel gereeld -- of eintlik raak
hulle maar net telkens ontslae van die boonste laag van hul vel. Selfs by
slange wat nie meer groei nie, raak die skubbe dood en verweerd en moet dit
periodiek deur 'n nuwe, gesonde laag vervang word. Party soorte vervel sowat
elke twintig dae, ander slegs een keer per jaar.
Die slang begin sy vervelling deur met sy neus teen
klippe of ander harde voorwerpe te skuur en die ou laag vel van sy lippe af te
kry. Nadat die ou laag losgewikkel is, seil hy uit sy ou vel uit en laat dit in
die reδl as een stuk agter
Slange maak van verskillende strategieδ gebruik om
hul prooi te vang. Slanke, beweeglike slange agtervolg hul slagoffers aktief,
maar diΘ met dikker lywe, soos die luislange, lΩ eerder opgerol hul prooi en
inwag.
Die tande van slange wys agtertoe en is nie ontwerp om
te kou nie -- maar gelukkig is hierdie reptiele se bekke en lywe so rekbaar dat
hulle baiemaal diere groter as hulself kan insluk.
DiΘ met giftande kan inderdaad groot skade aanrig,
Trouens, die gif van die pofadder (Bitis arietans) veroorsaak
waarskynlik groter veeverliese as enige ander slang in Suid-Afrika.
Moet ook nie lol met die koningspofadder (Bitis
gabonica, Engels: Gaboon adder) nie. Met sy lengte van meer as 1,80 meter
het hierdie grootste adder in Afrika yslike byters van tot sowat 5 cm lank.
Slanggif is 'n komplekse mengsel van prote∩ene wat
verskillende weefsels in die liggaam vernietig en die prooi verlam of doodmaak.
Hoewel alle soorte slanggif elemente bevat wat sowel die senuwees as die bloed
aantas, is een van die twee tipes gewoonlik oorheersend.
Slanggif het darem ook sy waarde, soos slangboere jou
sal kan vertel. Slange kan naamlik ''gemelk'' word vir hul gif, wat in die
farmaseutiese bedryf in die vervaardiging van sekere soorte medisyne gebruik
word.
Verskillende soorte slange beweeg op verskillende
maniere. Van die vier soorte bewegings is die sogenaamde serpentiese beweging
die algemeenste en vinnigste. Die slang trek sy spiere saam om 'n reeks golwe
in sy liggaam te skep, met 'n drukking agter elke golf om homself vorentoe te
stoot.
Vir reglynige beweging (rusperbeweging) maak 'n swaar
slang van vergrote skubbe op die pens gebruik om vashouplek op die grond te
kry.
Vir die konsertinabeweging trek die slang homself
vorentoe deur sy sterk spiere soos 'n konsertina saam te bondel en te verleng.
Die skaarsste soort beweging is die sywaartse aksie
van sekere woestynslange. Die slang krul sy lyf sywaarts en gooi die lus wat
dit vorm heeltemal van die grond af op om homself na die kant toe te laat
beweeg. Sywaartse beweging keer dat die slang op los sand gly.
___________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
___________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan