ááááááááááá
____________________________________________________________
Wilde weδ
van die
aarde se
winde...
As jy op die Hoδveld woon, sal jy die warrelwind ken
met sy uitgelate krinkeldanse en stofskoppery. Hy woed homself vinnig uit en
gaan lΩ weer pas nadat hy ontstaan het. Maar klein soos hy is, het hy baie
gemeen met die magtige lugstrome van die aarde wat oor honderde kilometers oor
die land en see kan kolk...
òáá
Kyk ook ander artikels oor die wΩreld se winde:
____________________________________________________________
AS dit nie vir die wind was nie, het ons
dalk nooit Afrikaans in Suid-Afrika gepraat nie. Of die taal van die Britse
Eilande was straks nie Engels nie, maar Spaans!
Onsinnige stellinge? Dit kan op die oog af so lyk.
Totdat 'n mens 'n bietjie ingaan op die rol wat wind in die wΩreldgeskiedenis
gespeel het en verbaas staan as jy die bewerkinge van ons woelige lugstrome
besef.
Wind het werklik die ontstaan van 'n land soos
Nederland teweeggebring. Dit het die windmeulens gedraai, wat graan gemaal,
hout gesaag en die land drooggelΩ het deur die see daaruit te pomp.
Wind het gehelp om die Nederlanders een van die groot
handelsvolkere te maak en het hul skepe voortgestu na elke uithoek van die
aarde. S≤ het die Kaap dan Hollands geraak -- en Suid-Afrika uiteindelik ook
gedeeltelik Afrikaans.
Engeland kon vir die heersende westewinde dankie sΩ
vir die oorwinning oor die Spaanse vloot (armada) in 1588, omdat diΘ
windrigting die ligte Britse oorlogskepe bo die lompe Spaanse vaartuie
bevoordeel het. As sake andersom was, was Brittanje dalk vandag vol Spanjaarde.
Daar is nog verskeie sulke voorbeelde wat die rol van die wind in die verloop
van die geskiedenis illustreer.
Wind... ons sΩ ons lewe op die aarde, maar ons lewe
ook in 'n reuse see van lug. Partykeer is die lug so kalm soos die eendedam op
'n Karooplaas; ander kere weer so onstuimig dat dit vinniger beweeg as 'n klip
uit 'n kettie.
Winde kolk gedurig in betreklik vaste patrone om die
aarde terwyl dit om sy as draai. By die ewenaar is die lug baie warmer as by
die pole. Die verhitte lug styg op, soos warm lug maar altyd maak, en vloei in
die rigtings van die Noord- en Suidpool.
áááááááááááááááááááááááááááááá
Voordat dit daar kom, koel 'n hoeveelheid daarvan
genoeg af om na die aarde af te sak. 'n Deel van hierdie koeler lug vloei na
die pole; nog 'n deel vloei terug na die ewenaar. As die aarde nie gedraai het
nie, sou die winde reguit noord en suid gewaai het. Maar met die draaiing word
die windrigtings verwring en kry ons die sogenaamde heersende winde.
Party waai uit die ooste; ander uit die weste. Daar
is geen heersende winde by die ewenaar nie, en die smal strook windstilte word
die stiltegordel genoem. Die warm lug beweeg reguit boontoe -- dit trek nie oos
of wes nie.
Benewens die heersende winde is daar natuurlik ook
ander briese en lugbewegings, soos waar lug aan die kus van die koue see af na
die warmgebakte strande vloei, of andersom as die see weer die warmste is.
En dan is daar die verskrikkers, die wilde winde van
die aarde. Vreemd hoe onkundig mense soms oor die verskillende benaminge
daarvan is. Bolanders ken die suidoos en Hoδvelders is goed bekend met daardie
stoftrappertjie die warrelwind, maar wie weet wat presies die verskil tussen 'n
tornado, orkaan, tifoon en sikloon is?
'n Tornado is die gevreesde grootboet van die
onnutsige warrelwind. Dis 'n tregtervormige massa tollende lug, 'n skriktoneel
as jy dit op die vlakte sien, en 'n verskynsel wat miljoene rande skade kan
aanrig wanneer dit deur 'n dorp of stad maal. Tog is 'n tornado se
vernietigingspad maar net gemiddeld sowat 25 kilometer lank en 'n halwe
kilometer breed.
Orkane (tifone) is hewige storms van 'n veel groter
aard, waarvan die deursnee tot in die omgewing van 500 kilometer kan wees. Daar
skuil 'n magtige hoeveelheid energie in s≤ 'n storm. Die krag wat dit net in
een dag vrystel, sou stellig genoeg wees om die hele Suid-Afrika tientalle jare
lank van elektrisiteit te voorsien.
Eintlik is orkane en tifone maar presies dieselfde
dinge, wat net in verskillende wΩrelddele verskillend genoem word. In die
oostelike Stille Oseaan, die Atlantiese Oseaan en die Karibiese See staan hulle
bekend as orkane. Die tifone kry ons in die westelike deel van die noordelike
Stille Oseaan. In die Indiese Oseaan en suid van die ewenaar word die storms
siklone genoem.
Maar die woord sikloon word, veral op die groot
Amerikaanse vlaktes, ook (verkeerdelik) vir 'n tornado gebruik. En dan is 'n
sikloon ook enige windbeweging rondom 'n laagdrukgebied en, strydig met die
algemene opvatting, nie noodwendig 'n sterk wind nie. Ongelukkig alles so 'n
bietjie verwarrend.
Hoe ook al, die winde in alle orkaanstorms wentel altyd van die buiterand af na die middelpunt toe. In daardie middelpunt of "oog" heers 'n windstilte. Suid van die ewenaar kolk die winde in die rigting waarin die horlosiewysers loop; in die Noordelike Halfrond in die teenoorgestelde koers.
Hierdie windstorms kom nie meer as 'n verrassing vir
mense soos in vroeδr jare nie, want satelliete kan betyds verklik as hulle
begin vorm en dophou hoe hulle beweeg. Mense kry dus kans om te vlug, maar
skades is steeds enorm.
Uit die voorafgaande moet dit duidelik wees dat die
rede vir alle winde op aarde die gevolg is van die son wat ons planeet kol-kol
en ongelyk verwarm. Die son bring lewe en beweging in die lug, wat mettertyd
berge kan opbou en berge kan gelykvee.
Dis alles deel van 'n wilde netwerk van aardse
woelinge, wat tog uiteindelik in 'n wonderlike en rustige en geordende patroon
pas. 'n Ou digter het eenmaal gesing van die wind wat so te kere gaan in sy
vryheid. Maar sonder die vaste weδ van die heersende winde sou ons lewe hier
chaoties gewees het.
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Huisgenoot se Wonderlike
WΩreld op CD, 2004