____________________________________________________________
-- van die
rietpen tot die bolpunt
In die sowat sestig jaar vandat hy die eerste keer op
die toneel verskyn het, het die bolpuntpen een van die staatmakers in die
alledaagse lewe geword. Maar die begin van skryfinstrumente moet veel verder in
die verlede gesoek word -- etlike duisende jare terug, om meer presies te
wees...
òáá Klik hier as jy by "Kort Begrip" ook oor
die geskiedenis van papier wil lees.
____________________________________________________________
JY'S besig om 'n brief te skryf, maar die
ink in jou bolpuntpen raak op. Ag, nou ja, toe maar. Jy druk bloot 'n
hervulling in die pen in, of tien teen een gooi jy die pen self weg en pluk gou
'n ander een uit 'n laai. Dis mos so maklik... en so goedkoop boonop.
In vergelyking met wat hulle net 'n halfeeu of wat
gelede gekos het, is bolpuntpenne vandag spotgoedkoop. Daar word vertel dat
sekretaresses kort nß die Tweede WΩreldoorlog lag-lag 'n week se loon sou
prysgegee het net vir die ''voorreg'' om so 'n nuttige skryfding te besit -- en
kantoorjongens 'n hele maand se verdienste. Gelukkig kry jy sekere van hierdie
penne vandag vir 'n appel en 'n ei.
Min voorwerpe word so dikwels in die alledaagse lewe
gebruik as penne en potlode, en meer as duisende miljoene word jaarliks regoor
die wΩreld vervaardig. Maar wanneer is hulle dan die eerste keer gebruik?
Die eerste ''skryfding'' was bes moontlik die
menslike vinger, wat in 'n pasta van fyngemaakte klip en water, plantsappe of
bloed gedoop en waarmee dan op 'n rotswand geteken is.
Omstreeks 4000 vC het die ou Egiptenare hol riete as
penne gebruik. Die ink is van natuurlike materiale soos roet, bessies, bas en
lynolie gemaak. Teen nagenoeg dieselfde tyd het 'n stuk skryfgereedskap wat die
stilus genoem is, sy verskyning in Mesopotamiδ gemaak. Dit het bestaan uit 'n
staaf van hout, riet, been of metaal met 'n skerp punt wat in die oppervlak van
nat kleitablette ingedruk is, en 'n stomp punt waarmee foute gladgestryk is.
Die ou Grieke en Romeine het met stilusse van yster,
brons, silwer en ivoor geskryf op houtblokke wat met was bedek was. In Egipte
en later China is skryfkwassies wat van dierehare gemaak is saam met koeke
gedroogde ink gebruik. Die kwassie is in water gedoop en teen die inkkoek
gevryf, baie soos waterverf-skilders vandag maak.
In die loop van die 500's vC het mense penne begin
gebruik wat van die vlerkvere van voδls soos ganse, swane en kalkoene gemaak
is. Die veerpen is aan die onderent gekerf om 'n penpunt te vorm wat in die
middel deurgesny is om die ink beter te laat vloei. Veerpenne het tot die
1800's die belangrikste skryfgereedskap van die Westerse wΩreld gebly.
In 1803 is 'n pen met 'n staalpunt ontwerp. Soos die
veerpen kon dit egter ook net 'n bietjie ink op 'n slag hou en moes dit
aanhoudend in ink gedoop word. Nie lank daarna nie het 'n vroeδ soort vulpen sy
verskyning in Brittanje gemaak, maar dit was nie geslaag nie, veral omdat dit
so dikwels verstop het.
In 1884 het Lewis Edson Waterman van New York die
vulpen vervolmaak. Sy pen het 'n inkhouer gehad wat met 'n oogdrupper gevul
moes word en 'n haarbuisie wat die ink uit die houer na die penpunt gevoer het.
In die vroeδ 1900's is die pen so verfyn dat ink in die leδ inkhouer ingesuig
kon word om dit te hervul.
Nß die Tweede WΩreldoorlog het die tradisionele
vulpen 'n gedugte mededinger gekry: die bolpuntpen. Die verhaal van die
bolpuntpen kan teruggevoer word tot in 1888, toe die Amerikaner John H. Loud 'n
pen gepatenteer het met 'n vrybewegende bal aan die punt vir 'n egalige
inkvloei na die skryfoppervlak. Loud se uitvindsel kon dit egter nΩrens bring
nie, moontlik omdat die inkhouer 'n morsige, met ink deurweekte kussinkie was.
Die moderne bolpuntpen se ''pa'' was die talentvolle
Hongaar Laszlo Josef Biro, wat in 1938 saam met sy broer George die eerste
patente vir die Biro-bolpuntpen geregistreer het. Die jaar daarna was Europa in
die Tweede WΩreldoorlog gedompel. Toe Nazi-Duitsland en Hongarye in 1940 'n
politieke alliansie vorm, het Biro eers na Parys en toe na Argentiniδ gevlug.
In sy eerste paar jaar in Argentiniδ het Biro aan sy
bolpunt gewerk en 'n spesiaal geformuleerde ink gebruik wat sy broer ontwerp
het. Hoewel hy as 'n platsak vlugteling in die land aangekom het, het hy
spoedig mense gekry wat hom geldelik ondersteun het om volstoom die veel
verbeterde nuwe stuk skryfgereedskap te begin vervaardig.
In 1944 is die bolpuntpen as 'n oorlogshulp aan die
Geallieerde magte aangebied. Vlieδniers en navigators het altyd op groot
hoogtes probleme met lekkende vulpenne gehad. Daarteenoor het die nuwe
Biro-bolpuntpen nie gelek nie.
Hierdie penne het die verbeelding aangegryp en 'n
fabriek in Engeland het hulle begin vervaardig. Teen die laaste maande van
1944, met bomwerpers sonder drukreδling wat feitlik daagliks aanvalle moes
uitvoer, is sowat 30 000 Biro-penne in die Britse lugmag uitgereik en selfs nog
meer in die Amerikaanse lugmag.
Nß die oorlog het die bolpuntpen selfs gewilder
geword en is verstommende pryse daarvoor betaal. Trouens, diΘ pen was die
statussimbool van die tyd -- soos die selfoon in die jare negentig was!
In 1953 het 'n Franse sakeman, Marcel Bich, 'n nuwe
soort bolpuntpen, die sogenaamde BiC Crystal, ontwerp en 'n paar jaar later het
sy maatskappy die firma van Biro in Brittanje oorgeneem. Vandag word penne (en
potlode) wat deur Biro Bic vervaardig is, regoor die wΩreld in klaskamers en
kantore gevind.
òá òá òá
òá
AL ooit gewonder hoe kom die ''lood'' in
die potlood? Nee, dit word nie ingeforseer in 'n lang tonneltjie wat deur 'n
stokkie geboor word nie!
Die proses verloop heel anders. Eers word 'n
reghoekige blok uit geskikte hout gesaag -- 'n blok wat so lank is as wat die
potlode sal wees.
Hierna word die blok in dun planke opgesaag, elke
plank die helfte so dik as wat die potlode gaan wees. Die planke word hierna
gekleur. Vervolgens word rye ewewydige gleufies aan die een kant van elke plank
in die lengte aangebring.
Grafietstafies word in die gleufies geplaas en 'n
tweede plank met gleufies word soos 'n toebroodjie bo-op die eerste geplaas.
Die planke word aan mekaar vasgelym.
Hierdie "potlood-toebroodjie" word dan
gesaag om die individuele potlode van mekaar te skei.
Die potlood word geverf en afgewerk, 'n metaalring
aan die een end aangebring en 'n uitveδr in die ring ingekram.
Maar is daar werklik lood in 'n potlood? Nooit gesien
nie! Trouens, diΘ bekende skryfinstrument het die laaste deel van sy naam gekry
weens 'n ietwat verwarrende dwaling in die geskiedenis.
Mense het naamlik eers gedink die grafiet wat daarin
voorkom, is 'n soort lood. Die volle naam, potlood, het ontstaan deurdat
grafiet by pottebakkerye gebruik is, gepaard met die feit daar vroeδr met
loodstafies geskryf is.
S≤ praat die Nederlanders van 'n loodpennetje en die
Duitsers van 'n Bleistift (loodstif) wanneer hulle na 'n potlood verwys. Die
Engelse leadpencil is deels ontleen aan 'n Oud-Engelse woord vir 'n kwas
(''brush'').
Die moderne potlood het moontlik geraak toe 'n
buitengewoon suiwer neerslag van grafiet (wat eintlik 'n soort koolstof is) in
1564 by Borrowdale in die Engelse graafskap Cumbria ontdek is. Die jaar daarna
het 'n Duits-Switserse natuurkundige, Conrad Gesner, vir die eerste keer 'n
stuk skryfgereedskap beskryf waarin grafiet binne-in 'n houer van hout geplaas
is.
Die potlood soos ons hom ken, is in 1795 onafhanklik
van mekaar deur Nicholas-Jacques ContΘ van Frankryk en Josef Hardtmuth van
Oostenryk ontwikkel. Albei het 'n mengsel van klei en graniet as die skryfkern
gebruik. Hul metode is mettertyd verfyn en vorm vandag steeds die grondslag van
potloodvervaardiging.
Die moderne proses behels dat 'n pasta van
grafietpoeier, klei en water deels gedroog word totdat dit so styf en plooibaar
soos nat stopverf is. Dit word dan deur klein gaatjies geforseer, waarna die
lang stringe versigtig op 'ná plat oppervlak
neergelΩ en reguit gemaak word.
In 'n atmosfeer waarin die lugvogtigheid en
temperatuur gedurig volgens 'n gevestigde prosedure afgewissel word, word die
stringe verder droog gemaak. DiΘ word dan tot meer as 1000 grade C verhit, wat
dit ietwat poreus maak, en die grafietstiffies word met natuurlike wasse
deurweek om dit gladder te maak.
Hoe meer klei daar by die grafiet in 'n potlood
gevoeg is, hoe harder is die ''lood''. Vir kleurpotlode word allerhande ander
bestanddele gebruik. Hierdie mengsels word nie verhit nie. Die hout in potlode
kom van bome met 'n sterk, reguit grein, en 'n tekstuur wat teen die grein in
met 'n potloodskerpmaker gesny kan word.
Met die samevoeging van die grafiet- en houtstiffies
word die proses voltooi en is die nuttige produk gereed om die wΩreld ingestuur
word.
Viva die potlood!
__________________________________________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik
hier
__________________________________________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan