___________________________________________________________
Teiken: mense op Mars!
Dis die jaar 2010. Volgens die Christelike jaartelling op aarde. Maar die twee menslike silhoeδtte wat teen die woestynklippe en dynserige hemel afgeδts staan, is nie op die aarde nie. Trouens, hulle is verder van ons planeet af as wat enige ruimtereisigers nog ooit was. Op die roesrooi grond van ons onaardse buurplaneet bespied hulle die nuwe wΩreld van horison tot horison. Hulle dra ruimtepakke, want daarsonder sou hulle nie hier kon lewe nie. Wat meer sΩ, die planeet Mars is totaal onherbergsaam. Selfs in ons ongenaakbare poolstreke is jou kanse vir oorlewering baie beter...
___________________________________________________________
DIT
is al die laaste grens van die menslike ondernemingsgees genoem: die droom om
eendag mense op Mars te laat land. Ons poolstreke is lankal oorwin, ook ons
hoogste berg, Everest, en reeds in 1969 het die mens seδvierend sy vlag op
ons natuurlike satelliet, die maan, geplant.
Nou
bly slegs Mars nog oor, die planeet wat die naam van die mitologiese god van
oorlog dra. En wetenskaplikes weet maar
alte goed watter uitgerekte oorlog dit gaan kos om hom uiteindelik te
oormeester. Omdat geld nie onbeperk bestee kan word aan die verkenning van die
ruimte nie, vorder die Mars-projek immers treetjie vir treetjie.
Dit
het reeds dekades gelede begin toe die Mariner-snuffeltuie (1964-1971) die
oppervlak van Mars afgeneem het. Hulle het ook die atmosfeer bestudeer, die
yslike berg Olympus Mons daar ontdek en die teorie die nek ingeslaan dat daar
kunsmatige kanale is. Boonop is getuienis teruggesein van oppervlakwater op
die planeet.
In
die middel sewentigs het die Viking-sendings Mars met sowel onbemande wentel-
as landingstuie verken. Beelde van die Mars-oppervlak is aarde toe gesein en
daar is na tekens van lewe in die grond gesoek. Ofskoon daar geen sulke tekens
gevind is nie, bly sekere wetenskaplikes nog altyd optimisties dat diΘ
getuienis uiteindelik gekry sal word -- moontlik selfs diep verskuil in die
skeure van Mars.
Eers
in 1997, nß 'n baie lang afwesigheid, het die Amerikaners deur middel van hul
robot-tuie na Mars teruggekeer. Die Pathfinder-sending met sy klein karretjie
wat van rots tot rots gery en die gesteentes ''bevoel'' het, het ook weer die
belangstelling van gewone mense in die verkenning van die ruimte laat opvlam.
Toe
kom daar egter 'n terugslag: twee nuwe verkenningstuie, wat in 1999 onder meer
die atmosfeer, oppervlak en ysdekke by die pole van Mars moes gaan monitor en
selfs die grond daar moes gaan omdolwe om daaraan te "proe", het
blykbaar albei vergaan sonder om hul take te verrig. Die twee snuffeltuie sou
ook antwoorde moes probeer vind op die tergende vrae oor die oseaan of oseane
van Mars. Hierdie watermassas het volgens alle aanduidings in die verre
verlede bestaan, maar toe geheimsinnig verdwyn.
ò
TOG leef die droom om Mars te verower steeds voort. Nog 'n mylpaal sal
hopelik in die jaar 2005 bereik kan word wanneer 'n tuig daar grond opskep en
daarna met sy kosbare vrag terugkeer aarde toe. Nog sulke pendelsendings met
Marsgrond word vir later in die vooruitsig gestel.
Dan
sal baie vrae miskien tog opgelos kan word, soos of daar werklik die een of
ander soort lewe op die planeet is -- of ooit was. Dog uiteindelik sal die
altyd ondersoekende mens ook maar self op Mars moet land. Die groen mannetjies
moet hulle reeds deeglik voorberei op 'n ontmoeting...
Dis
nie dat baie mense nog dink dat daar rΩrig iets soos groen mannetjies op die
Rooi Planeet kan wees nie. Dit kon fiksieskrywers straks die liggelowiges Æn
geslag of twee gelede nog wysmaak, maar nie meer nie!
Selfs
groen mannetjies, weet ons vandag, sal baie meer as net die blouapiestuipe kry
as hulle in die ongure temperature van Mars probeer oorleef. Die planeet is
immers Æn onherbergsame, ysige wildernis, wat binne oomblikke die bevrore
neus van Æn Eskimo kan laat afval. En die atmosferiese druk op die oppervlak
is min -- slegs gelyk aan diΘ op 'n hoogte van 35 km in die aarde se
atmosfeer.
Tog
kan daar net miskien-miskien iewers verskuilde mikrobes of so iets diep in die
canyons wees, wat slegs die vindingryke mens daar sal kan opspoor waar robotte
bes moontlik hopeloos sal faal.
Daarom
dat Dan Golden, hoof van die Amerikaanse ruimteagentskap Nasa, al voorspel het
dat die eerste menslike besoek aan Mars teen 2010 kan plaasvind.
Om
dit te kan bewaarheid -- of wanneer ook al in die eerste dekades van die 21ste
eeu -- het Æn groep
Nasa-ruimtevaarders, wetenskaplikes en navorsers hulle reeds begin voorberei
vir toekomstige verkenningstogte na die planeet.
Æn
Deel van die plan is om Æn Mars-landing hier op aarde na te boots. Die beste
"landingsplek'' waarmee wetenskaplikes vorendag kon kom, is een van die
haaikaalste en koudste plekke ter wΩreld -- Kanada se onbewoonde
Devon-eiland, binne die Noordpoolsirkel en sowat 650 km van die magnetiese
Noordpool.
'n Tyd gelede het die eerste span, onder aanvoering van dr. Pascal Lee, Æn planetΩre wetenskaplike, daar aangekom en met gesimuleerde ontdekkingstogte van Mars begin. Daar is toe beoog om spanne op Æn rotasiegrondslag soontoe te stuur.
S≤
lewe ses mense op Æn keer tot agt weke lank in beknopte toestande op die
verlate rand van Æn krater wat merkwaardig ooreenstem met die kraters op
Mars.
Hul
tuiste is Æn tweeverdieping-silinder van glasvesel wat nie eens tien meter
in deursnee is nie. Sonpanele verskaf die meeste van die energie wat benodig
word. Die basis bevat ook Æn klein laboratorium waar rotsmonsters vir
moontlike tekens van lewe bestudeer word.
Die
manne gaan in hul ruimtepakke uit om te verken en rotsmonsters te versamel --
alles baie naby aan soos dit op Mars sal wees.
Maar
tog nie heeltemal nie. Geen plek op aarde, hoe ongenaakbaar ook al, kan
werklik die klimaat ewenaar van ons buurplaneet waar 'n verskriklike minus 275
grade C feitlik die norm in die winter is nie...
ò
Klik hier
en lees meer oor Mars in die artikel oor die planete in die sonnestelsel.
___________________________________________________________
Terug
na inhoudsblad -- klik hier
___________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan