____________________________________________________

 

Slange

-- glibberig en skubberig...

 

Baie mense glo dat die enigste goeie slang 'n dooie een is. Talle slange, selfs die onskadelikes, word dus voor die voet doodgemaak. Maar as 'n mens werklik slange begin verstaan en leer hoe hulle lewe, sal jy stellig met nuwe oδ na diΘ glibberige reptiele kyk...

 

òáá Klik hier vir Æn ander artikel oor slange.

____________________________________________________

 

Die slang was listiger as al die wilde diere... en het vir die vrou gevra: ''Het God werklik gesΩ julle mag van geen boom in die tuin eet nie?''... Toe sΩ die slang vir die vrou: ''Julle sal beslis nie sterf nie.''

-- Genesis 3:1 en 4.

á

SLANG en mens het al vroeg-vroeg saamgeheul. Nß die skepping het Satan in die vorm van 'n slang verskyn om die mensdom tot ongehoorsaamheid te verlei. Die passasie oor hoe Eva versoek is, is maar net een van verskeie in die Bybel waarin slange die simbool van die bose is.

 

Slange het deur al die eeue heen mense geboei -- en met weersin vervul. Hulle word met enigiets van duiwelskuns tot toordery vereenselwig, en allerhande mites en legendes is om hulle geweef.

 

Een van die bekendstes is die Griekse mite van die eens pragtige Medusa, een van die Gorgone, wie se hare in 'n wrong van giftige slange verander is. Wanneer die held Perseus uiteindelik vir Medusa doodmaak, word haar druppels bloed die giftige slange wat in Libiδ aangetref word.

 

Mense het 'n buitengewone vrees vir slange. En 'n mens moet toegee dat daardie lang, glibberige lywe en gesplete tonge weinig doen om ons van hulle te laat hou. Maar eintlik is ons so doodbang vir slange omdat ons so min van hulle af weet. Die waarheid is dat die meeste soorte vir die mens totaal onskadelik is.

 

Pootlose reptiel

 

òáá 'N SLANG is 'n lang, pootlose reptiel met 'n lang, buigsame ruggraat en honderde ribbes. Hulle wissel in deursnee van baie dun soorte wat soos rankende lote lyk tot diΘ met werklik robuuste lywe. Om in die verlengde lyf te kan pas, is 'n slang se organe lank en dun. Party soorte het een lang long pleks van twee.

 

'n Slang se liggaam is met skubbe bedek wat herhaaldelik oormekaar vou en wat ≤f glad ≤f geriffel kan wees. Die buikskubbe vorm gewoonlik 'n enkele, breδ ry wat van die nek af tot by die stert strek. Die geskubde vel verslyt maklik en die slang vervel dus van tyd tot tyd. Die ou vel word gewoonlik in een stuk afgewerp.

 

Soos ander reptiele is slange koudbloedig en moet hulle hulself daagliks verwarm deur in die son te lΩ.

 

Slange se sintuie

 

òáá SLANGE het geen ooglede nie en kan nie hul oδ knip of toemaak nie. Pleks daarvan is elke oog met 'n deursigtige skub bedek. Slange het nie uitwendige ore nie, maar wel inwendige gehoororgane. DiΘ laat die slang egter nie ''hoor'' soos ons nie, maar stel hom in staat om trillings in die grond waar te neem.

 

Die gesplete tong maak dit wel vir die slang moontlik om te proe, maar dis allereers 'n reukorgaan. Die sogenaamde orgaan van Jacobson mond in die verhemelte uit en bestaan uit twee sakkies wat met sensoriese selle uitgevoer is. Die slang steek sy gesplete tong uit, versamel monsters reukmolekules uit die lug of grond en trek dan weer sy tong in sy bek in. Die molekules word nou na die orgaan van Jacobson oorgedra waar hulle chemies ondersoek word.

 

Die sogenaamde groefkopadders het 'n bykomende sintuig: 'n hitte-sensitiewe orgaan of diep holte aan weerskante van die kop tussen die neusgat en die oog. Hierdie kuiltjies is uitgevoer met delikate membrane wat ryk aan senu-eindpunte is om die geringste temperatuurverandering waar te neem.

 

Die senu-eindpunte reageer op die stimulasie van die infrarooi uitstraling van voδls en soogdiere se warm liggame. Hierdie vermoδ om infrarooi strale te gewaar, stel die slang in staat om selfs in stikdonkerte agter te kom waar sy prooi is, hoe groot hy is en watter vorm hy het.

 

Waar slange woon

 

òáá SLANGE word feitlik oral ter wΩreld aangetref. Maar van die byna 2 700 bekende soorte kom verreweg die meeste in lande voor waar die son die hele jaar deur skyn.

 

Baie is grondbewoners, wat bedags in gate inkruip om aan die warm son te ontsnap en saans, wanneer dit koel is, uitkom om te jag. Party bly deurentyd onder die grond. Baie woon hoog in die boomtoppe. Party swem dikwels in die water rond, terwyl seeslange hul hele lewe in die water deurbring. 'n Paar soorte seeslange kom slegs land toe om hul eiers daar te lΩ.

 

Enkele soorte slange hou in streke met 'n koue klimaat waar dit in die winter ryp en sneeu. Hierdie slange oorleef deur so veel as moontlik in die son te bak en in gate in te vlug wanneer die son nie skyn nie. Baie hiberneer in die winter (gaan deur 'n winterslaap).

 

Slange kan nie lewe waar die grond permanent bevrore is nie. Daar is byvoorbeeld geen slange op Antarktika of op baie hoδ berge nie.

 

Wat slange vreet

 

òáá ALLE slange is vleisvreters, maar hulle vang en vreet hul kos op verskillende maniere. Party wag dat hul prooi verbykom deur onder takke met baie blare te skuil. Ander het ''jaggereedskap'' soos kleurryke tonge of sterte, wat hulle as lokaas gebruik. Sodra die prooi binne trefafstand kom, slaan die slang toe. Nog ander agtervolg hul prooi aktief en swem oor strome en riviere agter prooidiere aan, indien nodig.

 

Baie slange het skerp, krom giftande en gif waarmee hulle hul prooi onderwerp of doodmaak voordat hulle die slagoffers insluk. Die giftande van verskillende soorte is verskillend gerangskik. Die gif vloei uit kliere aan weerskante van die bo-kaak deur die hol tande in die slagoffer in.

 

Luislange kry hul ete deur 'n slagoffer met die kake vas te gryp en dan die lyf om die dier te krul. Party sluk sommer die slagoffer lewend weg, maar die meeste luislange draai hulself so stewig om die dier dat hy nie kan asemhaal nie en versmoor. Die slagoffer word dan heel ingesluk.

 

Daar is twee slangfamilies wat hul prooi s≤ dooddruk en verorber, te wete die familie Boidae (boas) van Suid-Amerika en die familie Pythonidae, waartoe ons inheemse luislang ook behoort. Luislange se slagoffers is meestal omtrent so groot soos rotte of konyne, maar die knewels sal varke, antilope, groot wilde katte en selfs mense aandurf.

 

Vyf soorte Afrika-slange en een soort Indiese slang spesialiseer daarin om voδleiers te vreet. Die slang proe eers die eier deur sy tong daaroor uit te stoot. As hy daarvan hou, draai die slang sy lyf om die eier om te keer dat dit wegrol en rek hy sy bek wyd oop. Die eiers is dikwels groter as sy eie kop, en dit kan tot twintig minute duur voordat die slang daarin slaag om sy bek om die eier te kry. Die slang sluk dan die eier in, wat in sy keel inbeweeg. Spesiale bene in die keel kraak die eierdop. Die inhoud van die eier gaan in die slang se maag in, en die slang spoeg die platgedrukte eierdop uit.

 

Hoe slange beweeg

 

òáá SLANGE beweeg op verskillende maniere. Sommige maak van 'n kort konsertina-aksie gebruik om deur gate of oor gladde oppervlakke te seil. Die slang beweeg sy voorlyf vorentoe en druk daarmee teen die wande van die gat of op die oppervlak om 'n ferm houvas te kry. Dan trek hy die agterlyf in die rigting van die kop, terwyl sy lyf kronkel. Die agterlyf word vervolgens teen die oppervlak gedruk sodat die voorste deel nogmaals vorentoe kan beweeg.

 

Sekere slange maak van 'n sogenaamde reglynige beweging gebruik om boom te klim of in smal gate te seil. Verskeie baie groot slange seil ook op diΘ manier grondlangs. Terwyl sy lyf min of meer in 'n reguit lyn bly, trek die slang sekere velspiere saam wat agtereenvolgende groepe buikskubbe vorentoe trek. Die skubbe haak aan bas of ruwe oppervlakke op die grond vas. Die skubbe word dan teen die boom of grond gedruk om die reptiel vorentoe te stu.

 

Slange wat in woestyne met hul verskuiwende sand woon, beweeg weer met 'n sywaartse gekronkel. Terwyl die slang 'n ''S'' van sy lyf maak en hom slegs op sy kop en stert stut, lig hy hom van die oppervlak af op en werp hy homself sywaarts. Hy herposisioneer dan die kop en stert en herhaal die beweging.

 

In 'n noodgeval maak twee soorte ''vlieδnde slange'' van Suidoos- Asiδ van 'n bra ongewone bewegingsmetode gebruik. Die slang maak sy ribbekas plat om sy oppervlak te vergroot en werp homself dan van een tak na 'n laer een. Die lyf word 'n soort ''valskerm'' om die val te breek.

 

Die langste, die swaarste, die kleinste

 

òáá Die langste slang ter wΩreld is die net-luislang van Suidoos-Asiδ, wat 10 m lank word. Dit is omtrent so lank soos drie klein motors wat buffer teen buffer geparkeer staan.

 

òáá Die wΩreld se swaarste slang in die anakonda van Suid-Amerika. Hoewel hy korter as die net-luislang is (hy word tot 9 m lank), weeg die grootste knewels 'n indrukwekkende 230 kg.

 

òáá Die kleinste slangetjie op aarde is die skoenveter-slang van verskeie Karibiese eilande. Hy word tussen 10 en 15 cm lank en is weinig breδr as die lood in 'n potlood.

 

Het jy geweet?

 

òáá Slangebesweerders laat kobras heen en weer wieg asof diΘ deur die musiek van hul fluite gehipnotiseer word. Die waarheid is egter dat slange kwalik kan hoor. Dit is waarskynliker dat die slange reageer op die gewieg van die musikante en die trillings wat hulle met hul voete maak.

 

òáá Die Kaapse kobra dra 'n dodelike gif met hom saam wat hy met sy giftande in sy slagoffers inspuit. Wanneer hy bedreig voel, kom hy orent en maak hy sy nek bak om hom groter en skrikwekkender te laat lyk.

 

òáá Die dodelik giftige, blitsige swart mamba word in baie dele van Afrika gevrees. Hy is die vinnigste slang ter wΩreld en kan oor kort afstande tot 23 km/h beweeg.

 

òáá Die antieke Maja, wie se beskawing in die huidige Mexiko ontwikkel het, het hul tempels en piramides met slangkoppe van klip versier.

 

__________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

__________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan