___________________________________________________________
Elke oomblik word baie miljoene tonne waterstof in die son deur kernfusie in helium en energie
omskep. Die energie is die ekwivalent van honderdduisend miljoene
waterstofbomme wat per sekonde ontplof. Hoewel net 'n breukdeeltjie van hierdie energie ons planeet bereik,
ontvang ons steeds binne twee weke genoeg om al die wΩreld se oorspronklike
voorrade steenkool, olie en gas te vervang. Namate die navorsing oor
alternatiewe energiebronne voortduur, is daar by wetenskaplikes ook 'n
brandende ywer vir die ontwikkeling van sonkrag...
___________________________________________________________
VAN die vroegste tye af
het mense die potensiaal van die son se krag besef en dit tot
hul voordeel probeer aanwend. Mense van die Steentyd het byvoorbeeld grotte
gekies waarvan die bekke in die rigting van die son gewys het.
In die vyfde eeu vC het die Griekse
filosoof Sokrates mense aangeraai om die suidekant van hul huise hoog te bou
sodat die huise deur die winterson ver¡warm kon word (in die Noordelike Half¡rond
trek die son aan die suidekant van oos na wes deur die hemelgewelf). Volgens
Sokrates moes die noordekant weer laag wees sodat 'n kleiner opppervlak aan die
koue wind blootgestel sou wees.
Teen nagenoeg dieselfde tyd het die
antieke Grieke besef dat sfere van glas wat met water gevul is, die strale van
die son kan saamtrek en gebruik kan word om vuur te maak. Dit sou egter baie
eeue duur voordat die mensdom weer beduidende vorderings met sonkragverhitting
gemaak het.
In die vroeδ 1700's het die
Switserse wetenskaplike Saussure die wΩreld se eerste waterverwarmer gebou wat met sonkrag gewerk het. Dit het bestaan
uit 'n houtboks met 'n glasbedekking, 'n swart basis en kurk-isolasie om die
son se hitte vas te vang.
Nog uitvindsels het gevolg. In die laat
1800's, byvoorbeeld, is 'n drukpers wat met sonkrag gewerk het in Frankryk
gebou. 'n Skottelvormige spieδl het die son se strale op 'n stoomketel gefokus,
wat stoom gemaak het waarmee die pers aangedryf is.
In die twintigste eeu, veral sedert die
oliekrisis in die 1970's, is opwindende vordering met die ontwikkeling van
sonkrag-tegnologie gemaak.
Daar is tans twee hoofmaniere waarop
sonkrag ingespan word: (1) deur die lig en hitte regstreeks te gebruik en (2)
deur sonlig in elektrisiteit om te skakel.
òáá
SOGENAAMDE platplaat-ontvangers of sonpanele kan in die rigting van die
son op die dak van 'n gebou aangebring word om water en lug binne-in die gebou
te verhit.
Gegrond op Saussure se hitteboks,
bestaan 'n platplaat-ont¡vanger uit 'n reghoekige, ge∩so¡leerde boks, wat met
een of meer lae glas of helder plastiek bedek is, en 'n binnepaneel van
plastiek of koper, wat swart geverf is.
Die sonstrale dring deur die glas-
of plastiekbedekking, word deur die swart paneel geabsorbeer en in hitte
omgeskakel, wat dan onder die bedekking
vasgevang word.
Koue water of 'n ander soort
vloeistof vloei deur buise wat in aanraking met die swart paneel is en hitte
daaruit absorbeer. Die ver¡hitte water word dan in 'n opgaartenk ingepomp vir
huishoudelike gebruik of deur 'n sentrale verwar¡mingstelsel gestuur.
Soms word lug pleks van water
gebruik.
Baie huise in die ontwikkelde wΩreld
gebruik tans platplaat-ontvangers vir verhitting. Japan verwag byvoorbeeld dat
elke huis in die land teen die jaar 2030 sonkrag sal hΩ.
òáá
EEN van die probleme rondom sonverhitting is dat die son baie dikwels
juis nie skyn wanneer die krag die allernodigste is nie -- snags en in die
winter. Een manier om die son se energie op te berg en te bewaar is met 'n
sonpoel.
Op die bodem van die poel is 'n
donker, hitte-absorberende laag. Die poel word met soutwater (pekel) gevul, met
die water bolangs die minste sout. Die donker laag op die bodem absorbeer die hitte
van die son, wat dan na die pekel daarbo gelei word. Die minder sout water
bolangs keer dat die hitte ontsnap.
òááá
BAIE werk is al gedoen om die tegnologie te verbeter om elektrisiteit
uit sonlig te verkry. Dit kan op verskeie maniere gedoen word:
òáá
SONSELLE: Spesiale toestelle genaamd sonselle, of fotovolta∩ese selle,
kan gebruik word om sonstrale op te vang en hulle regstreeks in elek¡trisiteit
te verander.
'n Sonsel bestaan uit twee dun plate
van 'n semi-geleidende stof soos silikon, met chemikalieδ op die oppervlak.
Sodra sonlig op die sel val, word elektrone uit die silikon vrygestel wat oor
die chemikalieδ beweeg en 'n elektriese stroom opwek.
Sonselle is nie baie doeltreffend
nie, maar tog wel baie nuttig vir artikels wat net 'n klein bietjie
elektrisiteit nodig het, soos son-aangedrewe sakrekenaars en horlosies.
'n Betekenisvoller gebruik van
sonselle is in kunsmatige satelliete en ander ruimtetuie. Omdat daar geen lug
in die ruimte is nie, is die sonlig wat deur satelliete ontvang word baie
sterker as diΘ wat op die aarde val.
Son-aangedrewe motors maak ook van
sonselle gebruik om hul batterye te herlaai. Sulke voertuie is nog nie
doeltreffend ge¡noeg om ons petrol-aangedrewe motors te ver¡vang nie -- maar
kan eendag wel wees.
In Europa, Japan en Ame¡rika is kragtorings wat 'n verbasend hoδ temperatuur kan bereik.
'n Vloeistof soos olie (of partymaal
water) word deur die teiken gepomp, waar dit tot 'n hoδ temperatuur verhit word.
Met hierdie hitte word water gekook en die stoom wat vrygestel word, word dan
gebruik om tur¡bines te laat draai om elektrisiteit op te wek.
Sonoonde word ook gebruik om
soutwater te suiwer sodat dit gedrink kan word -- 'n proses wat ontsouting genoem
word. 'n Mens kry nogal heelparty van hulle in warm, droδ lande naby die see,
soos in Israel, Saoedi-Arabiδ en Australiδ.
òáá DIE gebruik van sonkrag het enorme voordele bo kernkrag en die verbranding van fossielbrandstowwe: dis gratis, daar is geen regstreekseá besoedeling nie en dis so bestendig soos elke m⌠re se koms, mits die lug nie bewolk is nie. Die nadele is dat sonkragsentrales baie ruimte in beslag neem en dat die stowwe wat nodig is om hulle te bou, baie energie verg om te vervaardig.
___________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik
hier
_______________________________________________________¡____
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan