ááááááááááá ____________________________________________________________
ù die storms en drange van
tropiese siklone en tornado's
òáá
Orkaan, noem hulle hom. Of sikloon of tifoon, selfs 'n willy-willy -- afhangende
van waar in die wΩreld hierdie magtige maalkolk in die atmosfeer voorkom. Sulke
tropiese siklone kan oor honderde kilometers uitdy, met geweldige reδnvlae en
dreunende winde wat alles platvee in hul drif. Maar in die middel -- soos
satellietfoto's so duidelik toon -- is die merkwaardig kalm 'oog'. Dit is 'n
windlose, wolklose gebied van tussen 10 en 30 km...
òáá
Nog 'n windstorm -- die tornado -- is 'n selfs groter verwoester, hoewel
hy 'n veel kleiner reikwydte het. Hy is die geweldda¡digste van alle
atmosferiese versteurings op aarde. Die verskil in lugdruk wat met hom
saamgaan, kan tot huise laat oopbars...
òáá
Kyk ook ander artikels oor die wΩreld se winde:
Wilde weδ van die aarde se winde...
____________________________________________________________
HY begin met 'n draaikolkbe¡weging in 'n lae, donker wolk. Dan sak die tregterpunt
af grond toe om 'n warrelwind te word.
Maar praat van driftig. Dis die
natuur op sy waansinnigste. Want hierdie warrelwind is duisend maal groter as
die gewone ou stoftrappertjies van die vlakte.
'n Eienaardige fluitgeluid wat ßl oorverdowender
en skrikaanjaender word, kondig sy koms aan.
Tonne stof word in die windkolk
opgeslurp sodat hy partymaal byna swart lyk. En op sy pad van verwoesting laat
hy groot bome soos vuurhoutjies knak.
Tot die huise waaroor hy be¡weeg,
bars letterlik uitmekaar. Die lugdruk buite verminder so skielik dat ruite,
mure en dakke uitwaarts spring weens die normale druk binne.
Hierdie magtige natuurfrats kan
selfs mense se klere van hul lyf stroop. Of waterpoele met paddas daarin droogsuig -- sodat dit daar¡na
werklik paddas reδn.
Die gevreesde tornado!
Regdeur die geskiedenis het
tornado's, orkane, tifone, tropiese siklone -- ons sal nog verduidelik wat diΘ
name beteken -- onnoemlike skade aangerig.
Daar is die verstommende geval van
'n orkaan wat in 1502 'n vloot van dertig Spaanse skepe naby die kus van Ha∩ti
in die Wes-Indiese eilande getref het. Die skepe was op pad huis toe met
rykdomme wat hulle nie alte eerlik bekom het nie.
Twintig het op die plek gesink, saam
met die bemannings en skatte. Nege het 'n bietjie langer geneem om te vergaan.
Net een skip het uiteindelik in Spanje aangekom.
Met windstorms is dit egter nie altyd net die wind wat die grootste skade berokken nie. Op land kan die
vloedskade wat daarmee ge¡paard kan gaan, eweneens gewel¡dig wees.
In 1737 het die reδn weens 'n
tropiese sikloon die watervlak in die Ganges-Brahmaputra-delta met meer as 6 m
laat styg, met die gevolg dat driehonderdduisend mense verdink het. In 1959 is
sowat vyfduisend Japanners dood weens oorstromings wat deur 'n tifoon in
Isebaai veroorsaak is.
Maar presies wat is al hierdie
werwelstrome van die lug?
òáá
DIE aarde se atmosfeer is ge¡durig aan die woel omdat dit na 'n toestand
van ewewig streef. Die planeet se wenteling om sy as en sy oneweredige verhitting
deur die son veroorsaak dat lugmassas met verskillende digthede ont¡staan. Die
lug in 'n lugmassa met groot digtheid -- hoδ lugdruk -- be¡weeg altyd na 'n
gebied met 'n kleiner digtheid -- lae druk.
Op weerkaarte sien ons baiemaal selle
van hoδ druk (antisiklone) en selle van lae druk (siklone). By 'n
laagdrukstelsel waai die wind spiraalvormig rondom die laagdruksentrum -- van
die buiterand af na die middelpunt toe. Suid van die ewenaar kolk die win¡de in
die rigting waarin die horlosiewysers loop; in die Noordelike Halfrond in die
teenoorgestelde koers.
In die tropiese breedtes gebeur dit
dikwels dat die drukverskil tussen die kern en die lugmassas aan die buitekant
s≤ groot is dat hierdie tropiese siklone of orkane vernietigende windsterktes
bereik.
Buite-tropiese siklone, soos diΘ wat
die winterreδn van Wes-Kaap- land veroorsaak, het 'n groter omvang en is nie so
intens ontwikkel nie. Strydig met die algemene opvatting moet die woord sikloon
dus nie noodwendig met 'n sterk wind vereenselwig word nie.
Maar mense wat aan die kuste van die
Noord-Atlantiese, die Stille en die Indiese Oseaan woon, het alle rede om die
koms van die herfs te vrees -- die tyd van die jaar wanneer tropiese siklone in
die reδl ter see ontstaan en verwoesting kan saai as hulle oor die land beweeg
Gelukkig is tropiese siklone darem
nie so volop nie -- sowat vyftig kom jaarliks oor die hele wΩreld voor.
òáá
TROPIESE siklone het verskil¡lendeá
name op verskillende plekke, dog dis alles maar dieselfde ding:
█ááá Orkane (afgelei van die
Karibiese god Hurakan, wat diΘ soort storms sou aanblaas) ontstaan by die
Wes-lndiese eilande en in die oostelike Stille Oseaan.
█ááá Tifone (Chinees:
tai-foeng) kom in die omgewing van die Chinese See en Oos-Asiδ voor.
á
█ááá Willy-willies is die naam in
die omgewing van Australiδ.
█ááá En in die omgewing van Mauri¡tius
en Indiδ word eenvoudig van siklone gepraat -- ook in Suid-Afrika.
Tropiese siklone kan oor 'n enorme
gebied voorkom. Hoewel hulle in die vroeδ stadium 'n deur¡snee van minder as
100 km het, kan dit algaande tot 800 km vergroot. Die verwoestende winde waai teen snelhede van tot 200 km/h.
Maar hoe onwaarskynlik dit miskien ook
al klink, heers daar 'n betreklike kalmte in die middel van s≤ 'n malende,
magtige windstorm. Die draaikolkvorm van die tropiese sikloon is soos 'n
tregter, en die baie hoδ rotasiesnelheid van die wind veroorsaak 'n middelpunt¡vliedende
krag wat die massas lug en wolke uitwaarts druk. 'n Windlose, wolklose gebied
van tussen 10 en 30 km ontstaan dus in die sentrum van die sikloon. Dit word
die oog van die tropiese sikloon genoem.
Tropiese siklone is ook vernieti¡gend
omdat hulle onnoemlike hoeveelhede water laat kondenseer. Dit reδn gevolglik
geweldig. In 1984 het groot gebiede van Natal, Oos-Transvaal, Swaziland en
Mosambiek kwaai deurgeloop onder die sikloon Domoina. Tienduisend mense is
dakloos gelaat, byna tweehonderd is dood en die skade was sowat R125 miljoen.
En skaars was Domoina verby of 'n
tweede tropiese sikloon, Imboa, maak sy opwagting om sout in die wonde te vryf.
òáá
DIE tornado, waarvan reeds so iets in die begin van hierdie ar¡tikel
vertel is, is wat grootte betref die tropiese sikloon se kleinboet, maar
eintlik is hy verwant aan die donderstorm. Hy is die geweldda¡digste van alle
atmosferiese versteurings op aarde.
Ondanks ons belangstelling in
tornado's, is ons kennis oor hul ontstaan en ontwikkeling nog maar baie basies.
Daar ontstaan 'n laagdrukstelsel met
'n gemiddelde deursnee van 1
km, en in 'n toestand van gewel¡dige onstabiliteit word lug van on¡der af met
'n kolkbeweging in 'n donderwolk ingesuig.
Die tornado lyk soos 'n lang, dun,
effens geboδ tregterpyp wat 100 tot 1 500 m hoog kan wees.
En namate hy voortbeweeg, ver¡nietig
hy. Dit is as gevolg van on¡der meer die geweldig lae lugdruk in die sentrum
wat, soos ons gesien het, selfs huise kan laat oopbars. Kenners is dit egter
vandag taamlik eens dat die windspoed in sulke kolke veel stadiger is as die
supersoniese snelheid wat vroeδr daaraan toegedig is.
Die tornado wat in 1990 byna
drieduisend huise in Welkom ver¡niel het, het byvoorbeeld teen iets meer as 250
km/h in die rondte getol en teen 45 km/h aangeskuifel voordat hy hom in die oop
veld uit¡gewoed het. Tog bly tornado's die vinnigste winde wat daar is.
Eintlik kom hierdie tollende
lugkolomme heelwat meer in Suid-Afrika voor as wat baie mense dink, maar in ons
yl bevolkte plat¡teland is dit meer dikwels 'n windpomp hier en 'n stellasie
doer wat verwring word.
In die sentrale deel van Amerika,
digter bevolk en 'n tradisionele tornado-streek, is dit egter anders. Daar word
omtrent sewehonderd tornado's per jaar aangeteken, met gemiddeld 120
Amerikaners wat jaarliks as gevolg daarvan sterf. (Die Amerikaners dra by tot die verwarring oor die name van windstorms
deur van hul tornado's ook as "cyclones" te praat.)
Waar moet 'n mens skuil tydens 'n
tornado? Die enigste doodveilige plek is 'n ondergrondse kelder of, as so iets
naby is, 'n spelonk. In ons gewone huise, wat nie kelders het nie, is die beste
skuilplek langs 'n binnemuur onder 'n stewige meubelstuk.
'n Waterhoos is 'n tornado wat oor die
see of 'n meer gevorm word. Pleks van stof word water opgesuig en 'n kolom
seesproei beweeg dan oor die wa¡ter.áááááááááááááááááááááááááááááááááááááá
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Huisgenoot se Wonderlike WΩreld op
CD, 2004